GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS


GIDEON SE SWART MOSSELS IN KAASSOUS
Ek het vir ‘n voorgereg mossels in my slakkebakke gemaak en is heeeerlik!
12 uitgedopte swartmossels
1 eetlepel fyngekapte knoffel
1 teelepel aromat
3 eetlepels room
4 eetlepels witwyn
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas

Verhit alles in ‘n pan tot kookpunt, behalwe die mossels en kaas.
Voeg dan die mossels by en kook vir 7 min.
Haal dan mossels uit en plaas in die slakkebak se holtes gooi die sous wat in die pan is oor die mossels en vul sodoende die holtes.
Strooi gerasperde Mozzerella kaas bo-oor en verhit onder grill vir 5 tot 7 min.
Geniet die sous wat oorbly met ‘n strukkie brood.
Hmmmmmmm djeerlik!

RESEP EN FOTO: Gideon Louw




GEBAKTE CAMEMBERT MET VYE EN GEKAREMALISEERDE MACADEMIA NEUTE

GEBAKTE CAMEMBERT MET VYE EN GEKAREMALISEERDE MACADEMIA NEUTE
250 gram Camembert
6 groot vars vye
2 teelepels balsamiese asyn
4 teelepels heuning
½ koppie fyn suiker
½ koppie gesoute macademia neute
knippie sout
olyf olie en vars roosmaryn

Sny 4 vars vye amper heeltemaal deur en knyp onderaan die puntjie sodat hulle mooi oopmaak. Sit hulle op ‘n bakplaat met bietjie olyf olie op die bodem en sprinkle hulle.met 2 teelepels heuning en 2 teelepels balsamiese asyn. Bak vir 10 minute op 180 grade. Smelt die fyn suiker saam met die neute in ‘n kastrol op die stoof en skep uit op was papier en strooi bietjie vars gemaalde see sout oor en laat droog. Sny so 6 klein takkies (die puntjies) roosmaryn en druk dit in die kaas. Sit die kaas op dieselfde bakplaat lanks die vye. As jy die kaas koop in ‘n hout houer, los dit daarin en bak dit net so in die houer. Ek het myne gebak sonder houer en het ook mooi uitgekom maar die hout houer maak dat dit nie te pap uit mekaar uit sak nie. Steek die roosmaryn takkies in die kaas en sit die laatste 2 teelepels heuning bo-oor die kaas en bak lanks die vye op dieselfde plaat vir so 15 minute. Haal dadelik uit die oond en sit die gebakte vye bo-oor die kaas en sit die neute bo-oor. Bedien met 2 vars vye en stokbrood. Lekker eet!

Bron: Claudia Coetzee
Foto: Claudia Coetzee




GIDEON SE BACON BEDERFIES

GIDEON SE BACON BEDERFIES
2 snye brood
5-6 repies spek
1 teelepel sweetchilliesous
4 smal repies kaas

Sny broodkorsies af en rol plat met ‘n roller en smeer dun met sweet chillie sous en sny op in 20 mm strokies.
Plaas ‘n repie spek lankuit en plaas die strokie brood bo op die bacon. Plaas dan ‘n lang repie kaas bo-op en rol die bacon, brood en kaas op en doen so met die ander repies ook en steek op ‘n sosatiestokkie.
Plaas dit dan op foelie in ‘n oondpan en rooster vir 5 minute en draai dan om vir nog 5 minute.
Bron : Gideon Louw
Foto : Gideon Louw




INDIVIDUELE KAAS EN BILTONG POTJIES

INDIVIDUELE KAAS EN BILTONG POTJIES

Ek het vir my hierdie oulike klein potjies gekoop (dit vat 500ml water). Wil nou houtborde vir dit laat maak. Maar in die potte is biltong, room en sampioene.
Ek het die volgende gebruik:
2 houertjies room
Pakkie sampioensop
Melk
Botter
Koekmeel
Sout en peper
Kaas
Sampioene
Baaaaaaaaie knoffel
Ek het eers al die sousbestanddele gemeng en toe die sampioene bygesit en saam met die sous laat gaar word en toe dit basies gaar is fyngesnyde biltong bygeroer
(Ek het nie die hoeveelhede afgemeet nie, net gemeng soos ek goed dink en genoeg gemaak vir 8 potjies).
Laaste het ek gerasperde kaas oorgesit en laat smelt, en dit voorgesit saam met brood met knoffel, botter en bloukaassous.
Bron en Foto: Joey Du Pisanie




GIDEON SE SLAKKE MET DEGIE


GIDEON SE SLAKKE MET DEGIE
Beslag :
1 koppie koekmeel
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
1 eetlepel suiker
1 teelepel bakpoeier
75 ml melk
Bietjie sout
Olie vir vlakbraai
Slakke in ‘n sak nie blikkie nie 🙂

Meng alles saam en doop slakke sommer twee twee in die beslag en vlakbraai in n bietjie olie tot goudbruin
Ekt dit sommer verorber
Foto: Gideon Louw

Fanie Smit
Gideon Louw daai slakke lyk etopies berei. Hul loop lekker saam met ‘n roomkaas en knoffel doopsous




LANA SE KNOFFELSLAKKE


LANA SE KNOFFELSLAKKE

1 blikkie slakke
knoffel en botter
Ssuurlemoensap, na smaak
knypie sout en swart peper
room of melk
Cheddar en Mozzarella kaas

Braai slakke in knoffel en botter.
Voeg dan al die ander bestanddele by behalwe kaas.
Laaste sit kaas bo-oor en bak tot kaas gesmelt is en geniet met ‘n broodjie.

Bron en foto: Lana Veltman




GEBAKTE PROSCUITTO VYE

GEBAKTE PROSCUITTO VYE
Sit die oond op 180ºC. Gebruik ‘n pakkie vye en draai om elkeen ‘n stukkie prosciutto .
Sny dan in elkeen bo ‘n kruisie in en stop met gorgonzola
Pak in ‘n vuurvaste oondbak .
Giet dubbel room oor en bak so vir +- 20 tot 25 min.
Ek het wel bacon probeer al, maar dit raak te sout saam met die gorgonzola.

Resep en foto:  Lunette Prinsloo




GIDEON SE KREEF KELKIE

GIDEON SE KREEF KELKIE

2 gaar krewe
2½ eetlepels mayonnaise
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel suiker
1 eetlepel worcestersous
1 klein ui gekap
1 klein tamatie gekap
Bietjie growwe swartpeper
Knypie sout
Paar rokketblare
Dop alle vleis uit die krewe en sny in blokkies en meng saam met alle die ander bestanddele.
Dien op saam met rokketblare.
Heeeeerlik.
Resep en foto:  Gideon Louw




ES’S BAKED BRIE APPETIZER

ES’S BAKED BRIE APPETIZER
1 x 225 g prerolled sheet of butter puff pastry
1 egg
Sweet Chilli Sauce
1 x 340 g Mini Brie Cheese Roll
Bacon bits
Fresh shredded parmesan cheese
Thaw pastry and roll open on parchment paper which it’s wrapped in.
Place the brie cheese in the center of the pastry and generously coat with sweet chilli sauce.
Top with an equal generous helping of bacon bits
Wrap the pastry over the brie corner to corner until it is completely encased in a puff pastry parcel
Whisk the egg and brush over the pastry parcel.
Decorate with extra bacon bits and freshly grated parmesan cheese.
Keep pastry parcel on original parchment paper and transfer to baking tray and pop it in a preheated oven at 350F and bake for 40-45 minutes until golden brown.
Now, dig in and enjoy.

Modified, prepared, tried and tested by Es Slabs




ALBERT SE GARNAAL VOORGEREG

ALBERT SE GARNAAL VOORGEREG

“Butterfly” jou prawns, braai in botter/olie mengsel (50/50) tot die prawns pienk word, gooi bietjie sweet chilli sous oor en rond af met room om ‘n sousie te maak. Bedien met vars brood op die kant vir die sous. Wag vir die komplimente.
Hierdie is ‘n restaurant voorgereg

RESEP:  Albert Buitenhuis

nog ‘n lekker voorstel
Zuri Roos
Make your own dressing (to taste) with olive oil, lemon juice, a little sugar, salt and mustard (pot mustard not powder), and whisk until thick. (I don’t have a recipe — it’s easy enough).