AVOCADO RITZ COCKTAIL


AVOCADO RITZ COCKTAIL
Marie Rose sauce:
½ lemon, juice only
1 tbsp Worcestershire sauce
5 tbsp tomato ketchup
few drops Tabasco sauce
2 pinches smoked paprika
½ tsp paprika
1 tbsp double cream
4 tbsp mayonnaise
1 pinch cayenne pepper
pinch salt
1 tsp cracked black pepper

Mix all together and pour over the shrimps/prawns.

Pickled red onions:
The red onions were thinly sliced and pickled in white vinegar for 24 hours before being chopped up finely and used.
Nota:  die prawns/shrimps was reeds gaar maar gevries. Ek het eenvoudig in ‘n kolander of sif gesit en oor die wasbak halwe ketel kookwater oor dit gegooi en toe onder koue water afgespoel. Dreineer goed en gebruik vir die slaai.
Photo: Elsabie Templeton




PRAWN STARTER

PRAWN STARTER
6 to 12 prawns
garlic butter
fresh lemon juice
Aromat
Mozarella cheese

Clean prawns.
Fry in garlic butter and lemon juice.
Add Aromat to taste.
Fill snaildish and cover with mozzarella cheese.
Grill in oven.

Enjoy with Capetown Rooibos gin.
Photo and recipe:  Ronelle Jacobs




HELEEN SE “ANGEL DREAM” MOSSELS


HELEEN SE “ANGEL DREAM” MOSSELS
My en my man se motto is as ons uitgaan eet… eet ons iets wat ons nie by die huis self kan maak nie… dit moet ‘n “treat”wees… het nou al ‘n paar keer by John Dorys hulle Mussel dream geëet wat op die ou sushi menu is… maar eet ons vingers af aan die voorgereg… kry nie creole spice by ons nie… het ‘n resep vir creole spice gekry en begin aanmekaar slaan… baie tevrede met die poging…

500 g “half shell” mossels
240 g blanched shrimps (maak skoon… alles wat swart is en sny fyn)
1 bakkie gladde roomkaas
1 ui fyn gesny, so klein as moontlik
2 eetlepels botter vir 2 panne
2 teelepels knoffel  (ek het die gebruik wat in die bakkies verkoop word)
2 eetlepels creole spice *
sprinkel Aromat op shrimps
* Creole spice mix
2 tbsp paprika
2 tbsp garlic powder
1 tbsp pink himalayen salt
1 tbsp black pepper
1 tpsp onion powder
1 tbsp cayenne pepper
1 tbsp oregano
1 tbsp thyme
1 tbsp basil
Grind all together

Braai shrimps in 2 eetl botter vir 3 min. – saute.
Probeer meeste van die vloeistof afgooi en maak dit fyn saam met bakkie roomkaas.
Sprinkel aromat oor.
In ‘n aparte pan:
Braai uie en knoffel, voeg mossels by en 2 eetlepels creole spice vir so 5 minute, saute op lae hitte, skep uit op ‘n bord en skep shrimp mengsel bo-op.
Resep en foto:  Heleen Albrecht




BACON AND GOAT CHEESE STUFFED MINI PEPPERS WITH BALSAMIC CHILLI SAUCE


BACON AND GOAT CHEESE STUFFED MINI PEPPERS WITH BALSAMIC CHILLI SAUCE
8 mini sweet peppers, sliced in half lengthwise then seeded
½ cup goat cheese, softened
½ cup cream cheese, softened
1 clove garlic, minced
2 thinly sliced green onions
salt and pepper
4 slices cooked bacon, crumbled and divided
½ cup sweet chilli sauce
1 tablespoon balsamic vinegar
Cook the bacon and crumble before mixing into the goat cheese, cream cheese, garlic and green onions and stuffing into the mini pepper halves.
Roast in a preheated 200°C oven until the peppers are tender and the cheese is melted and golden brown, about 15 minutes.
Enjoy warm with the mixture of the sweet chili sauce and balsamic vinegar!
Option: Add cheddar or parmesan to the cheese mixture
Option: Add some chili heat to the cheese mixture
Recipe posted by Louise Venter
Photo: Louise Venter




TUNA SAMPIOENE


TUNA SAMPIOENE
9 groot sampioene
½ ui, gekap
5 ml knoffel (opsioneel)
4 jong tamaties, in blokkies gesny
2 blik tuna
3 eetlepels mayonnaise
sout en peper
wit Chedderkaas
Krap die binnekant van die sampioene uit. Gooi die stukkies wat jy uitkrap in ‘n bakkie.
Voeg die ui, tamatie, knoffel, tuna en mayonnaise by die stukkies sampioene in die bakkie.
Geur met sout en peper en meng alles saam.
Skep die uitgeholde sampioene vol van die tunamengsel en sprinkel kaas bo-oor.
Bak vir 15-20 min by 200˚C.
Die resep kan aangepas word volgens jou behoeftes.
Foto: Elna Erasmus




TAMATIE MET HAM EN KAAS VOORGEREG

TAMATIE MET HAM EN KAAS VOORGEREG
Nou so besef ek vanmiddag ek is weer agter. Hierdie is ‘n ou gunsteling. My eie resep vir ‘n vinnige voorgereggie. Ek maak gewoonlik die regte witsous, maar moes die pakkie gebruik om by die 5 bestanddele te bly.
1 tamatie
2 snytjies koue vleis, in klein stukkies gesny
1 pakkie witsous met net 125 ml kook water aangemaak
100 ml gerasperde cheddar kaas
60 ml fetakaas, gekrummel
swart peper en pietersielie vir kruie

Hol tamatie uit en sny so paar stukkies soos in wiggies uit bo. Maak witsous en koue vleis mengsel, en skep in tamatie. Rasper kaas bo-oor en krummel feta oor. Druk in oond of mikrogolf net sodat tamatie warm is en kaas gesmelt het.
Foto en resep: Magde Van der Kolff




KOMKOMMER LEKKERTE

KOMKOMMER LEKKERTE
1 komkommer
2 wiele Fetakaas
dill
4 eetlepels Ceasersous
granaatpitte
sout en varsgemaalde swartpeper

Sny komkommer in stukke en skil dun af. Hol binneste uit.
Krummel Fetakaas, voeg gekapte dill by en ‘n bietjie Ceaser sous.
Skep in komkommer en versier met granaatpitte, dill en gemaalde swartpeper. Ongelooflike lekker koel happie op ‘n warm dag.
Resep en foto: Sanet Henning




BEET EN BOKMELKKAAS TERRIEN

BEET EN BOKMELKKAAS TERRIEN
2 KLEIN PORSIES
1 groot Beet gekook in bietjie sout water tot net sag en heeltemal afgekoel

100 g Plain Bokmelkkaas – sagte soort
2-3 repe gerookte spek (bacon) opgesny
2 teelepel gerasperde ui
1 hoogvol teelepel gelatine opgelos in 30 ml koue water
2 teelepel fyn gekapte garlic chives
1 teelepel fyn gekapte vars pietersielie
knypie rooipeper
Vars gemaalde swart peper na smaak

Sit die opgesnyde spek in ‘n pan en braai tot net gaar.
Sit die spek, garlic chives, ui en pietersielie in ‘n voedselverwerker en maak dit baie lekker fyn.
Sit die kaas in ‘n meng bak en druk lekker fyn met ‘n vurk, meng tot glad
Sit die gelatine 8 sekondes in die mikrogolf, roer goed en meng by die kaas in.
Wanneer goed gemeng gooi die spek mengsel by, meng deur, voeg die rooi- en swart peper by.

Neem ‘n klein glas bakkie of twee ramekin bakkies. Voer uit met kleefplastiek. Sny die beet baie dun in heel skywe, plaas die een skyf beet onder in die bakkie bo-op die kleefplastiek. Sit van die beet reg in die rondte teen die kant van die bakkie. Skep die bokmelkaas vulsel binne in die beet bakkie. Sny nog ‘n lekker dun skyf en plaas dit soos ‘n deksel op die vulsel. Vou die kleefplastiek toe en plaas in die yskas.
Los vir tenmiste 12 ure. Lig die vorm uit die bakkie met die kleefplastiek, of keer uit op die bord waarin jy dit gaan bedien. Versier met roket en heel groenvy gevul met room, drup bietjie van die vye stroop oor en bedien met beskuitjies van jou keuse.
Resep en foto: Rina Kleinhans




TUNA TERRIEN


TUNA TERRIEN
Heerlike tuna terrein vir die somer en baie maklik om te maak.
2 blikke tuna
250 ml room
250 ml mayonnaise
1 medium ui, fyn gekap
2 sakkies gelatien in warm water geweek (½ koppie)
sout en peper
vir kleur bietjie tamatiesous

Spice soos wat jy dit nodig ag. bv pietersielie, peri-peri wat ookal jou smaak is.
Meng alles saam, gooi in houer om te stol in yskas.
Foto en resep: Christine Coetzee Brits




ADEL SE MANGO VOORGEREG

ADEL SE MANGO VOORGEREG
Vanaand iets nuuts probeer as voorgereg by braai:
1 pak puff pastry, uitgerol
2 ryp mango’s, geskil en in dun skyfies gesny
1 groot rooi ui in dun ringetjies gesny en gebraai in 2 teelepels botter
2 wiele feta kaas, gekrummel

Plaas eers die mango op die puff pastry dan die uie en strooi nou die feta oor.
Strooi sticky barbeque spice oor en sout en swartpeper na smaak.
Rol nou op en druk die kante toe.
Plaas op bakplaat en verf bietjie melk oor die deeg.
Bak teen 200°C totdat mooi goudbruin en bros sowat 25 minute.
Sny in skywe en bedruip met Balsamic Gold.
Foto en resep: Adele Horn‎