MARTIE SE TUNA ROULADE

TUNA ROULADE
MARTIE SE TUNA ROULADE
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Vulsel:
1 blikkie tuna (200g) gedreineer
1 ui fyn gekap
½ koppie gerasperde chedder kaas
6 eetlepel grof gerasperde koue botter
6 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel aangemaakte mosterd
Meng alles en hou eenkant.

Rol:
4 eiers
3 eetlepel suiker
½ teelepel sout
6 eetlepel koekmeel
¼ teelepel peper

Rol koekpan 38 x 25 cm.
Voer die pan uit met bakpapier.
Skei eiers en klits witte tot skuim.
Voeg suiker en sout by en klits tot styf.
Sif meel, peper en sout en vou in.
Klits eiergele en vou by eierwitte.
Bak rolkoek vir 8 min.
Keer uit op klam doek.
Verwyder die bakpapier.
Smeer vulsel oor warm basis en rol op.
Bedekking:
½ koppie fyn maaskaas
6 eetlepel chedder smeerkaas
fyn gekapte pietersielie
grof gekapte pekaneute
Meng kase en smeer oor rol.
Strooi pietersielie en pekaneute oor.
Verkoel rol tot nodig.

Foto en resep:  Martie Fourie Moolman




TUNA- EN ASPERSIEGEREG

TUNA- EN ASPERSIEGEREG
1 blik tuna gedreineeer (hou die vloeistof)
1 blik aspersies gedreineer (hou die vloeistof en meng met die van die tuna)
Meng nou die tuna en aspersies in ‘n bak.
Maak witsous met:
4 eetlepels koekmeel
4 eetlepels botter
vloeistof van die tuna en aspersies,
melk indien nodig.

Jy kan nog melk ook byvoeg as die sous te dik is. Geur met sout en peper na smaak. Rasper nou lekker cheddarkaas daarby.
Meng nou die tunamengsel met die witsous en meng goed. Sit voor deur vir elke persoon se deel in ‘n slaaiblaar wat in ‘n bakkie/kelkie of witbordjie geplaas is, te skep.

Dit is vinnig, maklik en HEERLIK!!! Die geure van die Tuna en aspersies saam is ‘n heel nuwe en wonderlike smaak!
Selfs mense wat nie aspersies eet nie is mal daaroor!!

Resep: Marietjie Schoeman




KAMMA KREEF MET MAYONNAISE

KAMMA KREEF MET MAYONNAISE
1,5 kg Stywe witvis
1 ui, gekap
sout en peper na smaak
avokado, in skywe gesny, met suurlemoensap bedrup
blaarslaai en pietersielie vir garnering

Sny die vis in klein vierkantige blokkies, stoom dit gaar met min water
Sorg dat die blokkies nie breek nie
Meng die vis met ui, sout en peper (gebruik ‘n vurk)
Voer ‘n glasbak met slaaiblare uit.
Meng mayonnaise met die vis, en skep op die slaaiblare.
Plaas ‘n skyfie avokado op en garneer met pietersielie


Mayonnaise:
250 ml tamatiesous
12,5 ml worcestersous
‘n paar druppels Tabasco (opsioneel)
10 ml sojasous
250 ml mayonnaise
sout na smaak
5 ml asyn
5 ml suurlemoensap gemeng met 5ml suiker
Meng al die bestanddele deur deeglik te klits
Verkoel voor gebruik.

Marietjie Schoeman




HADDOCK VOORGEREG

FOOD IS ESSENSIAL

HADDOCK VOORGEREG
2,2 kg haddock
1 desertlepel gelatine
½ koppie kookwater
1 teelepel gerasperde ui
1 koppie salonaise
¼ koppie kouewater

Kook en ontsout die vis. Los die gelatine in die kouewater op en voeg die kookwater by. Meng met die gevlokte vis en uie.Plaas in `n bak, maak gelyk sodat dit die bulte is wat jy graag die blokkie sou wou he as jy dit in blokkies sny. Verkoel in yskas.


SOUS:-
½ teelepel fyn ui
1 teelepel gekapte pietersielie
2 teelepels gekapte agurkie
1 teelepel suurlemoensap
1 koppie salonaise
Meng alles goed saam. Plaas nou `n blokkie van die vis op `n slaaiblaartjie, skep van die sous oor en dekoreer met agurkie en getwiste suurlemoenskyfie.
SO MAKLIK EN TOG SO HEERLIK EN DAN LYK DIT OOK NOG SPOGGERIG SO OP `n SHELL SKULPIE
Resep: Louisa Prenzler

 




AVOCADO AND SMOKE SALMON PATE

AVO'S

AVOCADO AND SMOKE SALMON PATE
2 Avocados, halved and stoned (vlesige tipe avo’s, nie waterig)
4 hard boiled eggs finely chopped
150 – 200g smoked salmon chopped
2 tablespoons white wine
1 fresh garlic clove, crushed
1 teaspoon finely grated lemon peel
8 tablespoons cream cheese (salmon or plain flavour)
Squeeze of lemon
Large pinch of Ina Paarman seasoned salt
parsley to garnish.
Serve on a plate of green salad with 4 lemon wedges.

Scoop out the avocado flesh carefully, reserving the intact skins.
Put all the ingredients in a blender and blend until smooth.
Spoon the mixture back into the avocado skins, garnish with parsley.
Serve in 4 individual dishes on top of the prepared green salad and wedge of lemon.
As jy gewone sout gebruik, voeg bietjie swart peper by.
Resep:  Louise Groenewald




AVOKADO- EN TUNAVORM

AVOKADO- EN TUNAVORM
Kors:
1 pak Bacon Kipp’s fyngerol
Strooi ‘n dun lagie en druk goed vas.
Tunalaag:
2 x 200g blikkies tuna in water
300 ml mayonnaise
1 klein gerasperde ui
speserye en knoffel vir geur
10 ml gelatien

Los gelatien op in bietjie water en meng met tuna. Skep op dun korslagie en laat stol in yskas.
Strooi weer ‘n laag krummels.

Avokadolaag:
2 groot avokadopere – sprinkel bietjie suurlemoensap oor
1 pakkie suurlemoenjellie
swartpeper
10 ml gelatien opgelos in 250 ml kookwater
Maak avos fyn en meng met aangemaakte suurlemoenjellie. Los gelatien op en meng met die res van die bestanddele.
Skep die mengsel oor die krummels en sit in yskas om te stol.
Strooi weer ‘n laag krummels.
Maaskaaslaag:
2 x 250 g maaskaas (geur van jou keuse)
10 ml gelatien.
Los die gelatien op in die water en roer dit by die maaskaas. Skep op die krummellaag en laat stol.
Gebruik ‘n losboomkoekpan en voer uit met bakpapier
Plaas in yskas om goed te stol, ontvorm voor gebruik
Resep geplaas deur Dalene Brits




SLAKKE IN KNOFFEL BOTTER

slakke in knoffel botter

SLAKKE IN KNOFFEL BOTTER
1 blik slakke (+ – 30)
125 ml egte botter
2 eetlepels knoffel nie te hoogvol nie (fyn in bakkie van winkel)
gerasperde cheddar kaas
1 pakkie Royco “parsley and white wine” sous

Spoel slakke deeglik af. Braai botter, knoffel en slakke, tot die botter lyk soos olie en nie romerig. Die slakke behoort dan sag en gaar te wees.
Skep in slakke bakkies of in klein dieperige bakkies, gooi bietjie van die sous bo-ooren dan kaas. Rooster in die oond soos jy daarvan hou.
Resep geplaas deur Peggy Devine
Foto: Peggy Devine




BILTONG PARFAIT

BILTONG PARFAIT
60 ml gelatien
140 ml koue water
1 liter room
2 roosmaryntakkies
2 knoffelhuisies
500 ml biltong, fyngerasper
sout en peper na smaak
biltongrepies vir garnering

Sprinkel gelatien oor die water en laat week 2 minute. Klop met ‘n vurk tot sponsig en los oor lae hitte op.
Verhit die room, roosmaryntakkies en knoffel tot kookpunt. Haal van hitte af en laat koud word. Hou die deksel op om te verseker dat al die geur agterbly.
Gooi die roommengsel deur ‘n sif. Voeg die opgeloste gelatine en gerasperde biltong by die roommengsel, terwyl vinnig geroer word. Voeg sout en peper na smaak by.
Giet in gesmeerde vormpies en plaas in yskas om te stol (ongeveer 3 – 4 uur) Plaas die vormpies 5 sekondes in baie warm water en keer uit op borde.
Bedien met roketblare, blatjang en biltongrepies.

Resep:  Tresa Hanekom