YOLANDI SE LEKKER KNOFFELBROOD
Nou wil ek ‘n resep met julle deel, dis die lekkerste garlic broodjie wat jul ooit aan jul lippe sal kan sit.
Ek kry die resep by my pa, het hom nou al seker 2 jaar en almal eet hul vingers af vir dit.
Vat 6 – 10 lang buns (net hoeveel jy wil maak en hoeveel gaste jul gaan hê, maar glo my maak baie).
Sny dit in so 5 – 7 cm, dan pak jy dit in ‘n pan mooi styf teen mekaar, maar die binnekant moet boontoe wys.
Dan meng jy ‘n koppie mayonnaise en ‘n koppie gerasperde kaas in ‘n bak dit moenie te loperig wees nie en ook nie te droog nie. (julle sal sien as jul dit meng) so meet met die oog.
Meng dan knoffel saam met dit so 3 – 4 eetlepels vol.
Smeer dit oor al die buns in die pan lekker dik tot alles bedek is.
Sprinkel paprika oor, lekker baie.
Sprinkel weer gerasperde kaas bo-oor .
Bak in die oond op 180 ºC tot bruin.
Dis baie lekker saam ‘n braai of ‘n voorgereg.
Resep: Yolandi van den Heever
Foto: Corne Marais










