VIS VIR VOORGEREG


VIS VIR VOORGEREG
Vis in porsies, goed gegeur
25 ml koekmeel
Beslag:
200 ml koekmeel
3 ml sout
1 eier
100 ml melk
12,5 ml water

Meng beslag, klits eier met melk en water en roer dan meel en sout by.
Laat 30 minute rus.
Rol vis in koekmeel en doop in beslag.
Bak tot goudbruin.

Seekossous:
250 ml tamatiesous
250 ml mayonnaise
10 ml suiker
10 ml Worcestersous
20 ml soet sjerrie
10 ml brandewyn
3 ml tobascosous
sout en peper na smaak

Meng alles en sit saam voor met vis.
Foto en resep: Frieda Greyling




JACK’S CAKE (RICH MAN’S CAKE)


JACK’S CAKE (RICH MAN’S CAKE) HEERLIK!
Ek het hierdie resep omtrent 20 jr gelede by ‘n kollega van my se vrou (Fiona Vergers) gekry en dit nog net eenkeer gemaak. Dit was HEERLIK. En lyk baie indrukwekkend.
Het ongelukkig destyds nie foto geneem nie maar wil dit tog weer hierdie jaar maak. Sal dan foto neem en kom wys. Ek het gaan google om te sien of ek iets soortelyks kry, maar sien nerens iets nie.
Dit is so lekker – toe ek vanoggend deur ‘n ou resepteboek lees en op dit afkom toe weet ek ek kan nie so ‘n eiesoortige resep vir myself hou nie.

1 pakkie Dixie of Salticrax beskuitjie – fyngedruk en meng met 125 g gesmelte botter
2 houertjies full cream cottage cheese, gemeng met 1 eetlepel gerasperde uie, sout en peper
2 blikkies pink salm (verwyder vel en grate – tuna kan ook gebruik word, maar ek verkies die salm), fyngemaak en gemeng met:
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel mayonnaise
1 hoogvol eetlepel gekapte agurkies
sout en peper
(as jy tuna sou gebruik, voeg klein bietjie ekstra tamatiesous, mayonnaise en knippie gemmer by)

Gebruik koekpan met los kante.
Pak laag beskuitjies. Smeer maaskaas op. Sit salm bo-op (of tuna mengsel).
Voor jy opdien, meng die volgende en smeer op die mengsel:
1 groot of 2-3 klein avokado’s
sout en peper
suurlemoensap

Kook 2-3 hardgekookte eiers (druk fyn) en strooi bo-oor avokados.
Sprinkel (verkieslik swart) kaviaar bo-oor.
Plaas in yskas vir ‘n ruk. Wanneer gestol, maak kante van koekpan los.
Bedien met vars keuse van brode en goeie bottel wyn.
Geniet!
Foto en resep: Lorraine Weitz Brand




GARNAAL APTYTWEKKER OP DIE KOLE


GARNAAL APTYTWEKKER OP DIE KOLE
15 mooi groot garnale
2 eetlepels fyn knoffel
2 eetlepels olyfolie
150 g botter
1 teelelpel rissievlokkies

Verhit die botter op skerp kole in ‘n pan en voeg die ander bestanddele by.
Plaas 5 garnale op ‘n slag in die pan en braai vir 7 tot 8 min.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




GIDEON SE “KRISMIS CRACKER” BRAAIBROODJIE


GIDEON SE “KRISMIS CRACKER” BRAAIBROODJIE
Saam met vanaand se braai het ek en Liezl die oudurfie gemaak en oppie kole gebraai tot perfeksie.
Neem ‘n snytjie brood of soveel jy wil maak en rol dit plat soos in plat met ‘n koekroller.
Smeer die snytjie met chillie infused olyfolie asook n bietjie sweetchilliesous.
Sny kaas repies vir elke sny en plaas dit op die uitgerolde brood en rol dit toe.
Smeer dan weer die buitekant ook met die chillie olie en braai dit op stadige kole tot die brood lekker crisp is en die kaas lekker gesmelt het.
My maaaaaaaa dit was lekkerrrrr!
Foto en resep: Gideon Louw




JENNIFER’S AVOCADO RITZ


JENNIFER’S AVOCADO RITZ
1 large avocado cut in half and peeled
1 large onion, finely cut and gently fried in a little butter with a grated cube of garlic, salt and freshly ground pepper.
Add 500 grams prawns to the onion mixture and cook until prawns are pink and cooked.
Add 300 gram tub of cream cheese (I used onion and chives flavour, but you can use the flavour of your choice) and a heaped tablespoon Mrs Balls chutney.
Slice a bunch of flat leaf parsley and add.
Mix altogether and place on top of the avocado halves.
Recipe and Photo: Jennifer Weir




IDEES MET CAMEMBERT KAAS


IDEES MET CAMEMBERT KAAS
Lindi Botha Davis
Ek smeer myne met roomkaas (savory), sommer die hele houer en lekker dik. Sit dan op phillo deeg, ek vou myne so dat alles net bo bymekaar kom, borsel met bietjie eier of melk en bak tot goudbruin. Heerlik met beskuitjies
Letitia Paxton
Druk knoffel en rosemary in die camembert, bak in die oond. Haal uit oond gooi heuning en neute oor en geniet met broodjie
Kiti Citi
Ek het vir my seun se verlowing brooddeeg om ‘n Camembert gesit, toe die res van die bolletjies in knoffelbotter gerol en in ‘n ring gepak en gebak. Was hierdie Aussies nou vir jou gaande oor dit? Jy breek ‘n stukkie af en doop in die gesmelte kaas. Njam
Chireen Buitendag
Vat een medium ronde brood, hol hom uit, sit 2 x camembert wiele binne die holte en bak in die oond tot die kaas gesmelt het. Vat sampioene,  baba aartappels in spek, bak in oond tot gaar, en gebruik dit om te doop in die kaas. Die lekkerste deel is wanneer die “kaas sous” klaar is om die uitgeholde brood in skywe te sny met die kaas wat aan die kante van die brood vas sit te eet. Yum Yum!!
Cynthia Bezuidenhout Vivian
Wrapped in wafer thin smoked ham and then into fridge for an hour then fried in non stick pan with spray of oil. Turn once only and cook until soft to touch and warmed through. Naughty but delicious with freshly baked bread.




FILO SAMPIOEN BOMME


FILO SAMPIOEN BOMME
1 pakkie sampioene
Fetakaas
Peppadew
Filodeeg

Vou een knopie-sampioen saam met ‘n blokkie fetakaas toe in ‘n filodeeg vierkantjie (grootte sal afhang van die sampioentjies).
Jy kan ook ‘n stukkie peppadew by elke pakkie insluit vir bietjie byt. Bind elke bondeltjie toe met ‘n toutjie/garinkie, en diepbraai in olie tot mooi goudbruin. Verwyder toutjies voor opdiening. Dit lyk baie indrukwekkend met twee sulke bondeltjies saam op ‘n bordjie met ‘n blaartjie vars roket of vinkel.
Resep: Elzanne Labuschagne Nel




SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG


SAMPIOEN BANGLES VOORGEREG
Ek het vanaand vir ‘n oudurfie die sampiejoen bangles gemaak in my rooi pannetjie oppie kole en sjoe dit was djeeeerlik.
1 pakkie knoppie sampioene
olie om in te bak
sout, peper en speserye van jou keuse
½ kopppie meel
1 geklitste eier
broodkrummels
tou

Meng ‘n bietjie sout, peper en chillie flakes of enige speserye van jou smaak met ‘n halwe koppie meel.
Doop dan een vir een ‘n pakkie knoppie sampioene eers in die meel dan in ‘n geklitste eier en dan in fyn broodkrummels.
Ryg so 9 of 10 op ‘n toutjie met ‘n seilnaald en knoop die toutjie se punte aan mekaar, die voordeel van die toutjie is jy draai 10 op ‘n slag om in die olie as jy dit bak.
Bak dan omtrent vir tien min in warm olie tot mooi goudbruin.
Gee dan vir elke gas ‘n stringetjie en hy breek dit af en dip.
Ons het dit geniet saam met sweet chillie sous.
Dit was sommer ghoof!
Foto en resep: Gideon Louw




GESTOPTE UIEBALLE


GESTOPTE UIEBALLE
Ek moet darem iets met julle die naweek deel.
Ek en Liezl het die gestopte uieballe ontwerp en dit was djeeeerlik.
klein uitjies
salm roomkaas
respies spek
tandestokkies

Ons het die klein uitjies uitgehol en gestop met die salm roomkaas en toegedraai met die repiesek en met tandestokkies vasgesteek.
Braai op stadige kole en smeer met ‘n bietjie Jimmys sous.
Dit was frieken lekker vir ‘n oudurfie.
Foto en resep: Gideon Louw




FILO, BACON EN KAAS ROLLE


FILO, BACON EN KAAS ROLLE
Die het net in my kop ingespring en ek maak dit toe en was djeeeerlik Ek’t vannaand vir ons die heerlike djeerrlike phyllobacon en kaas zolle gemaak en glo my dit was djeeeerlik!
12 velle filodeeg 200 x 400 mm, dubbeld gevou
chillie flakes na smaak
crushed garlic na smaak
1 koppie gerasperde geelkaas
olie vir diepbraai
1 pakkie fyn gekerfde bacon
2 eetlepels gerrookte salm roomkaas

Smeer die dubbel gevoude vel deeg eers met ‘n dun lagie roomkaas.
Sprinkel dan ‘n bietjie chillie flakes, gevolg deur ‘n lagie kaas en dan gevolg deur ‘n paar stukkies verspreide bacon.
Vou dan eers die rante in en rol die deeg van ‘n kant af op, so styf moontlik.
Ek het dit oppie kole in my rooi pannetjie gebraai tot goudbruin omtrent vir 8 tot 10 min in warm olie, dit was yt die boeke.
Hmmmmmm eet terwyl dit nog warm is vir ‘n oudurvie.
Ons het dit geniet saam met hoener wat in jimmys geweek was en oppie kole gebraai is en powpow slaai met ‘n bloukaas slaai sousie oor.
Foto en resep: Gideon Louw