GESTOPTE MURGPAMPOEN

1517810_629923263740408_1327101708_n

GESTOPDE MURGPAMPOEN

1 groot murgpampoen
50 g botter
1 groot fyngekapte ui
2 fyngemaakte knoffelhuisies
500 g worsvleis
3 eetlepels tamatiepasta
1 teelepel oreganum
2 teelepels basilkruid
sout en peper
gerasperde Cheddarkaas

Sny die ente van die murgpampoen af en skil dit met ‘n skerp mes. Skep die saad uit sodat die hele pampoen uitgehol is. Smelt helfte van die botter in ‘n kastrol en braai die uie en helfte van die knoffel vinnig vir 5-7 minute tot die uie sag en deurskynend is. Voeg die worsvleis, tamatiepasta, oreganum, basil, sout en peper (na smaak) by en braai steeds oor hoë hitte vir 10 minute terwyl nou en dan geroer word. Verwyder die kastrol van die hitte en roer 50 g kaas by. Skep die mengsel in die uitgeholde pampoen sodat dit styf vasgepak is. Smeer die buitekant van die pampoen met botter asook een kant van ‘n vel aluminium foelie. Draai die pampoen in die foelie toe en bak op ‘n bakplaat in die oond by 180ºC vir 45 minute of tot die pampoen sag is en die vulsel gaar is. Sny in ringe en strooi bietjie kaas bo-op elke ring. Plaas onder die warm rooster tot die kaas gesmelt het. Bedien warm.

Resep: Adam Cloete




SONJA SE TUNA MOUSSE

 

download (1)tested

SONJA SE TUNA MOUSSE

(20 Mense)
1 blik tuna in water
½ koppie mayonnaise
½ koppie tamatiesous
½ koppie fyn gekapte ui
2 eetlepels suurlemoensap
¼ teelepel mostert poeier
2 teelepels suiker, sout en peper
½ koppie room. Versap
3 opgehoopte teelepels gelatien, opgelos in ½ koppie warm water en ½ koppie koue water

Meng en laat stol in yskas.
Maak dit met liefde en die komplimente stroom in.

Bron – Sonja Mulder




MARIETE SE TROPIESE HOENDERSLAAI

1601329_751040828241121_452003422_ntested

MARIETE SE TROPISE HOENDERSLAAI
Kerrie Mayonnaise:
180 ml mayonnaise
15 ml suurlemoensap
75 ml blatjang
7.5 ml kerrie
Sout en peper
Slaai:
6 – 9 hoenderborsies gerooster
1 middelsag ui – opgekap
565 g lietsjies in kwarte gesny
425 g mango in blokkies
125 ml gekapte Pietersielie
Blaarslaai

Meng alle bestanddele van mayonnaise. Sny hoenderborsies in skywe en plaas in mengbak. Voeg uie, vrugte en pietersielie by hoender. Skep mayonnaise oor en meng deur.  Bedek bak met plastiek en plaas in yskas in ten minste 1 uur.
Rangskik slaaiblare op opdienbord en skep hoender bo-op.  Bedien met vars brood

Vriendin se hoenderslaai tjop tjop verander na prawnslaai met mango (d gevriesde blokkies werk die beste) met koljanderblare in. Op blare bedien!! Is heerlik en refreshing. (Waar die hoenderresep mayonnaise blatjang en kerriepoeier inhet het ek sommer van daai sous op die regterkant ingegooi en leftover suurroom ook.)
Verder is pa se bord midstride gegryp vir n vinnige foto. LOLOL)
 1525642_751032761575261_1779716155_n 1545181_751032744908596_720753842_n (1)
Resep en foto: Lindi Claassens

 




GARLIC AND PARSLEY SHRIMP

garlic-shrimps-regtested
GARLIC AND PARSLEY SHRIMP

450 g jumbo shrimp
6 cloves garlic, minced
3 tablespoons butter
¼ cup fresh parsley, chopped
Salt and pepper to taste
1 tablespoon olive oil
Juice from 1 lemon

Preheat oven to 450ºF (230ºC)
Clean shrimp, and remove tails. Take a baking sheet and spread shrimp over the entire sheet. Drizzle olive oil and season with salt and pepper.
Bake for about 3 min per side or until they turn pink.

In a skillet, melt butter and add minced garlic and parsley. Saute for about 2 minutes, make sure you don’t burn the garlic.

Place shrimp in a plate or bowl and drizzle with the garlic/parsley mixture. Sprinkle with fresh lemon juice.

Photo:  Myrtle van Dyk




BABA GANOUSCH

baby something van francotested

BABA GANOUSCH

Isrealse/ middeloosterse dis. Perfek vir ligte etes of voorgereg as doop sous vir naan brood of groente.
2 Aubergines groot. geskil en gekap
6 eet lepels Olyf olie
1/2 Rooi ui fyn gekap
2 fyn Knoffel huises
1 groot bondel vars Basiliekruid
1 Ciabata of 2 pita brode
Verhit olie in n pan oor matige hitte en braai uie en aubergines vir 15min of tot sag, Braai knoffel vir 2min. verwarm ‘n griddle pan, vryf olie op die binnekant van brood en braai to bruin strepe sigbaar is. Plaas aubergine mengsel in voedsel verwerker met basiliekruid en bietjie olyf olie. Meng tot ‘n growwe pasta en skep uit in opdien bak. sit voor met die brood of rou groente repe.
Franco Dippenaar



GESTOLDE KAASVORM

 

2014-01-02-gestoldekaasvormtested
GESTOLDE KAASVORM

(175 g) bloukaas (wedge), gerasper
1 klein ui, gerasper
1 houertjie gladde (ongegeurde) maaskaas
1 sakkie gelatien
1 houertjie room, styfgeklop
75 ml mayonnaise
2 ml anchovy-essens of 2,5 ml vissmeer

Klop room styf. Rasper blou kaas en voeg maaskaas by. Maak gelatien aan met 100 ml kookwater, roer tot glad, laat dit afkoel en gooi by kaasmengsel.

Voeg vissmeer (meng met klein bietjie kookwater) of essens by. Meng goed en plaas in ring. Sit in yskas tot gestol. Bedien met snytjies growwe brood of en beskuitjies. Sny in “snytjies” sodra die gaste daarvan wil hê.

Ek maak dit dubbeld aan. My ring is groot en die bietjie wat oorbly sit ek sommer in ‘n gewone bakkie vir die volgende dag vir ‘n snack (ek jok, nog voor die gaste kom is daai bakkie al lankal op). Of ek maak dit in kleiner vormpies en bedien dit individueel op.

As ek die ring klaar in die opdienbord gesit het, vul ek die gat in die middel met een van die volgende: – klein tamaties, olywe, groen vye, druiwekorrels, kersies, peppadews of ‘n klein bakkie met sweet chilli sous – net wat jy het of waarvan jy hou. Dit lyk nogal baie mooi en dit is weer iets anders as die gewone “chips en dip!

Dit het ‘n baie milde bloukaassmaak en is glad nie oorheersend nie. Selfs mense wat nie van bloukaas hou nie (ek is ook nie mal oor bloukaas nie), vind dit lekker.

BRON- Lorraine Weitz Brand

Lorraine Weitz Brand: Ons het so ‘n Deli waar ek soms anchovy essens kry. Ek glo altyd aan plan B. As ek dit nie kry nie, vat ek so ‘n halwe teelepel (per resep – maw as jy dit dubbeld aanmaak dan ‘n hele teelepel) Anchovy vissmeer en los dit op in baie klein bietjie kookwater. As dit dan afkoel, kan jy dit by die mengsel gooi. Vir diegene wat dalk dink die bloukaas gaan hulle afsit, my kleindogter van 4 jaar is absoluut mal daaroor. (sy glo dit gaan haar hare so lank soos Rapunzel s’n maak groei).




GESTOLDE TUNA VORM


GESTOLDE TUNA VORM
Hier is ook ‘n baie lekker tuna in vorm resep.
6 teelepels gelatien, los op in 1 koppie warm water.
Sit in yskas om te begin stol (nie te lank nie).

2 blikke tuna, gedreineer
2 uie, fyn gesny
2 eierwitte, styf geklits
195 ml styfgeklitste room
150 ml Mayonaise
25 ml Tamatiesous
sout en peper
peri peri spesery na smaak

Meng alles saam en laaste die room en eierwit. Spoel die vorm uit in yskoue water en gooi dan alles in en laat oornag staan in yskas om te stol. Ek het nog oral waar ek die vorm saam geneem het die resep moes deel, dit is heerlik saam met sout beskuitjies!

BRON- Sheila Marsburg Troskie




BEESVLEIS KOFTAS MET ROOISOUS

2013-12-13-koftas

BEESVLEIS KOFTAS MET ROOISOUS
Resep geplaas en foto: Elsa Van Antwerpen Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maalvleis
5 ml fyn koljander
30 ml vars koljander fyn gekap
5 ml fyn komyn
1 stingel suurlemoengras fyngekap
1 groot eier
30 ml mielieblom
Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en vorm langwerpige balletjies.
Rol in koekmeel.
Braai in vlak olie tot net bruin.

ROOI SOUS
2 rooi soetrissies in helfte gesny en gerooster onder element tot geskroei en swartrek vel af.
1 x 423 g blik gekapte tamaties
125 ml ongegeurde yogurt
5 ml suiker

Verwerk al die bestanddele in voedselverwerker tot glad.
Verhit en bedien saam met Koftas.
Garneer met gekapte kruisement.




WARM KOMKOMMER SOP

warm komkommersop peggy
tested

WARM KOMKOMMER SOP

1 groot komkommer
4 medium aartappels
3 draaie swartpepper
1 tot 2 hoender extrak blokkies
1 groot klont botter

Sny komkommer in helfde middeldeur, skraap pitte met teeleppel uit, sny in stukke. Skil aartappels en sny in blokke. Gooi genoeg water by om komkommer en aartappel net-net te bedek, voeg hoender blokkie en swartpepper by. Kook stadig tot sag. Maak fyn met stick blender. Baie lekker as voorgereg.
Resep en foto: Peggy Devine




SKOONSUSTERS SE SPINASIETERT

spinasietert
SKOONSUSTERS SE SPINASIETERT
Stoom spinasie en uie tot lekker gaar.
Voeg opgehoopte eetlepels koekmeel by spinasie en witpeper en meng ‘n bietjie aromat by.
Klits 3 tot 4 eiers met ‘n bietjie melk goed, en voeg by spinasiemengsel.

Variasie:  viennas, russians of spek by enige van jou keuse, met gerasperde kaas ook van jou keuse by. bak op 180ºC tot mooi gaar.
Bedien met braaivleis.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie