GEKRUMMELDE SAMPIOENE

GEKRUMMELDE SAMPIOENE
500 g wit sampioene met ‘n klam lappie afgevryf
4 snye geroosterde bruinbrood, fyn gekap in ‘n voedselverwerker
1 koppie fyn gerasperde parmesaan kaas
4 eiers geklits
100 g mielieblom
Olie vir diep braai

Maak twee mengbakke – een met die mielieblom en die ander met die broodkrummels en parmesaan gemeng.
Dompel al die sampioene in die eier en haal uit. Gooi in ‘n bak met die mielieblom en maak seker dit is lekker bedek.
Plaas weer terug in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel. Maak seker dit is goed bedek. Braai in lekker warm olie tot bruin. Haal uit en dreineer. Doen hierdie net voor opdiening.




ELIZE SE ASPERSIETERT


ELIZE SE ASPERSIETERT
DEEG
250 ml koekmeel
Knippie sout
15 ml strooisuiker
125 ml botter

Meng koekmeel, sout en strooiskuiker. Rasper en vryf die botter daarin tot dit krummelrig is of gebruik n voedselverwerker. Druk mengsel op die boom en teen die kante van n groot tertbord vas. Skep tertvulsel daarin soos aangedui.

TERTVULSEL
30 ml koekmeel
30 ml botter
2,5 ml sout
1 ml rooipeper
250 ml melk
2 eiers geskei
250 ml gerasperde cheddarkaas
15 ml gekapte ui
15 ml botter
1 blik aspersies

Voorverhit die oond tot 200C. Voer die tertbord uit met die deeg. Maak n witsous van die koekmeel, botter, sout, rooipeper en vloeistof. Voeg geklitste eiergele en kaas daarby. Meng goed. Braai ui goudbruin in die 15ml botter en voeg by. Sny aspersies in stukkies en roer in mengsel. Klits eierwitte styf en vou in. Giet mengsel in tertkors. Bak 30min lank en verminder hitte na die eerste 10min na 180ºC

Nota:  2.5 ml van mostertpoeier, paprika en swartpeper elk bygesit vir ń bietjie byt….

Foto en resep:  Elize de Kock




KOMKOMMERHAPPIES

KOMKOMMERHAPPIES

‘n idee vir die ligte middagete. Ek het nie ‘n beter foto nie, maar dis die goedjies in die middel van die foto. Dit moet ook netjieser gedoen wees en korter gesny word. Die resep gebruik een komkommer, so mens moet aanpas vir die hoeveelheid wat jy nodig het.

1 groot komkommer
100g geblikte sardientjies
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels mayonnaise
1 hardgekookte eier

Sny die komkommer in 25mm skywe. Hol die middle van elke skyf versigtig uit om klein bakkies te maak, maar wees versigtig om ‘n bodem te laat. Beskprinkel die bakkies met sout en plaas hulle onderstebo om vir ten minste 30 minute te dreineer.. Dreineer helfte van die olie van die sardientjies en maak ‘n pasta van die sardientjies en die eier. Meng peper, suurlemoensap en genoeg mayonnaise daarby om ‘n gladde, maar nie te loperige mengsel te maak. Vee die komkommerbakkies droog en vul met die sardientjiemengsel.

As alternatief kan fyn tuna met hierdie mengsel gebruik word. Fyngemaakte hoender en mayonnaise of ham en roomkaas kan ook as alternatiewe vulsels oorweeg word.
ADAM CLOETE




GESTOPTE SOETRISSIES

1623599_607149936032867_1865284203_ntested

GESTOPTE SOETRISSIES
10 groot en ferm soetrissies
500 g maalvleis
1 fyngekapte ui
1 blikkie geskilde heel tamaties 
sout en peper na smaak
1 teelepel neutpoeier
½ koppie ontpitte rosyne
1 koppie gesmelte margarine
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 koppie rys
1 teelepel fyn koljander

Sny die bokante van die soetrissies af en hou eenkant om weer as dekseltjies te gebruik. Sny die pitte van die soetrissie versigtig uit om nie die wande te beskadig nie en plaas dit in ‘n oondbak. Braai die ui in bietjie van die botter tot sag. Voeg die maalvleis, die fyngemaakte tamaties en helfte van die sous, sowel as die sout en peper, neut, koljander en rosyntjies by die ui en roerbraai tot die vleis bruin is. Voeg die rys by ek kook vir nog 7 minute. Meng die kaas daarby in. Vul die soetrissiedoppe met die mengsel en plaas die dekseltjies terug bo-op. Giet die res van die botter bo-oor die rissies en bak in die oond by 180ºC vir 45 – 60 minute, tot die rys gaar is.

Dieselfde resep kan vir lekker groot stewige tamaties gebruik word. In dié geval word die binnekant van die tamaties uitgeskep en gebruik in plaas van die blikkie tamaties.
ADAM CLOETE




GARLIC BUTTER SNAILS


GARLIC BUTTER SNAILS
1 x tin snails ( a small tin holds approx 24 snails)
salted butter
Crushed garlic ( I use crushed bottled garlic that you can get from Spar or PnP etc, this gives a stronger garlic effect than fresh garlic)
dried parsley
Brown bread
2 x Snail dishes as per photo put into oven to keep warm
Melt about a quarter block of butter
Add 1- 2 heaped teaspoons of cushed garlic.
Stir for a minute or two on low heat.
Do not burn the butter or the garlic otherwise it will be bitter.

This should be enough for 2 plates of snails are per this photo.
If you like to really soak your bread in the garlic butter then use
a bit more butter.

Snails
Rise snails well under water and get rid of any bits of shells etc
Put snails in a pot of water.
Bring to boil.
Once it looks like it is going to boil over, take off stove
Once foam has settled (about 6 seconds later) put back on stove until it looks
like it wants to boil over again, take off and repeat this method 2 more times

You do not want your snails to be tough so by doing this you will not over cook them,
and they will be soft.

Your snails will then be ready, drain them.
Add them to your warmed snail plates
Add the hot garlic butter
Sprinkle plate with dried parsley

That’s it folks, really good and the Mosquitoes will not bite

Elsabie Templeton
mental note:
make sure the person who sleeps next to you also partakes in the feast!!!! tx so much Sharon Naude!!!! I will have to eat these all by myself, hubby thinks I’m crazy to like it

Sharon Naude
For sure Elsabie, these are really good, there is always one in the group that will not eat snails so what I do in order for them not to feel out I cook some mushroom, I remove the stems of the mushroom so that they fit nicely into the holes of the snail plates, then fill with the garlic butter, they eat it the same way as we do with the bread and it is a hit, no one feels out and can be part of the garlic fumes.

Elsabie Templeton

that’s a brilliant idea! must try that. I also like it with a bit of a creamy cheese sauce with bread crumbs sprinkled on top and then lightly toasted so that the crumbs are crunchy.

Photo:  Sharon Naude




LEKKER SOUSIE VIR KREEF

kreef 2tested

LEKKER SOUSIE VIR KREEF

Hier is ‘n resep vir of saam met warm kreef, of om kreef kelkie (voorgereg/slaai) te maak:
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatiesous
1 ui fyn gekap
½ teelepel mosterd poeier
2-4 druppels Tabasco
½ teelepel Worcestersous
½ koppie room
sout en peper na smaak
Ek vat gaar koue kreef vleis, sny in blokkies, meng in die sous en bedien as voorgereg oor gesnipperde blaarslaai!

Resep: Louw Coetzee




HOENDER EN KALKOEN TERRIEN

tested
HOENDER EN KALKOEN TERRIEN
Bedien saam met platbrood en tamatie/uie konfyt
1 kalkoen
4 hoenders
8 uie gekerf
1 bos seldery gekerf
Sout na smaak
8 swartpeperkorrels
2 lourier blare
gelatien
Stoom die kalkoen en hoenders tot die vleis van die bene afval. Behou die vloeistof en laat afkoel
Ontbeen die kalkoen en hoender.
Sny die uie op in skyfies en soteer saam met die gesnyde seldery tot sag en deurskynend in ‘n bietjie olyfolie en 1 eetlepel botter.
Maal die vleis en groente saam.
Toets die smaak en pas die sout en peper aan indien nodig.
Maak gelatien aan met die afgekoelde vloeistof waarin die hoender en kalkoen gekook het volgens die aanwysings op die pakkie. Ek gebruik 2 teelepels gelatien per 500 ml vleismengsel.
Meng die gelatien en die vleismengsel goed deur.
Giet in bakke of vorms en laat oornag stol.
Resep en foto:  Corne Liebenberg




HOENDERLEWER EN ROOSTERBROOD


HOENDERLEWER EN ROOSTERBROOD
500 g hoenderlewers, skoongemaak
50 ml meel
sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml paprika
40 ml botter
15 ml olie
1 ui, grof gekap
30 ml brandewyn
250 ml room
250 g spek, opgesny
plaasbrood

Sny die skoongemaakte hoenderlewers in kleiner stukkies.
Meng die meel, sout, peper en paprika in ‘n sakkie en gooi die lewer daarin en skud tot alles bedek is.
Verhit die botter en olie en braai die uie en spek vir ’n paar minute.
Gooi die meelbestrooide hoenderlewerstukke by en braai oor hoë hitte tot net gaar.
Roer die brandewyn en room by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut tot die sous lekker dik is. Geur na smaak met sout.
Rooster intussen die brood. Bedien in klein sop of poeding bakkies en eet met roosterbrood.
Genoeg vir vier mense.
Nota:  gooi nadat alles gemaak is so 3 eetlepels hot Nando’s peri-peri sous by en roer deur.
Foto en resep: Elize de Kock




GEVULDE SAMPIOENE MET BILTONG

 1545202_740460262632899_1502277181_ntested
GEVULDE SAMPIOENE MET BILTONG
Voorgereg vir die braai…..
Groot swart sampioene gevul met knoffelbotter, biltong en mozarella/cheddar kaas.
Bak in die oond by so 200 º C
Bron:  Johan Cremer



GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS

06bd7f404d4046bc8ccecbcb170d5ea9

GEBAKTE CAMBRINI MET ‘N LYN STAAN BROOD EN KERSIESOUS
2 groot cambrini
5 snye witbrood
2 blikkie swart kersies
4 sopies kersie liquier
1 vanije peul

Verhit die oond tot 200 grade. Sny die brood in dik repe en braai in ‘n pan met bietjie olie tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuis papier.
Plaas die blik kersies in ‘n pan met die vloeistof en voeg die liquier by sowel as die vanjile peul wat oopgesny en geskraap is. Kook tot ‘n lekker dik stroop vorm.
Plaas die kaas in ‘n bak wat oondbestand is en nie te groot is nie. Sit in die voorverhitte oond tot die kaas regdeur sag in. Bedien met die kersies en brood soldate. Almal kan self skep en doop soos hulle lus het. Lekker morsig!