MARTIE SE BEET EN UIE TARTE TATIN

2014-05-04-beetenuietartetatintested

MARTIE SE BEET EN UIE TARTE TATIN
(Onderstebo tert) Lekker as ligte voorgereg
8 klein bete
30 ml olyfolie
15 klein piekeluitjies geskil
2 knoffelhuisies fyn
15 ml bruinsuiker
45 ml water
45 ml balsemiek asyn
1 vel blaardeeg
vars tiemie takkies

Oond 200g Kook beet tot sag, verwyder skille, braai uie effe,plaas uie en knoffel,sprinkl water en suiker oor tot goudbruin. Plaas beet ook in aparte bak, gooi asyn oor. Rooster sowat 20 min.Laar afkoel. Halveer die bete en uie in pan sowat 20 cm. Die pan moet in die oond kan gaan. Bedek uie en beet met blaardeeg. Bak in oond so 35-40 min. Die deeg moet lekker bros en ligbruin wees. Plaas op ‘n bord en keer om. Bedien met vars tiemietakkies en suurroom, bulgaarse gewone yogurt, of skeppie roomkaas.
BRON- Martie Fourie Moolman




PRAWN EN CAMEMBERT VOORGEREG

prawn voorgeregtested

PRAWN EN CAMEMBERT VOORGEREG
Hier is geen resep. Kyk mooi, steel die idee en sit voor aan jou geliefde. Diepbraai die cumembert. Braai die prawn met bietjie botter, visspeserye en suurlemoensap tot gaar. Kan knoffel bysit indien so verkies – ek altyd vir goeie gesondheid! Bedien soos op voorbeeld uit my kombuis.

FOTO EN RESEP:  Fanie Smit




ADVOKADOPEER EN SHRIMP SLAAI

2014-04-13-adovokadopeerenshrimpslaai

ADVOKADOPEER EN SHRIMP SLAAI
Rocket fyn gesny en onder in glas gesit. Dan pitmielies. Gooi dan balsamic blackgold oor. Sny cherrietomatoes in klein blokkies en sit volgende in. Sny avos in blokkies en sit eers in ander bak en gooi bietjie suurlemoensap en sout en peper oor. Skep dan in glas. Maak shrimps gaar in botter en suurlemoen. Gooi 3eetlepels chives roomkaas by. Skep bo op en garneer met fyngekapte dill. Sit in yskas tot koud

BRON- Marian van Deventer




AVO EN KRAP SLAAI

2014-04-13-avoencrabslaai

 

AVO EN KRAP SLAAI
My avo en Krab slaai. Sny avo in blokkies en sit in bakkie. Braai prawns met bietjie botter en witwyn en garlic en fish spice tot lekker, Voeg dan die krab by en los vir 5 min op ‘n lae hitte sodat dit nie brand nie. Verwyder en laat afkoel. As dit afgekoel het meng met mayo en sweetchilli sous en sit bo op avo. Bedien koud.

BRON- Marlene Minderon




ADVOKADO EN SALM VOORGEREG

2014-04-13-advokadoensalmvoorgereg

ADVOKADO EN SALM VOORGEREG

Hier is my Advokado en salm voorgereg met peppadew gevul met avo
Lewer omtrent 6 vorms
100g sprietui-en-spek-geur-soutkoekies (of ander geur)
60g botter of margarien, gesmelt
230g roomkaas (sprietuie-en-grasui, of ander geur)
15ml (1e) melk of water
2 medium avokadopere
45ml (3e) vars suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10ml (2t) gelatien
30ml (2e) water
100g salm of gerookte snoek
vinkel of dille vir garnering

Metode
1 Spuit of smeer omtrent 6 klein pannetjies of ringvorms. Voer bodem en kante uit met waspapier of enige ander stewige papier. Spuit weer.
2 Druk die soutkoekies fyn. Meng die gesmelte botter daarmee en hou eenkant.
3 Roer die roomkaas met die melk (of water) sodat dit ’n bietjie sagter word en hou ook eenkant. Druk die avokadopere fyn; voeg suurlemoensap en geurmiddels by.
4 Los die gelatien in die water op en plaas oor kookwater sodat dit smelt. Voeg helfte van die opgeloste gelatien (20 ml) by die roomkaas. Voeg die ander helfte van die gelatien by die avokadopeer-mengsel en meng goed.
5 Plaas die salm eerste op die onderkant van al die vorms. Verdeel die avokadopeermengsel tussen die vorms en skep bo-op die salm. Skep dan die beskuitjies, gevolg deur die roomkaasmengsel. Druk effens bo-op die bestanddele in die vorm.
6 Plaas in die yskas vir omtrent 4 ure om net ’n bietjie te set. Keer uit en garneer

Ek het dit op rocket gesit en toe balsamic vinegar n paar strepe getrek en toe ingelegde peppadews gevul met nog avo

O jaaa en bietjie paarmensan kaas gestrooi op bord

BRON-Marian van Deventer




AVOKADO RITZ

AVOKADO RITZ

Sny ‘n avokado in blokkies en sprinkel suurlemoensap oor en geur met sout en growwe peper. Neem nou shrimps en braai dit in botter en voeg gekapte knoffel en suurlemoensap by, geur met sout en growwe peper en bietjie paprika. Laastens maak ‘n seafood sousie van mayonnaise, bietjie worcestersous en tamatiesous. Vat ‘n mooi glasie en sit avo blokkies onderin. Sit nou die shrimps bo op. Neem ‘n lepeltjie seafood sous en sit bo op. Sprinkel met paprika.

BRON- Leanne Thurston Coetzer




AVO EN SALM VORM

2014-04-13-avoensalmvormtested
AVO EN SALM VORM
1 ryp avo in blokkies gesny
1 bakkie salmgeur roomkaas
1 koppie louwarm melk
3 eetlepels Cremora
3 teelepels gelatine (gespons oor koue water en aangemaak met kookwater)
Sout, peper en cayenne peper na smaak.

Roer die roomkaas by die louwarm melk tot glad.
Meng die Cremora en geurmiddels by die melk en roomkaas in.
Voeg die gelatine by en roer goed.
Voer ‘n bakkie uit met kleefplastiek.
Pak die avo blokkies in die bakkie.
Giet die roomkaas melkmengsel oor die avo blokkies.
Maak toe met kleefplastiek en laat stol in die yskas.
Bedien op ‘n bed pietersielie

Bron: Corne Liebenberg




NEIL SE GEVULDE AVO MET SPEK EN YOGURT VOORGEREG

2014-04-13-gevuldeavometspekenyogurtvoorgeregtested

NEIL SE GEVULDE AVO MET SPEK EN YOGURT VOORGEREG
(genoeg vir 4)
1 baie ryp avo
250ml plain yogurt. (Tuisgemaak)
1 suurlemoen se gerasperde skil en sap
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Verwerk met staafmenger tot glad.
2 geskilde en gehalfveerde avos
125gr bacon bits
1 klein ui gekap
2 knoffelhuisies fyngekap
5 gekapte peppadews
2 heel peppadews vir garnering
Gekapte pietersielie vir garnering
Braai uie tot sag. Voeg bacon by en braai tot gaar. Voeg knoffel en peppadews by en braai net 1 minuut
Skep op gehalfveerde avos. Skep verwerkte avo en yogurt oor en garneer met peppadews en pietersielie.
Geniet!

BRON- Nanette Fourie




OEPSIES

Oepsies
OEPSIES

oepsies is net spek en kersies of perskes… ingeryg in stokkies soos op foto en lekker gebraai oor die kole.. as jy verkies kan jy ‘n lekker BBQ of sweet chillie sous oorsmeer terwyl jy braai.




MUSHROOM AND SPINACH MEATLOAF

2014-03-19-mushroomandspinachmeatloaftested

MUSHROOM AND SPINACH MEATLOAF
1 egg, lightly beaten
1/2 cup onion
1/2 cup tomato pesto or tomato sauce
1 cup mozzarella cheese, shredded
1/2 Parmesan cheese (grated)
1/2 cup spinach, chopped, drained
500g Ground lean beef
more or less 10 Mushrooms, finely chopped

Preheat oven to 180ºC.
Add all of the ingredients except for the ground beef in a large bowl and mix well.
Mix in the ground lean beef.
Portion mixture into your casserole dish.
Bake uncovered for about 30 minutes.
Remove from oven.
Notes
This meatloaf recipe can be cooked in cupcake or muffin tins. Meatloaf freezes exceptionally well, before and after it is cooked. Eat within 2 months of freezing for the best quality.
Serve with a nice big salad or vegies…

BRON- Jacqui Landsberg Botma