VIS GEVULDE TAMATIES
VIS GEVULDE TAMATIES
215 g Pilchards in tamatiesous
+/- 10 tamaties
1 eetlepel green pepper
¼ koppie fyn uie
1 eeelepel gekapte grasuie
½ teelepel suurlemoensap
½ koppie fyn gekapte vars pynappel
1 ml rooipeper
Knypie sout Spoel tamaties af en sny bokan(dekseltjie) af. Skep pitte en vleis van
tamaties uit.
Keer die vis uit in ‘n bak. Haal vis uit die sous en haal grate uit. (Moenie
sous gebruik nie.) Pluis vis in klein stukkies. Meng liggies met res
van bestanddele en skep in uitgeholde tamaties.
Vis sousie en tamatie pitte eet kleinkind, kind en manlief op
roosterbrood terwyl jy besig is om tamaties te vul.
Resep en foto: Meisie Hattingh















