VOLSTRUIS MAGIES


VOLSTRUIS MAGIES
Kook magies in kastrol, met die volgende:
seldery stingels
1 ui, in kwarte gesny
2 wortels, opgesny
roosmaryn takkie
tiemie
2 knoffel huisies, platgedruk
1 suurlemoen se sap
paar naeltjies
sout en peper na smaak

Kook alles saam tot sag.
Koel af en hou in yskas oornag om ferm en koud te word.
Volgende dag, sny dun skyfies op mandolyn met skerp mes.
Pak skuins in bak, maak ‘n mosterd sousie soos vir tong, strooi broodkrummels oor en bak in oond vir ‘n rukkie.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk




VOLSTRUIS “SCHNITZEL”


VOLSTRUIS “SCHNITZEL”
Vroulief het vir ons vanaand heerlike volstruis schnitzel gemaak van volstruis fillette.
Kap die fillette effens plat met ‘n bottel se bodem of koekroller.
Rol die vleis dan in meel wat gegeur is met sout en peper en Italian herbs dan in geklitste eier en laastens in broodkrummels.
Bak dit dan in ‘n bietjie warm olie vir vier min aan ‘n kant tot mooi goudbruin.
Dit was heerlik sag, niks droog nie en baie gesond.
Om die gesondheid af te rond het ons dit saam met ‘n mengelslaai, ‘n gekookte skorsie en ‘n skeppie smash geniet.
Resep en foto: Gideon Louw




VOLSTRUISNEK POTJIE


VOLSTRUISNEK POTJIE
Verhit olie en braai 5 groot uie tot deurskynend en sag.
Voeg 20 ml “Crushed” knoffel by en braai effens.
Verwyder uie.
Braai 3 kg volstruisnek porsies tot bruin.
Plaas uie terug.
Meng die volgende:
10 ml sout
25 ml Italian Herbs
5 ml fyn koljander
5.5 ml heel koljander
5 ml peper
Voeg by vleis en roer goed deur.

Meng 4 hoender ekstrak blokkies met 6 koppies Coca-Cola. Gooi bo-oor vleis.
Prut stadig vir sowat 90 min of tot die vleis sag is.
Rangskik bo-oor:
1.5 pakkie baba aartappeltjies en
1 pak wortels
Kook vir 15 min.
Rangskik 2 pakkies patty pans en 2 pakkies sampioene bo-oor.
Gooi 25 ml suurlemoen sap (om die soetigheid van die Coca-Cola te breek) by 4 desertlepels Bisto poeier wat met 1 koppie water aangemaak is.
Prut vir ‘n verder 30 min tot alles sag is.
Genoeg vir 12 persone.
Baie lekker.
Resep en foto: Hannetjie Snyman




HEEL VOLSTRUIS FILLET


HEEL VOLSTRUIS FILLET
Heel volstruis fillet van ongeveer 1 tot 1 ½ kilogram
Stop die fillet met 3 knoffelhuisies en paar stukkies spek.
Voeg ‘n paar stukkies spek saam met fillet in ‘n pot en braai mooi bruin alkante in olyf olie.
Voeg nou by:
½ koppie goeie rooiwyn
1 wortel, in stukke gesny
1 ui, in stukke gesny
paar stukkies seldery en ook van seldery se blare
paar heel naeltjies,
2 teelepels gebreekte koljander
sap van ½ suurlemoen
2 teelepels steak speserye
‘n takkie roosmaryn

Kook vir omtrent ‘n uur en braai dan weer liggies.
Sny in skyfies en bedien saam met ‘n sousie gemaak van oorblywende vog in pan.
Deglaze die pan met bietjie water, meng nou bietjie meel met bisto en voeg by aftreksel.
Kook goed deur, bedien saam met vleis.
Foto: Alta Gunter van Dyk




VOLSTRUISLEWER KOEKIES


VOLSTRUISLEWER KOEKIES
Die resep is vir 5 kg gemaalde volstruis lewer, pas resep aan. Die gemaalde lewer en die gaar koekies vries ook baie goed. Kan ander lewer ook gebruik.
2 greenpeppers, opgekap
1 klein plastiek sakkie uie, opgekap
1 bossie wortels, gerasper
2 pakkies fyn swartpeper
1 pakkue rooipeper
knoffel na smaak, opgekap
broodmeel om te bind
sout na smaak
5 kilogram volstruislewer, gemaal
12 eiers

Meng alles goed deurmekaar (meng die knoffel en uie by net voor jy dit gebruik).
Skep lepelsvol in warm olie in ‘n pan en braai albei kante bruin.
Resep: Jan Lotz




VOLSTRUISMAGIES


VOLSTRUISMAGIES
Ons bly in die volstruis wereld, en maak heerlike disse van ons volstruis vleis,
Volstruis magies:
Ek het 8 magies gebruik
2 liters water
1 bossie seledery
2 wortels in stukke gesny
2 uie in stukke gesny
6 huisies knoffel gekneus
paar takkies tiemie
paar takkies roosmaryn
paar heel naeltjies
gebreekte koljander +-2 teelepels
2 teelepels aromat
3 teelepels sout en peper
Sap van 2 suurlemoene
1 koppie droë wit wyn
Mosterd sousie:
1 eetlepel olie
2 eetlepels koekmeel
4 eetlepels wit asyn
½ koppie kookwater
1 eetlepel droë mosterdpoeier
4 eetlepels suiker
¼ teelepel sout
½ koppie Mayonnaise

Plaas olie in kastrol roer meel by tot gladde pasta,roerdie asyn en water by en bring tot kook punt,klits res van bestandele by tot glad,sousie kom uit kook en geniet
Kook van magies:
Kook als saam tot magies sag is, haal uit kastrol en laat afkoel.
Sny met ‘n mandolin in dun skyfies, kan as koue vleis geëet word of maak ‘n dis van dit.
Pak skuins in bak, maak ‘n mosterdsousie en skep oor die vleis, meng krummels en kaas, strooi bo-oor en bak in oond op 180 ºC tot kaas bruin en gesmelt is.
Die lekker van die stock wat oorbly, maak ek fyn met my blender en gebruik dit as ek groente sop kook
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk




VOLSTRUISNEK IDEES

VOLSTRUISNEK IDEES
Gillian Kruger Vermeulen
My resep, maar dis hoe ek my volstruispot gemaak het. Jou stoompot gaan ook werk.
Braai uie, knoffel en sampioene. Skep uit. Braai die vleis bruin, bedek al die vleis met 100% appelsap en gooi sout en peper by. Kook tot sag, gooi dan die uie, knoffel en sampioene terug by vleis. Meng sampioensoppoeier met melk en verdik sous. Voila en jy is reg om te bedien.

Rita Labuschagne
Hou dit eenvoudig. Ek sal dit soos beessstert gaarmaak. Die maklikste vir my is die volgende. Ek gebruik ñ swart ysterpot wat ii die oond kan gaan. Braai in die pot op die stoof die nek (+_ 1.5 kg) in bietjie olie.
Voeg 4-5 opgesnyde uie by, braai effens en ook so 2 wortels groot opgekap. (Uie is die basis vir die heerlike sous) Sout , peper en koljander nou.
Voeg ñ blikkie fyn tamatie by.  Sit die deksel op en in die oond (160-170 C) vir ñ paar ure. Loer nou en dan. As dit te droog raak voeg bietjie water by.
Steek die vleis met ñ skerp mes as dit ampertjies sag is sit jy jou groente by. (Van nou af geen meer water want jou kos gaan waterig proe en jy kry nie daardie waterige smaak weggekook nie.)
So 3 opgesnyde wottels, 5 opgesnyde aartappels en blokkies butternut. Na halfuur kan jy ander sagte groente byvoeg bv baby marrow, baba mielies, peul ertjies. Verkieslik nie sampioene nie. Dit verander die smaak van jou dis heeltemal. Indien jou dis te waterig is kan jy dit met mielieblom of bisto effens verdik. Proe eers. As dit nie te sout is nie kan jy bisto gebruik. Vir my is die potjie op sy lekkerste as dit nie met goete verdik word nie)
Bedien met rys /koring/mielierys/stampmielies.
Baie sterkte. Jy kan dit doen.❤




ADAM SE VOLSTRUISNEK BREDIE IN DIE STOOMPOT

ADAM SE VOLSTRUISNEK BREDIE IN DIE STOOMPOT
500 g volstruisnek stukke
300 g bredie varkvleis
1 groot gekapte ui
4 medium aartappels in blokkies blokkies gesny
5 opgesnyde wortels
1 teelepel gedroogde tiemie
1 teelepel gedroogde oreganum
2 teelepels gerookte paprika
1 teelepel gewone paprika
5 kruie naeltjies
sout en peper na smaak.
Braai die uie in ‘n klein bietjie olie in die stoompot tot dit begin sag word en voeg die vleis daarby. Braai die vleis oor lae hitte sonder om te roer tot dit begin karameliseer (amper op aanbrand stadium). Roer die vleis nou sodat die bokante onder kom en voeg die uie by. Herhaal die proses en sodra dit goed aan die ander kant gebraai is, voeg ‘n klein bietjie water by. Krap die ligte aanbrandsel op die bodem van die pot los en laat dit verder op hoër hitte kook tot die water verdamp het en dit weer begin braai. Voeg nou al die kruie en speserye by, behalwe die sout en roer goed sodat al die vleis behoorlik daarmee bedek is. Giet ‘n halwe koppie water by en seël die stoompot. Laat die stoom opbou oor matige hitte en laat dan vir 20 minute stoom oor lae hitte.
Laat die pot afstoom na die 20 minute, haal die deksel af en voeg die wortels en nog ‘n bietjie water by indien die water baie laag is. Bedek met ‘n ander groot gewone potdeksel en laat prut vir ongeveer 10 minute. Voeg nou die aartappels en die sout by en laat verder prut tot die aartappels sag is. Hou die vloeistof vlak dop, maar moenie te veel water byvoeg nie. Jy maak ‘n bredie, nie sop nie. Bedien op ‘n stysel van jou keuse.
Jy kan die paprika, naeltjies en kruie vervang met Kerrie en Cumin om ‘n lekker Kerrie gereg te maak. Dan sal ek egter die water verminder en ‘n blikkie tamatie en uiesmoor byvoeg.
Resep en foto: Adam Cloete




VOLSTRUIS NEK MET GEMENGDE GROENTE


VOLSTRUIS NEK MET GEMENGDE GROENTE

500gr volstruis nek vleis
1 pakkie gemengde groente
1 pakkie bees sop
600ml water
1/2 koppie worcester sous
Kook alles saam in drukkoker vir 45min

BRON EN FOTO:‎Cecil Dunhin




CECIL SE KAKAO VOLSTRUIS FILLET

volstruis_ntested
CECIL SE KAKAO VOLSTRUIS FILLET
1/2 koppie kakao poeier
1 teelepel paprika
1/2 teelepel wit peper
1/2 teelepel sout
Meng al die bestanddele bymekaar.
Maak droog en vryf die fillet met die droë marinade.
Laat rus vir 30 min.
Braai in warm pan tot medium

Resep en foto: Cecil Dunhin