ELIZE SE VISKOEKIE VAN VARS VIS
1 kg knorhaan (grunter) gaar vis gevlok en gemaal (10 koppies)
2 groot uie fyngemaak
2 toontjies vars knoffel fyngemaak
ongeveer 16 meduim/klein aartappels gaar gemaak en fyngedruk (7 koppies)
10 ml sout
5 ml fyn swartpeper
10 ml visspeserye
6 eiers geklits (5 as dit groot eiers is)
Meng deeglik, kyk dat jou mengsel nie te pap is nie, en maak bolletjies van ongeveer 70 gram elk.
Druk effens plat. Continue reading