LISA SE BLOMKOOL EN CHEDDAR FRITTERS

LISA SE BLOMKOOL EN CHEDDAR FRITTERS
Maak slap degie met volgende:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1/4 teelepel peper
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
Voeg volgende by slap degie:
1 koppie gekapte blomkool
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1/2 koppie gekapte rou uie
Diepbraai in olie tot goudbruin. (‘n bietjie aromat oor nadat gebak is, smaak lekker)
Resep geplaas deur Lisa Pretorius
Foto: Lisa Pretorius




PAAPER BITES

PAAPER BITES
Made paaper bites for the kids today 😋 samoosa leaves fried on medium heat and voila! Added some aromat (cheese and original)
Fried in my oil I used for my samoosas 😉. Not a lot just a good amount to cover them.
Photo and recipe posted by Rene Johnson




CORA SE AMARULA BOLLETJIES


CORA SE AMARULA BOLLETJIES
Vandag die Amarula-balletjies gemaak.
Dit is vrek lekker.
3 pakkies Mariebeskuitjies, fyn gemaak
500 g versiersuiker
2 eiers
125 ml gesmelte botter
250 ml amarula

Meng die Mariebeskuitjies en die versiersuiker saam.
Meng dan die eier, gesmelte botter en amarula saam en meng dit met die Mariebeskuitjie-mengsel.
Rol in klein balletjies en plaas op ‘n bakplaat wat met foil uitgevoer is en plaas in yskas vir tenminste 1 uur.
Smelt 500 g sjokolade en rol die balletjies daarin laat staan by kamertemperatuur tot hard.
Resep geplaas deur Cora Naude
Foto:  Cora Naude




GEROOKTE SALM OP WARM AARTAPPEL ROSTI

GEROOKTE SALM OP WARM AARTAPPEL ROSTI
4 voorbereide aartappel rosti’s
1 pakkie gerookte salmon
1 avokado
Roomvulsel:
1 houertjie plain roomkaas
3 eetlepels vars dill, opgekap
½ vars suurlemoen se sap
¼ ui fyn, gekap
sout en wit peper

Rooster aartappel rosti in warm olie.
Plaas gerookte salmon bo-op.
Meng al roomvulsel bestanddele saam. Plaas opgehoopte teelepel vulsel bo-op salmon.
Plaas fyn avokado repies op vir garnering Vars takkies dill vir garnering opsioneel.
Resep geplaas deur Michelle Erasmus
Foto: Michelle Erasmus




KATARNYZA’S RED EGGS

KATARNYZA’S RED EGGS
Today I would like to share with you a new approach to serving eggs, which is related to the earliest traditions of red eggs. See how beautiful they look on green spring lettuce. Maybe you could buy into a bit of colourful madness?
4 eggs
125ml of beetroot concentrate (I usually use Polish Krakus)
1 tablespoon of mayonnaise
1 teaspoon of horseradish
2 tablespoons of minced cress
salt and pepper
Hard boil the eggs and peel them. Thin the beetroot concentrate with an equal amount of water. Put the eggs into a tall dish and add the diluted concentrate to cover the eggs and leave for 45 minutes. Pour away the concentrate and cut the eggs in half. Remove the egg yolks, crush them with a fork and mix in with the mayonnaise, horseradish and cress. Spice it up with salt and pepper. Fill the white eggs with the yolk mass.
Source and Photo: Katarzyna Posłuszny
https://www.home-madepatchwork.com




KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN

KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN
KAN GEVRIES WORD TOT GEBRUIK.
1 blik viennas fyn gesny
1 blik soutbeesvleis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml ongesifte koekmeel
3 eiers geklits
1 ui gekap
5 ml elk sout, mosterdpoeier en gedroogte pietersielie
2 ml knoffelvlokkies(opsioneel)
Meng alles saam en skep in gesmeerde kolwyntjiepan en bak op 180ºC tot gestol en ligbruin.
Resep en foto: Vaneen Ferreira




PERFEKTE JALAPEÑO POPPER

PERFEKTE JALAPEÑO POPPER
Die Perfekte Jalapeño Popper!!!
Sny jalapeño langs die lengte af,maar nie deur nie.  verwyder pitte met agterkant van teelepel.
Vul met cream cheese.
Bedek met meel.
Dip in geklitste eier en dan in krummels. Sit in yskas.
Dip dan weer 2 keer in eier en in krummels. Diep braai in baie warm olie vir 2 minute of tot goue bruin. ENJOY!!!
Bron en foto: Nadi Truter




BAJIA KEKERERTJIE POFFERTJIES


BAJIA KEKERERTJIE POFFERTJIES
Dis deel van ontbyt in Tanzanië, maar ook ‘n heerlike anytime snack!
Mens maak maar op gevoel maar:
± 1 koppie chick pea meel (kekerertjie meel)
1 sakkie yeast (gis)
Gerasperde wortel, uitjie, crushed peppeadew (hier kan mens eksperimenteer… Green pepper, knoffel ens.)
Knippie sout
Water, net genoeg om sag maar nie waterige degie te vorm-laat staan vir so ‘n uur en skep dan lepels vol in warm olie!
Eet vars netso!

Resep en foto: Carmari Fourie Strobos




KAPOKAARTAPPEL BALLE MET KAAS EN VIENNA


KAPOKAARTAPPEL BALLE MET KAAS EN VIENNA
Resep en foto:  Julia Binge
FOOD LOVERS RECIPES
Vandag die Potato Mash Balls beproef met ‘n kaas en smoked vienna vulsel.
10 middelslag aartappels, gekook en gemash
1 eetlepel botter
2 teelepels bakpoeier
2 eiers, geklits en ingemeng
speserye na smaak
koekmeel, ingemeng tot dit lekker dik en maklik in balletjies kon rol
1 koppie gerasperde gouda kaas, ingemeng
smoked viennas, in repies gesny
gouda kaas in repies (dink blokkies sal dalk beter werk)

Rol balletjie, maak ‘n slootjie met jou vinger. Sit repie worsie en repie kaas in. Rol mooi toe. Balletje lyk dan eiervormig.
(Olie aan my hande gesmeer, dan rol dit mooi en maklik)
1 liter olie in ‘n pot gesit en gebraai tot goudbruin. Olie moet warm wees.
So 15 balletjies uitgekry.
Seker enige vulsel sal heerlik wees.
Ek het sommer my eie Tartar tipe sousie aanmekaar geslaan met gerasperde agurtjies en uie in.
My man en kind verslind dit.




APPEL ROSE

APPEL ROSE
6 klein rooi apples. Ontpit, halveer en sny in dun skywe. (Ek verkies om dit nie te skil nie. Hou van die kontras)Kook dit vir 19 min oor medium hitte. Nie te sag of pap nie net sodat dit ferm maar buigbaar is.
Laat af koel maak intussen skiferkorsdeeg (op die groep se resepte) aan en rol dit lekker dun uit.
Sny repe van 15 cm x 3cm.
Pak jou appelskywe op die rand van die repe sodat die halfmane uitsteek bo die deeg.
Rol die repe dan op en druk die onderste rand aan mekaar vas en plaas in kolwyntjie pan.
Bak by 220 grade C vir 15 min.
Maak sous op stoof met volg.
Knippie sout.
Halwe koppie bruin suiker
5ml k neel.
10ml margarine en
1 koppie water.
Bring tot kookpunt en roer aanhoudend tot al suiker opgelos is. Kook verdere drie min lank.
Sprinkel sous oor die appelrosies sodra dit uit die oond kom.
As jy van kaneel hou kan jy dit ekstra oorstrooi voor jy dit bedien.
Kan net so bedien word of as nagereg met room of roomys.
Bron en Foto: Martie Coetzee