VARKVLEISBLOKKIES IN BESLAG MET PIKANTE DOOPSOUS


VARKVLEISBLOKKIES IN BESLAG MET PIKANTE DOOPSOUS
500 g maer varkvleis
sout en swartpeper
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
1 groot eier
180 ml melk
tandestokkies
olie om in te braai

DOOPSOUS
10 ml komynsaad
10 ml koljandersaad
10 ml geel mosterDsaadjies
5 ml gedroogte rissies
125 ml heuning
30  ml witwynasyn
30 ml olyfolie

Sny die varkvleis in happie groottes. Geur met sout en swartpeper.
Maak die beslag:
Sif droë bestandele saam. Meng die eier en melk en gooi by droë bestanddele. Meng tot ‘n gladde deeg. As die beslag te styf is, voeg nog bietjie melk by.
Ryg die vark in die tandestokkies en doop dit in die beslag.
Verhit olie in ‘n braaipan. Wanneer die olie warm is, braai net ‘n paar sosaties op ‘n slag. Skep sosaties uit wanneer bruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
Maak doopsous:
Braai al die speserye droog in ‘n pan. Haal die pan van die stoof af wanneer sade warm en geurig is.
Meng die heuning, asyn en olyflie in ‘n klein bakkie. Voeg die speserye by en sit dit saam met die sosaties voor.




MAASKAASROL OF TRUFFELS

MAASKAASROL OF TRUFFELS
FOOD LOVERS RECIPES
Bedien saam met enige soutbeskuitjies of Bruchetta.
250 g roomkaas ongegeurd – “Cottage”
250 g roomkaas “savory”
1 koppie fyn gerasperde Cheddarkaas
1 pakkie spek, gaargemaak en fyngekap
250 g harde Rama margarien
fyn biltong of sesamesaad

Meng die bestanddele tot voor die Rama saam. Smelt die Rama en meng dit saam met die eerste mengsel. Plaas die mengsel in die yskas tot gestol.
Rol teelepelsvol in truffels of rol in ‘n lang rolletjie, net soos verkies.
Rol die truffels of rolletjie in biltong of sesamesaad voor opdiening.




HOENDERBROODTERTJIES

HOENDERBROODTERTJIES

6 dun snye vars brood (gebotter)
85 g Nestlè Cheddar kaassmeer
1 pakkie sampioensop opgelos in – 300ml melk
5 ml voorbereide mosterd
250 ml gaar hoender (gekap)

Sny korsies van brood af. Druk elke sny met gesmeerde kant na onder in muffinpanne. Bak teen 180°C vir 10 minute. Voeg kaas en mosterd by die sampioensous en laat smelt. Roer hoender in. Laat sous opkook in kastrol, roer af en toe. Vul tertjies met mengsel en bak teen 180°C. vir 10-15 minute.




KAASKRAKELINGE


KAASKRAKELINGE
250 ml gerasperde kaas
5 ml koekmeel
3 ml tiemie of kruie
knippie rooipeper

Voorverhit die oond tot 200°C. Meng die bestanddele saam en skep in hopies op ‘n bakplaat. Druk die hopies effe plat en bak vir 8 min.

 




BILTONGBLOKKIES

BILTONGBLOKKIES
Resep: Natasha Olivier
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie geurige dik witsous
57 g gerasperde kaas
113 g gerasperde biltong
2 eiers

Klop warm witsous by eiergele.
Vou kaas en biltong in mengsel.
Vou styfgeklopte eierwitte in mengsel.
Proe en voeg nodige by.
Skep in gesmeerde vierkantige bak.
Bak vir 15 minute of tot goudbruin in matige oond.
Sny in blokkies en sit dadelik voor.




KAASBALLETJIES

KAASBALLETJIES
Baie maklik en verdwyn vinnig van die bord af.
3 groot eierwitte
250 g gerasperde kaas
rooipeper
50 g ham, fyngekap

Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm.
Vou gerasperde kaas saam met rooipeper en kapte ham by die eierwitte in.
Gebruik 2 lepels om balletjies te vorm, dompel in warm olie.
Braai tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Dien warm of koud op. Lewer 10 porsies.
Vir ‘n verandering: Meng gekapte salami, gaar beesvleis, garnale of sampioene daarby.




SHAKER SOUTTERTJIES

tested

SHAKER SOUTTERTJIES
Hierdie is ‘n maklike handtertjie met groooot verskeidenheid!! Nog ‘n bonus is, min skottelgoed.
Beslag:
125 ml melk
75 ml kookolie
200 ml koekmeel
2 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
Plaas die bestanddele in ‘n tupperbak met deksel of ‘n “shaker”. Skud die bestanddele goed saam en voeg die beslag in gespuite klein kolwyntjie panne (groot kolwyntjiepanne kan ook werk, jy kry net minder tertjies uit).
Plaas vulsels van eie keuse in die beslag.
Bak by 180°C vir ± 30 minute of tot goudbruin.
Vulsels:
Stukkies spek, uie, pietersielie, kaas en bietjie blatjang.
Boeliebeef, uie, kaas, pietersielie en blatjang.
Tuna, ui, kaas.
Net kaas.
Oorskiet hoender, vleis, of maalvleis.
Basies enige iets wat jy aan kan dink wat lekker gaan smaak in ‘n souttertjie. Eksperimenteer en deel lekker nuwe idees. Jy kan die beslag ook in een groterige bak voeg en die vulsel van jou keuse gebruik, bak en in blokkies sny.
Resep: Winnie Jordaan

 




TUNA MOUSSE MET TABASCO

TUNA MOUSSE MET TABASCO
2 blikke tuna in olie
45 ml gekapte pietersielie
1 ui, fyngekap of gerasper
45 ml tamatiesous
125 ml mayonnaise
‘n Bietjie Tabascosous
Sout en peper
250 ml room
1 koevertjie 30 ml gelatienpoeier

Dreineer en vlok die tuna. Voeg pietersielie, ui, tamatiesous, mayonnaise en Tobascosous by.
Geur met sout en peper. Klits room styf en vou by die vismengsel in.
Week die gelatien in 50 ml koue water en voeg 125 ml kookwater by sodra dit gestol het en roer tot gesmelt.
Roer by die tunamengsel. Spuit ‘n visvorm of ringpan uit. Giet mengsel daarin. Sit in yskas tot gestol.
Keer uit en sit voor met lekker brood of soutbeskuitjies.

Plasing en foto: Marie Rheeder Troskie




WORTELPOFFERTJIES

2013-06-21-mieliemeelpoffertjiestested

WORTELPOFFERTJIES
Ek wil graag hierdie heerlike gereg met julle deel, almal vra die resep en kinders love dit!
500 ml gerasperde rou wortels
250 ml koekmeel
1 ml sout
12,5 ml suiker
250 ml water
10 ml bakpoeier
1 groot eier
100 ml melk

Kook wortels sag/gaar en dreineer. Sif droë bestanddele en voeg wortels by. Maak aan met melk, suiker en eier. Bak teelepels vol in warm olie.
± 30 poffertjies.
Bedien met warm karamelsous. Ek is nogal nuuskierig om te kyk of hierdie resep in die popcake pannetjies sal werk.

Foto en resep deur Floraine Wasserman Venter
Hi Rina, ja hierdie is ook lekker vir platters, gebruik gerus ook gerasperde patats, bedien dan met kaneelsuiker. Gerasperde sampioene, in bietjie botter gebraai, met knoffelsousie is ook heerlik, enjoy