SOUTVLEIS KOEKIES

tested
SOUTVLEIS KOEKIES
Porsies: 12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 x 300 g-blik ingemaakte soutvleis, fyngemaak
sout en swartpeper na smaak
2 ml gemengde kruie
70 g/125 ml koekmeel
250 ml sonneblomolie

Meng al die bestanddele, behalwe die olie, saam.
Verhit van die olie in ‘n vlak pan en braai lepelsvol van die vleiskoekiemengsel vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies te braai.)
Dreineer die vleiskoekies op handdoekpapier en sit warm voor in broodrolletjies met slaaigarnering en tamatiesous.
Variasie: Die vleiskoekies kan ook as happies bedien word met ‘n verskeidenheid doopsouse.

Resep:  Molly-Ann Underwood Schmidt
Foto:  Charleen Nieuwenhuizen




VOORSTELLE VIR SKEMERKELKIEVERSNAPERINGS


VOORSTELLE VIR SKEMERKELKIEVERSNAPERINGS

(30 mense)
WARM VERVERSINGS
Gebraaide repies hoenderborsies vooraf gemarineer in ‘n soet-en gekruide sous
Gebraaide chipolates en heelgraanmostert
Klein aartappeltjies gevul met grasuie en roomkaas
Spek om ontpitte pruimedante gedraai
Spinasie en ricotta-driehoekies
Miniatuur quiches of pasteie

KOUE VERVERINGS
Eier-mayonnaisepatee of fansebroodbasis
Gerookte salmrolletjies
Afgeddopte steurgarnale aan stokkies met seekosdoopsous
Gebraaide fitelblokkies met Hollandaisesous
Taramasalata op komkommer gepyp.

PEUSEL HAPPIES
Pretzels en kaastrooitjies
Skyfies, neuter, olywe en piekels
Borde met crudités met avocado-, bloukaas- of kruiedoopsous
Nota: Die filet blokkies kan ook warm voorgesit word met baie gemaalde swartpeper.

INFORMELE SKEMERONTHAAL
WARM VERVERSINGS
Snoepworsies met frande mostert
Klein frikaddeltjies met brandrissietamatiesous
Sye spinasiequiche
Klein pizzas
Blini met gepypte rosette van suurroom en ontpitte swart olywe

KOUE VERVERINGS
Hoenderslaai op komkommerbasis
Tunapatee op appelhalfmane gepyp
Gevulde eiers
Ham op fransebroodbasis met saadmosterd gesmeer
Gerookte bief en roomkaasrolletjies

KOUE VERVERINGS
Skyfies en neuter
Hoenderlewerpatee en beskuitjies
Snoekpatee en beskuitjies
Crudites met kruiemayonnaise en jogurtdoopsous

VERDERE VOORSTELLE – WARM VERVERINGS
Kleinblaar tertbakkies of chou-deeg kors gevul met hoender, vis, sampioene ens.
Hoender frikkadelle
Filopakkies gevul met hoender of kaas
Kaasroosterbrood

KOUE VERVERSING
Klein ham en pynapel sosaties
Gerookte forelhappies
Salamikeels
Gesnyde biltong
Gerookte bees of Parmaham om stukkies vrugte gedraai
Primedante gevul met roomkaas
Gerookte oesters
Stukke kreef
Gevulde kreef
Patee gepyp op selderystokkies of appelskywe

 

 

 

 




CREAMY DEVILLED EGGS


CREAMY DEVILLED EGGS
8 large eggs
1/3 cup of light mayonnaise
1 tablespoon Dijon mustard
1 teaspoon white wine vinegar
1 tablespoon minced shallots
¼ tablespoon hot sauce, such as Tabasco sauce
coarse salt and ground pepper
paprika, for garnish
Place eggs in a medium saucepan, add cold water to cover by 1 inch, bring to a rolling boil. Remove from the heat, cover and let it stand for 13 min.
Drain and run the eggs under cold water to cool.
Meanwhile, in a medium bowl, mix together mayo, mustard, vinegar, shallot and hot sauce.
Peel eggs and halve them lengthwise, remove yolks, leaving whites intact. Transfer yolks to the bowl with mayo mixture and season with salt and pepper. Mash with fork until smooth.
Mound the yolks into white cups. Sprinkle with paprika just before serving or cover with plastic wrap and refrigerate for up to 8 hours.
Recipe: Sharon Joubert




VIS VINGERHAPPIES

VIS VINGERHAPPIES
Die Chinese kokke se geheim vir bros beslag is aluin.
750 g vis in repe gesny – 6 cm x 1 cm
250 ml meel
10 ml bakpoeier
5 ml knoffel en kruie geurmiddel
2,5 ml aluin ( by apteke )
125 ml aartappel of mielieblom
437,5 ml water
250 ml sesamesaad (Opsioneel)
Meng bestanddele vir beslag.
Doop vis in beslag en bak tot lig goudkleurig.
Dreineer op papierhandoek en laat afkoel.
Braai vis net voor opdiening ‘n tweede keer tot goudbruin.
Bedien met doopsous.
Bron: Heiner Lange



SPESERY-HAPPIES

SPESERY-HAPPIES
Die peulvrugte spog met ‘n neuterige smaak en proe heerlik saam met verskeie kruie en speserye.
400 g-blikkie kekerertjies
2 eetlepels groente-olie
1 teelepel gemaalde koljander
¼ teelepel elk rissiepeper en sout
1 eetlepel meel
Voorverhit oond tot 220°C.
Roer kekerertjies, groente-olie, gemaalde koljander, rissiepeper en sout saam op ‘n bakplaat, en daarna met 1 eetlepel meel om te bedek.
Bak vir 25 minute of tot goudkleurig en bros. Laat op kombuispapier afkoel.
Maak 1 koppie
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE

GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE
500 g rou grondbone met rooi skilletjies aan
500 ml suiker asook ‘n ekstra handvol suiker
250 ml water
3 ml rooi groente/koekkleursel
Knippie sout

Meng 500 ml suiker en water in ‘n groot pan oor lae hitte en roer totdat al die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en bring stroop tot kookpunt. Voeg kleursel en daarna die grondbone asook knippie sout by die suikerstroop en roer goed deur. Kook ongeveer 12 min. Roer af en toe sodat die grondbone egalig versprei bly. Drup ‘n teelepel vol stroop in ‘n glas koue water. As die stroop ‘n kraakgeluid maak en bros word, is die lank genoeg gekook. Verwyder pan van die hitte en roer met ‘n houtlepel totdat die stroop rondom die grondbone kristalliseer. Skep die grondbone op ‘n skikbord uit om af te koel. Strooi die handvol suiker oor asook ‘n klein bietjie sout. Bewaar in ‘n lugdigte houer.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




SAMOOSAS


SAMOOSAS
Resep en foto: Chrissie Havlicek
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
500 ml koekmeel
5 ml sout
180 ml koue water

Knie goed en deel in 8 dele.
Rol baie dun uit soos papier. Sny stroke 7 cm breed sny nou ‘n 45 º hoek en vou jou driehoek.
Vulsel.
500 g maalvleis
30 ml margarine
2 middelslag uie
10 ml groen brandrissie gekap
5 ml sout
5 ml vars gemmer
2 ml knoffel
1 klein bossie koljander
30 ml groen salot

2 ml gharum masala

Braai die ui in die margarien, gooi die res by en braai saam buiten die sout, roer jou maalvleis b en geur na smaak met die sout.



KAASHARTJIES

KAASKOEKIES
KAASHARTJIES
Resep en foto: Ria Scheepers
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml koekmeel
knypie sout en rooipeper
250 g yskoue botter (ek het stork margarien gebruik)
250 g gerasperde Cheddarkaas
½ teelepel fyn rissievlokkies (ek het 1 teelepel vars rissies gebruik)
1 eiergeel
25 ml melk

Verhit die oond tot 180ºC.
Sif die meel, sout en rooipeper saam.
Frummel die botter, kaas en rissie in die meelmengsel, tot ‘n deeg te vorm.
Rol die deeg tot taamlik dun uit op ‘n meelbestrooide blad en druk hartjievorms uit met ‘n drukker.
Plaas die koekies op ‘n voorbereide bakplaat, los spasies tussenin.
Klits die eiergeel en melk saam en smeer die hartjies daarmee.
Bak ongeveer 10 minute. Geniet!




KAASKOEKIES ALA MARIE-SOUTBESKUITJIES

tested

KAASKOEKIES ALA MARIE-SOUTBESKUITJIES
250 g cake flour
1 packet Knorr Black Pepper sauce (powder)
55 g grated Cheddar cheese
15 ml fresh chives, finely chopped
125 ml olive oil
1 egg yolk
80 ml water
5 ml garlic powder
1 ml cayenne pepper or smoked paprika or spices of your choice
(Cayenne pepper to be used sparingly and to taste)

Preheat oven 170ºC.
In a bowl mix together the cake flour, Knorr Black Pepper Sauce.
cheddar cheese and chives, and spices of your choice.
Whisk together the oil, egg yolk and the water.
Combine the oil mixture and flour. Mix well.
Place the dough onto a lightly floured surface and knead until smooth.
Wrap dough in plastic wrap and let rest in the fridge for about 25 -30 minutes.
On a floured surface, roll the dough out about 5 mm thick and cut out biscuits
with a cookie cutter.
Bake biscuits on a greased baking tray for ± 20 minutes and lightly brown.
Allow to cool completely, remove and place in a air-tight tin.
Maak hulle so groot soos ‘n R5 munt stuk en lekker dun, dit is net te lekker.
Bron: Marie de Vries
Foto:  Gideon Louw
Nota: Die grootte wat ek gemaak het, kry jy omtrent 60 + ek het ‘n tod measure glasie gebruik om dit mee uit te druk, ek moet bysê ekt die koekies, maar klein gemaak en daarom net 15 min gebak.




DALENE SE TUNAMOUSSE

DALENE SE TUNAMOUSSE
3 x 170 g tuna in olie
6 eetlepels mayonnaise
1 klein ui, in kwarte gesny
droë vinkel na smaak, opsioneel
1 eetlepel bruinsuiker
1 eetlepel tamatiesous
1 ½ eetlepel asyn
1 ½ pakkies gelatien
2/3 koppie warm water
2/3 koppie koue water
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

In ‘n voedselverwerker, meng die tuna, mayonnaise, ui, vinkel, bruinsuiker, tamatiesous en asyn saam.
Los die gelatien in die koue water op en roer die kookwater by. Roer dit by die mengsel in die voedselverwerker en voeg sout en peper by, meng weer vinnig deur.
Giet die mengsel in ‘n visvorm en plaas in die yskas tot gestol.
Bedien met soutbeskuitjies, dis ‘n groot gunsteling.
Resep:  Dalene Brits