FILO PAKKIES

FILO PAKKIES
Gebruik 3 – 4 velle filodeeg. Smeer (verf) elke vel met gesmelte botter of marg. en plaas bo-op mekaar. Sny in 12 vierkante met ‘n skerp mes.
Plaas filovierkante in muffinpanholtes. Skep vulsel in. Enige vulsel kan gebruik word, solank dit nie te souserig is nie. Hier het ek groen en rooi soetrissie, preie, eiervrug en roosmaryn gebruik.
Bak vir 12 minute by 180grC. Hou maar dop, oonde verskil baie, jy het dalk ‘n minuut meer of minder nodig. Bak tot goudbruin.
Ek maak gereeld vir iemand vir funksies, sommer so 300 op ‘n slag. Dan gebruik ek verskillende vulsels soos spinasie of butternut en feta, mielies in kaassous, mediterreense groente, omelet met bacon.

Ag die idees is eindeloos

Louise Groenewald

 




MOZZA-MATIE SOSATIE


MOZZA-MATIE SOSATIE
Hierdie is verslawend lekker! Wanneer die tamatie ontplof in jou mond, tesame met die romerige tekstuur van die mozzarella, die subtiele geur van die olyfolie en pikante soetigheid van die balsamiek gee die basil die finale afronding aan hierdie geurige happie.Vars mozzarella kaas in blokkies of skyfies

Cocktail tamaties
Basil leavesMaak ‘n sosatie (soos op die foto) met tandestokkies en besprinkel liggies met olyfolie en basamiekasyn.
Geplaas deur Willemien Windell

Barbara Vermeulen
Ons maak ook dit, ek sny net die blaar deur of vat kleiner blaartjies en sit dit aan die bokant vd stokkie. Lyk seker minder mooi maar basilicum het n sterk smaak en nie almal eet dit gereeld nie. Dis altyd gewild onder die gaste.

Elschen Bornman
Ek maak hierdie altyd met n lang groot sosatie stokkie. Bv: 8 gaste vir ete, elkeen kry so lang sosatie stokkie vir ete. Ek gebruik soms die mozarella balletjies en ryg die bazil blare op hul eie in en maak dan ‘n heerlike vinagirette wat ek net bo-oor sprinkel! Heerlik, en niks mors nie. Want slaai mors mos altyd na braai/ete. En dan is dit ook nie meer lekker wanneer jy dit bere nie!

 




IDEES VIR RUGBY SNACKS

braai snacks
IDEES VIR RUGBY SNACKS

Steak gebraai en skyfies gesny, droëwors, cheese grillers, salami, mossels en hoender en ham pate dun gesny.
Kaas, simonsberg cream cheese, olywe met peppadew, tamaties, gurkens en rocket.
Krit bacon flavour koekie.

Foto: Marian van Deventer

 




BILTONGWIELIETJIES

biltongwielietjies

BILTONGWIELIETJIES

1 boks Bacon Kips
botter gemeng met Bovril
wit brood, uitgedruk so groot soos Bacon Kips (gebruik ‘n sjerrie glasie)

Smeer brood beide kant met die smeer.
Plak Bacon Kips weerskante van die brood.
Rol kante in fyn biltong.

Resep en foto: Marie Rheeder Troski




ROYAL ICING VIR DIERTJIES (beproef)

diertjies

daar is behoorlik soveel royal icing resepte soos wat daar bakkers is
Die reseppie werk ook baie lekker:


500g Versiersuiker
2 Eierwitte
1 tl suurlemoensap
Klits jou eierwitte en versiersuiker baie goed saam en voeg dan jou suurlemoensap by. Klits weer goed.
Om te keer dat die royal icing te hard droogword kan jy 1 tl gliserien inroer, veral kleiner kindertjies sukkel dan nie so om die koekies te eet nie.

Resep:  Charlotte Verwey da Silva
Foto: Liz Kitching




BILTONG BLOKKIES

biltong blokies
BILTONG BLOKKIES
250 ml geurige witsous
200 ml gerasperde kaas
250 ml fyn biltong
2 eiers

Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel. Vou styf geklopte eierwitte in mengsel. Skep in vierkantige bak, bak 15 of tot goudbruin by 180°C. Sny in blokkies en geniet.




“CHILLI POPPERS”


“CHILLI POPPERS”
Die resep is konings kos:
Sny gepiekelde Jelapeno Chillies oop, NET puntjie af, krap pitte uit.
Rasper Mozarella en Cheddar saam, krummel Feta by.
Sprinkel pepper, sout en origanum oor die kaas mengsel.
Stop chillies vol van die mengsel.
Draai toe in lang stippies puff pastry of vir ‘n fantasties smaak, sny repe mexikaanse tortillas in strippies en draai in dit toe, steek vas met tande stokkies en diep braai in olie tot goud bruin. Bedien met 4 laag dip.

BRON:  Christabel Garisch




KOMKOMMER MOUSSE

tested

KOMKOMMER MOUSSE
125 g roomkaas
175 ml plain jogurt
½ Engelse komkommer
15 ml suurlemoensap
15 ml gelatien
125 ml hoenderaftreksel
sout
witpeper

Sous:
250 ml plain jogurt
30 ml mayonnaise
sout
witpeper
30 ml varsgekapte dille

Klop die kaas en jogurt saam tot dit glad is.
Rasper die komkommer en voeg saam met die suurlemoensap by die kaasmengsel.
Sprinkel die gelatien oor die aftreksel en roer tot dit opgelos is.
Voeg die sousmengsel by die komkommermengsel en roer goed.
Proe vir sout en peper.
Skep in jou vorm/s en plaas in die yskas tot dit gestol is.
Vir die sous meng bloot al die bestanddele goed saam.
Vir opdiening skep jy die sous in ‘n bordjie en plaas dan die gestolde mousse daarin. Garneer met komkommer.
Gebruik dit as ‘n bykos of bedien dit as ‘n vingerete saam met beskuitjies of roosterbrood

Resep:  Johan Beukes Tjoeppa
Foto: Marian van Deventer – ek het net groen jellie gebruik en nie gelatine nie, en het die sous en komkommermengsels gemeng en so laat stol as ‘n bykos by snoek.  Regtig baie lekker.




KITS SOUTHAPPIES

KITS SOUTHAPPIES
1 blikkie soutvleis (BULLY BEEF)
15 ml Royal bakpoeier
2 eiers
melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm
500 ml meelblom
sout
olie
gekapte pietersielie

Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout en pietersielie by vleis.
Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol.
Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai self om.
Braai tot bruin en laat afkoel.
Gekapte uie kan ook bygevoeg word indien verkies
Resep: Marie Rheeder Troskie




GROENTE-KOEKIES

GROENTE-KOEKIES
Porsies:12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 ui, gerasper
1 x 410 g-blik groenbone, gedreineer
1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer
1 eier, gektits
70 g/125 ml koekmeel
5 ml geurselsout
10 ml gedroogde pietersielie
250 ml sonneblomolie

Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai lepelsvol van die groentemengsel ongeveer 3 minute aan elke kant tot bruin en gaar.
Dreineer die groentekoekies op handdoekpapier.
Sit warm of koud voor as happie of bykos.

RESEP: Molly-Ann Underwood Schmidt