Crispy pampoenpit snack

 

pampoenpit sncaktested

Meng 200g Kristalsuiker en 7 eierwitte en klop styf.
Meng stadig 200g meel en 100-150g gedroogte pampoenpitte en n pakkie Dr Ötker Vanillesuiker by.
Vet n broodpan en strooi met meel.
Bak stadig by 150-170 Grade vir 3/4 uur. Laat afkoel oor nag. Sny volgende dag 2mm skywe met n skerp mes. Droog by 100 grade soos beskuit. Voila!

Beatrice Trisha Diepold




AARTAPPEL PLATTER (wenner – Aartappel week)

2014-03-23-aartappelplattertested

AARTAPPEL PLATTER (wenner – Aartappel week)

Aartappel en kaas kruieballetjies

Gaar aartappel
Cheddar kaas (of bietjies verskillende kase)
Gemengde kruie
Bruin brood krummels
Botter
Sout en peper na smaak

Geen hoeveelhede beskikbaar nie.
Meng al die bestanddele tot ‘n hanteerbare “deeg”
Vorm ‘n bal en maak toe in kleefplastiek.
Verkoel vir ten minste 30 minute.
Rol balletjies en hou koud totdat jy dit bedien.

Gevulde aartappelskille
6 Jong gaar aartappels
Vulsel van jou keuse (ek het oorskiet sampioensous gebruik.)
Cheddar kaas
Swart saadjies (Black seed)

Sny die gaar, koue aartappels in die lengte in die helfte deur.
Hol die aartappel met ‘n teelepel uit, maar behou omtrent ‘n ½ cm van die aartappel in die skil.
Vul met die vulsel van jou keuse.
Strooi cheddar kaas oor.
Strooi swart saadjies oor.
Rooster in die oond tot die kaas begin verkleur.

Tiemie en growwe sout aartappelwiggies
Sny gekookte aartappels in wiggies.
Bak in olie tot goudbruin
Skud met growwe sout en tiemie.

Geroosterde knoffel en pietersielie yoghurt doopsous.
2 Geroosterde knoffel bolle
½ Vars pietersielie
5 Eetlepels bulgaarse yoghurt
½ koppie mayonaise
6 Heel peperkorrels
Growwe seesout

Verwerk al die bestanddele in ‘n voedselverwerker tot heeltemal glad.
Idee vir opdien: halwe groenpeper.

Mini tamatie en mozzarella aartappel ‘pizza’
Sny gaar aartappel in 1 ½ cm skywe.
Bak in olie tot mooi bruin
Sny ‘n tamatie in dun skywe en soek naastenby dieselfde grote tamatie as aartappelskyf.
Strooi sout en peper oor die tamatie
Strooi mozzarella kaas oor die tamatie.
Strooi droe basilliekruid oor die kaas.
Rooster tot goudbruin.

Aartappel en gemengde groente poffertjies
3 Gaar aartappels in blokkies gesny
100g Gevriesde gemengde groente
1 Koppie meel
2 Eiers
1 ½ koppie melk
1 Teelepel bakpoeier
Sout en peper

Meng al die bestanddele saam.
Meng die bakpoeier laaste in.
Bak teelepels vol deeg in warm olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier en bedien.

Bron: Corne Liebenberg




PIESANG-NEUT FILLO-ROLLETJIES

2014-03-22-piesang-neutfillo-rolletjies

PIESANG-NEUT FILLO-ROLLETJIES

Piesang:
Gebruik ‘n halwe piesang per rolletjie.

Fillodeeg:
Gebruik 2 – 3 velle om twee rolletjies mee te maak. Smeer elke vel met gesmelte botter of margarien. Botter gee altyd te beste resultate.

Strooisel:
Meng gelyke dele bruiksuiker en fyngemaakte Haselneute met kaneel na smaak. Sprinkel dit tussen die lae fillodeeg.

Maak van rolletjies:
Rol soos in foto-demonstrasie.

Bak:
Bak vir 20 minute teen 180grC.
Bestuif met ‘n bietjie versiersuiker as dit effens afgekoel het.

Bediening:
Bedien saam met styfgeklitste room waarby ‘n bietjie rum gevoeg is.

Foto’s Louise Groenewald




SANSHA SE WORSROLLETJIE

FLR Slogan 2b

SANSHA SE WORSROLLETJIE

Ek trek die derm netjies af dat die wors sy vorm behou en rol die worsvleis in ‘n skilferdegie toe, smeer geklitste eiergeel bo-oor, sprinkel met Ina Paarman se suurlemoenpeper, sny die lang worsrol in 5cm lengtes, keep die deeg ligweg oorskuins, op ‘n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en in ‘n voorverhitte oond @ 220°C vir 15min.
Héérlik en keer op keer ‘n reuse wenner!

Sansha Meyer




SPINASIE EN MAALVLEIS HAPPIES

2014-03-13-spinasieenmaalvleishappies

SPINASIE EN MAALVLEIS HAPPIES
500 g maer beesmaalvleis
1 groot uit, gekap
1 groot soetrissie, gekap
2 middel grootte tamaties, skille verwyder en gekap
6 GROOT spinasieblare gesnipper (ek sit dit in ‘n vlak bak en sny dit met my kombuisskêr)
knoffel, sout, swartpeper, rissiepitte en braaispeserye na smaak
Slap degie:
125 ml melk
125 ml olie
160 ml bruismeel
knippie sout
10 ml pietersielie
50 ml fyn gerasperde kaas

Maak so:
Stel die oond op 180°C en smeer een muffinpan met margarien en bespuit met Spray and Cook.
Braai die ui in bietjie olie en botter gemeng uit.
Voeg die maalvleis by en braai bruin.
Voeg die groentes by.
Voeg al die speserye by en braai so paar minute tot die geure lekker gemeng het.
Voeg laaste die spinasieblare by; dit moenie pap kook nie.
Maak ‘n bietjie Bisto aan en verdik die hele spulletjie en kook vir so 6 min tot al die vog verdamp het.
Skep in muffin holtes.
Meng al die bestanddele vir die slap degie saam en skep bo-op die vleismengsel in die holtes.
Bak vir 25 min of tot goudbruin en gaar.
Bedien met baba spinasieblare, klein tamatietjies en my Bell pepers. Die roos is vir die mooi!
Resep geplaas deur Wilma Josey Venter
Foto: Wilma Josey Venter




VLEIS PASTEITJIE MET SKON DEEG

2014-03-13-skonstested
VLEIS PASTEITJIE MET SKON DEEG
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens [of enige vulsel koud]
Deeg:
Klits saam:
3/4 koppie melk
3/4 koppie olie
2 eiers
1 koppie meel
3 teelepels bakpoeier
1/4 teelepels sout
1 teelepels Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.
Geniet…Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik…ook sommer lekker vir ‘n “snack” ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel.

Resep geplaas deur Elize de Kock




FILODEEG TERTJIES

filo bacon tertjies
FILODEEG TERTJIES

Vulsel: Bacon sampioen en feta kaas
Ek gebruik 3 – 4 lae filodeeg opmekaar. Dan sny ek dit in 12 blokkies en druk in muffinpannetjies. Sit vulsel in en bak 12 minute op 180grC.
Ek verf elke vel apart met gesmelte botter, net liggies. Jy kan ook margarien gebruik of selfs olie. Botter gee die heel beste resultaat wat kleur en tekstuur aan betref.

filo melktert

Melktert vulsel

Ek verf elke vel apart met gesmelte botter, net liggies. Jy kan ook margarien gebruik of selfs olie. Botter gee die heel beste resultaat wat kleur en tekstuur aan betref.

RESEP EN FOTOS: Louise Groenewald




TUNA TERTJIES IN MUFFIN PANNETJIES

 

2014-03-01-tunatertjiesinmuffinpannetjiestested

TUNA TERTJIES IN MUFFIN PANNETJIES

1 1/2 K. MELK
2 EETLEPELS BOTTER
2 EETLEPELS KOEKMEEL
SOUT EN PAPER NA SMAAK
MAAK AAN SOOS WITSOUS EK HET MYNE SOMMER IN DIE MIKROGOLF GEMAAK.

DAN

1 KOPPIE GERASPERDE KAAS
2 EIERGELE
2 EIERWITTE STYF GEKLITS
1 BLIKKIE TUNA GEFLOK
1 UI GERASPER

MENG ALLES EN VOEG DAN WITSOUS BY EN MENG
SMEER MUFFINPANNETJIES GOED OF SPRAY EN COOK
GOOI IN MUFFINPANNETJIES EN SIT GERASPERDE KAAS BOOOR
BAK VIR PLUS MINUS N HALF UUR OP 180, OF TOT GAAR
EK HET 24 TUNA TERTJIES GEKRY

bron vriendin belinda – MARIE RHEEDER TROSKIE




BACON WRAPPED CHICKEN LOLLIPOPS

BACON WRAPPED CHICKEN LOLLIPOPS

Perfect delicious finger food for all occasions.

12 pcs lollipops (drumlets)
12 pcs streaky bacon
Garlic Salt (MasterFoods)

Use sharp knife cut around the thin end of the drumlet until the skin and sinewy bits are separated from the bone. Pull the meat down with the help of a knife and you will get a little chicken lollipop.
Sprinkle garlic & salt (MasterFoods), rub well each lollipop.
Wrap a piece of bacon round each lollipop.
Pre-heat the oven to 180C.
Drizzle some olive oil on the glass bakeware. Place the lollipops on the glass ware.
Bake for 30 minutes until through cooked .
Ready to serve with tomato sauce or lime.




DADELROLLETJIES

 1957610_663576757013213_1577777363_n
DADELROLLETJIES
1 pak Marie beskuitjies
125 g botter
1 eier
1 koppie suiker
250 g dadels

Smelt botter
Klits eier en suiker tot wit en donsig.
Snipper dadels fyn.
Haal botter van hitte af en voeg eier/suiker en dadels by. Meng deur. Sit op lae hitte en roer tot kook. Kook tot dadels sag is.
Voeg fyngemaakte Marie beskuitjies by warm mengsel.
Laat bietjie afkoel en rol in balletjies. Rol balletjies in klapper. Laat afkoel en geniet.

Bron en Foto:  Marieta van Bladeren (se Ma)