ALTA SE SPINASIETERTJIES

ALTA SE SPINASIETERTJIES

Gebruik Petro se deeg vir die boeliebeef tertjies.
http://www.foodloversrecipes.com/2016/09/bully-beeftertjies/
Maak die deeg dubbeld aan. Onthou om pannetjies te spray met bake en cook. Skep desert lepels vol in ‘n vlak kolwyntie pannetjie.

Vir vulsel
1 kg spinasie
1 russian, opgesny in ringetjies
250 g spek, opgesny
2 uie, gekap
1 kop kaassous (uit ‘n pakkie)
3 geklitste eiers
1 houertjie gladde maaskaas

Braai Russian, spek en uie saam in olyfolie, Kerf spinasie en kook tot net sag, voeg spek, uie en Russian by. Gebruik nou die stok blender en maak alles fyn, voeg dan die koppie kaassous by. Voeg die eiers, maaskaas, sout en varsgemaalde peper na smaak by. Skep lepels vol vulsel in deeg en bak by 180 grade Celsius vir ± 10 min, draai jou pannetjies om, bo na onder en ook agter na voor.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




GIDEON SE BACON BITES


GIDEON SE BACON BITES
Ek het die bacon bites vir myself en my eie resep gemaak en dit is baaaie lekker.
600 g repiespek
1 koppie bruin asyn
1 eetlepel marmite
1 teelepel sout
30 ml soja sous
30 ml woestersous
Meng alle bestanddele behalwe die spek in ‘n glasbak wat die spek kan akkomodeer.
Maak die spek repies los van mekaar en pak dit op mekaar in die sous wat in die bak is en laat staan in die yskas oornag.
Hang dan die repies op aan biltong hakkies en plaas dit by ‘n fan wat oor dit blaas vir twee dae.
En siedaar heerlike bacon bites.
Resep : Gideon Louw
Foto : Gideon Louw
Tweede foto:
Ekt gister die heerlike bacon bites gemaak, ek lief dit, binne ‘n dag en ‘n nag en dis uitgedroog.
Tog te lekker saam met ‘n jinewertjie en tonikum.
Die slag het ek net “back bacon” gebruik.




LELANE SE MARMITE EN KAAS WIELIETJIES

LELANE SE MARMITE EN KAAS WIELIETJIES
Rol puff pastry oop, smeer met marmite, sprinkel met kaas, rol op, sny in wiele, smeer met eier/melk mengsel.
Bak op 180° C tot kaas gesmelt en deeg verbruin.
Bron en foto: Lelane Van Der Walt

Kommentare:
Nicolene van der Walt:
Ek sit baie keer gebraaide bacon ook in. Kan self ham insit. Ek maak ook een wat jy tuna en chakalaka meng en dit op dieselfde manier maak

Esme Scheepers Van Wyk:
Of weense worsies rasper, meng met bietjie sweet chilli sous en op deeg smeer, sprinkel gerasperde kaas oor en siedaar. Maak sommer ‘n ete daarvan met chips en slaai.




CHARMAINE SE “SNACK” POFFERTJIES

CHARMAINE SE “SNACK” POFFERTJIES
Meng saam in mengbak
3 koppies koekmeel
3 eiers
3 teelepels bakpoeier
sout en peper
mes punt chillie flakes
halwe teelepel chillie poeier
enige spices
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1 teelepel paprika
3 teelepels pietersielie

Meng water by om ‘n stywe deeg te maak en bak teelepels vol in diep olie
Is amper soos chillie bites, maar met my eie twist.
Maak ‘n doop sous van mayonnasie, chutney, sout en peper.
Druk in elke bollejie ‘n tande stokkie en daar eet almal iets met ‘n doop sous.
Sis soos poffertjies……
RESEP:  Charmaine Human




SPICY CHICKEN CHEESEBALLS

SPICY CHICKEN CHEESEBALLS
Move over sausage balls, we have a new favorite in town, and it’s Spicy Chicken Cheeseballs!
3 cups all purpose baking mix (pancake mix works well)
450 g raw finely chopped chicken
2 tablespoons Tapatio Salsa Picante hot sauce
4 cups sharp cheddar cheese, shredded
½ cup milk
½ teaspoon oregano
¼ teaspoon garlic powder
¼ teaspoon onion powder
dash or salt and pepper

Preheat oven to 350 ºC, and line a large sheet pan with parchment paper.
In a large bowl combine all of your ingredients, and mix until they are just combined.
Form into 2 inch balls, and place on your lined sheet pan.
Bake for 20 to 25 minutes or until they are golden brown.
Recipe tested by Gideon Louw
Photo:  Liezl Louw




MARIE SE KERRIEBALLETJIES

MARIE SE KERRIEBALLETJIES
2 koppies meel
1 koppie ertjie meel (Gana meel)
1 klein ui gekap
1 teelepel paprika
1 en ‘n halwe teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1/4 teelepel rooi peper
2 teelepels bakpoeier
Gekapte pietersielie en gekapte rooi soetrissie
Meng alles en bak teelepels in diep olie.
Bron: Marie Horn Hatting




BLASIES


BLASIES

Blasies gemaak, vir my bietjie droog, sal dalk beter wees met blaardeeg, of met n sweet en sour sauce.

1 koppie meel
Groot eetlepel melk
1 eier
Sout en peper

Metode

Meng deeg aan en skep lepels vol in warm olie, ek het deeg plat gedruk en in repies, blokkies gesny,
Gooi aromat bo oor.
BRON: onbekend
FOTO:  Marie Rheeder Troskie




RISSIE EN HAM KROKETTE


RISSIE EN HAM KROKETTE
Hierdie is my eie Croquettes resep 🙂
My man glo my nie dat daar nie kaas in is nie, hehe.
2 eetlepels olyf olie en ekstra vir diepbraai
4 eetlepels ongesoute botter
3 eetlepels opgehoopte meel
1 ½ koppie melk – warm gemaak
3 groot Jalapeno rissies – ontpit en fyn gesnipper
80 g cooked ham – fyn gesnipper
knippie sout
2 eiers – geklits
± 200 g fyn brood krummels

Verhit 2 eetlepels olie en botter saam oor medium hitte.
Wanneer botter gesmelt is, voeg meel by en roer heeltyd om klonte te voorkom.
Voeg nou die warm melk stadig by en maak plaat se hitte bietjie warmer.
Kook en roer heeltyd tot lekker dik, so 10 min.
Voeg nou die fyn gesnipperde rissies, ham en sout by.
Kook so 1-2 min.
Sprei eweredig uit in oondvaste bak en laat afkoel voordat dit in die yskas gesit word.
Verkoel in yskas ten minste 2 ure maar verkieslik oornag.
Maak klein bolletjies en rol in brood krummels, doop dan in eier en weer in brood krummels.
Braai goudbruin in olie wat genoeg is om dit net-net te bedek.
Resep kan aangepas word na jou voorkeure.
RESEP EN FOTO:  Frances Smith




YOGURT COVERED NUTS


YOGURT COVERED NUTS
80 ml sour cream or yogurt
1 cup sugar
1 tablespoon light corn syrup
1 dash salt
1 tablespoon butter
½ teaspoon vanilla extract
2 cups nuts

Combine sour cream/yogurt, sugar, corn syrup and salt in saucepan.
Bring to boil. Reduce heat and stir constantly until mixture reaches soft ball stage.
Remove from heat and stir in butter and vanilla.
Stir in nuts.
Turn out onto wax paper and separate with a fork. Allow to cool.
Photo:  Sharon Van der Merwe




ZORANA SE TUNAGEREG

ZORANA SE TUNAGEREG
Hierdie kan jy ook as n souhappie voorsit of muffins maak
1 gekapte ui
1 pakkie gekapte mushrooms
Garlic na smaak
Halwe gekapte greenpepper jy kan geel ook byvoeg
Geen sout of peper want jy voeg dit by jou witsous
1-2 blikkies tuna afhangende van hoeveel mense eet
3 Eiers
250ml melk
Gerasperde kaas
Braai n ui saam mushrooms,garlic en greenpepper. Maak n witsous redelik dik meng nou alles saam n blikkie tuna. klits 3 eiers met so koppie melk en gooi oor strooi kaas oor en bak vir 30 min of tot goudbruin.
Bron Zorana van der Berg
foto Zorana van der Berg.