KLEINMAAT VETKOEK

vetkoek met maalvleistested
KLEINMAAT VETKOEK

4 x 250 ml koekmeel
7 ml kitsgis
5 ml suiker
3 ml sout
600 ml lou water of lou kookmelk en water
olie vir smeer en diep- of vlakbraai

Sif die meel, gis, suiker en sout saam in ’n groot mengbak.

Meng die vloeistof geleidelik by om ’n deeg te maak wat maklik hanteerbaar is.
Knie tot die deeg glad en elasties is – dit duur ongeveer 8 minute.
Bestryk met ’n bietjie olie, maak warm toe en laat op ’n warm plek tot dubbel die volume rys – dit sal sowat 2 uur duur.
Knie die deeg liggies af en rol dit in ’n lang rol van ongeveer 4 cm in deursnee.
Knyp stukke van omtrent 4 cm af en druk plat tot 1 cm dik.
Laat effens rys op ’n gesmeerde oppervlak. Verhit die olie vir vlak- of diepbraai, soos verkies, in ’n groot pan of kastrol.
Braai die vetkoek tot goudbruin aan weerskante en dreineer op papierhanddoek.
Sit dit warm voor saam met kerriemaalvleis of botter en stroop.
Maak ongeveer 10 vetkoeke.

Vulsel:

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg.

fOTO EN RESEP:  Natalie Williams




STEPH SE VINNIGE VETKOEK

2014-06-14-vinnigevetkoektested
STEPH SE VINNIGE VETKOEK

Hier is my weergawe van vinnige vetkoek. Dis heerlik en rys lekker as dit braai.
Sif saam 500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2ml sout
Voeg by 300 ml lou melk (nie warm, net lou) en meng goed.

Bak in warm (nie kokend) vlak olie tot mooi bruin aan weerskante. Vul met kerrie maalvleis of kaas en konfyt of waarvoor jy ook al lus het. Myne het nog nooit geflop nie.

Resep en foto: Steph Kirchner‎




PITA BREAD OR VETKOEK

tested

PITA BREAD OR VETKOEK
Recipe:  Eddie Rocher
FOOD LOVERS RECIPES

240 g cake flour
2 ml cream of tartar
2 ml bicarbonate of soda
2 ml salt
325 ml curdled milk
oil for frying

Sift the dry ingredients together and combine with the curdled milk to form a soft dough. Allow to stand for about 15 minutes. Roll the dough out on a floured surface until it is 5 mm thick. Cut into squares. Heat sufficient oil in a saucepan and fry the squares until golden brown on both sides. Drain on paper towelling. Fill with grated cheese or mince. Makes about 35.




FRANS SE SKUINSKOEK

2014-06-04-skuinskoektested
FRANS SE SKUINSKOEK

Skuinskoek in warm olie gebak , met kaneelsuiker , kontreikos uit Namakwaland , Rooi Rose resep , maklik en goedkoop , basiese bestandele.
Sif saam
2 en half koppie koekmeel
half koppie suiker
knypie sout ,
half eetlepel kaneel
en half eetlepel kremetart
Vryf hoogvol eetlepel botter met vingers in die meel.

Klits saam
3 eetlepels melk
3 eetlepels water
en 1 teelepel koeksoda
en 2 eiers

Gooi eiermensel by die meel en meng , dit moet sag maar nie slap wees nie . Knie tot elasties , voeg nog melk by indien nodig , of meel as dit te slap is. Deel die deeg in vier en rol worse , druk plat tot 1 en half cm , sny skuins stroke so lank soos jou duim (5cm). Bak in warm olie op matige hitte plaat gestel op 4. Dit sal rys maar moet net ligbruin wees. Dreineer op handoekpapier .Rol in kaneelsuiker wanneer dit nog warm is en bedien met geklopte room en konfyt

Foto- Frans Odendaal




CHILLI BITE MIX VETKOEK

bets se vetkoektested
CHILLI BITE MIX VETKOEK

1 koppie meelblom
1 koppie chilli bite mix
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
3 teelepels suiker
2 eiers
1 koppie kookwater
2 uie
500 g kouevleis/souttert mix

Snipper kouevleis.
Kap uie fyn of rasper
Sif droe bestanddele saam.
Klits eiers, kookwater en uie saam.
Voeg kouevleis by en voeg by droë bestanddele.
Meng goed en skep lepelsvol in vlak warm olie.
Braai aan albei kante tot gaar.
Dreineer op handdoek papier.
Geniet!!

Bron en Foto: Bets Lourens




VET FRIKKIE BALLETJIES

VET FRIKKIE BALLETJIES
(kombinasie van vetkoek met frikkadelletjie is)

1 kg gemaalde maer beesvleis
250 ml rou harwermout
50 ml sagte broodkrummels
50 ml wit asyn
4 geklitste eiers
1 groot aatappel grof gerasper
15 ml sout
5 ml vam elk van die volgende
koljander, neutmuskaat en wonderpeper
2 ml peper
Sonneblom olie vir diepbraai
Meng al die bestanddele behalwe natuurlik die olie
Vorm die mengsel in frikkadelletjies ± 25 ml vir elke frikkadelletjie
Bak die frikkadelletjies in warm diep olie tot gaar.
Dreineer op papierhandoek en laat heeltemal koud word

VETKOEK
250 ml sterk lou melk
250 ml sterk lou water
50 ml margarien
25 ml suiker
1 Eier
850 g / 1600 ml koekmeelblom
10 g kits droë gis
5 ml sout
Sonneblom olie vir diepbraai

Meng die melk, water, smeer en suiker
Klits die eier by wanneer die smeer gesmelt het
Meng die meel, gis en sout
Voeg die eiermengsel by en knie tot ‘n gladde elastiese deeg. ( knie nog koekmeel by as deeg te slap is en nog lou warm water indien te styf)
Plaas deeg in ‘n groot mengbak wat mildelik met sonneblomolie gesmeer is
Draai deeg om sodat die gesmeerde kant bo is
Bedek die bak en laat die deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Knie die deeg af en rol ± 1 cm dik op ‘n meelbestrooide deegplank uit.
Sny dit in vierkante van 6 x 6 cm
Rek die deeg vierkant effens uit totdat dit om die frikkadelletjie kan toevou
Druk die randte mooi styf toe, dit moet lyk soos ‘n golf balletjie
Verhit olie tot taamlik warm en bak 2-3 balletjies op ‘n keer in die olie, draai gereeld om sodat dit ewe vinnig rondom bak
Bak tot gaar en goudbruin
Dreineer op handdoekpapier
Lewer ± 60 balletjies en kan warm of koud geeet word




OUMA HANNA SE VETKOEK

JENNY SE VETKOEKtested

OUMA HANNA SE VETKOEK
Resep: Jenny vd Westhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
8 koppies koekmeel
1 pakkie kits suurdeeg
1 eetleppel margarien
louwarm water

Voeg water bietjie vir bietjie terwyl jy deeg aanmaak.
Meng goed deur totdat dit lekker hanteerbaar is, moenie te slap wees nie.
Knie goed deur (ongeveer 5 min)
Maak deeg toe en laat rys totdat dit verdubbel het in volume.
Knie deeg af en laat weer uitrys tot dubbel die volume.

Knie deeg af:
Sny stuk deeg af en rol balletjie tussen hande. (Omtrent golfbal grootte)
Pluis deeg uit tot uitgeplat. Nie te dun nie!
Pak in skinkbord.
Los om weer uit te rys, omtrent halfuur.
Maak kookolie goed warm.
Begin met vetkoeke wat eerste uitgepak is.
Laat val in kookolie met bokant eerste.
Bak tot goudbruin voordat jy dit omdraai.
Bak ander kant ook goudbruin.
Geniet met kerrie maalvleis, konfyt of stroop.




VETKOEK VAN GEKOOPTE DEEG

2014-04-06-vetkoek
VETKOEK VAN GEKOOPTE DEEG

Gebruik 500g van die basiese brooddeeg
Laat rys vir 15 minute
Knie af en knyp balle deeg af tussen jou een hand se duim en wysvinger om mooi gladde bolle deeg te maak.
Plaas op ‘n olie gesmeerde bakplaat om weer te rys.
Diepbraai in olie tot goudbruin en deurgaar.

Bedien met vulsel van jou keuse.
Bron: Corne Liebenberg




KOM ONS MAAK VETKOEK

 

opblaas vetkoek colyn 2opblaas vetkoek colyn 3tested

KOM ONS MAAK VETKOEK

As daar nou een ding is sekerlik menige boerseun of dogter se mond kan laat water, dan moet dit vetkoek wees.

Op enige stadium kan jy maar toets en net die woord VETKOEK noem in gesleskap en dadelik gaan daar ‘n paar wees wat begin vertel van hulle kinderdae en hulle ouma of hulle ma se vetkoek.

Vir my sal dit altyd my ouma se vetkoek wees wat my laat glimlag … so lekker gelerige deeg korsie wat so taai en krakerig was met sulke groot rysgate in die middel in die sagte deel. Nouja ek is seker dit was gekoppel aan die suurdeeg wat sy gebruik het en die hele knie proses want sy het vetkoek gemaak van die brood deeg wat sy geknie het.

Ek het nou al ‘n paar keer gesien mense vra op FB oor hoe kry mens die hol vetkoeke wat so lekker vulsels kan insluk.

Vir my is vetkoek en mince iets wat ek kan eet sonder ophou. Maar ek hou niks van die brood in die vetkoek nie. So ek het dit my mission gemaak om die meeste kors vir die minste deeg te kry … dit is mos maar daai kors wat vetkoek so lekker laat maak.

Die fotos wat ek hier gebruik is almal van vetkoek wat met bruinbrood deeg gemaak is. Dit werk dieselfde vir witbrood behalwe dat die witbrood gouer bruin bak.

Om lekker hol vetkoeke te kry gaan jy benodig …
1. SPAR brood deeg … wit of bruin. Wat veral lekker werk is as jy die deeg koop en so twee dae in jou yskas los voor jy dit gebruik.
2. Diep olie vir die braai … ek gebruik ‘n deep fryer en die temperatuur is op 170 C … as jy dit te warm maak dan word die vetkoeke donker voor dit lekker crispy is.

So maak mens …
Gooi meel op ‘n groot sny plank en dop die deeg op die plank uit … jy kan dit natuurlik ook op jou werk oppervlak doen.
Druk nou die bal deeg so plat as wat jy kan met jou hande. Strooi die bokant goed met meel en begin rol met a koekroller.
Nou moet jy nie bang wees nie, jy soek daai deeg so plat as wat jy dit kan kry. As jou deeg baie vars is sal jy nogal sukkel en gereeld meel moet strooi.

My plank is lekker groot en ek probeer hom volmaak met die deeg.
As klaar is met die rol werk dan strooi ek gewoonlik nog so bietjie meel sodat ek my hand maklik oor die deeg kan vryf sonder dat hy vassit.

Nou kan jy maak soos jy smaak … jy kan rondes maak met koppie of a piering of a glas …. ek maak nie rondes nie want dit veroorsaak teveel deeg afval. Ek begin deur die rant te sny sodat ek min of meer a goeie reghoek kry.

Die dun repies wat ek afsny op die rante snipper ek in stukkies en gooi hulle eerste in die olie … jy moet hulle bly roer en onder dompel, jy kry dan sulke lekker nuggets wat ek sommer in a diepbord uitkeer en vol suiker gooi … lekker peusel happie terwyl ons kos maak.

Sit nou jou stukke in die olie … dis belangrik dat jy nie die pan overcrowd nie … sodra jy die “vel” in die olie gooi sink hy bodem toe en kom dadelik op … nou moet jy jy hom so paar keer onderdompel … ek gebruik sommer my braai tang … wees net versigtig dat jy die ding nie stukkend steek nie want hy gaan opblaas soos ballon en met elke dompeling pof hy net meer totdat die kors verhard het.

As jy hom stukkend steek staan jy ‘n kans dat die vetkoek baie olierig gaan raak.

Laat hom verbruin aan die eenkant en dop hom om. As jy jou repe te dun sny gaan jy sukkel om hom om te dop want van die uitpof raak hy omper rond soos a pyp en die bokant gaan baie lig wees en wil bly om dop.

Wat lekker is van die manier is dat jy regtig jou porsies mooi kan bepaal … groot vir die manne en kleiner vir die dames.

As hulle lekker bruin is, haal uit en gooi die volgende klompie in … moenie jou pan te vol pak nie want dan gaan jy sukkel.

Hierdie is ‘n flatervrye manier om elke keer lekker hol vetkoeke te kry en jy eindig op met die heerlikste “korspakkies” vir al die lekker vulsels wat jy wil ingooi.

As ek mince insit dan sny ek net so slootjie in die eenkant en skep die vulsel in … as ek worsbroodjies maak dan sny ek oop en pak die wors en goeters in.
Heerlike porsie lekker vetkoek … vinnig en maklik.

Kyk mooi op die foto … feitlik geen brood deeg binne nie … net ‘n kors.

Geniet dit.

Colyn Serfontein – http://man-kos.blogspot.com/




KIYMALI EKMEK (Brood met gehakt)

brood met gehakt
KIYMALI EKMEK (Brood met gehakt)
Deeg:
500 g koekmeel
½  eetlepel margarine
½ blokje (21 g) verse gist
2 theelepels zout
50 ml warm water
50 ml glas melk
1 theelepel suiker
Gehakt:
100 g lamsgehakt
½ rode paprika
1 groene peper
½ ui
½ bos peterselie
1 theelepel rode peper
1 theelepel zwarte peper
2 theelepels zout
2 eetlepel tomatenpuree
Bereiding van het gehakt:
Snijd de rode paprika in kleine stukjes. Doe dit ook bij de ui, groene peper en peterselie.
Doe het gehakt in een kom. Voeg de tomatenpuree er aan toe.
Strooi de rode peper, zwarte peper en zout op het gehakt.
Voeg hier de groene peper, rode paprika, peterselie en ui aan toe.
Meng alles bij elkaar.

Bereiding van het deeg:
Doe het meel, margarine, gist, zout, water, melk en suiker in een kom.
Meng alle ingrediënten door te kneden totdat het deeg mooi rond is.
Bedek de kom (met een zak of doekje) en laat het deeg daarin rijzen voor 30 minuten.
Bereiding van de kiymali ekmek zelf:
Neem een klein balletje deeg en rol dit uit met een deegroller.
Leg een beetje gehakt in het midden van het deeg.
Vouw het deeg dicht door de uiteindes naar elkaar toe te vouwen.
Smeer de broodjes in met wat eigeel zodat ze na het bakken goudbruin kleuren.
Zet het op een ovenplaat en doe het in de oven voor 15 minuten op 220 graden. Tot die tijd zou het goud/bruin moeten kleuren.

Recipe and photo: Annet Geelhoed