HELEN SE HOL VETKOEK

2014-11-23-vetkoektested

HELEN SE HOL VETKOEK
7 koppies koekmeel
1 pakkie kitsgis
3 teelepels sout
1 eetlepel suiker
300 ml melk
450 ml kookwater
50 ml kookolie
Meng al die droe bestanddele saam en maak ‘n dammetjie in die middel – gebruik groot bak vir knie.
Meng kookwater, melk en olie saam en voeg by die meel.
Meng met ‘n groot lepel tot alles mooi ingemeng is. Sprinkel so ‘n bietjie droë meel oor mengsel en begin knie.
As dit nog aan hande kleef strooi nog ‘n bietjie meel oor en knie.
Deeg is reg as dit nie meer aan hande kleef nie en elasties is.
Smeer ‘n bietjie olie oor en bedek met kleefplastiek.
Laat rys in lou-oond tot verdubbel het en laat rys weer.
Knie af en rol uit tot so 2cm dik
Gebruik groot ronde koekiedrukker en druk deeg uit.
Diepbraai tot gaar.
Hulle is lekker hol binne vir vulsel.
Bron:  Helen Amato




TIETIE KOEKIES (SLAP DEEG VETKOEKIES)

tested
TIETIE KOEKIES (SLAP DEEG VETKOEKIES)
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
Sout en peper
Melk om mee aan te maak

Jy meng net alles saam in n mengbak en sit by wat jy wil hê… Soos gerasperde kaas, bacon, spices… Nes jy wil.Maak ‘n redelike slap deeg dat jy lepels vol in die warm olie kan skep.
Jy gebruik gewone koekmeel. Jy “deep-fry” in olie tot mooi goudbruin. That is that. Kan koud of warm voorgesit word. Heerlik saam n spicey mayo dip sous

Resep :  Melissa Su Victor
Foto:  Elsabe Wagner

Melinda Myburgh
Ek maak dit ook. My resep is 2 koppies selfraising flour, 2 eiers 1 koppie water. knippie sout. Ek gooi ook sommer bietjie garlic en herbs by.Meng alles saam. Daarby kan jy voeg: kaas, vienas, beef, bacon of enige vleiserige iets. Ek rasper gewoonlik kaas en vienas in myne. Skep dan lepels vol in diep olie. Kan self in ‘n muffin pan in die oond gebak word. Lekker eet.




GEVULDE VETKOEK MET N TWIST

chicken mayo vetkoektested

GEVULDE VETKOEK MET N TWIST

Hier is hy nou julle die is net n ander weergawe. Dis chicken en mayo. Die deeg is
3 koppies koekmeel
N halwe pakkie gis
So 1 eetlepel bruin suiker
So eetlepel sout
Dit gooi ek alles in my food processor
Dan meng ek so 80-100 ml koue water
1 eier
60 ml olie
Gooi dit stadig by die koekmeel mengsel in dit sal soos broodkrummels begin lyk
Dan gooi ek warm water nie kook water net warm water by tot dit n deeg begin vorm en laat die food processor die knie werk doen. Ek smeer dan my hande en n bak met botter haal die deeg uit werk so klein bietjie botter seker so eetlepel botter in en sit dit in die bak maak toe met n vatdoek en sit in die oond vir so halfuur tot n uur. Die filling kan jy maak net wat jy wil eintlik. Jy roll die deeg plat uit sit eers jou sous of kaas of so neer dan jou filling en dan knip jy dit toe soos n appelkoos konfyt tertjie vou die kante in en die kant kom op die bak pan (liggies gespuit met spray and cook) neer en dan baj jy dit vir so 20-25 min by 190 Grade C.
Met die resep kry jy so 12 uit
ek het dit nou al gemaak met die kool en mince, chicken en mayo en bacon en kaas.

Resep en foto:  Wiandra Nel




CHEF LESEGO’S MAGWINYA

vetkoekiestested
CHEF LESEGO’S MAGWINYA
7 cups cake flour (not self-raising flour)
2 teaspoons salt
3 tablespoons Sugar
1 packet Yeast (10g)
Lukewarm water
Cooking oil (for frying)

In a small jug pour about a cup of warm water and add the yeast. Leave to begin foaming
In a bowl mix all the dry ingredients together and then pour in the yeast. Stir
Add more lukewarm water and mix after each addition until you get a
soft dough that is soft but not runny (like a bread dough).
Mix with a mixer that has dough hooks attached until the dough starts
coming away from the sides. If you don’t have a mixer use your hands and
knead for about 15mins. (This is important if you want soft magwinya)
Cover the dough with a damp cloth or plastic wrap that’s bean brushed with oil and allow to rise until double (about an hour).
Heat about 2 litres of oil in a pot or deep heavy-based pan
Magwinya are typically round in shape and a little smaller than tennis
balls but its up to you what shape you make them. Roll them into balls
with your hands (brush your hands with some oil to stop them from
sticking) or roll the dough out flat on a floured work surface and
flatten with a roller and cut into rectangular “blocks”.
Test the oil with a small piece of dough, if the dough starts bubbling
and rises, the oil is hot enough. Maintain its temperature by reducing
the heat now and then. You don’t want the oil too hot. Once the oil is
ready. Deep fry the vetkoek.
Keep turning them. Ready when golden brown
Place on kitchen paper to absorb excess oil. Serve
They will keep for 2 or 3 days but they go stale VERY quickly so enjoy them soon.
Photo 1: Dorea Fischer
Second photo: Frans van Rensburg
Het vandag die klein magwinya vetkoekies (veral in swart woongebiede bekend) met roomys vir Vadersdag bedien, wat ‘n fees!




MAGWINYA STRAAT VETKOEKE

ronde vetkoekiestested
MAGWINYA STRAAT VETKOEKE

(makes 36 small magwinya)
4 x 250 ml (4 cups) Bokomo White Bread Flour (480g)
10 ml (1 tsp) salt
10 ml (2 tsp) Pure Sugar
15 ml (1 tsp) instant dry yeast (10g)
30 ml (2 tsp) cooking oil
10 ml (2 tsp) vinegar
2 x 250 ml (2 Cups) lukewarm water
Cooking oil for deep fat frying
1 Mix the flour,salt and sugar together.Add instant yeast and mix
2 In a separate bowl, mix together the oil, vinegar and the lukewarm water
3 Make a well in the center of the flour mixture and pour in the liquids mixture.Mix well to form a stiff butter. If the butter is too stiff add more lukewarm water
4 Cover the bowl and allow the butter to rise in a a warm place for 15 – 30 minutes or until it has doubled in size 5 In the mean time heat enogh oil for deep fat frying.Test the heat by dropping a little butter in the hot oil – It should brown in a minute
6 Drop spoonfuls of the batter into the hot oil. Fry 2 – 3 minutes on each side until golden brown. Drain on absorbent paper HINTS: Do not drop too much butter in the oil at once as the oil will cool and the butter will fry too slowly and becomes soggy with oil.
Recipe:  Vivian Kuhn Williams
Foto:  Dorea Fisher

Nota: Nozuko Daki
Middag almal, om dit mooi rond te kry smeer jou hande met vis olie dan rol jy die deug in jou hand, jy probeer om baie visolie in die pan het sodat hulle nie plat le nie. Wanneer jy dit deep fry maak jou pot toe dan los hom oop as jy dit draai. Dit maak jou magwinya lekker sag.




KITSVETKOEK

4 - Bakpoeier Vetkoektested
KITSVETKOEK

Hierdie is die resep wat ek die meeste maak
250 g (500 ml gesifte) koekmeel
2 ml sout
15 ml bakpoeier
300 ml lou melk
Kookolie om in te braai

Gooi olie in diep pan om solank te verhit. Gooi die melk in mikrogolf beker en verhit net tot lou warm. Gooi die melk by die res van die droë bestanddele en maak aan tot ‘n sagte deeg.
Braai tot goudbruin teen medium hitte.
Lewer 12 middelslag grootte vetkoeke.
Dit smaak soos propperse suurdeeg vetkoeke.

Resep geplaas deur Petro Borchard




VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG

vetfrikkiestested

VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG
Frikkadelletjies
1 kg maer maalvleis
250 ml oats
50 ml sagte broodkrummels
50 ml wit asyn
4 eiers geklits
1 groot aartappel, grof gerasper
15 ml sout
5 ml gemaalde koljander
5 ml gemaalde neutmuskaat
5 ml gemaalde wonderpeper
2 ml peper of na smaak

Meng al die bestanddele vir die frikkadelletjies saam.
Ek gebruik ‘n 25 ml maatlepel om die hoeveelheid vleis af te meet om bolletjies te vorm.
Braai frikkadelletjies in diep olie net tot gaar.
Plaas op kombuispapier om te dreineer en heeltemal af te koel.

Vetkoek
250 ml sterk lou melk
250 ml sterk lou water
40 g (50 ml) margarien
25 ml witsuiker
1 eier
850 g (1600 ml) koekmeelblom
10 g (1 koevertjie) kitsdroëgis
5 ml sout

Meng melk, water, margarien en suiker en roer tot margarien gesmelt het.
Klits die eier by.
Meng meel, sout en gis saam.
Voeg eiermengsel by.
Knie tot die deeg elasties en glad is.
As die deeg te pap is om te hanteer kan bietjies koekmeel bygevoeg word.
As die deeg te styf is voeg ‘n klein bietjie water by.
Smeer ‘n mengbak met olie en plaas die deeg daarin, draai die deeg dadelik om sodat die oliekant bo is.
Bedek die bak en laat die deeg rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 1 cm dik.
Sny deeg in 6 x 6 cm blokkie met ‘n skerp mes.
Plaas ‘n frikkadelletjie op elke blokkie en vou die punte van die deeg oor die frikkie.
Knyp die openingkies versigtig toe.
Braai so vier op ‘n slag in diep olie en draai dikwels om sodat die deeg egalig braai.
Braai tot ligbruin en skep uit om te dreineer.
Sit warm of koud voor.
Hulle vries goed om later weer warm gemaak te word in die mikrogolf oond.
Lewer ± 50 Frikkies
Resep en Foto:  Johan Snyder




BAKPOEIER VETKOEK

4 - Bakpoeier Vetkoektested
BAKPOEIER VETKOEK
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
15 ml suiker
2 ml sout
2 eiers
180 ml melk
olie vir braai
Ek het alles wat droog is saam gesif en alles wat nat is saam gemeng en dan die twee mengsels bymekaar gemeng. Lepels vol in olie en die magic……hulle draai hulleself om lol….
FOTO EN RESEP:  Suzette Beetge ッ Pretorius




OUTYDSE VETKOEK

2014-07-15-outydsevetkoektested
OUTYDSE VETKOEK
500 ml Koekmeelblom
30 ml wit suiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
375 ml water
1 Eier
Olie vir diepbraai
Sif meel,suiker,bakpoeier en sout saam.Klits water en eier net tot gemeng.Maak die gesifte bestandele daarmee aan.Skep dessertlepels vol beslag in matige warm olie van 2cm diep en braai eers aan die eenkant en daarna aan die anderkant tot goudbruin.Dreineer op papierhandoek

Foto:  Francina de Flamingh




KAAS EN CHILLI VETKOEKIES – HENDRIKKIES

kaas en chillie vetkoekiestested
KAAS EN CHILLI VETKOEKIES – HENDRIKKIES
Foto en resep: Hendrik Pretorius
FOOD LOVERS RECIPES
Was nou net lus vir iets.
1 koppie “stone ground” bruinmeel
1 knippie sout
1 teelepel bakpoeier
½ koppie gerasperde kaas of na smaak, hoe meer hoe beter
gedroogte fyn knoffel, na smaak
oreganum, na smaak
klein bietjie chillipoeier
1-2 teelepels mosterdpoeier, of na smaak

Meng met melk tot ‘n stywe degie.
Skep lepelsvol in warm olie en braai tot goudbruin.
Njammies, vinnig en maklik.
Voeg by of verminder waarvan julle hou. Hier kan alles werk na smaak 🙂
Brosgebraaide spek of geelmielie pitte kan net lekker wees.