TOKKIE SE ROOMKAAS-VERSIERSEL


TOKKIE SE ROOMKAAS-VERSIERSEL
Foto: Anita Janse van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
Dankie aan Tokkie Lindeque wat die resep met my gedeel het na ‘n cream cheese frosting vir my ‘n nagmerrie was.
Ek deel ook graag
250 g cream cheese (smooth cottage cheese)
250 ml versiersuiker
2.5 ml vanilla geursel
1 en 1/3 koppie room (heavy cream)
Ek maak maar seker dat ek hoeveelhede presies regte mates afmeet.
Met jou paddle klitser (K beater) klits die cream cheese, versiersuiker en vanilla saam op hoog tot dit lekker glad gemeng is.
Dan haal paddle klitser af, voeg die room by en met klop klitser, klits alles saam tot lekker styf. Sit so 30min in yskas dat dit lekker koud word.




ROOM VERSIERSEL WAT VORM HOU

ROOM VERSIERSEL WAT VORM HOU
Genoeg vir 1 groot  22cm Koek
¼ koppies versiersuiker
2 ½ teelepels maizina –mielieblom
2 koppie vars room
1 teelepel vanilla geursel
2 ml koeksoda
Sit ‘n metal bak en jou klitser of die lemme van jou elektriese klitser in die vrieskas om sommer lekker koud te word.
Neem in klein pannetjie en meng die versiersuiker en maizina in die pannetjie, meng nou stadig ‘n halwe koppie room by en klits tot ‘n gladde mengsels.  Sit op medium hitte en roer al die tyd, tot dat dit verdik, en net net wil kook.  Haal van die hitte af en en sit eenkant, roer elke nou en dan tot die mengsel afgekoel het.  Laat die mengsels heeltemal koud word voor jy dit by die room klits (baie belangrik)  Vat nou die koue bak en klits die oorblywende room en koeksoda totdat dit begin styf word en punte hou maar nog nie heeltemal styf is nie, skep nou die maizina mengsels lepel vir lepel by terwyl jy die klits…tot alles by is, sodra die room styf is en punte maak, hou op met klits, pasop moenie oor-meng nie… Gebruik dadelik om ‘n heeltemal afgekoel koek mee te versier..

Resep aangepas deur Rina Kleinhans




FIRST CHOICE ROOMYS

 

FIRST CHOICE ROOMYS
My eerst poging om roomys te maak met First Choice velvet vanilla flavoured dairy dessert.
Het gevriede granadillapulp bygevoeg. Smaak heerlik. Ek kon 2 Roomys bakke vol maak
Jy koop n boks hiervan . Daar is verskeie geure. Ek het vanilla gevat. Oornag in yskas en klits styf tot volume verdubbel. Skep in bakke en vries.
Jy kan enige iets bysit om dit bietjie meer flair te gee.
Dis nie n romerige roomys nie bietjie meer yserig maar nog steeds baie lekker
Foto en resep:  Wilma Batt

Monica Beukes
Ek gebruik dieselfde om my roomys koeke te versier. Kry nie makliker nie😁




KLONTLOSE VLA VIR VLA KOEK.

KLONTLOSE VLA VIR VLA KOEK.
Maak vla aan soos dit op die houer staan…vir dik vla. Laat dit afkoel. trek die velletjie lagie af. verroom 125gr botter (ek gebruik altyd Wooden Spoon se wit margarien) met ‘n eletriese menger. Sif so kwart koppie versuiker in en klits goed. Voeg die vla mengsel bietjie bietjie by en klits totdat dit lekker romerig is. Gooi nog versiersuiker by as jy dit soeter of dikker wil maak
Deur: Michelle Joubert
Foto geleen by Elda Tigar




SJOKOLADEKOEK MET KARAMEL EN BAR-ONE VULSEL

SJOKOLADEKOEK MET KARAMEL EN BAR-ONE VULSEL
Koek:
4 eiers
375 ml (1¾ koppie) strooisuiker
500 ml (2 koppies) koekmeel
30 ml (2 eetlepels) kakao
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
knypie sout
250 ml (1 koppie) melk
75 ml (5 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
Vulsel:
90 g (1 pakkie) karamelkitspoeding
250 ml (1 koppie) melk
397 g (1 blik) karamelkondensmelk
250 ml (1 koppie) vars room
3 (60 g elk) Bar-One sjokolade
Stel oond op 180C.
Koek:
Klits eiers tot liggeel. Voeg suiker by en klits tot dik. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Verhit melk tot louwarm en voeg olie by. Meng meel en melkmengsel beurtelings by eiermengsel. Voeg vanilla by en meng. Skep deeg in twee gesmeerde ronde koekpanne met ‘n 22 cm-deursnee. Bak vir 30 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat bietjie in panne afkoel en keer dan uit op afkoelrakkie tot heeltemal koud.
Vulsel:
Klits kitspoeding en melk saam vir 2 min. Roer kondensmelk tot glad en voeg by kitspoedingmengsel. Klits room styf en roer by kitspoedingmengsel. Rasper twee Bar-Ones op die growwe kant en roer by kitspoedingmengsel. Sny koek in horisontale lae en smeer vulsel op elke laag. Plaas koeklae opmekaar. Smeer laaste vulsel op bokant van koek. Sny of rasper oorblywende Bar-One op die koek.
Foto en resep geplaas deur Laudia Els Crouse




HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK

HEERLIKE GEBAKTE KAASKOEK
Foto:  Debbie Edwards
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het gister sommer 2 kaaskoeke gemaak om werk toe te bring. Ek het ook ‘n pot aarbei sous gemaak om by te dien. My kollegas word bederf!!!
Hier volg die resep:
KAASKOEK
Kors:
400 ml fyn koekie krummels
2.5 ml kaneel
100 g gesmelte botter
Vulsel:
500 g Philadelphia room kaas
3 eiers
250 ml suiker
500 ml suurroom
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
5 ml vanilla geursel
Verhit oond na 165°C.
Sproei ‘n 20 cm pan (die soort waar die bodem uitgehaal kan word) liggies met Spray-n-Cook.
Meng al die kors bestanddele met ‘n vurk saam tot eweredig klam.
Skep die krummels in die pan, en druk vas met die bodem van ‘n maatkoppie. Druk dit ook so 2 cm teen die kant op.
Sit die pan op ‘n groot stuk foelie, en vou die foelie op teen die kante van die pan. Herhaal met ‘n tweede stuk foelie.
Plaas die pan in die yskas terwyl jy die kaaskoek aanmaak.
Haal ‘n braaipan uit wat groot genoeg is dat die kaaskoek-pannetjie maklik binne-in pas en hou dit eenkant. (Jy gaan ‘n Bain-Marie met hom maak).
Maak die ketel vol en skakel dit aan om te kook.
Klits die kaas net totdat dit glad is, sonder klonte.
Voeg die eiers een-een by en klits net totdat dit saamkom. Skraap die bak om seker te maak alles word gemeng.
Voeg die suiker geleidelik by en klits totdat dit romerig is.
Voeg die suurroom, suurlemoenskil en vanilla by en klits totdat alles goed gemeng is.
Haal die pan uit die yskas, skep die beslag in en smeer dit mooi gelyk met ‘n mes.
Plaas die kaaskoek-pan in die braaipan en gooi kookwater rondom totdat die water so 2-3 cm diep is.
Plaas dit in die oond en bak vir 50 – 60 minute. Die kaaskoek moet effens bruin begin word, maar moet nog steeds “jiggle”.
Koel af vir so uur, bedek liggies en sit in die yskas (verkieslik oornag).
Gebruik ‘n dun mes om die kaaskoek los te maak van die pan. Verwyder die kante en plaas die kaaskoek op ‘n bord.
Sny met ‘n dun mes en sit voor met ‘n aarbei of bloubessie sous.

Bloubessie sous:
2 koppies bloubessies
sous en gerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml suiker
Plaas alles in ‘n klein pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat dit begin kook. Prut vir 5 minute totdat die bessies begin bars.
Verkoel.

Aarbei sous:
3 koppies aarbeie – spoel af, sny die groen gedeelte uit en sny in die helfte.
75 ml suiker
2.5 ml vanilla geursel
20 ml maizena
30 ml brandewyn (of water)
Plaas die aarbeie, suiker en vanilla in ‘n pot oor matige hitte. Roer versigtig totdat die suiker opgelos is.
Meng die Maizena en brandewyn saam en voeg by die aarbeie.
Kook totdat dit dik word terwyl jy aanhoudend roer.
Verkoel.

 




WHITE CHOCOLATE MUD CAKE

WHITE CHOCOLATE MUD CAKE
300 g white chocolate (we use Cadbury Dream white chocolate)
200 g butter (if using unsalted butter, add ¼ teaspoon fine table salt with the butter)
250 ml (1 cup) milk
165 g (¾ cup) caster sugar
2 teaspoons (10ml) vanilla extract
2 large eggs, lightly beaten (we use eggs with a minimum weight of 59 g)
100 g (2/3 cup) self-raising flour
150 g (1 cup) plain flour
Sour Cream and White Chocolate Ganache
200 g white chocolate
88 g sour cream
Preheat oven to 160 ºC(145 ºC fan-forced).
Grease a 20 cm square cake pan and line the base and sides of the pan with baking paper.
Place chocolate, butter, milk and sugar in a large saucepan over low heat, stirring frequently. Remove from heat when chocolate and butter have melted, and stir mixture until completely smooth. Allow mixture to cool at room temperature for 15 minutes.
Add vanilla and eggs to chocolate mixture and stir until well combined. © exclusivelyfood.com.au
Stir flours together in a large bowl. Add one cup of chocolate mixture to the flour and stir until a smooth paste forms.
Add remaining chocolate mixture and stir until mixture is smooth. This gradual method of combining the wet and dry ingredients helps prevent lumps.
Pour mixture into prepared pan.
Bake for about 1 hour 10 minutes to 1 hour 20 minutes. When the cake is ready, a fine-bladed knife inserted into the centre of the cake should come out without any batter attached.
Loosely cover cake with greaseproof paper or a clean tea towel and allow it to cool to room temperature in pan.
The cooled cake can be iced with the white chocolate ganache immediately (see directions below), or stored and then iced on the day of serving.
Store cake in an airtight container in the refrigerator and bring to room temperature before serving. The cake is suitable to freeze iced or uniced.
Sour Cream and White Chocolate Ganache
Melt white chocolate in a small saucepan over very low heat, stirring frequently. When chocolate has completely melted, remove from heat and quickly stir in sour cream. Use immediately, or if your ganache is quite runny, set it aside at room temperature to thicken slightly before using.
The cake is suitable to freeze.

Photo and recipe posted by Ilse Foote
Ilse se nota:
My dogtertjie is mal oor hondjies – het haar verras met hierdie koek op haar 9de verjaarsdag. My man en ma het omtrent gehelp om die fondant hare te rol
Ek het twee 25cm ronde koeke gebak vir die hondjie koek. Vir die hond se kop het ek ‘n “Rice Krispie” koekie resep gebruik en die kop gevorm met die beslag.




MAKLIKE SJOKOLADE VERSIERSEL


MAKLIKE SJOKOLADE VERSIERSEL
Bron en Foto: Clive-Linda Cawood-Wilson
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie Nutella
1 blikkie karamel kondensmelk
2 eetlepels koffie
2 eetlepels kakao

Meng koffie en kakao met bietjie kookwater om ‘n paste te vorm.
Meng alles saam en versier soos verkies, ek het die blog se klamste sjokolade koek ooit gebruik.




NUTELLA BOTTERROOM VERSIERSEL


NUTELLA BOTTERROOM VERSIERSEL
Hierdie resep gebruik vir die koek op die foto
http://www.foodloversrecipes.com/2014/05/coke-sjokoladekoek/
with nutella buttercream frosting.
250 stork of ongesoute botter
2 koppies versiersuiker
1 eetl room
1 Koppie nutella
Room botter baie goed, voeg versiersuiker by en klop vir 2 min, voeg nutella by, klop nog n min en laastens voeg room in en klits goed deur.  Versier soos verlang

Foto en resep: Lelane Van Der Walt




THE BEST WHIPPED FROSTING

THE BEST WHIPPED FROSTING
Makes enough to frost a 9″ layer cake or one dozen cupcakes generously.
1 cup milk
5 tablespoons flour
2 teaspoons vanilla extract
1 cup butter, at room temperature
1 ¼ cups granulated sugar (not powdered sugar)
In a medium saucepan, add the milk and the flour. While whisking, heat the mixture over medium heat until the mixture begins to sputter, whisking constantly. Continue to stir as the mixture thickens. You will know it’s done when it reaches the consistency of thick cake batter, after about 7 minutes of heating and whisking. Stir in the vanilla extract and set aside to cool COMPLETELY.
In the bowl of a stand mixer fitted with a whisk attachment, or using a hand held mixer, beat the softened butter with the sugar until light, fluffy, and white in color, about 3 solid minutes of beating on medium-high speed. You want the sugar to be totally incorporated into the butter.
Be sure that the milk/flour mixture has completely cooled, and add it to the butter/sugar mixture. Beat all ingredients for about 1 minute on high speed, scraping down the bowl halfway, until they are smooth and well blended. The frosting should be as light and fluffy as whipped cream.
Cupcake recipe used:
http://www.foodloversrecipes.com/2016/11/rin-se-vanilla-kolwyntjies/
Recipe tested and photo:  Daniel Leana Du Preez