STABILIZED WHIPPED CREAM

STABILIZED WHIPPED CREAM
1 teaspoon unflavored gelatin
4 teaspoons cold water
1 cup heavy whipping cream
1⁄4 cup sifted icing sugar (confectioners sugar)
In a small pan, combine gelatin and cold water; let stand until thick.
Place over low heat, stirring constantly, just until the gelatin dissolves.
Remove from heat; cool (do not allow it to set).
Whip the cream with the icing sugar, until slightly thick.
While slowly beating, add the gelatin to whipping cream.
Whip at high speed until stiff.
Cornstarch – 1 tbsp for every 1 cup whipping cream
Confectioners Sugar /Powder Sugar – 3 tbsp for every 1 cup whipping cream
Milk Powder or Pudding Mix – 3 tbsp for every 1 cup whipping cream
Start by whipping the cream with a whisk attachment.
Slowly add the sugar or confectioners Sugar / Powder Sugar
If using granulated sugar – once you reach soft peak stage.
Add the vanilla and Cornstarch or Milk Powder or Pudding Mix.
Continue to whip until stiff peaks.
Your whipped cream is stabilized when you can see the peaks hold their shape firmly

Posted by Amanda Conradie




HEERLIKE VERSIERSEL VIR KOEK OF CAKE POPS

HEERLIKE VERSIERSEL VIR KOEK OF CAKE POPS
200 g bak sagte margarien, in ‘n menger se mengbak
600 g gesifte versiersuiker
200 g wit of donker sjokolade
½ koppie room, gesmelt in mikrogolf
1 teelepel vanilla

Smelt die sjokolade met die room in die mikrogolf. Roer elke 30 sekondes om te roer en nie oorwarm te maak nie. Wanneer goed gesmelt, sit eenkant om af te koel. Wanneer koel, voeg die vanilla by.
Meng margarien goed in bak tot lekker sag, voeg versiersel by, een koppie op ‘n slag eers op lae spoed tot goed gemeng.
Sodra alles wit verkleur, vermeerder spoed tot goed gemeng.
Voeg sjokolade mengsel by, meng goed en sit in toe houer en in yskas.
Kan ook gevries word tot wanneer nodig.
Plaas in mikrogolf vir paar sekondes of minder tot regte dikte om te kan smeer.
Vir cake pops:
Wanneer jy die koek gekrummel het in ‘n menger, voeg net genoeg versiersel mengsel by, vou in met lepel.
Neem genoeg om balletjie te vorm, rol in hand sodat dit net bymekaar kom, plaas in houer en in yskas voor gebruik.
Kan in sjokolade gedip word met versiering of enige and manier.
Resep:  Charmaine Mostert




RAAD VIR KOEKVERSIERING MET RUSSIAN TIPS

RAAD VIR KOEKVERSIERING MET RUSSIAN TIPS
Vir die wat sukkel met russian tips, dit vat oefening.
Maak eers ‘n gewone botter versiersel aan wat jy as ‘n dun lagie op die koek of cupcakes sit. Die icing moet iets he om aan vas te klou. As jy kolwyntjies maak moenie die botter versiersel een slag op almal sit nie. As dit “droog” word gaan jou blommetjies nie klou nie.
Versiersel vir die russian tips:
190 g botter
6 koppies versiersuiker
6 eetlepels sap (enige helder vrugte sap bv Appel)
gel food coloring van jou keuse
Meng, of deel volgens die kleure wat jy dit wil gebruik. Moenie dit laat oop staan nie, dan droog dit uit en jy kan dit nie gebruik.
Sommige tips vereis ‘n stywer mengsel en ander tips ‘n sagter mengsel vir die regte effek. Maar jy moet oefen, want sommiges moet jy die punt bietjie afdruk en stadig oplig, ander lig jy vinniger. Hoop dit maak sin. Ek bak en versier die kolwyntjies in gewone kolwyntjie papiertjies, en as die icing “droog” is sit ek dit in daai houertjies met die punte. Dit lyk dan baie mooi.
Foto en idees deur Marlie Joubert




D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE

D SE HOENDER MAYO PANNEKOEKE
4-6 hoender stukke van die been af gekook (kan ook fillets gebruik, maar kook moeilik sag)
¾ koppie mayonnaise
± 4 eetlepels tamatiesous
2 teelepels suiker
2 eetlepels Sweet Chilly sous
speserye na jou keuse, sout en pepper
½ gekerfte ui, of 1 klein ui
Kook die hoender van die been af en kerf so fyn moontlik, braai die ui liggies en meng al die bestanddele saam in ‘n potjie, kook alles saam vir so 5 min max.  Sous verdun sodra dit gekook word, maar verdik weer sodra dit van die stoof af kom. Pak dan so 2-3 eetlepels binne jou pannekoek en rol toe.
Ek gebruik dieselfde mengsel in ‘n pastry en bak as ‘n pie, net so heerlik en gebruik selfs vir lunch die volgende oggend. Dit stol baie lekker koud of warm.

Pannekoek beslag:
2 koppies koekmeel
2 teelepls bakpoeier
3 groot eiers
2 koppies melk
1 koppie water
1 eetlepel suiker
Meng al die droë bestanddele, dan die melk, eiers en suiker saam en dan stadig meng die melk mengsel in jou meel, as dit te dik voorkom, gebruik die water om by te meng totdat dit dun genoeg is na smaak, as dit te veel vasbrand, sit ‘n extra eier by dan brand dit nie vas nie.
Foto: Dominique Oosthuizen




DRIPPING GANACHE

DRIPPING GANACHE
Ek deel graag iets wat ek onlangs geleer het. Met dripcakes wat nou so gewild is, het ek gesukkel om wit ganche dripping te maak. Die wit sjokolade het ‘n geel voorkoms as dit gesmelt is en kleur dan ook nie mooi nie. Nou die tip…
Smelt jou wit sjokolade saam met die room in verhouding 3:1. Laat staan dan tot die ganache weer verdik het -ek het myne vir ‘n tyd in die yskas gesit. Wanneer die ganche ‘n smeerbare dikte is, klits dit met elektriese klitser – soos jy klits sal dit witter raak. Nou kan dit weer vir paar sekondes in mikrogolf warm gemaak word sodat dit weer kan “drip”.
Ns. Ek het ongelukkig nie voorbeeld van die wit ganache nie, ek moes myne groen kleur, maar die groen het baie mooier uitgekom nadat die ganache witter was.
Foto: Irma van Elewee Swart




HOMEMADE MARZIPAN

HOMEMADE MARZIPAN
Recipe posted by Angela Woods Schubach
Photo: Angela Woods Schubach
FOOD LOVERS RECIPES
2 ½ cups ground almonds
5 cups icing sugar
1 egg white, lightly beaten
3 tablespoons honey
A little water
Combine the ground almonds and icing sugar in a bowl. Mix together the beaten egg white and honey and pour it over the nut/icing mixture and rub it into a breadcrumb consistency. Slowly add small amounts of water at a time until comes together into a ball. Cover in cling film and leave it in the fridge.




SOET VULSEL MET FOP ROOM

SOET VULSEL MET FOP ROOM
¼ lb margarien (125 ml of 115 g)
½ koppie strooisuiker
Knypie sout
Geursel (vanilla / peperment)
1 koppie melk
2 eetlepel maizena
1 blik karamel kondensmelk

KLITS margarien en strooisuiker saam tot room.
Kook melk en voeg maizena en sout by en kook tot gaar. Laat heeltemal koud word.
Voeg by room mengsel. Klits goed. Voeg geursel by.
Voeg karamel kondensmelk by en klits goed.
Hierdie vulsel kan op swissroll gesit word met ‘n peppermint crisp daarop gerasper.
Ek bak gewoonlik 2 swissroll en sit vulsel op en plaas andereen bo met ook vulsel en gerasperde pepermentcrisp.
Resep geplaas deur Marie Teghman van Deventer
Foto:  Rina Kleinhans




FYN VRUGTEMENGSEL VIR KERSPASTEITJIES

FYN VRUGTEMENGSEL VIR KERSPASTEITJIES
500 g appels, blokkies gesny met skil aan. Gebruik ‘n soet appel soos Golden Delicious, nie Granny Smith nie, dis te suur)
250 g ontpitte rosyntjies
100 g cranberries (deesdae mos maklik verkrygbaar by ons)
½ teelepel fyn kaneel
¼ teelepel fyn neut
¼ teelepel fyn gemmer
1 lemoen se skil afgerasper
500 ml appelsap (Ceres boks sap)
1 teelepel Vanilla essence
Brandewyn / sjerrie (opsioneel)
Plaas een koppie appelsap en vrugte en speserye en essence in pot. Simmer vir omtrent 30 minute met die deksel op. Kook baie stadig, maak seker dit kook nie te vinnig nie. Roer af en toe.
Voeg die ander koppie appelsap by en kook vir nog 30 minute, baie baie stadig. Roer af en toe.
Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel. Voeg ‘n splash brandewyn of sjerrie by en roer deur, indien verkies.
Heerlik in pasteitjies of ingemeng in muffins.
NB: Die mengsel moenie te droog wees as dit klaar gekook het nie. Voeg nog appelsap by as dit vir jou te droog lyk.
Resep geplaas deur Louise Groenewald




ROYAL ICING MET ACTIWHITE

ROYAL ICING MET ACTIWHITE
75 ml kraan water
2 teelepels actiwhite (meringue powder)
4 koppies fyn gesifte versiersuiker
ekstra kraan water

Meng die 75 ml kraan water met die Actiwhite en laat staan vir 15 minute.
Voeg by die fyn gesifte versiersuiker by.
Klits met K beater op nommer 4 vir 5 – 7 minute.
Voeg klein bietjie water by as te styf.
Resep geplaas deur Jacqui Van Zyl Hodgkinson
Foto: Jacqui Van Zyl Hodgkinson




TRAMEZZINI VULSEL IDEES

TRAMEZZINI VULSEL IDEES
FOOD LOVERS RECIPES
Zalé En Naas Bekker:
Ek het fillet gevat en in balsamic reduction en bietjie lemon en herb peri peri sous gaar gemaak en dan ook peppers met caramalised onions en mushrooms en toe heel bo-op feta en gouda sommer in broodjie maker.
Foto deur Zalé En Naas Bekker

Talana Fourie:
Bacon, feta en avokado.
Lizelle Kruger:
Roomkaas met bacon en avokado. Hoender/mayonnaise met pynappel. Mince en kaas of gebraaide uie, green peppers met mushrooms en kaas ( baie lekker)
Lizelle Kruger:
Oe nog ‘n lekker ene is beef stukkes, gebraai met knoffel en uie, sweet chilli sousie en feta.
Debbie Weitz:
Strips of steak, mushrooms, onion fried in fresh garlic and smothered in barbecue sauce.
Rachel Gates:
Tuna mayo and gherkin.
Lidia van Dyk:
Biltong, feta en avokado.

Elsabie Templeton:
Basil pesto, snytjies tamatie, pecorino kaas (soos caprese slaai in pita). Oondgeroosterde eiervrug en groen/rooi pepers gedrizzle met balsamiek en mozzarella kaas. Dun repies rare steak, uie marmelade en parmesan skaafsels
Heidi Dercksen le Roux:
Groen vye en salami en mozarella kaas.
Lody Welgemoed:
Hoender met sweet chilli sous en pynappel.
Kobie van Rensburg:
Sweet chilli chicken, Pepadews en feta.
Judy Jooste:
Rocket, feta and tomato.
Bianca Crawford:
Mozzarella, Camembert cheese, figs and bacon.

Elena Kaminaridou Prins:
Chicken strips, lettuce, cucumber and tomato.
Gillian Kruger Vermeulen:
Hoender met mayonaise, bacon en mozarellakaas. Spinasie, bacon en mozarellakaas. Bacon eier en mozarellakaas. Hoender en mayonaise, peppadews en mozarellakaas. Spinasie, feta en mozarellakaas.
Rene Roberts Rabie:
Fried steak strips, avocado, chopped tomato, onion and thick cream.
Liz Terblanche:
Calamari, stilton cheese, butter lettuce with strips of yellow /green peppers and Blue cheese dressing.
Elza Charlez:
My gunsteling is chicken mayo en repies steak met kaas.
Chantal Steyn:
Aspersie, hickory ham en mozzarella kaas.
Carla Botha:
Hadock, cream cheese & dill.