KLAPPERVERSIERSEL

ICING

KLAPPERVERSIERSEL
4 eetlepels margarine
3 eetlepels melk
½ koppie suiker
½ teelepel vanilla
190 ml klapper

Kook margarine, melk en suiker. Verwyder van stoof en voeg die res van die besanddele by. Terwyl warm smeer oor die koek. Stel oons op rooster en sit koek terug in die oond tot mengsel verkleur. Pasop, dit brand maklik.

 




SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL

sjokolade koek riana
SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL
250 g versiersuiker
50 ml botter/margarine
5 ml vanilla
25 ml kakao
2 eetlepels koue water

Room die margarine en voeg die versiersuiker, kakao en geursel geleidelik by. Voeg water by en klits tot baie lig en donsig.

 




LEMOENVERSIERSEL

ICING
LEMOENVERSIERSEL
2 teelepels gerasperde lemoenskil
1 ½ eetlepels lemoensap
60 ml botter/margarien
Knippie sout
2 ½ koppies versiersuiker
1 eiergeel

Room botter/margarine tot dit sag is. Voeg eiergeel en sout by en meng goed. Meng die lemoenskil en sap, en voeg versiersuiker en lemoensap by bottermengsel. Meng baie goed. Die hoeveelheid is genoeg vir ‘n groot laag koek.

 




MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL

mocca versiersel
MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL
1 koppie versiersuiker
3 eetlepels kakao
2 eetlepels sterk koffie
1 eetlepel botter
½ teelepel vanilla
Sout na smaak

Klits die botter en sif die suiker en kakao daarin. Klits dit goed. Roer die koffie, vanilla en sout by. Roer tot dit mooi glad is. Gebruik binne en bo-op koek vir vulsel en versiersel.

 




SJOKOLADEKOEK VULSEL

SJOKOLADEKOEK VULSEL
200 g melksjokolade [bak]
250 g margarien [wit/wooden spoon]
1 blik kondensmelk
1 houer Orley Whip

Smelt sjokolade en margarien saam vir 3 min in mikro by 70% krag.
Roer goed tot alles gesmelt is. Voeg dan die kondensmelk by en
sit in yskas. Klits Orley Whip styf en meng by met ‘n lepel, smeer op koek.




LEMON CURD – SUURLEMOENBOTTER

lemon curd wilma
LEMON CURD – SUURLEMOENBOTTER
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Sitrusbotter – Suurlemoenbotter, beter bekend as lemon curd, kan maklik in die mikrogolfoond gemaak word. Hierdie resep gebruik suurlemoen-, lemoen en pomelosap, maar jy kan dit aanpas om net een of twee te gebruik – hou net die sap 125 ml.
4 eiers
200 ml strooisuiker
50 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
25 ml pomelosap
100 ml water
125 g botter, in blokkies gesny
5 ml elk lemoen- en suurlemoenskil, gerasper

Klits die eiers en strooisuiker met ‘n draadklitser in ‘n groot mikrogolfoondvaste glasbak. Voeg die sap, water, botterblokkies en skil by. Mikrogolf op 100% vir 2 minute. Roer. Mikrogolf op 55 % vir 6 – 8 minute, roer dit elke 2 minute. Dis reg wanneer dit verdik het en die agterkant van ‘n metaallepel bedek wanneer jy dit daardeur trek. Skep in glasbotteltjies uit. Eet die sitrusbotter op plaatkoekies of brood, of in tertdoppies of pannekoek.

Op foto:  Wilna Dorfling
Lekker grinadellasmeer en Lemoncurd (suurlemoensmeer gemaak en sommer ‘n paar doppies gevul vir proe)

 




VINNIGE EIERVULSELS

FLR BB Yummieee!!
VINNIGE EIERVULSELS
Roereier, gemeng met ‘n bietjie mayonnaise en ‘n bietjie
tamatiesous, of roereier en tamatieskyfies.
Fyn gekapte hard gekookte eier, gemeng met brosgebraaide spekvleis en
aangeklam met ‘n bietjie slaaisous of mayonnaise.
Fyngemaakte hard gekookte eier, gemeng met aangemaakte mosterd.
Hard gekookte eierskyfies, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.
Wenk: ‘n Hard gekookte eier bly langer goed as dit nie afgedop word
nie.
Hard gekookte eiers kan vir ‘n paar dae in die yskas gebêre word.




SJOKOLADESOUS VIR FONDUE

SJOKOLADESOUS VIR FONDUE
1 blik caramel treat
250 ml vars room
100g donker sjokolade
5 ml vanilla geursel

Smelt alles saam oor medium hitte en laat kook vir so ongeveer 2 min.
Roer heeltyd terwyl dit kook.
Die sous raak dikker wanneer dit afkoel en wanneer dit heeltemal koud is kan jy dit vir ‘icing’ op ‘n sjokoladekoek of sjokolade cupcakes gebruik. Sooooo lekker!
Resep:  Louise Strydom

 




CHECKERS-HYPER – VERSIERSEL VIR DONUTS

tested

CHECKERS-HYPER – VERSIERSEL VIR DONUTS
2 eier witte
500 g versiersuiker
1 teelepel asyn

Meng alles saam, om n loperige versiersel te kry. Smelt oor lae hitte tot effens loperig (net soos wat jy sjokelade smelt – dubbel pot )
Vir die sjokelade versiersel moet jy jou kakao meng met n bietjie kookolie.
Resep geplaas deur Sharon Viljoen




DADELVULSEL VIR FLAN / RANDKOEK

tested

DADELVULSEL VIR FLAN / RANDKOEK
Resep: Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakkies dadels, sag gemaak
1 koppie neute, grofgekap
1 pakkie rooikersies, grofgekap
onversoete styfgeklopte room

Meng die dadels, neute en kersie saam en smeer dit op die bodem van die randkoek, skep die styfgeklopte room bo-oor die vulsel en sprinkel gedroogde fyn sitrusskil bo-op die room vir garnering, dis ‘n smaak fees!

Flan / randkoek resep – http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/flan-randkoek/