PEANUT BUTTER ICING

 

peanutbutter icing

PEANUT BUTTER ICING
Chopped salted peanuts, to decorate, optional
1 cup confectioners’ sugar
1 cup creamy peanut butter
5 tablespoons unsalted butter, at room temperature
3/4 teaspoon pure vanilla extract
1/4 teaspoon kosher salt
1/3 cup heavy cream

Place the confectioners’ sugar, peanut butter, butter, vanilla, and salt in the bowl of an electric mixer fitted with a paddle attachment. Mix on medium-low speed until creamy, scraping down the bowl with a rubber spatula as you work. Add the cream and beat on high speed until the mixture is light and smooth.

Sa-eeda Daniels
Picture from Cast Sugar




CHOCOLATE BUTTERCREAM FROSTING

tested

CHOCOLATE BUTTERCREAM FROSTING
500 g bittersweet chocolate
340 g semisweet chocolate
3/4 cup egg whites (4 to 5 extra-large eggs), at room temperature
1 1/2 cups granulated sugar
1/4 teaspoon cream of tartar
3/4 teaspoon kosher salt
500 g unsalted butter, at room temperature
3 teaspoons pure vanilla extract
3 teaspoons instant espresso powder, dissolved in 1 1/2 teaspoons water

Chop the chocolates and place them in a heat-proof bowl set over a pan simmering water. Stir until melted and set aside until cooled to room temperature.
Mix the egg whites, sugar, cream of tartar, and salt in the bowl of an electric mixer fitted with a whisk attachment. Place the bowl of egg whites over the pan of simmering water and heat the egg whites until they are warm to the touch, about 5 minutes. Return the bowl to the electric mixer and whisk on high speed for 5 minutes, or until the meringue is cool and holds a stiff peak.
Add the butter, 1 tablespoon at a time, while beating on medium speed. Scrape down the bowl, add the melted chocolate, vanilla, espresso, and rum, if using, and mix for 1 minute or until the chocolate is completely blended in. If the buttercream seems very soft, allow it to cool, and beat it again.

RECIPE POSTED BY Sa-eeda Daniels

 




AMANDA SE HEERLIKE VERSIERSEL

 

VERSIERSEL AMANDAtested

Ek wil gou vir julle MY lekker skuimerige versiersel gee wat vir enige groot en Cupcakes gebruik kan word.
2 bestandele Versiersel:
Orleywhip
Jellie poeier

Maak jellie net met die kookwater aan soos op die verpakking beskryf (so 1/2 koppie kookwater)
Roer tot die suiker op gelos is en laat staan om af te koel (NIE TE KOUD NIE)
Klits die Orleywhip tot dik en skuimerig
Gooi die jellie bietjie vir bietjie by en VOILA, lekker (nie te soet) versiersel.
As jy Sjokolade versiersel wil hê, gebruik ‘n sjokolade kits peoding maar dan moet jy versiersuiker by die Orleywhip klits.

Amanda Verster Vd Merwe




ICING VIR ZOO KOEKIES

zoo koekie icingtested

ICING VIR ZOO KOEKIES
Hierdie werk en proe heerlik :
Klits 1 eierwit en 5 ml suurlemoensap tot skuimerig.
Voeg 200 g versiersuiker bietjies bietjies by en klits tot glad.
Roer 5 ml gliserien by. Ek verdeel dit dan in klein plastieksakkies en gebruik gelkleursel om dit in verskillende kleure te kleur.
Maak sommer klein gaatjie in hoekie van sak en gebruik sakkie om te versier.
Doen 1 kleur.
Laat stol voor jy ‘n ander kleur opsit, dan meng hulle nie.
Wenk: dit werk beter in warmer weer, nat koue weer en jy sit dalk met loperige versiersel.

Alida Boshoff




VERSIERSUIKER RESEP

tested

VERSIERSUIKER RESEP
Versiersuikerresep wat lekker is
1 kg versiersuiker
200 g sagte botter
100 ml kookmelk
Begin die versiersuiker met botter, klop tot lekker lig en sit die versiersuiker stelselmatig by, klits tot lekker lig, verdun met die melk tot die regte tekstuur..
onthou halwe teelepel vanilla op die einde
Ek gebruik altyd die volle hoeveelheid maar elke ou se 100 ml verskil!!heheh lekker bak…xxx

Heather Strumpher




VULSELS VIR TOEBROODJIES


VULSELS VIR TOEBROODJIES
Vleisvulsels
BOELIEBIEFSMEER
‘n Vleisvulsel wat ‘n paar dae in die yskas gehou kan word. Smeer
brood met blatjang voordat die vulsel opgesit word.
1 x 300 g blik boeliebief, fyngedruk
100 g komkommer, fyngekap
30 ml gekapte grasuie
50 ml mayonnaise
5 ml suurlemoensap

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in ‘n verseëlde houer in
die yskas.

KERRIEHOENDERVULSEL
Gebruik dié vulsel saam met blaarslaai.
250 ml gevlokte koue, gaar hoender
15 ml mayonnaise
1 ml matige kerriepoeier
5 ml blatjang
‘n paar druppels Tabasco-sous

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in ‘n bedekte houer in die
yskas.
Wenk: Gebruik oorskiet gaar hoender of koop hoender wat reeds
gaargemaak is, óf maak ‘n paar stukkies hoender gaar, vries en
ontdooi soos verlang.

Vinnige vleisvulsels:
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.
Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer
gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous
of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met
blatjang en gekapte grasui.

EIERVULSEL MET SONNE BLOMSAAD EN HAM
1 hardgekookte eier, gekap
7 ml mayonnaise
1 ml mosterdpoeier
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml sonneblomsaad, gerooster (opsioneel)
1 hamskyf, in blokkies gesny

Meng al die bestanddele.
Wenk: Die vulsel kan die vorige aand gemaak word en in die yskas
gebêre word.

Vinnige eiervulsels
Roereier, gemeng met ‘n bietjie mayonnaise en ‘n bietjie
tamatiesous, of roereier en tamatieskyfies.
Fyngekapte hardgekookte eier, gemeng met brosgebraaide spekvleis en
aangeklam met ‘n bietjie slaaisous of mayonnaise.
Fyngemaakte hardgekookte eier, gemeng met aangemaakte mosterd.
Hardgekookte eierskyfies, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.
Wenk: ‘n Hardgekookte eier bly langer goed as dit nie afgedop word
nie.
Hardgekookte eiers kan vir ‘n paar dae in die yskas gebêre word.

VULSEL MET KAAS EN SPEKVLEIS
200 g cheddarkaas, gerasper (500ml)
4 repe swoerdlose spekvleis, gesnipper en brosgebraai
1 ml aangemaakte mosterd
20 ml blatjang

Meng al die bestanddele. Bêre in ‘n ver seëlde houer in die yskas of
vries.

VULSEL MET MAASKAAS EN BEESVLEIS
Gebruik met ‘n skyfie koue, gaar beesvleis op brood
125 g gladde maaskaas ( houertjie)
15 ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
‘n paar druppels Tabasco-sous
1 agurkie, gekap
4 skyfies gaar beesvleis

Meng al die bestanddele, behalwe die vleis. Plaas saam met
blaarslaai op growwe brood.

Vinnige kaasvulsels
Maaskaas/roomkaas, gemeng met een van die volgende bestanddele:
heuning, tamatiesous, vissmeer, gekapte eier, gaar geurige
maalvleis, gekapte ui en piekels.
Maaskaas, gemeng met gerasperde kaas, gekapte radys en komkommer of
agurkies en mayonnasie.
Gerasperde kaas, gemeng met toebroodjiesmeer, saam met ‘n
slaaiblaar.
Gekrummelde bloukaas, gemeng met toebroodjiesmeer.
Krummelmaaskaas (gegeur of ongegeur), gemeng met toebroodjiesmeer,
saam met ‘n skyfie salami (veral op rogbrood).
Skyfies mozzarellakaas, salami en tamatie op rogbrood. Komkommer en
blaarslaai is ook lekker hiermee saam.

TUNAVULSEL
1 x 185g-blikkie tuna, gedreineer en gevlok
ui, gekap
30 ml mayonnaise
15 ml tamatiesous
15 ml blatjang
4 argurkies, gekap

Meng al die bestanddele.
Plaas op ‘n broodrolletjie met ‘n blaarslaai.
Nog mengsels:
Suurlemoenbotter, vissmeer, gerasperde kaas en agurkies.
Fyngedrukte sardientjies, gemeng met rooipeper, hardgekookte eier
en suurlemoenbotter en/of mayonnaise.

AVOKADO-EN-SPEKVLEISSMEER
Met dié vulsel is dit onnodig om die brood te botter.
As dit gebêre word, moet kleefplastiek liggies oor die smeer
geplaas word.
125 g swoerdlose spekvleis, gekap en brosgebraai
1 ryp avokado, fyngedruk
10 ml gerasperde ui
1/4 of 1/2knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml suurlemoensap
15-25 ml mayonnaise

Meng al die bestanddele goed saam.

TOEBROODJIESMEER
Toebroodjiesmeer kan op sy eie gebruik word of om ander vulsels
veral dié met eier of kaas op te kikker.
1 Engelse kommommer, gerasper en gedreineer
1 ui, fyngekap
3 geelwortels, gerasper
1 groot rooi soetrissie, ontpit en gekap
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
wit asyn om groente mee te bedek
ñ 500 ml mayonnaise

Plaas groente in ‘n glasbak, bedek met asyn en laat oornag staan.
Dreineer goed en meng met mayonnaise.
Skep in skoon flesse, maak toe en bêre in die yskas tot benodig.

Nog lekker idees
Lizette Erasmus
Pynappelsmeer saam net russian skyfies.
Kaas met sweet chilli sous
Ham en perskekonfyt
Advokadopeer met biltong

Joyce Woodley
Eier mayo met ‘n titseltjie sweet chilli in.

Rita Labuschagne
Roomkaas gemeng met fyn blikpynappel of fyn gesnyde dadels.
Nog iets is ñ rolletjie gemaak met ñ snytjie brood gebotter, bietjie mayo met korsies afgesny. Plaas ñ aspersie op die punt en rol op. Lyk soos ñ worsrolletjie. Plaas met die snykant onder en in die yskas tot nodig. Sny in die helfte. Aldrie broodjies is heerlik.
Maalvleiskerrie is ook heerlik
Jy moet jou toebroodjies die aand vantevore maak en in die yskas hou en dan in die oggend die korsies afsny en dan in driehoekies.

Cornel de Beer
As dit vir mans is sny die brood in die lengte en vul met mengsel van gebraaide baked beans in bully beef saam met uie en speserye.




SOET VULSELS VIR DOPPIES

 

melktert doppies riatestedkaramel tertjies

SOET VULSELS VIR DOPPIES
CARAMEL EN FLAKE VULSEL :
1 Blik caramel kondensmelk
3 Flake sjokolade
Meng caramel en gekrummelde flake
Vul horinkies OF doppies met die vulsel
Baie lekker
Bron: Magda Helberg
CREMORA VULSEL:
1 koppie cremora
¼ kop kookwater
Meng b.g
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en
¼ kop suurlemoensap
KONDENSMELK VULSEL:
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep ½ teelepel sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op
LEMON CURD:
2 eetlepel botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.
Bron: Kreatiewe Kos Idees
DADEL VULSEL:
1 blik kondensmelk
250 gr dadels (fyn gesnipper)
400 ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.
PYNAPPEL VULSEL:
1 pynappel (gerasper)
1 teelepel botter
2 eiers
½ koppie suiker
½ koppie water
4 teelepel vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel –
Kook tot gaar.
Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies
MELTERT VULSEL:
3 eetlepel koekmeel
4 kop melk
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepel maizina
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Meng maizina en meel met bietjie van die melk.
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilla en sout by.
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Skep of spuit in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor
PLASING: Lorraine – RESEPTE, WENKE EN IDEES

Ria Jacobs
Soetvulsels
1 blikkie kondensmelk
¼ blikkie suurlemoensap.
½ koppie styfgeklopte room
Meng alles saam en gebruik versiersak met punt en spuit in doppies.
Dieselfde vulsel kan gebruik word vir aarbeiterjies gooi net aarbeiekonfyt by en meng goed
Dreineer pynappels en skep fyn pynappels in skep in doppies
Granadillamoes kan ook in vulsel gemeng word. Marshmallows kan fyngesny word en gemeng word met fyn kersies in die basiese suurlemoenvulsel vir marshmallow tertjies.
Karamel met kersie bo op in doppie
Karamel met gerasperde peppermint.

Amani Essop
Ek het top deck chocolate gerasper en in die caramel gemeng. Piesang in gesit en dan die caramel.
karamel tertjies




MARSHMALLOW FONDANT

MARSHMALLOW FONDANT WIANDRAtested

450 g wit marshmellows
900 g versiersuiker
1 1/2  eetl. water
1 teelepel vanilla geursel (optioneel)

Gooi die marshmallows in n mikrogolf bak en verhit op hoog vir 30 sekondes. Haal uit die mikrogolf en gooi die water en vanilla geursel by. Sit weer in die mikrogolf en verhit 30 sekondes op ‘n slag haal uit en roer. (Die resep se jy moet jou lepel smeer met trex ek weet nie wat dit is so ek het holsum gebruik dit sit maar nogsteeds aan die lepel vas as jy dit roer.) As die marshmellows mooi glad is (ek het gesien dat dit so 2-3 keer in die mikrogolf vat 1:00 of 1:30 min vat) gooi dan jou versiersuiker by bietjie vir bietjie en roer dit in tot alles in gegooi is. Smeer jou werksoppervlak en jou hande baie goed en dik met botter of holsum en gooi die fondant uit op jou werksoppervlak en knie totdat dit nie meer vassit

Nota:  Dis presies dieselfde ek het altyd woodenspoon wit botter gebruik om my hande en die werksoppervlak te smeer en giter her ek holsum gebruik hulle altwee werk net so goed. En as n mens shape will uitsny en bang dit sit vas strooi jou oppervlak met mazina dit werk die beste dat dit nie vassit as jy dit uitrol. En as mens dit dan net vir so rukkie in die yskas sit is dit mooi blink en die poeier merke is weg, maar ek vat aktyd eers n verkwassie en haal meeste van die poeier so af

Mens kry daai pakkie mini wit marshmallows ek gebruik hulle, maar het ook al die gewone pink en wit pakke gebruik maar met hulle moet jy twee pakke koop want daar is nooit genoeg wittes in een pak. Die klein pakkies koop jy net 3 of 2 as hy die resep in die helfte deel.

Jy kan dit ook laat hardword as jy wil. Marhmallow fondant blaartjies wat ek ook gemaak het vir die koek dis klip hard. En het niks goed by gegooi net gelos in n tupperware bakkie.

Resep en Foto:  Wiandra Nel




SJOKOLADE KOLWYNTJIES MET KOFFIE SMAKIE

2014-05-19-10297570_10152504158519750_4014065176840077321_ntested
SJOKOLADE KOLWYNTJIES MET KOFFIE SMAKIE
FOTO EN RESEP: Ingrid Lubbe
FOOD LOVERS RECIPES
Bedien: 12
1 koppie meel
1 koppie strooisuiker
½ koppie kokoa
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
½ teelepel “hazelnut grained koffie(Woolworths)” (of enige ander espresso poeier)
½ koppie melk
¼ koppie olie
1 eier
½ teelepel vanilla extract
½ koppie kookwater

Verhit oond op 160º C.
Spuit die kolwyntjie pannetjie liggies en sit die kolwyntjie koppies in die kolwyntjie pannetjie.
Gooi saam die meel, strooi suiker, cocoa, bakpoeier, koeksoda, sout en hazelnut grained koffie in n groot bak. Klits dit liggies totdat dit mooi gemeng is.
Voeg die melk, olie, eiers en vanilla by die meel mengsel en klits op ‘n middelmatige spoed tot dit mooi gemeng is. Sit die klitser dan op ‘n lae spoed en gooi die kookwater versigitg by die mengsel. Klits dan die mengsel op ‘n hoë spoed vir 1 minuut om lug in die mengsel te sit. (DIE DEEG IS HEELWAT MEER LOPERIG AS GEWONE KOLWYNTJIES
Deel die deeg op in die kolwyntjie pannetjies, elkeen so ¾ vol.
Sit in die oond en bak vir 12-15 minute of tot dit gaar is en jy ‘n tandestokkie in die middel kan steek en hy skoon uit kom.
Haal uit die oond uit en laat dit heeltemal af koel.
Maak dan die versiersel soos die onderstaande instruksies.
SJOKOLADE VERSIERSEL
1½ koppies botter (kamer temperatuur)
1 koppie cocoa
5 koppies versiersuiker
½ koppie melk
2 teelepels vanilla extract
½ teelepel “hazelnut grained koffie poeier” (of enige ander espresso poeier)

Sif die cocoa in ‘n groot bak om ontslae te raak van enige klonte.
Room die botter in ‘n aparte bak, en gooi dan die cocoa by en klits tot dit mooi gemeng is.
Gooi die versiersuiker en melk by die mengsel soos volg: 1 koppie versiersuiker en dan ‘n eetlepel melk en meng dan vir ‘n minuut, dan weer 1 koppie versiersuiker en ‘n eetlepel melk tot al die versiersuiker en melk bygevoeg is.
Gooi dan die vanilla extract en hazelnut koffie poeier by en meng goed.
As die versiersuiker te droog is, gooi gelydelik bietjies melk by, en as dit te pap is gooi nog versiersuiker by.

Om die 2 verskillende versiersels te maak:
Halveer die resep vir die sjokolade versiersel.
Vir die blou versiersel maak die helfde van die sjokolade versiersel soos bo, maar vervang die cocoa en hazelnut koffie poeier met versiersuiker, en gooi so eetlepel voedselkleursel by (of meer as jy ‘n donkerder blou skakering soek.
Gebruik 2 versiersakke (medium) en maak een vol met die sjokolade versiersel en die ander een met die blou versiersel, plaas dan altwee parallel binne in ‘n groot versiersak met ‘n groot tuit. Druk die spuit sak aan die begin eers uit in ‘n ander bakkie totdat jy sien altwee kleure kom nou gelyk uit en versier dan die kolwyntjies.

Die kolwyntjies is vreeslik sag en klam en die versiersel het ‘n heerlike sjokolade smaak!




MERINGUE FROSTING

 

meringue frostingtested

1 ¼ cups sugar
1 ½ tablespoons corn syrup or glucose syrup
5 large egg whites

Bring one cup, 2 tablespoons sugar, corn syrup and 3 tablespoons water to a boil. Wash down side of pan with a wet pastry brush to prevent crystals forming. Cook syrup without stirring until a candy thermometer registers 230 degrees Fahrenheit (soft ball stage).
Beat the egg white with a mixer until soft peaks form and gradually beat in remaining 2 tablespoons sugar.
Add sugar syrup in a slow steady stream down the side of the bowl while mixing on a high speed till fluffy and cool. 5 – 7 minutes.
Makes 6 cups.

Vir die pink cupcakes
ek het poeier kleursel gebruik want ek was nie seker wat die vloeistof aan die meringue mengsel sou maak nie maar ek is seker dat gel kleursel soos ‘n bom sal werk want jy het net ‘n druppel nodig.

Vir die ice cream op die foto
Ek het rice crispie balle gemaak (rice crispies en gesmelte marshmallows) en hulle toe in royal icing (versiersuiker en eierwit) gedoop.

Foto:  Nicolette Fick
resep – ook Martha Stewart: