VERSIERSEL VIR WORTELKOEK

2013-07-26-oliekoekmetbotterversierselenkersies-001

VERSIERSEL VIR WORTELKOEK

Elize Gouws
Ek gebruik op my wortel koek 1 pk versiersuiker, 150 ml botter en 1 blik kondensmelk heerlik op alle koeke.

Annatjie du Toit
‘n Blikkie kondensmelk, ‘n houertjie maaskaas en halwe koppie suurlemoensap. Meng goed, laat staan paar minute , skep dan oor koek dat dit afloop. Stol vinnig. Smaaklik!!! Sit dan paar neute op .

Sa-eeda Daniels
Net ‘n glaze?
Icing sugar with a few drops of lemon juice drizzled over the cake.

Henriette Casey
Julle hier’s hy ek maak hom dubble aan ;250 ml room :60 ml sagte bruinsuiker: 2ml vanieljegeursel . Verhit die room en suiker bring tot kookpunt roer gedurig verlaag hitte en prut vir 10 min gooi in mengbak en verkoel vir 3 ure dan klop styf .. Ek maak altyd eers versiersel voor ek die koek aanmaak . NS dis n ou HUISGENOOT resep

Aneen Ferreira
Ek gebruik die resept vir my Wortelkoek en hy is n wenner.
Wortelkoek versiersel;
4 eetlepels marg/ botter
2 kop Versiersuiker
Bietjie melk as te styf is
2 eetlepels maaskaas
Room margarien/botter en voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by. Roer maaskaas by. Strooi fyn pekanneute bo-op

Dries van Wyk
Dit is 100 ml botter
700 ml versiersuiker
1 bakkie maaskaas
Klits botter baie baie goed, meng met versiersuiker, voeg maaskaas by ( ek vou myne in met ‘n lepel)

 




KLAPPER SOETKOEKIES MET VULSEL

coconut soetkoekiestested

KLAPPER SOETKOEKIES MET VULSEL
Foto en resep:  Elize Venter
FOOD LOVERS RECIPES
10 koppies koekmeel
2 koppies klapper
500 g Stork bake
2 teelepels kremetart – gelyk afgemeet
2 teelepels koeksoda – angemaak met 1 koppie melk
3 koppies suiker
3 eiers
1 teelepel sout
Klop eiers, suiker en koeksoda wat in melk opgelos is saam baie goed suiker moet opgelos wees. Rasper margarine in droë bestanddele in vryf met vingerpunte tot dit soos krummels lyk, voeg die eiermengsel by, werk liggies deurmekaar. Ek druk dit mooi in skottel, vat ‘n klam skoon vadoek, sit oor jou deeg terwyl jy werk.  Sit in meultjie en draai jou koekies ( onthou jy haal jou siffie en messie uit meule as jy koekies maak.)  Ek druk myne ewelank met ‘n mosterd blikkie se onderkant.  Bak op 165 ºC vir 15 min,  maar kyk maar na 10 min hoe lyk dit.
Al die stowe is nie dieselfde nie.  Jy kan jou eie keuse van vulsel gebruik.

Vulsel:
2 koppies versiersuiker
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels margarien
1 teelepel karamel geursel

Roer alles tot mooi glad saam en smeer die koekies. Dit hang af hoe dik jy dit smeer of jy gaan uitkom vir die hele 10 koppies meel resep anders maak jy maar weer aan.
Jy kan ook vanilla geursel gebruik of amandel net wat jy verkies.
Dit word nogal gou styf en droog ek hou hul eers uit voordat ek hul in ‘n verseëlde blik bere.




MARSHMALLOW ICING

MARSHMALLOW FONDANT WIANDRAtested

MARSHMALLOW ICING
2 kg mini marshmallows
2 tabelspoons water
2 kg powder suger (icing sugar)
Micro marshmallows 1 min. Stir, continue to micro for 20 seconds at time en stir until marshmallow are melted and smooth. Slowly add sugar stir and knead until the fondant is smooth and free of lumps.

Hester Gunter




IDEES VIR FYN TOEBROODJIES

IDEES VIR FYN TOEBROODJIES

Madeleine Potgieter
Eier en mayonaise(gemeng met bietjie kondensmelk), smeer bietjie mosterd op broodjie en sit shaved ham(ken nie afrikaans woord) op, bulliebeef gemeng met gerasperde kaas, dun op gesit en smeer dun chutney op broodjie, dun snytjies rou tuna met komkommer.

Elaine Schoeman
hoender en mayo, pastrami met rocket en kaas, tuna en mayo met gesnipperde agurkies

Wietske Mioch Roux
Ek het laas Saterdag vir my jongste se High Tea verjaardagpartytjie, egte Engelse komkommer broodjies gemaak en dit was glo ‘n reuse sukses. Flenterdun komkommersnytjies met teelepel sout gemeng, halfuur laat staan, afgespoel en drooggemaak. Gemeng met 50g mayonnaise, 50g fyngesnyde basilie, sout en peper. Vars witbrood, sonder korsies en die komkommermengsel opgesmeer. In driehoekies gesny. Dit was vir 10 snye brood.

Elaine Schoeman
Mens kan eintlik met die heerlikste goed wegkom op ‘n broodjie, basies enige iets werk, solank dit net nie te loperig of baie nat bestandele is, wat die broodjie pap maak nie. Haddock en maaskaas met gesnipperde rooi rissie is ook baie lekker, avo met bacon en gebraaide ui….

Retha Booysen van Rensburg
Wat van Gourmet burgertjies Rheda? Komkommer en vars beet skyfies dun gesny, met feta kaas krummels, alfalfa spruite en n Tahini-suurlemoen sousie. Dit is baie gesond, proe lekker en lyk vreeslik mooi!
NS: druk dit deur met ‘n tande stokkie!

Vernon G Schoultz Kap
Vleis van heel hoender fyn. Mash halwe blik perskes en meng met die hoender. Gooi mayo daar by end roer goes deur.
1kg polony gerasper halwe kop tamatie sous quart koppie mayo end quart koppie chutney of sweet chilli sous. Meng met polony en smeer op broodtjies
Kaas smeer en gebraaide ui en Vienna’s.




SUGAR PASTE

fondant
SUGAR PASTE
Makes 1 kg (2 1⁄4 lb)
60 ml (4 tbsp) cold water
20 ml (4 tsp/1 sachet) powdered gelatine (you can use the vegetarian version)
125 ml (4fl oz) liquid glucose
15 ml (1 tbsp) glycerine
1 kg (21⁄4lb) icing (confectioners’) sugar, sieved, plus extra for dusting
Place the water in a small bowl, sprinkle over the gelatine and soak until spongy. Stand the bowl over a pan of hot but not boiling water and stir until the gelatine is dissolved. Add the glucose and glycerine, stirring until well blended and runny.
Put the icing sugar in a large bowl. Make a well in the centre and slowly pour in the liquid ingredients, stirring constantly. Mix well. Turn out on to a surface dusted with icing sugar and knead until smooth, sprinkling with extra icing sugar if the paste becomes too sticky. The paste can be used immediately or tightly wrapped and stored in a plastic bag until required




FONDANT

Sugar pastetested
FONDANT

800 g suiker
300 ml water
1/2 t cream of tartar
knippie sout
kleursel

Kombineer die suiker, sout en water in n pan. Was die suiker kristalle van die kant af en maak toe vir 30; sekondes. Roer die cream of tartar by. Kook aanhoudend tot die sagte bal staduim bereik word. Verwyder van stoof. Roer bietjie kleursel by en gooi die fondant op n effense klam, koue vlak oppervlak uit en laat staan tot louwarm. Klop nou die mengsel met n hout lepel tot dit lig en roomerig is. Knie dit tot dit glad is. Rol uit tot op 10 mm . Maak n lap klam en gooi oor vir i uur. Maar glo jy kan dan solank jou blomme vorm.

Foto:  Thalia Botha-Rondganger
Resep:  Adri Ganz




HEERLIKE VERSIERSEL OP DIE STOOF

testedsugar free icing
HEERLIKE VERSIERSEL OP DIE STOOF
Resep:  Charlotte Verwey da Silva.
Geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Maria Kolesky
Tweede foto:  Judy Hendriks Dames dit is die resep – versiersel op die stoof gemaak… Dit is ‘n treffer!
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml melk
90 ml koekmeel
150 ml suiker
250 g margarien
5 ml vanilla

Meng die melk en koekmeel in ‘n bekertjie en gooi deur ‘n siffie in kastrol. Voeg suiker by en verhit oor lae hitte tot kookpunt, jy moet die hele tyd roer. Kook vir so minuut tot dik en gaar, maak seker daar is geen klontjies in nie. Skep in bakkie en sit in die yskas om heeltemal af te koel.Klop margarien met klitser tot sag en voeg nou die afgekoelde mengsel in twee dele by, terwyl jy die hele tyd klits.. Dit sal slap lyk maar hou jy maar net aan met klits. Dit sal die tekstuur van geklopte room kry dan weet jy dit is amper reg. Klits nou die vanilla by en proe, indien jy dit soeter wil he kan jy 50 ml strooisuiker by voeg.
Hierdie is ‘n fantastiese versiersel vir die rooi fluweelkoek. Die versiersel is op sy lekkerste as hy so uur of wat gestaan het. Geniet dit>

VIR SJOKOLADE VARIASIE, Voeg 50 ml kakao by en verminder die meel met 50 ml.  Meng die kakao met bietjie melk en voeg by die mengsels

ROOMKAAS VARIASIE
Petré Van Jaarsveld  – Ek het die suiker met versiersuiker vervang en n 3/4 bakkie roomkaas bygevoeg, kook verder net soos die resep sê..

GOEIE RAAD:
Petré Van Jaarsveld  – Gebruik ‘n gel of poeier kleursel. Die gewone botteltjies koek kleursel saam met die margarien het myne laat lyk of dit skif. Gebruik dan ook wit margarien, Geel margarien verander die kleur. Kleur die gedeelte wat eers gekook moet word, Bietjie donkerder as die kleur wat jy wil hê.
Kan ek karamel bysit:   Ja ..jy kan… Meng dit eers met die deel wat gekook word.
Laat heeltemal koud raak en klits dit dan saam met die botter.
Met roomkaas versiersel…klits jy die roomkaas en vanieljegeursel eers saam met die botter en voeg dan die koue gekookte gedeelte by.

Nota deur Maria Kolesky
Dames ek het onlangs dieselfde resep gebruik om ‘n lemoenkoek te versier en het die melk vervang met heerlike vars lemoensap. Maak net seker dat dit gesif word om die segmente (?) te skei van die sap. Dit was net so lekker. Ek sluit foto in van die gevriesde weergawe daarvan, ongelukkig nie ‘n baie goeie foto nie. Onthou asseblief dat die gevriesde versuiker nie in mikrogolf mag ontdooi word nie.

versiersel op die stoofDie foto van Anthea Natasha Anthony Fredericks

Foto: Lizelle Erasmus
Werk baie goed vir die teddiebeer koek ook

Suryna van der Walt se ma het ‘n rolkoek gemaak en besluit om die versiersel te gebruik. Dit werk fantasties en die smaak is nog beter.
Foto Suryna van der Walt

Foto:  Corrie Venter




HOU FONDANT SAG

tWANE SE FONDANT KOEK

HOU FONDANT SAG

Twané Jansen
Baie dankies!! Dit was baie lekker – my rooi “icing” moes ek kleur – ekt die jel kleursel bygeknie en gerol – maar dit het bietjie hard geword – is daar iets wat mens moet byvoeg dalk??? Die wit wat ek gebruik het, bly lekker sag

Nicolette Fick
Elke kleur het sy eie eienskappe, dit kom maar met ‘experience’ Twané. Jou kar is beautiful! Om te keer dat fondant (pettinice) hard word, smeer jou hande met Holsum as jy die kleur deurknie, dit verander nie die samestelling van die suiker nie en hou dit sag. Rooi en swart bly maar die moeilikste kleure om reg te kry. Moenie ophou nie, elke koek lyk beter. Dis maar net oefen.




BUTTERCREAM FROSTING – ORANGE

orange frosting
BUTTERCREAM FROSTING – ORANGE
½ cup (1 stick) butter, room temperature
3 oz (about 1/3 cup) orange marmalade (try to find one with orange bits in it)
1 ½ cup powdered sugar
1 tablespoon heavy cream
½ teaspoon vanilla extract
½ teaspoon orange extract

Beat butter until creamy.
Beat in marmalade.
Beat in powdered sugar.
Add heavy cream and extracts.
Taste and smile.
Source: Yummly




INSTANT POEDING VERSIERING

 

FLR BB with Heart

1 pakkie “Instant Pudding”( jou geur wat jy verkies)
1 koppie koue melk
¼ koppie versiersuiker
1 houertjie Orley whip room(verkoel)
Klits pudding ,melk en versiersuiker in groot mengbak vir 2 minute. Roer verkoelde Orley room by.
Hierdie resep hou vir 24uur in yskas en 2 dae in vrieskas.
BRON- Amelia V. Meyer Fondling