

Hannetjie Snyman
Kan iemand my dalk se hoekom my botterversiersel klontjies maak as ek dit meng, my botter is lekker sag.
Antoinette Rossouw – Wat se botter gebruik jy, een wat jy altyd gebruik?Het jy jou versiersuiker gesif … indien wel, sif dalk te grof, gebruik fyn sif.
Heibre Schronen – Hannetjie het jy jou versiersuiker gesif, daar is ook gewoonlik klein harde stukkies in.
Hannetjie Snyman – Ek sif altyd die versiersuiker, maar sal maak soos Antoinette se en ‘n fyner sif gebruik. Dankie in elk geval.
Rina Kleinhans Hannetjie Snyman jy moet jou botter klits dat die die biesies bewe, dit moet sommer so wit word soos room, dan sit jy jou versiersuiker wat gesif is bietjie vir bietjie by en klits… klits… klits…. dan het jy sulke lekker “smooth” versiersel
Alida Siebert – Hannetjie, sif jou versiersuiker so tweekeer voor jy dit by die botter insit, en dan klits jy tot by Tant Ella en Nathaniel verby
Zuri Roos – Hannetjie, ek het van my oorlede ma geleer dat mens botterversiersel moet klits tot dit begin-begin skif. Dan is dit glad, die suiker is opgelos, en dit proe heerlik. As mens dit nie lank genoeg klits nie, het dit soms so’n effens sanderige tekstuur.
Ilse Beneke – Ek gooi my versiersuiker bietjies by….en klits omtrent 5-8 min op hoog…..baie lekker romerig. Altyd met elektiese klitser
Nicolette Fick – Ek het vir my ‘n boek gekoop : The contemporary Buttercream Bible’ ek het die resep probeer vir hulle buttercream en dit werk ongelooflik: 225g botter, 113g Holsum, 2 teelepels vanilla essence, 600g versiersuiker. Dan sê hulle jy kan die botter klits so lank soos wat jy wil (5 min met ‘n menger) maar die oomblik as jy die groentevet bysit moet jy nooit meer as 20 – 30 sekondes op ‘n slag klits nie (dis nou in ‘n menger). Voeg nou die essence by en dan die versiersuiker en meng goed. Dis ‘n baie ferm botterversiersel en jy kan ‘n druppel of twee water bysit as jy dit sagter wil hê. Dit maak ‘n baie stabiele botterversiersel wat in die koue en hitte goed werk.
Fanie Smit – Ek gebruik supabake white. Werk baie goed.
Hannatjie Vd Berg Pieters
Klits 1 blik yskoue kondensmelk met 250g stork bake wat sak is (nie gesmelt nie) tot styf en spierwit soos room. Gooi 1t vanilla of caramel geursel by. Heerlik!