GIDEON SE VARKIEBROOD


GIDEON SE VARKIEBROOD
4 koppie koekmeel
400 ml lou warm water
2 eetlepels kookolie
10 g kitsgis
½ teelepel sout
1 eetlepel suiker
Meng al die droë bestanddele saam.
Voeg die olie by die water.
Voeg die water by die droë mengsel en knie tot ‘n elastiese deeg.
Laat dit rys op ‘n warm plekkie tot dubbel so groot.
Knie dan af en verdeel in ewe groot dele om in pannetjies te pas.
Bak vir 40 min op 180 ºC in voorverhitte oond.
Die reseppie is heerlik en ek wil se flater vry !
Resep en foto: Gideon Louw
