GIDEON SE GEROOKTE PAP SNOEK


GIDEON SE GEROOKTE PAP SNOEK
Ek weet nie wie van julle al ‘n pap snoek gerook het nie, maar ek het gisteraand en dit is verskriklik lekker.
Ek het vooraf geweet dit is pap, omdat ons vroeër die ander helfte wou bak, maar dit het nie gebeur nie
½ gesoute snoek, in stukke gesny
2 hande vol akkerhoutsaagsels

Maak jou varkie oond warm en gooi die saagsels op die bodem.
Plaas die snoek op foelie op die rak in die warm oond.
Bak vir 15 min en haal uit ons het amper ons vingers afgebyt van lekkerte.
Dit is ook net so lekker as jy dit op brood smeer.
Resep en foto: Gideon Louw




GIDEON SE GEROOKTE VARKNEK


GIDEON SE GEROOKTE VARKNEK
Ek het die ontbeende varknek vir drie dae in ‘n pekel laat lê wat bestaan het uit:
500 g growwe sout
350 g bruinsuiker
1 liter water

Verhit die water, sout en suiker tot die sout opgelos is en laat dit afkoel tot koud.
Plaas dan in ‘n plastiek houer en giet die oplossing oor die vleis sodat dit heeltemal bedek is met die oplossing.
Laat dit staan vir 3 dae in die koelkas en draai dit elke dag om.
Ek dit toe uitgehaal en afgedroog met handoekpapier.
Ek’t dit op gespuite foelie in my varkie oond geplaas wat vooraf verhit is met ‘n dubbelhand vol akkerhout saagsels en gerook vir 1½ uur en dit was heeerlik.
Ons het dit saam met varsgebakte potbrood geëet.
Lekker vleis op my brood.
Resep en foto: Gideon Louw




GIDEON SE GEROOKTE SNOEK

GIDEON SE GEROOKTE SNOEK
Ek kannie glo dat ek nie my gerookte snoek in die varkieoond se resep nie oppie blog kan kry nie seker maar blont. 😁😁😁😁😁
Nietemin hier tik ek dit maar weer mettie een vinghger.
Een gesout weskus snoek in stukke opgesny en op die foelie op die rak van my oinkie uitgepak.
Verhit die oondjie vooraf en plaas die rak met snoek in die verhitte oond, dit is omtrent 180ºC tot 190°C. Ek voel dit sommer met my hand, want ek ken my oond nou al te goed.
Gooi ‘n handvol akkerhoutsaagsels op die bodem van die verhitte oond en maak dit toe en rook dit vir 15 min.
As dit dan daar uitkom, mooet daai oond lekker wees of ek eet hom op sommer so saam mettie snoek so lekker is daai snoek.
Lekker sappig en ooooh moreoggend issit nog lekkerter!
Ons het dit saam met ‘n aartappel en patat en uie gereg geëet wat oppie blog is wat saam met parmasaan kaas gemaak word.
Hmmmmmmmmm djeeeerlik!
Resep en foto: Gideon Louw




GIDEON SE MAALVLEISROL

GIDEON SE MAALVLEISROL
Vroulief het vir aandete hierdie maalvleisrol gemaak en was heeerlik
Deeg:
275 g koekmeel, ongesif (2 koppies)
10 ml bakpoeier
5 ml suiker
2 ml sout
50 g gerasperde kaas
125 ml sonneblomolie
125 ml melk

Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam.
Voeg die kaas by en meng.Klits die melk en olie saam en voeg by en meng goed tot ‘n sagte deeg.
Rol die deeg op ‘n meelbasis uit in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.
Plaas die maalvleismengsel (hier onder) op die deeg en rol dit toe en druk die punte goed toe.
Plaas in ‘n oondvaste bak wat gespuit is met spray en cook.
Smeer die bolaag met geklitste eier en sny klein snytjies al op die rugkant.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 40 min tot goudbruin.

Maalvleis:
1 kg maalvleis, selfgemaakte
1 groot ui, fyn gekerf
½ koppie tamatiesous
¼ koppie balsamiese asyn
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel knoffelflokkies
1 eetlepel suiker
sout en peper na smaak

Smoor die uie en maalvleis saam en voeg die ander bestanddele by, meng goed deur en volg die metode soos bo om die rol te maak
Foto en Resep: Gideon Louw
Foto 2:  Al verskil tussen die resep wat ek plaas en wat ek vanaand gedoen het is dat ek dit in my varkie oond en in klein pannetjies gaargemaak het ipv in die elektriese oond – Gideon Louw




GIDEON SE GRANADILLAPOEDING

GIDEON SE GRANADILLAPOEDING
Ons het vanaand djeeeeerlik gekuier, Slaai en slaaaai en poering
en die poering wil ek met julle deel want dit was djeeeerlik.
125 ml suiker
60 ml botter
2 eiers, geskei
75 ml koekmeel
300 ml melk
4 uitgedrukte, vars granadillas se moes

Voorverhit jou varkieoond tot 180°C (ek voel met my hand)
Klop die botter en suiker saam tot goed gemeng.
Voeg die eiergele by en meng goed.
Klop meel, melk en granadilla moes by.
Klits eierwitte tot styf en vou liggies in die mengsel in.
Giet in klein pannetjies wat vooraf gespuit is en bak in jou varkie oond vir 30 min.
Bedien saam met suurlemoen gegeurde roomys.
Dit was djjjeeèrlik
Foto: Gideon Louw




GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND

GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie koekmeel
Knippie sout
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 ½ eetlepel asyn
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda

Klits die eier en suiker tot dit lig en romerig is.
Voeg al die ander bestanddele behalwe die koeksoda en melk by en meng goed.
Los die koeksoda in die melk op en voeg by die ander bestanddele.
Giet die mengsel in foelie pannetjies en bak in die varkie oond vir 35 min.

Sous :
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 koppie melk
4 eetlepel botter
1 teelepel vanilla geursel

Verhit alles saam tot kookpunt en giet oor die warm poeding.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




LIEZEL SE PORK BELLY


LIEZEL SE PORK BELLY
In ‘n oondpan, bedek bodem met 100 ml Jack Daniels.
Plaas een steranys in.
Sit 800 g varkpensie in en geur met sout en peper.
Bedek met tinfoelie en sit in die oond by 160 ºC en “let it marry” vir 3 ure.
Haal uit die oond en koel af vir ‘n uur.
Sny varkpensie in blokkies en rooster vir 20 minute.
Maak ‘n sous van
100 ml Jack Daniels
4 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels soya sous
2 eetlepels heuning
Laat dit prut op hitte todat ‘n effense dik sous geborrel het.
Drip sousie bo op varkie en rooster weer vir 10 minute.
Bedien met iets lekker.
Resep en foto: Liezel Van der Merwe
2 de foto: Frances Smith




MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES

marli se knoffel en kruie botterbroodjiestested

MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES
125 g botter/margarien
550 ml bruismeel
15 ml suiker
7 ml sout
250 ml melk
½ teelepel knoffel
½ teelepel Italian Herbs (spice)
½ teelepel parsley (spice)
Al die speserye en die knoffel kan volgens smaak gebruik word.

Voorverhit die oond op 180°C.
Smelt die botter en knoffel saam.
Ek het ook sommer die pan met bietjie spray ‘n cook beet gekry, net om seker te maak niks sit vas nie.
Sif al die droë bestanddele saam in mengbak.
Gooi die melk by en roer saam tot dit ‘n stywe deeg wil vorm.
Knie liggies alles mooi saam.
Maak klein bolletjies rol dit in die botter knoffel mengsel, pak dit teen mekaar in pannetjie.
Gooi wat oor is van die botter knoffel mengsel oor die bolletjies.
Bak vir 20-30 min of net to mooi bruin.
Bron en foto: Marli Potgieter
2de Foto:  Gideon Louw – Ek het die resep gebruik en dit net in my klein pannetjies gebak in my varkieoond.
Gideon Louw – op die vuur in ‘n swart pot.

Gideon Louw
Ons het netnou die heerlike potbrood aanmekaar geslaan en dit saam met daai lekker vye konfyt wat ek gister gekook het en botter geniet . Ek het die resep gebruik maar netnie bolle gemaak nie maar met my vinger duike innie deeg gedruk en die gesmelte botter en knoffel in die holtes gegiet
Dit was djeeeerlik




GIDEON SE FRIKKADELBRAAI

12729074_991880964183061_1897524352012855728_ntested
GIDEON SE FRIKKADELBRAAI
Fikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn gekap
½ pakkie bruin uiesoppoeier
¼ koppie soetrissiesous
½ teelepel sout
1 teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie broodkrummels
3 eetlepel balsamiese asyn
2 eiers
Vulsels:
‘n paar heel amandels
‘n paar ontpitte dadels
‘n paar onpitte vars pruimedante (kleintjies)
‘n paar vars persvye
‘n stukkie bloukaas
‘n paar papierkoppies (10)
Meng die bestanddele vir die frikkadelle saam in ‘n mengbak en maak balle wat in die papierkoppies kan pas.
Plaas ‘n frikkadel in elke papierkoppie en druk met jou vinger ‘n holte in die middel.
Plaas ‘n amandelpit in ‘n dadel en druk die dadel in die holte in die frikkadel (ek het 3 van dit gemaak).
Doen nou ook so met nog 3 frikkadelle, maar plaas in die holte van die frikkadel ‘n klein swartvy wat middeldeur gesny is met die skilkant na onder en druk ‘n stukkie bloukaas bo-op die vy.
Doen nou weer so met die volgende 3, maar plaas in die holte van die frikkadel die oopgesnyde pruimedant met ook ‘n stukkie bloukaas in die middel.
Plaas die papierkoppies met die gevulde frikkadelle op ‘n plaat.
Ek het die frikkadelle in my varkieoond gebak vir ongeveer 45 min.
Saam met dit het ek ook stukkies “sparerib” gebraai, die ete was heerlik!!
Bron: Gideon Louw




MIELIETERT ALA GIDEON

12647542_983819001655924_814740350217938431_ngideon se mielieterttested

MIELIETERT ALA GIDEON
2 blikkies suikermielies (sweet corn)
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek blokkies
60 ml koekmeel

Ek het eers die spek liggies gaargemaak en toe alle bestanddele in ‘n mengbak gemeng.
Toe met ‘n koppie in die klein pannetjies gegiet en vir ongeveer 40 min in my varkie oond gebak.
Die temperatuur voel ek met my hand, as dit reg is sit ek hulle in. Die resep sê 40 min op 180 ºC.
Dit pla my nie ek werk op gevoel als was sooooo lekker !
Resep en foto Gideon Louw