WORTELBESKUIT


WORTELBESKUIT
Resep: Elmarie de Bruyn
Foto:  Marlene Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kaneel
sout
1 koppie bruinsuiker
3 eiers
1 koppie sonneblomolie
1 teelepel vanilla geursel
3 koppies gerasperde wortels
½ koppie fyn klapper
½ koppie gerasperde appel
½ koppie gemaalde neute – pekan of amandel
Verhit oond 180°C en spuit die pan.
In groot mengbak, sif die meel, bakpoeier, sout, koeksoda en kaneel saam.
Meng die suiker, olie, eiers en vanilla in ‘n maatbeker en voeg by die meelmengsel.  Meng goed.
Voeg die wortel, klapper, appel en neute by.
Meng goed dat alles mooi versprei.
Skep in voorbereide pan.
Bak beskuit so 40 tot 50 min.
Laat effens afkoel en sny in vingers.
Droog uit soos gewoontlik.

NOTA:  Marlene Potgieter – Ek het bruismeel gebruik ipv koekmeel en bakpoeier, 1 teelepel gemengde speserye bygevoeg en ipv neute, het ek 1 koppie grondboontjie- en rosynemengsel bygevoeg. Die beskuit is heerlik. ‘n Baksel lewer ongeveer 1.2 kg beskuit.




ROASTED CARROT HOTDOGS WITH BASIL SAUCE AND RED CABBAGE SALSA


ROASTED CARROT HOTDOGS WITH BASIL SAUCE AND RED CABBAGE SALSA
FOR THE HOT DOGS :
60 ml olive oil
30 ml soya sauce
15 ml maple syrup
2.5 ml smoked paprika
650 g carrots
6 hotdog rolls
FOR THE SAUCE:
300 g tofu
10 basil leaves
15 ml nutritional yeast
15 ml chives
salt and pepper
FOR THE SALSA:
1 small red onion, finely chopped
1 avocado, diced
250 ml red cabbage, shredded
125 ml cucumbers, sliced
5 ml lemon juice
salt and pepper
handful basil leaves, to garnish

For the hotdogs, combine the olive oil, soya sauce, maple syrup and paprika in a large Ziploc bag.
Trim and peel the carrots. Add it to the Ziploc bag and leave it to marinate in the fridge for at least 30 minutes or overnight.
Pre heat the oven to 220°C. Line a baking tray with baking paper, arrange the carrots on top and cover with foil.
Roast for 30 minutes, remove the foil and roast for 15 minutes until tender.
For the sauce, combine all of the ingredients and puree with a hand blender until smooth. Season it to taste and refrigerate until needed.
For the salsa, stir all of the ingredients together and season it to taste.
To serve, spread some of the sauce in each of the hotdog rolls. Add a carrot and serve it topped with some salsa. Garnish with basil leaves.
TIP: Add some smoked paprika, found at some supermarkets, to the marinade to add an extra bit of smokiness to the carrots.
Recipe: Gordon Hodge




INGELEGDE WORTEL MET PYNAPPEL EN APPEL


INGELEGDE WORTEL MET PYNAPPEL EN APPEL
4 pakke wortels, fyngekerf
4 groot uie, fyngekerf
8 appels, gerasper

Kook die bestanddele in ‘n kastrol op die stoof met bietjie water tot sag.
Plaas eenkant tot benodig.

Sous:
4 koppies asyn
4 koppies suiker
3 teelepels sout
3 teelepels gemmer
1 teelepel borrie
2 teelepels droë pietersielie
2 teelepels gedroogte rissievlokkies1 teelepel fyn knoffel
½ koppie appelkooskonfyt
1 koppie verpulpte gaar pynappel, ek het kerrie pynappel gebruik

Verhit die bestanddele stadig in ‘n pot tot die suiker opgelos is.
Kook vinnig en verdik die sous met Maizena.
Voeg die gaar wortelmengsel by die sous en kook deur. Roer goed.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels en verseël.
Resep: Babs van der Westhuizen




EENVOUDIGE WORTELLEKKERS

EENVOUDIGE WORTELLEKKERS
1 kg geel wortels
suiker
lemoen- of suurlemoensap
water

Skil en rasper die wortels, voeg ‘n bietjie lemoen-of suurlemoensap en water by en kook dit tot ‘n pulp.
Meet die pulp af en voeg 100 g witsuiker by elke 250 ml pulp.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt. (roer tot die suiker opgelos het)
Kook dit verder tot dit van die wand van die kastrol loskom (roer gereeld).
Sprei die mengsel in ‘n gesmeerde vlak pan oop en laat afkoel.
Sny dit in blokkies wanneer koud en rol dit in witsuiker.
Variasie – Vervang die helfte van die wortels met appels, pere, kwepers of appelkose.
Sny die klokhuise uit of ontpit die vrugte en rasper of maal dit.
Resep: Marius de Beer




TANNIE SARIE SE WORTELPOEDING

TANNIE SARIE SE WORTELPOEDING
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
1 eier
1 koppie gerasperde wortels
1 lemoen se sap
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
sout
1 koppie klapper

Room die suiker en botter, voeg die eier by en roer deur.
Roer die wortels en lemoen se sap by.
Sif die droë bestanddele by die eiermengsel en meng deur.

Kook intussen ‘n stroop van:
2 koppies water
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
1 teelepel lemoengeursel

Giet die kokende stroop in ‘n oondbak en skep die beslag op die stroop in die bak.
Bak die poeding in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir ongeveer 30 min.
Nota – Vir ‘n swart oondpan verdubbel die resep.
Resep geplaas: Ansie Vermeulen Steyn




GESTOLDE WORTELSLAAI MET TAMATIE

tested
GESTOLDE WORTELSLAAI MET TAMATIE
Versier kouevleis met die volgende slaai:
1 koppie gerasperde wortel
1 tamatie, klein stukkies gesny
½ koppie ingelegde pynappel blokkies, klein gesny
1 pakkie lemoenjellie

Los die lemoenjellie in ¼ koppie gekookte lemoensap (lemoensap verdun met water) op.
Voeg die ander bestanddele by en giet dit uit in ʼn plat bord of pan om dit te laat stol.
Sny in blokkies en sit tussen die koue vleis.
Resep geplaas deur Peter Harry




BRAKKIEKOEK MET WORTELS

brakkie

BRAKKIEKOEK MET WORTELS
Lewer 1 koek of 4 groot muffins
250 g maer maalvleis
1 gerasperde wortel
75 g hawermout
75 g meel
30 g botter
3 groot eiers
250 ml ongegeurde jogurt
stukkies ham, spek of worsies as versiering

Stoom die vleis in klein bietjie water in ‘n pan tot gaar.
Voeg die wortel by en kook nog ‘n rukkie.
Meng die hawermout en meel in ‘n groot mengbak en vryf die botter daarin.
Voeg die eiers by om ‘n taaierige pasta te vorm.
Skep de vleismengsel by die meelmengsel en meng alles saam.
Druk die mengsel in ‘n gesmeerde koekpan of 4 holtes van ‘n groot muffinpan.
Bak vir 30 min. Laat afkoel en versier met die jogurt en stukkies ham, spek en worsies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




WORTELKONSERF

WORTELKONSERF
750 g geskilde geelwortels, grof gerasper
1 liter geskilde pynappel, grof gerasper
paar knoetse gedroogde gemmerwortel
paar stokkies pypkaneel
1 liter water
800 g witsuiker

Bedek die wortels en pynappel in aparte bakke met soutwater en laat dit oornag week.
Dreineer die wortels die volgende dag, spoel de soutwater af met skoonwater en stoom dit in baie min water in ‘n kastrol op die stoof tot sag. Dreineer die wortels weer. Dreineer die pynappel goed en spoel die soutwater af met skoon water. Kneus die gemmer en bind dit lossies saam met die pypkaneel in ‘n stukkie moeselien of kaasdoek toe.
Verhit die wortels, pynappel, speseryesakkie, water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die konserf totdat dit helder en deurskynend is, roer dit af en toe. Verwyder die speserysakkie en gooi dit weg. Skuim die konserf af, indien nodig. Bottel dit warm in gesteriliseerde flesse en verseël dit dadelik.
Nota – Ek het die resep probeer. Dit bietjie aangepas, halveer, ½ teelepel gemengde speserye en ½ teelepel fyn kaneel bygevoeg. Ek het ook die suiker met 100 g op die halwe resep verminder. Dit is volgens persoonlike smaak, indien jy van ‘n soeter weergawe hou, gebruik die aangegewe hoeveelheid suiker. Ek het ook die konserf aan die einde van die kookproses met ‘n staafmenger fyn gemaak tot ‘n pulp, omdat ek dit vir nog resepte wil gebruik waar pulp benodig word.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter




LEMOEN EN WORTEL BLATJANG


LEMOEN EN WORTEL BLATJANG
4 groot lemoene, geskil en opgesny
900 g wortels, gekrap en gesny
15 ml suurlemoensap
225 g (280 ml) suiker
15 ml sout
2 ml fyn naeltjies
2 ml mosterdpoeier
25 ml fyn gemmer
5 ml rooi peper
900 ml wit asyn

Meng al die bestanddele in ‘n kastrol.
Verhit stadig om die suiker op te los.
Prut ongeveer 1 ½ uur of tot dikker.
Skep die blatjang in voorbereide bottels en verseël dadelik.
Maak ongeveer 2 bottels.
Resep: Sandra Visagie




WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE

WORTELSLAAI MET VRUGTEKELKIE
‘n Resep met ‘n vreemde kombinasie van bestanddele, maar heerlik. Dit is tannie Sarie van Kareedouw se resep.
Slaai:
1 blik vrugtekelkie (410 g)
1 koppie gerasperde kaas
2 koppies gerasperde wortels (of meer)
1 soetrissie, klein blokkies gesny
uieringe of groen uitjies
handvol rosyntjies
handvol grondbone
appelblokkies
Mosterdsous:
6 eiers
1 koppie suiker
1 koppie asyn
2 groot eetlepels mosterdpoeier
3 eetlepels botter
sout
Meng die slaai bestanddele liggies saam.
Maak die mosterdpoeier met bietjie asyn aan. Klits die eiers hierby.
Voeg al die bestanddele vir die sous bymekaar in ‘n potjie.
Kook vir ‘n rukkie, terwyl gedurig geroer word. Die sous maak 750 ml.
Meng die sous met die slaai soveel volgens smaak.
Nota – Nie al die sous word vir die slaai gebruik nie. Die sous is handig om in die yskas te hê vir bv. worsrolletjies, toebroodjies, ens. Jy kan die sousresep halveer.
Nota Marlene – Ek het  die resep so bietjie aangepas om dit meEr aantreklik te maak en nie die mosterdsous met die slaai gemeng nie, dit lyk mooier wanneer jy die slaai met die sous apart voorsit of net liggies bo-oor giet. Ek het ook die vrugtekelkie se sous dreineer voor dit bygevoeg is by die slaai, dit raak te souserig, jy kan altyd die kelkie se sous met die mosterdsous meng om dit bietjie meer vloeibaar te maak. Ek het ook rooiui gebruik ipv gewone ui, die kaas in blokkies gesny ipv rasper en die wortels grof gerasper.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter