GIDEON SE GEGEURDE “FETA” KAAS


GIDEON SE GEGEURDE “FETA” KAAS
Ek’t ‘n bietjie ekstra vars plaasmelk gekry en ‘n bietjie feta kaas gemaak en nogals lekker ook.
Ek’t van dit met stukkies olywe gegeur en van dit ook met “Italian herbs”.
Van dit het ook chillie flakes en swartpeper in . Ek’t 5 liter volroommelk gebruik.

Vir elke twee liter melk gebruik ses eetlepels witasyn.
Bring die melk stadig tot net voor kookpunt (85°C ).
Net tot dit begin simmer en roer stadig . Verlaag dan die hitte.
Voeg dan die asyn bietjie vir bietjie by en roer aaneen tot die water begin afskei.
Haal van die stoof af.
Laat dan afkoel vir 15 min.
Gooi dan deur ‘n moeselien doek en druk die water goed uit.
Voeg sout en geurmiddels by en sit in gietvormpies en druk styf vas.
Ek’t ‘n klein bietjie olyfolie oor elke blokkie gesprinkel.
Mens kan dit in sout water in bottels pak nadat jy dit in blokkies gesny het of in die wei wat uitgeskei het bere, maar hou in die yskas.
Foto:  Gideon Louw




THERESA SE GOUE STROOP

THERESA SE GOUE STROOP
Ek koop nooit gouestroop maak my eie.
6 koppies suiker
2 koppies water
1 teelepel sout
1 teelepel kremetart in kastrol

Smelt oor lae hitte en kook redelik vinnig tot goue kleur.
Haal af van hitte en roer 1 kop koue water bietjie vir bietjie by.
Oppas vir stoom en borrels.
Gebruik lang houtlepel.
Bottel.
Maak 3 1/2 heuning flessies
Resep: Theresa de Vries




HOMEMADE TAGLIATELLE

HOMEMADE TAGLIATELLE
(Italian Pasta)
For 6 persons
6 extra large eggs
600 g flour
(For green Tagliatelle add 50 g of boiled spinach )

Pour flour onto board and add eggs (if you want green ones, add spinach now. It must be well squeezed with no water) Mix all ingredients with a fork until you form a ball then knead well until the pasta comes together like “bread” balls. Roll out flat thinly, let it partially dry but not too dry. Then roll into a tube and cut strips. If you have a pasta machine you can roll into strips. Boil into hot boiling water with 30 g salt in large pot for 5 min then drain and serve with your sauce of choice.
Recipe posted by Sabrina Merli
Photo: Sabrina Merli




TUISGEMAAKTE GEROOKTE BACON(SPEK)

TUISGEMAAKTE GEROOKTE BACON(SPEK)
Ek vryf die “pork belly” in met 70 g sout en 70 g bruin suiker (per kilogram vleis) en plaas die vleis in ‘n ziplock sakkie. Ek voeg ook Esdoringstroop (Maple) by maar dis opsioneel.
Plaas die vleis in die yskas vir ‘n week, draai dit elke dag om.
Die sout trek al die vog uit en die vleis is redelik hard na die week.
Was die sout goed af voor jy dit rook.
Ek hang die vleis vir nog ‘n dag in die yskas om ‘n lagie buite-om te maak. (rook kleef dan beter vas).
Plaas die saagsels (so 2 hande vol) in water die aand voor jy begin rook.
Plaas 30 webber kole in die Webber aan een kant met die houtsaagsels bo-op.
Steek so 5 of 6 kole aan en as dit mooi aan die gang is, plaas jy die kole bo-op die saagsels.
Plaas die varkie ver van die kole af en kontroleer die hitte om nie meer as 130ºC te word nie, beste temperatuur is 110ºC.
Hang af hoe groot die varkie is, maar hy rook so 2 tot 3 ure, nie langer nie, anders raak die vleis te droog.
Dis regtig baie lekker. Sny die vleis in lekker dun skywe en voila, jy het heerlike “bacon”.
Resep en foto: Chris van Rensburg
Notas:
Silvia Van Eck – Chris los jy die velletjie (rind) aan of haal jy dit af?
Chris van Rensburg – Ek verwyder dit. Jy kan dit ook los. Dit kan gebruik word in sop of ander kosse om die rooksmaak te kry.
Rina Kleinhans – Chris, baie dankie vir jou foto en resep, net een vraag, nadat dit klaar gerook is, kan mens dit dadelik opsny en verpak soos “bacon”, en hoe maak jy dit gaar, asb help my net dat ek dit vir die beginners by die resep kan plaas.
Chris van Rensburg – Hi Rina, plesier. Die vleis word gaar terwyl dit rook. Wanneer dit afgekoel het,  kan jy dit sny en verpak. Verkieslik met ‘n broodsnyer of iets soortsgelyks. Lekker as dit dun gesny is.




VEELDOELIGE CHAKALAKA


VEELDOELIGE CHAKALAKA
Ek het vir more n Chakalaka gemaak… Jy kan dit saam enige iets eet, dis veral lekker saam braaivleis of op n worsbroodjie, of netso😉😉
Dis n baie maklike resep…
3 stywe tamaties, in klein stukkies opgesny
1 tot 2 uie, fyn gekap
400gr mango archar, mild of hot, hang af hoe baie jy van brand hou😜
2 blikkies baked beans
N halwe engelse komkommer in blokkies gesny en pitte verwyder (jy kan die komkommer vervang met 1 greenpepper as jy nie van komkommer hou nie)
1 tot 2 teelepels Robertsons peri peri spice (weereens kan jy dit uitlos of baie min ingooi as jy nie van brand hou nie)
Meng alles saam in n bak en laat staan oornag sodat al die geure deurtrek. So maklik soos dit😆Foto en resep:  Reon Conradie




HOMEMADE NUTELLA

HOMEMADE NUTELLA
2 cups hazelnuts
⅓ cup sugar (or to taste)
¼ cup cocoa powder
1 tablespoon coconut oil
1 teaspoon vanilla
⅛ teaspoon salt
Heat the oven to 375° F or 190ºC. Spread the hazelnuts on a baking sheet and roast for 12 to 15 minutes, until they are fragrant.
Carefully put the hot hazelnuts in a mason jar with the lid on and shake. The papery skins will fall right off. Remove the skinless nuts and put them in a food processor or a high powered blender, re-shake the jar until the rest of the skins come off as well.
Grind the hazelnuts for about 5 minutes until it turns into creamy hazelnut butter.
Add the sugar, cacao powder, coconut oil, vanilla, and salt. Blend for another minute until all the ingredients are combined and the mixture is smooth.
Transfer to a mason jar. This recipe makes 2 cups. Store in the refrigerator for several weeks.
Recipe posted by Estelle Kok Swart




HOMEMADE MARZIPAN

HOMEMADE MARZIPAN
2 1/2 cups ground almonds
5 cups icing sugar
1 egg white, lightly beaten
3 tablespoons honey
A little water
Combine the ground almonds and icing sugar in a bowl. Mix together the beaten egg white and honey and pour it over the nut/icing mixture and rub it into a breadcrumb consistency. Slowly add small amounts of water at a time until comes together into a ball. Cover in cling film and leave it in the fridge.
Recipe posted by Angela Woods Schubach
Photo: Angela Woods Schubach




TUISGEMAAKTE EIER PASTA

TUISGEMAAKTE EIER PASTA
1 eier.
5 ml olie.
100 g koekmeel
Knippie sout
Maak ‘n bondeltjie met die meel en sout, maak gaatjie in die middel en gooi eier en olie in die middel.
Meng met vingers tot degie en knie lekker tot ‘n elastiese deeg
Klaar gemeng maak n balletjie, sit omgedopte glasbak op, los vir ‘n uur.
Rol redelik dun uit.  Los vir 5 minute om te rus. Sny met pizza mes in repies. Of rol op en sny met mes. Dompel in kokende water met sout en olie tot gaar.
Bedien met vleisie en sous van jou keuse.
Foto: Esti Jordaan




SUIKERVRYE KONDENSMELK

SUIKERVRYE KONDENSMELK
Ek het nou net die heerlikste suikervrye kondensmelk gemaak.
2 koppies room
1/3 koppie xylitol
2 groot eetlepels regte egte botter
Bring al die bestanddele tot kookpunt. Verlaag hitte, kook tot dit omtrent die helfte verminder het.
Dik, ryk en hemels lekker. Moet nie te veel roer nie, dis nie nodig nie. As jy karamel wil hê, kook nog langer… geniet!
Foto en resep geplaas deur Marina Hiscock




HOMEMADE TOMATO POWDER


HOMEMADE TOMATO POWDER
Ek het nog altyd gesukkel om my gedroogde tamaties fyn te maal. Lyk my hier is die antwoord – vries dit voor jy dit maal.
Homemade Tomato Powder Make your own tomato powder from your sun dried tomatoes!
Ingredients : 2 cups dried tomatoes
Instructions : Place dried tomatoes in the freezer until frozen. Once frozen, transfer them to the blender immediately. (When they are frozen, they will be brittle and will grind up well.)
Grind the tomatoes in the blender. Store in a glass container with a tight-fitting lid.
How to use
Here are some ideas for enjoying your tomato powder: In simple soup. Add it to a more complex soup that is crying out for more tomato flavor. In enchilada sauce. Sprinkled over ground beef as it is cooking or in hamburger patties as they are being formed. In salad dressings Sprinkled over fresh vegetable juice. In vegetable dips. An addition to pasta sauces of all sorts, including spaghetti sauce for a more intense tomato flavor. A sprinkle into scrambles eggs before cooking. A sprinkle over cottage cheese with cucumber and green onion, sea salt and sumac….

Posted by Petro Borchard