SELFGEMAAKTE GOUE STROOP


SELFGEMAAKTE GOUE STROOP
6 x 250 ml suiker
750 ml koue water
15 ml kremetart

Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in ‘n kastrol.
Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot die stroop ligbruin van kleur is, sowat 15 – 20 minute.

Bron:  Shani Reader




BOERSEEP

2015-12-06-boerseep

BOERSEEP

1,75 kg harde beesvet (uitgebraaide vet)
250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (of olie van keuse )

Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneer jy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik.

NEEM ASB KENNIS:  DIT IS BAIE GEVAARLIK OM MET SEEPSODA TE WERK, DRA BESKERMENDE KLERE EN MAAK SEKER DAT JY VERSIGTIG WERK.

Foto: Carrie Segar Malan
1ste foto:  Johan Röntgen –  Ek het dit gister probeer uit nuuskierigheid , Sandlewood olie vir reuk en bietjie koek kleursel vir die kleur bygesit

 




PLAAS JOGURT

PLAAS JOGHURT
My ma maak dit altyd op die plaas en vandag het ek dit gemaak dit is so lekker smooth.
Bring 4 liter melk tot net net onder kookpunt (moet nie kook nie).
Laat vinnig afkoel deur dit in ‘n wasbak met yskoue water in te sit!.
Laat afkoel tot sterkwarm (jy moet jou vinnger daar in kan hou).
Roer nou 1 liter plain jogurt in.
Maak pot toe en laat staan 5 ure in son.
Haal uit son en sit in yskas! Moenie roer of niks nie,
Los tot volgende oggend! Geur nou met sweeto. (Ek die oranje geur gebruik) Roer lekker en geniet.

Wenk:  Mens kan ook die jogurt versoet met ‘n pakkie jelliepoeier, neem bietjie jogurt meng die jelliepoeier deur en meng dit dan weer deur die groot hoeveelheid jogurt

Bron: Hettie Nieuwenhuis