How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk

kondensmelk

How to Convert Evaporated Milk into Condensed Milk

Have you ever started a recipe then realized you don’t have one of the ingredients? I wanted to make Magic Cookie Bars today, but realized I only had evaporated milk and not condensed milk. Instead of running to the store to buy condensed milk, which by the way is at least twice the price as evaporated milk, I decided to search for a substitute. Here is the recipe I found and it worked out great!

To make condensed milk, use the following ratio:

for every 1 cup of evaporated milk add 1 1/4 cup of sugar.

In a sauce pan, heat the milk and sugar on low temperature until the sugar has dissolved completely stirring frequently.

Once all the sugar is dissolved, remove the mixture from the heat and allow it to cool completely.

Source:  A J Langley




YOGHURT IN THE SLOW COOKER

2014-05-14-yog

YOGHURT IN THE SLOW COOKER
600 ml Milk
30 ml Plain yoghurt
Sterilise the cooker bowl.
Pour 600 ml milk into the cooker and wisk in 30 ml plain yoghurt.
Cover cooker with a tea towel and then with the lid.
Set on low for 1 hour.
Switch the cooker off and allow to stand for 2 hours without stirring, until set.
Transfer to a clean container and refrigerate until required.
Note:  You can add any flavour or fresh fruit if you want to before you refrigerate

Posted by Suneth Van Rensburg




TUISGEMAAKTE MAASKAAS

maaskaastested

TUISGEMAAKTE MAASKAAS

Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material). Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag.
Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil – fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop – heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie. Hoop dit kan vir iemand help!
Bron: Health24 – Yvonne

Martie Fourie Moolman:
Dit hang af hoeveel melk ek het, gewoonlik so 1 L. Maak dit net so lou in ‘n pot op die stoof (nie te warm nie) Gooi dan ‘n klein houertjie gewone yogurt by, Dit moet op die houertjie se ‘live cultures’ anders gaan dit nie werk nie, Voeg dan bietjie suurlemoensap en knippie sout by. Roer. Haal af van stoof. Besek met kleefplastiek en maak. toe met kombersie of ou handoek. Laat oornag staan. Dreineer volgende dag deur sif wat met gaas uitgevoer is. Laat dit maar rustig afdrup. Gooi elke keer die wei weg. Sodra jy sien dit kom als bymekaar draai die gaas in ‘n bondeltjie en druk kort kort die wei uit tot jy sien dit is solied. Nou kan jy dit maar geur met grasuie, fyn biltong of waarvoor jy lus het.Geniet!

Maritha Blaauw
Dis nou bietjie koud om dit vinnig te maak. Ek het 2 L melk in mikro gekook en hele suurlemoen se sap uitgedruk daarin en toegemaak in n bak met deksel. Swart asdromsak oor gesit en toegedraai in n kombers. Ooornag laat staan en vanoggend deur n sif gegooi. Sout, peper en grasuie fyn gekap en goed deur gemeng. Dit was bietjie droog en toe room by gegooi om dit smeerbaar te maak, My manlief is nogal baie verras toe ek dit vir hom wys en laat proe.

Foto 1:  Maritha Blaauw

Karin Pitout
Maaskaas van volroommelk gemaak. Die melk is net laat staan vir paar dae op rak om goed dik te word. Deur kaasdoek gegooi en uitgedruk om al die wei uit te kry en toegemaak en oor vergitis gesit met swaar pot op. Moes maar nog paar dae in yskas staan tot ons tyd gekry het om te bewerk. Nou net bietjie kruie en sout en peper en ander sonder speserye word tert.

Foto 2 Carin Pitout




TUISGEMAAKTE NUTELLA

2014-04-24-tuisgemaaktenutella

TUISGEMAAKTE NUTELLA
200g amandels (jy kan enige neute gebruik wat jy wil)
1 eetlepel vanieljegeursel
100g kakao poeier
100 ml afgeroomde melk (jy kan bietjie meer melk gebruik as jy dit ‘n meer loperiger beslag wil he
8 ontpitte dadels
50 ml water

1) Sit die dadels en water in ‘n voedsel verwerker en meng tot ‘n pasta/stroop.
Gooi in bak.
2) Plaas die amandels in die voedselverwerker en verwerk soos jy sou amandel botter maak vir 10-15 minute tot glad.(meng in menger vir so 10 min, skaap kante af, meng vir nog 5 minute tot dit lyk soos botter)
3) Voeg die vanielje, kakao poeier, melk en dadelmengsel by en meng vir verdere 5 minute tot glad.
Bewaar in yskas vir ongeveer ‘n maand.

 




SELFGEMAAKTE PASTA

2014-04-22-selfgemaaktepastatested

SELFGEMAAKTE PASTA
My resep is bietjie anders as Lynette s’n, ek gebruik net 100 g meel vir elke eier. As die deeg te nat is, voeg bietjie meel by, of te droog, teelepels op ‘n slag geklitste eier (of een geel). Ek sien nou die dag iemand maak pasta van net meel en water. Wil dit nog probeer. Ek stem saam met Lynette dat dit baie meer vullend is as gedroogde pasta. 300 g se meel maak meer as 500 g droë pasta (of so voel dit).

En ek kroek, ek knie my deeg met my Thermomix lol

BRON- Kiti De Jager

 

 




HOMEMADE CREAMY RICOTTA

homemade ricottatested
HOMEMADE CREAMY RICOTTA
1.5 litres of whole milk

200 mls of cream
1 teaspoon salt ( if required)
50 ml of white vinegar

Heat the milk and cream in a saucepan to 90 ºC ( I use a candy thermometer).
Take the milk off the heat
When the milk reaches 90 ºC and the salt and stir gentle
Then add the vinegar to the milk stir through gently and leave to stand for about 5 minutes.
You will see the curds separating from the whey.
Scoop the curds into a muslin lined colander and allow to drain for a few minutes.
If you want a drier ricotta drain for a little longer.
Makes about 350 grms of Ricotta
This is a family recipe – Enrica Cugno Swanepoel




BULGAARSE JOGURT – TUISGEMAAK

yogurt
BULGAARSE JOGURT – TUISGEMAAK

Benodig
1 Lt melk
87 ml gekoopte bulgaarse jogurt (plain yoghurt)
Verhit melk in glasbak op water tot presies 82 grade. Koel af tot by 42 grade deur die glasbak in wasbak koue water te hou.
Roer jogurt by melk in en laat vir 9 ure staan teen 42 grade.
Ons doen dit deur oond op 75  grade C te stel en die oonddeur 5 cm oop te los. Meet temparature met kostermometer- akkuraatheid is noodsaaklik. Laat afkoel na nege ure, skep in houer en stoor in yskas.

BRON- Neil Malan




MARIANNE PAMPOEN SE INGEDAMPTE MELK/ IDEAL MILK

ideal milktested
MARIANNE PAMPOEN SE INGEDAMPTE MELK/ IDEAL MILK
Resep en foto: Marianne Pampoen
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie margarien/botter
½ koppie kookwater(ketel)
1 en ½ koppie poeiermelk (NIE CREMORA EN VERROMERS NIE)

Plaas water in kastrol op stoof en kook.
Sodra water kook sny margarien in klein stukkies in die water en roer. Sit plaat op medium en hou aan met roer totdat botter heeltemal gesmelt is in die water.
Meng poeiermelk by en meng deur met handklitser tot heeltemal opgelos.
Kook en roer mengsel totdat dit so dik soos ingedamptemelk is.
Wanneer afgekoel, kan jy dit met elektriese klitser klits tot heeltemal romerig en glad.

 




DROGING VAN GROENTE

2014-03-18-drogingvangroente
DROGING VAN GROENTE

Gebruik slegs jong sagte groente van baie goeie gehalte.
Pluk vroeg in oggende en maak deeglik skoon en bewerk dadelik.
Sny in groot stukke of skywe.
Blansjeer die groente voor droging.
Maak gebruik van die indompeling- of stoommetode.

SWAWELBEHANDELING:
Wanneer die indompelingmetode vir blansjering gebruik word kan die
Natrium-metabisulfiet reeds by die blansjeerwater gevoeg wor in ‘n konsentrasie van 1 tot .25% d.w.s. 3 tot 8g [1/10 tot ¼ ons] natrium-metabisulfiet op 2,5 liter water.

LET WEL: Uie en tamaties is die enigste groente wat glad nie hoef geswawel of geblansjeer word nie.

DROGING:
Dis belangrik dat groente vinnig moet droog. Werk dus liefs op warm dae.
Groente moet baie goed droog sodat geen vog agterbly nie.
Kunsmatige of oonddroging is suksesvolle metodes vir droog van groente.
Gedroogde groente hou ongeveer 6 maande goed, daarna verloor dit geur en smaak.
Vir droging gebruik ‘n houtraam met gaasdraad daaroor gespan.
Plaas dun lagies groente daarop.
Droog in die skaduwee waar daar ‘n trek is, byv. op ‘n stoep of onder ‘n afdak.
Indien enige twyfel bestaan of groente deeglik droog is, sprei die groente in dun lagie op ‘n bakplaat en verhit vir 15 minute in’n oond van 90 grade C. [180 grade F]

BERGING:
Aangesien gedroogde groente geneig is om weer vog te absorber, bêre dit in digte houers, byv. glasflesse, plastieksakke of blikke met digsluitende deksels.
In glasflesse of plastieksakke sal vog teen die kante kondenseer indien die groente nie goed droog is nie.
In so ‘n geval, plaas weer vir 15 minute op bakplaat in die oond op 90 grade C. [180 grade F].

GROENTE WAT SUKSESVOL GEDROOG KAN WORD:
Beet, Blomkool, Ertjies, Groenbone, Kopkool, Pampoen, Groenmielies, Spinasie, Seldery, Patats, Tamaties, Geelwortels, Rabarber en Aartappels

 




SKAAP SALAMI

Salamitested
SKAAP SALAMI
Vleisland se SKAAP salami / Smokies ( GEEN VARK…NET VLEIS) NOT THE CHEAPEST…..BUT THE BEST.
15 Kg vet ontbeende skaap BLAD,
1 pakkie SALAMI-G, van Crown National
Laat die vleis lekker KOUD word, amper vries, maal dit deur n groot siffie (8-10mm) meng die speserye deur, en maal dit deur die boerewors siffie.
Dan stop jy dit in Salami casings, of vark derms..vir smokies… en  laat le hulle oornag in die koelkamer..
laat hang hulle die volgende dag uit, en rook dit dan deur die nag, tot die volgende oggend stadig met koue rook….
na nog ‘n dag of twee….dan eet jy dit…
Bron:  Stefaans Blaauw