SPUTNIKS VAN MASH
Tweede Foto: Jacqueline Holker
Nota: Ek sit geen botter in nie, anders klou dit nie. Ek druk stokkies in, dan sukkel ek nie met in olie sit en uithaal nie (gebruik ook halwe worsies dat die olie dit mooi cover.

3de foto: Kiti Citi
Ek het gister weer bietjie sputniks gemaak. Toe kry ek ‘n heerlike manier van doen. Jy smeer bietjie mash op cling wrap, of sit die wrap somer in ‘n taco staander soos my groene. Sit worsie in, vou toe en druk tot alles mooi toe is. Dan rol jy dit sommer mooi rond ook. Met die metode hoef jy nie te wag tot dit yskoud is nie, dan sit jy net die klaargemaakte worsies in die yskas tot jy dit in die degie druk en bak. Sodoende kan jy sommer vroeg al die worsies berei en later eers bak.

Charmaine Amery Kirsten (foto): Marius het die volgende by die mash gemeng, cumin, mixed spice, mixed herbs, garlic powder en kerrie soos iemand genoem het, maar daar kort nog iets, mash proe amper waterig.








