FATIMA’S PICKLED FISH

kerrievis marlenetested
FATIMA’S PICKLED FISH
10 – 15 pieces of fish (I’m using hake)
6 / 8 large onions, chopped into rings
1 cup of water
1 cup of vinegar
5 bay leaves
some peppercorns
coriander seeds
1/2 cup of sugar
2 teaspoon of salt
2 tablespoons of masala
2 teaspoons of turmeric
some cake flour
You may use pickled fish masala
Season fish with 1 teaspoon of salt and fish masala and some turmeric or Packo masala, dip the seasoned fish in a little cake flour and then fry in shallow oil for about two minutes on each side, depending on thickness of fish. Place in a big bowl and set aside.
In a medium sized pot on high heat, add the water and vinegar, bay leaves and peppercorns, turmeric and fish masala or Packo masala (pickle fish masala you may use) and the remaining salt. Bring to the boil and add the sliced onions and sugar. Simmer for 8 to 10 minutes until all the flavours has infused into onions. Remove the pot from the heat and pour the sauce over the fish in the bowl. Wait to cool. Cover and place in fridge until ready to eat. Enjoy!
Source: Cape Malay Cooking with Fatima Sydow
Photo:  Marlene Vos Damster




DIEET KAPOKAARTAPPELS (MASH)

DIEET KAPOKAARTAPPELS (MASH)

My man eet nie botter of margarien nie, so ek mash die aartappel met die water waarin die aartappel gekook het, gooi bakpoeier by, rasper neut in, meng en whalla diet mash.

Die vleis het ek in die ysterpan gaargemaak met soya en asyn en later fyn koljander en noMu se african rub bygevoeg

Marie Dumas Jennings




IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE


IDEES VIR ‘N OOIEVAARS PARTYTJIE
Surika Niemand Meyer
Die volgende was die decor en catering. Catering,het hul doeke gevat (weggooi) en ‘n stootwaentjie gemaak daarvan as die “koek”.  Hul het cupcakes laat maak met die babatjie se gesiggie wat uitsteek en die boude was toe gegooi met ‘n kombersie..alles eetbaar en versiersuiker. Dan het hul platters gemaak(vingerete) soet en sout.
Decor het hul ‘n wasgoed lyn gespan met babaklere op…hul het tafels gedek van 12 elk..die vrouens het gescrapbook,(was ingangsfooi) en die manne het buite gebraai en gekuier…
Was vir ‘n dogtertjie,haar kamer se kleure is pienk/pers. So dit was ook die kleure van die saal. Hoop dit help.

Christine Oosthuizen
was jare terug by ‘n ooievaarstee waar hulle gemmerbroodmannetjies met blou klere gemaak het.

Charmain Venter
Ek het albei my skoonsus en boeta se ooivaarspartytjies gereel.
Pienk partytjie vir Mieke en Blue-Party vir Corne…
Beide die mans en vrouens was na die partytjie genooi. Die mans moes konjak en sigare vir die amper papa bring en die vrouens die gewone geskenkies vir die mama en die baba wat oppad was. Kleredrag was volgens die temas en glo my die mans het dit geniet om pienk te dra. Die mans het die ooievaarspartytjie later meer geniet as die vrouens en behoorlik “gekoer” om die geskenkies.

Diane Roode Hancox
Ek het ‘n foto van ‘n “doeke koek” wat my skoondogter gemaak het.

Vanessa Fourie Willemse
Speel ‘n speletjie soos 30 seconds dit is vet pret en jy lag jou lam deel die dames in 2 spanne in wat nie mekaar ken nie dit breek die ys en dan is almal lekker aan die klets en dis nie stywe affere nie




IDEES VIR HOBO PARTY

HOBO 1
IDEES VIR HOBO PARTY

Ann Adam Gilfillan
Ons het al vir so ‘n tema swart vullis sakke oor die tafels gegooi, koerante orals op die tafel gesit, slap tjips en rooiworsies gekoop en als deurmekaar op die tafel uitgegooi. Ons het dan heel brode orals neergesit en bloppe tamatiesous op die tafels gegooi. Die mensies kon dan stukke brood afbreek met die hand, en dit vol tjips en worsies prop en hul eie bunnychows maak. Almal geniet dit gewoonlik vreeslik baie.

Erica Theron
Ek sou koerant papier gebruik vir ‘n tafeldoek en vis en chips of rooi worsies en chips bedien het wat sommer net so op die koerant neergesit word met koeldrank in blikkies wat al bietjie inmekaar geduik is 🙂

Lida Pieterse
Gebruik kratte vir sitplekke en iewers moet leë drankbottels lê.

Wilma van Aswegen
Medisyne botteltjies vir sout en peper. Brand net met ‘n warm naald gaatjies bo in.

Petra Pretorius
Moet asseblief nie drankbottels met labels opsit nie, draai die drankbottels in koerantpapier toe, soos wat die hobos maar ook lief is om te doen – geniet dit.

Charmain Bester
In die toegedraaide bottels sit ‘n sonneblom in met grasse en tafeldoek kan ook hessian wees, ons het bunny chows bedien en dit was heerlik.

Lorinda Carles
Katkop soos hobos uitgeholde brood met chips, hesian tafeldoeke met koerantpapier vir overlays.

Charlotte Verwey da Silva
Vir ‘n centrepiece: Vat ‘n ou geroeste blik en steek dit vol gate maar nie tot onder nie, vat ‘n string batteryliggies en plaas onder in blik, sit nou ‘n stuk rooi of oranje opgefrommelde sellofaan oor die liggies… dit lyk asof jy vuur gemaak het in die blik!