SOUT BEESVLEIS OF TONG

SOUT BEESVLEIS OF TONG
(Joodse resep)
Los ‘n ¾ teelepel salpeter (by apteker bekombaar) in ¼ koppie warm water op.
Voeg by:
2 eetlepels bruinsuiker
2 huisies knoffel, gesny
2 teelepels rooipeper (paprika)
1 eetlepel gemengde pekelspeserye (peperkorrel, wonderpeper, naeltjies, ens)
1 koppie sout, opgelos in in 4 pinte (2¼ Liter) water

Strooi die mengsel oor ’n borsstuk (bees) van 5 – 6 pond (2.25 – 2.75 Kg).
(Vir my is die lekkerste snitte vir soutvleis eintlik die stertstuk – “aitchbone” – of die skof, hoewel ’n skof gewoonlik langer gekook moet word om sag te kry).
In ‘n glas of enemel emmer en plaas ’n bord met gewigte op sodat die vleis onder die pekel bly.
Laat so drie weke staan (draai gereeld om).
Resep geplaas deur Heiner Lange




JOHAN SE PEKELVLEIS

JOHAN SE PEKELVLEIStested
JOHAN SE PEKELVLEIS

Soutbeesvleis
1 liter kookwater
500 g growwe sout
40 g salpeter
14 g swart peperkorrels
310 ml bruin suiker
ekstra sout vir die invryf van die vleis

Gooi warm water oor mengsel en roer tot suiker oplos, laat staan om af te koel.
Vryf vleis goed in met ekstra sout, ek gebruik fyn sout vir die invryf.
Sit die vleis in die koue pekel mengsel, die vleis moet heeltemal bedek wees, sit maar ‘n gewig bo-op.
Laat vleis vir 4 dae in pekel lê, draai vleis elke dag om.
Nou kan jy dit gaar kook in ‘n pot of bak in die oond of berook.

Resep en foto: Johan Coetzee




PIEKELBEESBORS-BRISKET

gepiekelde briskettested
PIEKELBEESBORS

Beesbors, of soos ons dit ook noem ‘brisket’, is seker een van die onbekendste en onderskatte snitte aan die beeskarkas. En as jy dit op hierdie manier voorberei, seker een van die smaaklikste snitte. Die snit is ook aansienlik goedkoper as die ander duur snitte soos beeshaas, lende of kruisstuk.
Die beesbors word ontbeen. By ‘n volwasse dier sal die beesbors baie vet aanhe, waarvan heelwat weggesny kan word, maar los bietjie aan.
Nou pekel ek die beesbors vir ongeveer 3 dae in ‘n koel plek met ‘n mengsel van ‘n jemblik growwe sout en ‘n eetlepel salpeter. Die salpetermengsel is maar net die hoeveelhede in die regte verhouding.
Ek maak die beesbors effens klam met water en
smeer dit dan weerskante in met die mengsel en laat le dit in ‘n emmer of kom. Ek draai dit daagliks om. Die salpeter
behou ook die rooi kleur van die vleis.
Spoel die vleis af met skoon water, en dit kan in die oond of in ‘n swartpot op oop vuur met min water gaargemaak word. |
Die geheim is dat die gaarmaakproses stadig en met lae hitte moet geskied.
Intussen kan uie en aartappels skoongemaak word en later bygevoeg word om gaar te kook in die bruin vleissous.
Die vleis is so geurig dat ek min speserye byvoeg, gewoonlik net peper.
Onthou om nie verder sout by te gooi nie.
Sny die beesbors in skywe en bedien met tuisgemaakte mostertsous, saam met die aartappels en uie en ander bykosse soos verkies.
FOTO: Johan Coetzee (FLR Lid)




VARKSKENKEL-HOENDERBRAWN – SULT

Varkbrontested

VARKSKENKEL-HOENDERBRAWN – SULT
Resep en foto:Elsa Hattingh
FOOD LOVERS RECIPES
1.4 kg vark skenkels
½ heel hoender
½ ml tiemie
½ ml vars gekapte koljander
4 heel naeltjies
½ ml pork seasoning
½ ml vars gemaalde swart peper
1 teelepel sout
2 groot uie of 4 kleintjies
1-2 teelepels kerrie
½ koppie asyn
1 ml borrie
Verwyder vel van varkskenkels, plaas hoender en skenkels in stoompot met al die kruie, behalwe uie, kerrie, borrie en asyn.
Braai fyn gekerfde uie eenkant met n bietjie botter tot deurskynend en plaas eenkant.
Stoom die vleis tot sag.
Meng kerrie en borrie met ‘n bietjie van asyn tot n gladde pasta en voeg die mengsel en res van asyn by die skenkels.
Kook goed deur tot kerrie gaar is, verwyder van hitte en laat afkoel.
Verwyder al die bene, voeg die gebraaide uie by en meng goed.
Skep die die brawn in 500 ml koeldrank bottels waarvan die nekke af gesny is en laat af koel.
Wanneer brawn gestol is sny weerskante van die bottel met ‘n sker oop, haal brawn uit en sit in yskas.
Chrissie – ek het die kruie se mates in die resep geskat, ek werk vinger en hand gewys. Heel moontlik sal jy n bietjie moet byvoeg.
Ek het die brawn sonder n resep gemaak.

 




HOMEMADE PICKLED BEEF

tested

HOMEMADE PICKLED BEEF
2 kg Beef Brisket
4 tablespoons brown sugar
1 tablespoon saltpetre use only half of the saltpetre for rubbing
4 tabelspoons salt course salt
1 tablespoon black pepper corns
1 tablespoon allspice
6 bay leaves
3 garlic cloves split
Ask your butcher to debone the brisket. Mix half of the saltpetre with the salt and sugar and rub this mixture well into the meat. Add the peppercorns, allspice, garlic, bay leaves.. Put the meat into a glass container weigh down store in the fridge for a period of ten to fourteen days. Turning the meat every second day. Rinse off the beef put into a saucepan with cold water add onion carrot 1 tablespoon of pickling spice the remaining saltpetre , Bring to boil reduce heat and simmer for at least two hours until tender..

PAT SOUTHWOOD-THERON




BOERE SULT

2014-02-05-picture2tested

BOERE SULT

Die beestong af “geskil” ( gekook net met sout)
Bietjie origanum, en pietersillie oor gegooi en gemeng..
EN TOE krap ek daai TAAI lymgekookte haakskeen senings daar by in,
en laat afkoel…

Bron: Stefaans Blaauw

Nou eet jy dit saam met Linda Venter, se TUISGEMAAKTE mostert…

Tuisgemaakte Kondensmelk Mosterd
1 blikkie kondensmelk
125ml bruin asyn
2-3 teelepels gelykvol mosterd poeier

Meng goed en laat staan oornag
Lekker op ‘n stukkie vark of koue lamsboud , beestong , kouevleis




PEKEL VIR PORK BELLY

PEKEL VIR PORK BELLY
Johan Du Preez .Dit is wat ek gewoontlik gebruik
15 ml salpeter
1 kg fyn growwe sout
500 g witsuiker
10 liter water
500 ml asyn
20 ml koeksoda
Meng die salpeter, sout en water verhit tot kookpunt. Laat afkoel tot lou warm voeg dan asyn en koeksoda by. Laat koud word.
Die rib wat jy op het sal so een dag lê, groter snitte werk ek dag per kg. As jy dit meer sout wil hê twee dae per kg.


Stompie Theron Borman
Hier is my pekel resep wat ek altyd gebruik vir my pork belly.
250 g fyn sout
40 g saltpeter
8 koppies kookwater
1½ koppies bruinsuiker
Laat afkoel sit pork belly in en laat staan vir dag en nag.




WENNERS WENKE OOR PEKEL VAN VLEIS

SOUTVLEIStested

WENNERS WENKE OOR PEKEL VAN VLEIS:
NATPEKEL:
1 liter kookwater
500 g growwe sout
40 g salpeter
14 g swartpeperkorrels
310 ml bruinsuiker
1.5 tot 3 kg vleis
Ekstra sout vir invryf voor die tyd.
Giet die water oor die sout, salpeter, peper en bruin suiker en laat afkoel.
Vryf die vleis goed in met die ekstra sout en plaas dit dan in die koue pekel oplossing sodat dit heeltemal bedek is.
Sit ‘n bord op die vleis met ‘n gewig bo-op sodat dit die vleis heeltyd onder die pekel oplossing kan hou.
Laat die vleis 3 – 4 dae in die pekel lê en draai die vleis net elke dag om.
Jy kan dit ook in ‘n hout vaatjie doen.

DROOG PEKEL: ( is ietwat verouderde proses en het heelwat massaverlies tot gevolg.)
90 ml sout
30 ml bruinsuiker
15 ml salpeter
10 ml koljander
3 kg vleis
Meng alles goed en vryf die vleis goed in met die mengsel.
Laat dit drie dae(bedek met doekie)lê, en draai net elke dag om.
Was na die 3 – 4 dae die vleis deeglik af en as dit lank in die pekel oplossing gelê het, week dit vir 1 uur in vars koue water.
Sit die vleis in ‘n diep kastrol, bedek met koue water sodat oortollige sout onttrek kan word.
(Gooi water af of kook daarin, afhangende hoe sout jy dit verkies)
Verhit stadig tot kookpunt en prut stadig tot vleis sag is.
35 – 40 minute vir elke 500 g vleis.

Vir HAM, gebruik die volgende Pekel resep :
30 ml salpeter
250 ml bruinsuiker
28 g koeksoda
9 tot 12 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 2 kg fyn sout
Roer salpeter, bruinsuiker en koeksoda in koue water tot opgelos.
Gebruik hout of erde vaatjie, maar nie metaal houer nie.
Sit die heel, ongebreekte eier in die dop, in die oplossing.
Voeg die sout bietjies-bietjies by en roer elke keer tot opgelos.
Hou aan om sout by te voeg en goed te roer tot die eier bo op dryf.
(Jy doen dit om ‘n versadigde oplossing te bereik, die eier is ‘n uitstekende aanwyser daartoe, daarom moet dit ‘n vars eier wees,
‘n ouer eier sal nie in die versadigde sout oplossing dryf nie… sien ek’s amper Wetenskap onnie ook!)
Verwyder dan die eier, en plaas jou varkboud of ham in die pekel oplossing, hou onder die pekel vloeistof vir 3-5 WEKE.
Draai daagliks.

As jy dit in ‘n vaatjie of emalje emmer doen, mens kry by die slaghuise sulke “plastiek” nette waarin jy jou vleis kan sit en dan hang jy dit daarmee in die pekel dit vergemaklik die draai en hantering baie, as dit “los” in die pekel hang hoef jy dit nie te draai daagliks nie, sorg net dat dit altyd bedek is.
Hou die pekel dop, as dit skuimerig raak bo-op, haal vleis uit, en maak vars pekel aan, sit vleis weer in nuwe oplossing tot die 3 – 5 weke om is.
As die pekel proses klaar is, haal vleis uit en hang dit oornag op om winddroog te raak.
Pers nou die vleis tussen 2 planke met ‘n swaar gewig daarop tot daar geen water meer uitkom nie.
Verf die oppervlak van jou ham met kommersiële róók geursel of berook dit in ‘n beroker.
Indien die ham lank gebêre moet word, werk dit in moeselien of kaasdoek sakkies toe, en hang op in koel droë plek.
Spekvleis, word ook soos Ham gemaak, maar pekel dit net vir 3 – 4 DAE !
Jy kry ook kommersiële pekel mengsels wat jou hele proses verkort dat jy jou vleis binne 7 ure na inspuiting of 2 – 5 dae se lê al kan gebruik.
Die hele rook geursel of beroking is jou eie keuse en smaak, party hou van gerookte Ham ander nie.
Jy kan by die kamp winkels ‘n CADAC beroker aanskaf as jy nog nie een het nie, en dan volg jy net hul aanwysings en pakkies saagsels.

As jy jou eie beroker wil maak, maak jy so:
Maak ‘n 100 liter drom goed skoon.
Verwyder die boom en deksel. Heg een of meer dwars stawe vas aan die binnekant van die drom sowat 75 mm van bo af om die vleis aan te hang.
‘n ou fietswiel werk ook lekker, plaas die vleis op die speke en laat sak die wiel dan af oor die rook en hang dit met hakke oor die kante van die drom.
Die stawe kan vas gesweis of vas geskroef word, of in gleuwe wat bo in gesny word, rus.
Bou nou ‘n fondament waarop die drom kan staan deur ‘n dubbellaag stene opmekaar te stapel (sonder sement as jy dit nie permanent wil doen nie)
Laat ‘n opening in die boonste laag waardeur die fyn saagsels aan die brand gesteek kan word.
Die lug deurvloei word beheer deur ‘n plank voor die opening.
Pak klam grond rondom , aan die buitekant van die bakstene, om die hele samestel lugdig te maak.
Bedek die boonste opening met ‘n plat plaat.
Dit kan gelig word om rook uit te laat deur twee 5mm plankies tussen die plaat en drom in te skuif.
As die drom dwars gleuwe het waarop die stawe rus behoort daar genoegsaam rook uit te gaan.
Die beste saagsels vir beroking kom van harde nie-harpuisagtige houtsoorte.
Jy kan pakkies saagsels vir beroking in meeste supermarkte of slaghuise koop. BLY WEG van TAMBOTIE, dit is giftig! Bloekom, ook nie goed nie.
Eikehout, wingerd en vrugteboom saagsels is die beste.
Die saagsels moet baie droog wees anders sal dit nie smeul nie.
Maak jou drom bo oop terwyl jy die vuur aansteek. Gooi saagsels onder in, 3,6 kg behoort genoeg te wees.
Frommel koerantpapier op en maak ‘n holte daarvoor in die saagsels. Steek dit aan die brand, wanneer dit uitgebrand het, behoort die saagsels goed te smeul.
Sodra daar geen vlamme is nie en die saagsels smeul, hang jy jou vleis in die rook oor die smeulende saagsels, en maak jou drom toe.
Rook jou vleis tot dit ‘n mooi egalige goudbruin kleur verkry.
Vleis moet afkoel tot kamer temperatuur voor jy dit kan bêre.
Beroking is uiters effektief op koeler dae, aangesien warm buite temperature maklike bederf kan meebring.
Voila!

BRON- ONBEKEND

Stef Steffen BEREIDING VAN SOUTVLEIS
1 pd. growwe sout
1 ½ ons salpeter
½ ons peperkorrels
2 pinte kookwater
½ pd. bruin suiker
Gooi die water oor al die bestanddele en laat dit afkoel. Vryf die vleis goed in met bykomende sout. Sit dit in die koue pekeloplossing sodat dit heeltemal bedek is. Sit ‘n bord op die vleis met ‘n gewig bo-op om die vleis onder die vloeistof te hou. Laat die vleis 3 – 4 dae in die pekel le en draai dit elke dag om. L.W.: Vermeerder die pekeloplossing na die hoeveelheid vleis.

Ek gebruik die resep om vleis vir tenminste 24 uur te pekel en dan goed droogre word voor rook.




LINDA SE KERRIESULT

kerriesulttested

LINDA SE KERRIESULT

3 kg beesskenkels (ek gebruik ook graag ‘n mengsel van vark-pootjies (“Trotters”) “Eisbeins” en skaap-skenkels! )
5 ml swartpeper en sout
3 middelslag uie
30 ml sonneblomolie
30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
375 ml bruinasyn
30 ml appelkooskonfyt of perskeblatjang
2 ml gemaalde koljander

Bedek die vleis met koue water, geur met sout en peper en prut tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis en sny dit in klein stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.
LET WEL:
Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en voeg nog kookwater by. Proe daaraan of dit ekstra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word..

Bron en foto:  Linda Venter

 




HOENDERSULT

HOENDERSULT
Resep:  Cathy Joubert
Foto:  Martie Du Plessis
FOOD LOVERS RECIPES
Dieselfde gepluisde hoendervleis kan ook in sult omgetower word.
Al is die versoeking hoe groot, moenie die sult dadelik eet nie.
Na ‘n dag in die yskas smaak dit prima!

1 mediumgrootte hoender, gekook en ontbeen
250 – 300 ml hoenderaftreksel (van die gekookte hoender)
2 mediumgrootte uie
kookolie om in te braai
10 ml kerriepoeier
1 wortel, gerasper
25 ml gelatien
30 ml kookwater
20 ml appelkooskonfytasyn
sout en peper na smaak

Braai ui in kookolie tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier en wortel by. Verwyder vet van hoenderaftreksel en voeg die vloeistof by.
Prut vir nie langer as tien minute nie.Los gelatien in kookwater op en voeg dit by.
Meng appelkooskonfyt met asyn, voeg by die kerriemengsel en kook 10 minute.
Roer af en toe.
Voeg nou die vleis by kerriesous en kook tot deurwarm.
Roer, proe en voeg nog asyn by indien nodig.
Geur met sout en peper.
Indien nodig, kan meer sous by mengsel gevoeg word.
Skep hoendermengsel in ‘n geskikte broodpannetjie of vorm en bedek met kleefplastiek.
Plaas in yskas om te stol.
Sit voor met varsgebakte brood en slaai.