ADAM SE BOERE SPANAKOPITA

ADAM SE BOERE SPANAKOPITA
(SPINASIE EN KAAS PASTEI)
500g vars spinasie blare
1 rol gevriese pofdeeg
1 koppie botter (gesmelt)
1 koppie gekrummelde Fetakaas
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
3 eiers liggies geklits
1 eetlepel gedroogde dill
½ teelepel neut poeier.
Sny die spinasie van die stingels af en spoel dit af. Kook dit net met die water wat aan die blare is net tot al die blare begin verwelk. Dreineer deeglik (druk die water uit) en kerf dit fyn op. Meng al die ander bestanddele by die spinasie in.
Deel die vel deeg in 2 en rol elke deel bietjie uit om in ‘n groot genoeg oondbak te pas. Spuit die oondbak met kleefwerende sproei en plaas een vel deeg op die bodem. Skep die spinasiemengsel bo-oor en bedek met die tweede vel. Merk die blokkies waarin dit gesny gaan word af deur ‘n mes net liggies oor die deeg te trek sonder dat dit heeltemal deur sny. Bekwas die boonste laag deeg met eier en bak by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die deeg opgepof en mooi goudbruin is.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




ALTA SE FILO QUICHE

ALTA SE FILO QUICHE
Al die hoeveelhede hang af van hoeveel doppies jy gaan maak
Genoeg filo deeg om die pannetjie mee uit te le vir doppies
Gesmelte botter om die filo mee te verf
Genoeg gekaramalisseerde uie
Russians
Gerasperde cheddar kaas
1 kp melk
1kp Room
3 rou eiers
4 gekookte eiers gerasper
Geur middels na smaak
Ek het Filo deeg  in die grote blokkies gesny wat pas in muffinpan, gesmelte botter gesmeer tussen die lae,
het 4 lagies op mekaar gesit en dit in die voorbereide muffin pannetjie geplaas.
Dan het ek gekaramaliseerde uie gemaak (die vorige dag)uie gebraai met bruin suiker en balsamic asyn na smaak)
Nou het ek die volgende vulsel bo-op my filo gesit.
Eerste laag was van die gekaramaliseerde uie dan 3 snytjies russian en so teelepeltjie fyn gerasperde kaas(cheddar),
Klits dan die volgende bestanddele saam,
1 koppie room,
1 koppie melk,
3 eiers,
4 gekookte eiers gerasper,
voeg bietjie droë mosterd, aromat en varsgemaalde peper by na smaak,
Gebruik n klein souslepel om van die vloeistof mengsel oor die russian en kaas te gooi,
Bak in oond 180 grade vir +-40 min of tot gaar,
Resep en Foto: Alta van Dyk




ADAM SE SLAPDEEG SOUTTERT

ADAM SE SLAPDEEG SOUTTERT
Beslag:
4 eetlepels gewone meel
1 pakkie room van sampioensop poeier
2 ½ teelepels bakpoeier
2 ½ eetlepels botter
1 koppie melk
2 eiers
Vulsel
150 gram gekapte knoffel polony in stukkies gesny
250 gram gekapte sampioene
2 gekapte groterige paprika rissies
1 tamatie in skywe gesny
(Of net wat jy ookal daarin wil plaas)
Meng die meel, soppoeier, bakpoeier, botter, melk en eiers om ‘n slap beslag te vorm. Braai die sampioene liggies en hou eenkant. Giet ‘n dun lagie van die beslag in ‘n oondbak en tilt dit in die rondte sodat die beslag ook die kante van die bak smeer. Strooi die sampioene, rissies en polony oor die bodem en giet die res van die beslag bo-oor. Druk die vulsel effens weg van die kante van die bak dat die vulsel daar inloop. Pak die tamatieskywe bo-op en druk effens in die beslag in. Bak by 190ºC vir 20 tot 30 minute of tot die kors begin bros word en verbruin.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete.




VEGGIE QUICHE WITH SWEET POTATO CRUST

VEGGIE QUICHE WITH SWEET POTATO CRUST
2 medium sweet potatoes
1 red and 1 white onion
1 large baby marrow, sliced into rounds
2 grated carrots
½ punnet mushrooms
1 packet baby spinach
salt and pepper to taste
5 eggs
½ tin coconut milk

Cut the sweet potatoes into rounds, drizzle with olive oil, season.
Line dish with sweet potatoes, bake in a preheated oven until soft at 180ºC ± 30 min.
Brown the onions in coconut oil, add the baby marrow, carrots, mushrooms and baby spinach.
Season with salt and pepper and fry for 5 minutes.
Beat the eggs and 1/2 tin of coconut milk together and add to veggies.
Pour veggie mix into sweet potato crust, bake until egg mixture is set (about 20 minutes)
Note: ek sal volgende keer miskien die patats bietjie dunner sny vir die kors.
Recipe posted by Lesdee Gloak Bam
Photo: Lesdee Gloak Bam




ILSE SE SOUTVLEISTERT

ILSE SE SOUTVLEISTERT
2 snye wit brood geweek in ½ L warm melk (tot sag)
250 g varkspek (fyn gesny en gaar gebraai)
180 g fyn gerasperde kaas (of meer)
1/8 teelepel knoffelsout
1 teelepel droë mostert
½ teelepel cayenne-peper
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
3 eiers
3 hardgekookte eiers (rasper fyn)
1 teelepel Worcestersous
¼ teelepel Tabascosous
1 blikkie soutvleis (fyngedruk)
METODE
Meng alles bymekaar, skep die mengsel in ‘n oondskottel en bak vir ongeveer 35 min. lank op die middelste rak in ‘n vooraf verhitte oond (180 C).
Bron: Ilse Foote
Nota:  Dié resep kan ook gebak word in mini muffin pannetjies (goed gesmeer met botter).
Foto: Adam Cloete
Nota Adam:   Ek het net ‘n blikkie kerkerertjies (chickpeas) fynerig gemaak en bygevoeg om dit so klein bietjie meer te maak.




MA HETTIE SE MAKLIKE SOUTTERT

MA HETTIE SE MAKLIKE SOUTTERT
Resep en foto: Erna Van der Merwe
2de Foto: Johan Westenberg
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies melk
4-5 groot eiers
1 koppie kaas (gerasper)
1 pak spek (fyn gesny)
4 eetlepels koekmeel (opgehoop)
1 eetlepel mosterdpoeier
Pietersielie
Sout en swartpeper na smaak
Meng alles saam en bak vir 40 min by 180ºC.
Nota:  Johan Westenberg – Die bacon het ‘n bietjie min gelyk toe sit ek so 3 opgesnyde viennas by.
Baie lekker gesmaak




KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN

KORSLOSE SOUTTERT IN KOLWYNTJIE PAN
KAN GEVRIES WORD TOT GEBRUIK.
1 blik viennas fyn gesny
1 blik soutbeesvleis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml ongesifte koekmeel
3 eiers geklits
1 ui gekap
5 ml elk sout, mosterdpoeier en gedroogte pietersielie
2 ml knoffelvlokkies(opsioneel)
Meng alles saam en skep in gesmeerde kolwyntjiepan en bak op 180ºC tot gestol en ligbruin.
Resep en foto: Vaneen Ferreira




BILTONG EN TAMATIE QUICHE

BILTONG EN TAMATIE QUICHE
Deeg:
375 ml koekmeel
knippie sout
90 g koue botter gerasper
45 ml yswater
5 ml suurlemoensap
Sif meel en sout saam en vryf die botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng die water en suurlemoensap. en voeg by die deeg.
Ek het hier ‘n ekstra 45 ml yswater by gevoeg.
Meng deeg goed en vorm ‘n bal. bedek goed en verkoel vir 30 minute.
Voorverhit oond tot 200 ºC
Rol die deeg op ‘n meelbestrooie oppervlak uit en voer ‘n 23cm quichepan met die deeg uit. Prik die boom met ‘n vurk en bak 10 min lank blind.

Vulsel
30 ml botter
1 klein ui, fyngekap
1 koppie fyngesnyde biltong (ek het myne baie fyn gemaak en net bietjie oorgelos wat nog grof was)
12 kersietamaties
3 eiers
1 eiergeel
1 koppie room
125 ml melk
sout
varsgemaalde swartpeper
50 ml gerasperde parmesaankaas (ek het feta kaas gekrummel)

Verlaag die oond tot 180ºC.
Verhit die botter in ‘n pan en sorteer die ui tot sag.
Sprinkel die ui en bilton onder in die gebakte kors.
Plaas die tamaties eweredig verspei tusssen die biltong.
Klits die eiers en eiergeel saam, voeg die room en melk by en klits net tot gemeng. Geur goed met sout.
Giet die mengsel oor die biltong en tamaties in die kors totdat die kors vol is. Sprinkel peper oor.
Bak 30 minute tot ligbruin en ‘n mes skoon uitkom wat in die middel gesteek word.
Sprinkel die parmesaan oor sodra dit uit die oond kom.
HEERLIK
Foto: Benhet Nieuwenhuis




CRUSTLESS SAVOURY TART


CRUSTLESS SAVOURY TART
4 slices of bread soaked in stock/water/milk and mashed when soft
1 tin Bully beef
1 packet diced bacon 1 onion
Shredded fresh spinach
2 cups grated cheese
Fresh thyme
4 eggs whisked with about half cup milk ( I added 2 Tbspns of plain yoghurt)
Fry bacon and onion. Add bully beef and warm through. Add thyme and mashed bread. Add shredded spinach and let cool.
Best eggs, milk and yoghurt together.
When mixture has cooled -add grated cheese and egg mixture and fold in.
Pour into greased dish sprinkle with grated cheese and bake for 30 mins at 180.
Photo and Recipe:  Lyn Pieters




QUICHE A LA ‎ELSABIE

QUICHE A LA ‎ELSABIE
Quiche gemaak van gister se oorskiet basmati rys (1k gaar),
1 rou wortel gerasper,
2 rou murgpampoentjies gerasper,
200 g salami in stukkies gesny,
2 wiele feta kaas in blokkies gesny,
2 ingelegde jalapeno chillies opgesnipper en
1 koppie skerp Cheddar kaas gemeng by dit alles.
4 Eiers by 250ml vars room geklits en by die ander bestandele gegooi en dit in oondbak geskep wat uitgespuit is. Gebak in Solardom oondjie maar op 180C in gewone oond vir 25 min of tot alles gestol sal ook werk. Bedien met ‘n groen slaai.

Bron en Foto: Elsabie Templeton‎