


ELSABIE SE GROENTE QUICHE
Groente quiche vanaand. Ek het resep uit my Snowflake boek gebruik as basis maar net murgpampoentjies, ui, wortel, groen en rooi pepers en kaas ingesit ipv die salm en preie. My groente grof opgekap in my voedselverwerker (ongeveer 2 koppies rou groente wanneer opgekap). Ek het niks voor die tyd gebraai maar net so rou bo-op die deeg geskep met die room en eier mengsel oorgegooi. Ek bak in my LG Solardom nadat ek my oond warm gemaak het as volg: 20 min op lae rak Speed Combi 5, 200°C + M/W 360W tot deurgebak en goudbruin bo-op. In gewone oond sal dit 160° vir 45min wees.
Kors:
250 ml koekmeel (140 g)
250 ml grof gerasperde Cheddar kaas
125 g botter
Vulsel:
2 koppies grof gerasperde of fyn gekapte groente (murgpampoentjie, geel rooi en groen pepers, wortel, ui, of groente soos verkies
3 eiers
250 ml melk of vars room
125 ml suurroom
15 ml suurlemoensap
3 ml sout
6 ml gekapte vars kruie of 2ml gemengde gedroogde kruie
Opsioneel: 1 koppie grof gerasperde skerp kaas soos beleë Cheddar
Vir die kors meng bestanddele tot sagte deeg en druk in quiche pan of oondvaste tertbord.
Meng die groente en skep op tertkors.
Meng die melk/room, suurroom, eiers, suurlemoensap, sout en kruie en gooi stadig oor die groente. Strooi die kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 160°C vir 45 min of tot gestol en goudbruin bo.
Solardom oond:
Speed Combi 5, 200°C + M/W 360W vir 20 min in voorverhitte oond.
Resep en foto: Elsabie Templeton
Foto 2 Nota: Hierdie resep is my basis. Vervang die groente met 400g gebraaide sampioene en 250g gesnipperde ham.

Variasie en foto 3:
Hierdie is regtig die heerlikste kors resep. Gebruik groente verskeidenheid soos verkies. Hier het ek die wortels en murgpampoentjies voor die tyd effens gestoom, sodat nie heeltemal rou was nie. Ek het ook so bietjie gerookte paprika in my kaas kors gesit. Gerookte paprika se geur is baie intens en ‘n bietjie gaan baie vêr.