BEES EN EIERVRUG PASTEI


BEES EN EIERVRUG PASTEI
1 kg stowebeeslvleis
5 middelslag aartappels
50 ml melk
20 g botter
1 groot eiervrug, geskil en in plat skywe gesny
sout en peper na smaak
1 pakkie vleismarinadepoeier (ek het soppoeier gebruik)
25 ml blatjang
Pasteikors
200 g bruismeel
1 ml sout
150 g botter
2 eiers
25 ml melk
Plaas die vleis in ‘n kastrol en voeg net genoeg water by om die vleis te bedek. Kook dit 1 uur lank of tot amper sag. (Geen sout word bygevoeg nie)
Skil en kook die aartappels tot sag. Dreineer. Maak die aartappels fyn en meng dit met die melk en botter.
Plaas die eiervrugskywe in ‘n groot pan, voeg net genoeg water by om hulle te bedek en kook hulle vinnig sonder ‘n deksel net tot sag. Skep die eiervrugskywe met ‘n dreineerspaan uit en geur hulle liggies met sout en peper.
Giet die vleissous af wanneer die vleis so te se gaar is. Hou 350 ml van die sous of as dit minder is vul dit met kookwater aan tot 350 ml. Sny die vleis in blokkies en skep dit terug in die kastrol. Strooi Die soppoeier oor en meng. Giet die vleissous by en kook tot die vleis sag en die sous dik is.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Skep die helte van die vleis in ‘n vlak, oondvaste bak met ‘n volume van 2 liter. Smeer die aartappels oor die vleis. Rangskik die eiervrugskywe op die aartappels. Smeer die blatjang oor en bedek dit met die res van die vleis.
Sif die bruimeel en sout saam. Sny botter met ‘n slaplemmes daarin tot gemeng. Klits die eiers en melk saam, voeg dit by die meelmengsel en meng goed.
Smeer die deeg oor die vleis.
Bak die pastei 30 min.
Lekker.
Ek het net ekstra sous gebruik, want anders lyk dit bietjie droog.
Foto: Benhet











