KAAS EN HAMTERT

KAAS EN HAMTERTtested

KAAS EN HAMTERT
30 ml botter
30 ml koekmeel
10 ml gegeurde seesout
‘n knippie rooipeper
5 ml droë mosterd
375 ml karringmelk
250 g ham, of weense worsies in dun repies
250 ml cheddar kaas, grof gerasper
30 ml fyn gekapte pietersielie
3 eiers, geklits
pasteideeg

METODE
Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 C. Verhit die oond tot 180 C. Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte. Roer die karringmelk by en meng glad. Roer en kook 2 minute, verwyder van die hitte. Laat effens afkoel. Roer die ander bestanddele by. Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors. Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig

 




BOELIEBIEF SOUTTERT


BOELIEBIEF SOUTTERT
3 snye witbrood, korsies verwyder
375 ml melk
1 x 300 g boeliebief
1 ui, gekap
15 ml olie
250 ml gerasperde kaas
3 ekstra groot eiers, geklits

Voorverhit oond tot 190ºC en smeer ‘n medium tertbord met botter of bespuit met Spray and Cook. Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord. Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol. Bedien met ‘n slaai.
Nota:  Vervang die brood met 2 eetlepel koekmeel en sit bietjie mosterd by vir smaak.
Foto: Adam Cloete



BILTONG- EN KAASTERT

BILTONG- EN KAASTERT
1 rol gekoopte brosdeeg, behoorlik ontdooi
250 g gerasperde Cheddar kaas
150 g biltong, sag en fyngekerf
4 eiers
375 ml room

Oond vooraf verwarm tot 180°C.
Smeer ‘n oondpan / bak.
Voer die pan uit met die deeg.
Strooi kaas egalig oor.

Strooi biltong oor die kaas.
Klits eier en room vinnig bymekaar en giet egalig oor die biltong en kaas.
Bak vir 1 uur tot gestol en bruin.
En Voila!!!!

Laat staan vir 10 min voor jy bedien.
Jy kan ook kreatief raak en ander vleise inmeng- soos oorskiet, ham, spek, worsies ens.

Resep:  Karena Profe Bosdorf
Foto:  Elsie Jacobs Dreyer‎




QUICHE MET BILTONG VULSEL

tested

QUICHE MET BILTONG VULSEL
Die deeg is genoeg vir vier 12 cm losboom quiche pannetjies
20 g koekmeel
2 ml sout
100 g botter
45 ml koue water

Sif die meel en sout saam. Sny die botter in blokkies en voeg by meel. Vryf die botter in die meel tot dat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die koue water by en vorm in ‘n deeg. Verdeel die deeg in vier en rol dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Om te keer dat die deeg breek, tel dit met die koekroller op en plaas in die gesmeerde pannetjies.
Blind bak vir 20 min by 200 ºC.
WENK:
‘n vinnige manier vir blind bak.
Plaas die pannetjies met rou deeg op mekaar met ‘n lee pannetjie heel bo-op en bak vir 20 min by 200ºC.
Rasper 125 g gruyere-kaas, sny 250 g biltong in klein stukkies.
Sit eers die gerasperde kaas in elke pannetjie en dan die biltong bo-op.
Klits 2 eiers saam met 250 ml room en skep egalig oor die vulsel in elke pannetjie.
Geur met vars gemaalde swartpeper.
Bak in voorverhitte oond van 180ºC vir 20-25 min tot die eierroommengsel gestol en gaar is.-

 




BILTONG EN KAAS QUICHE

biltong en kaas quichetested
BILTONG EN KAAS QUICHE
1 x 400 g vel broskorsdeeg
100 g sterk cheddarkaas – grofgerasper
160 g gesnyde beesbiltong
2 eiers
250 ml room
varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit oond tot 180 ° C.
Rol broskorsdeeg op ‘n meelbestrooide oppervlak dunner uit.
Voer ‘n gesmeerde tertbord van sowat 18 cm uit met deeg.
Sprinkel kaas onderin tertbak en rangskik biltong bo op.
Klits eiers en room saam.
Gooi oor kaas en biltong en geur met peper.
Bak vir sowat 35 minute in warm oond.
Die eiermengsel moet gestol wees.
Jy kan die quiche warm of teen kamertemperatuur voorsit.
WENK
Klam biltong werk die beste.xx –

Resep:  Henriette Janse van Vuuren

Foto en aanpassing vir muffins:  Adriaan De Ridder
Ek het toe julle Biltong en Kaas Quiche gemaak vanoggend en dit het briljant uitgekom dink ek. Ek het net bietjie ekstra pietersielie ingegooi vir kleur. So individueel in muffin panne bak sit dan vir 24 minute.
Met een vel broskors het ek 26 uitgekry. Ekt 500ml room en 4 eiers gebruik met bietjie pietersielie en sout en peper. En dan het ek 300g biltong en omtrent net 100g kaas gebruik. En soos ek sê, bak hulle net vir 24min teen 180ºC

 

 




SAMPIOEN EN HAM QUICHE

sampioen ham quichetested

SAMPIOEN EN HAM QUICHE
Spek en Sampioene Quiche met Tamatie, uie, vars sampioene en beesbiltong slaai -aangepas vir riverside se spens.
Jy kan die koekmeel in die resep met glutenvryemeel vervang. Dit werk net so goed, en jy kan nie ‘n verskil in smaak agterkom nie. As jy net gemengde sampioene vir die vulsel gebruik, is die quiche ook geskik vir vegetariars. Dis nogal die moeite werd om ‘n voedselverwerker te kry as jy dikwels quiche maak. Dis net soveel makliker om die kors te maak. Jy sit al die korsbestanddele in die voedselverwerker en pols dit tot dit ‘n deeg vorm. As jy nie ‘n voedselverwerker gebruik nie, moet jy eers die droë bestanddele saam sif, die margarien invryf en dan die nat bestanddele bymeng tot dit die regte tekstuur vorm.
(6 porsies)
Kors:
125 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
190 ml hawermout
20 g parmesaankaas, gerasper
2 ml sout
45 g sagte laevet-margarien
45 ml koue karringmelk
Vla:
375 ml warm vetvrye melk
45 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
3 eiers
2 eierwitte
1 ml fyn witpeper
2,5 ml sout
15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie)
Vulsel:
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin sampioene)
100 g maer ham, gesny
sout en peper na smaak
5 ml heelkorrelmosterd
75 g gruyère-kaas, gerasper
25 g parmesaankaas, gerasper

Kors:
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ‘n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ‘n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.
Vla:
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.
Vulsel:
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors. Strooi gruyere oor en plaas quiche-pan in oond. Giet die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.
** dit is die oorspronklike resep, maar as jy nie alles in die koskas/yskas het pas jy aan.
Spek ipv ham
Gewone vars knoppie sampioene
Cheddar ipv gruyere

Foto: Rene Turter Wessels
2de Foto:  Rina Kleinhans – ek het geen vleis ingesit nie en  2 bossie spinasie gestoom, al die water uitgedruk en by die mengsel ingesit, ek het dan ook Feta kaas in gekrummel en parmasan en cheddar kaas bo-oor gerasper.




FLORAINE SE SPINASIETERT

tested

FLORAINE SE SPINASIETERT
Hierdie is ongelooflik veelsydig! Bedien saam met haddock is dit die perfekte brunch! Bedien saam met gerookte hoender/hoenderpastei, of braaivleis. Jy kan ook individueel in klein muffinpannetjies bak met spek ingevou.
4 eetlepels botter
1 eier
7 ml bakpoeier
15 ml olie
250 ml meelblom
2 ml sout
Sif die droë bestanddele vryf die botter in, klits olie en eier en voeg by. Druk in vuurvaste skottel.

Gebruik 1 bossie spinasie se blare, sny fyn, onthou om af te was in soutwater
1 pak wit uiesoppoeier
3 eiers
1 koppie spek, gesnipper
3 koppies dik witsous
1 koppie gerasperde kaas

Meng spinasie, witsous, eier en helfde vand die kaas. Skep in rou kors. Strooi res vand die kaas oor en bak tot gaar by 180ºC.

OOK LEKKER VARIASIE; Vervang spek met hoender, tuna, of 1 pak droë chips van jou keuse, ek love sout en asyn! ENJOY!
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter
Foto:  Adam Cloete – ek het hom sonder die kors gemaak en dit was heerlik!