SPINASIE EN BACON QUICHE

2013-10-22-spinasieenbaconquiche

300g Spinasie
1uie gekerf
1 koppie gouda kaas
250g gesniperde bacon
5 eiers
100 ml koek meel
Sout en swart peper na smaak
Olie vir braai van uie en bacon
100 ml melk

Braai uie en bacon, kook Spinasie en sny in growe stukke, gooi al die bestandele in
n mengbak en meng goed deur. Gooi alles oor in n 24 cm oond pan en plaas
in die oond op 180 grade vir 30 min.
Is my eerste probeer slag, en ek weet nie regtig of jy bacon kan by sit nie, maar dit werk vir my

 

Bron- Food Lovers

Foto- Floris Momberg




EASY QUICHE

2013-10-08-easyquiche
EASY QUICHE
(by vriendin gekry)
Mix together:
2 eggs
3 tablespoons self-raising flour heaped
Salt
1 cup milk
1 teaspoon mustard
Add ingredients of your choice: mushrooms, ham, cheese, bacon or tuna.
Place the mixture in a prepared pie dish.
Bake at 180ºC for 45min

Ek het asperies gebruik.

Recipe and photo:  Benhet Nieuwenhuis




KORSLOSE SOUTTERT

2013-10-08-korslosesouttert

KORSLOSE SOUTTERT
Hierdie is die Eierraad se resep wat ek al die jare vir die Tuisnywerheid gebak het.
3 snye witbrood in blokkies
30 ml botter of margarien
500 ml melk
125 g spekvleis, gesnipper
2 koppies gerasperde kaas
1 ui, gekap
1 blik weense worsies, in wieletjies gesny
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
swartpeper, na smaak
4 eiers, geklits
25 ml pieterselie, gekap
paprika

Voorverhit die oond 180°C.
Verhit brood, melk en botter tot gesmelt. Laat afkoel.
Voeg res van bestanddele by en meng liggies.
Skep in ‘n oondbak of klein pannetjies.
Sprinkel paprika oor.
Bak 45 min tot goudbruin.
Kan ook in klein bakkies gebak word vir ‘n halfuur.
Resep geplaas deur Rheda Vreken
Foto:   Rheda Vreken




VINNIGE TUNATERT

vinnige-tuna-tert-petrovinnige-tuna-tert-petro-2tested

VINNIGE TUNATERT
Dis vinnig, dis maklik en die meeste van die bestanddele het jy reeds in die koskas.

Genoeg vir 4
Oondtemperatuur: 180 °C

300 ml gerasperde cheddar
4 snye brood sonder korsies, in klein stukkies gebreek
30 ml botter
250 ml melk
1 blik tuna in water, gedreineer
2 groot eiers
1 groot ui, gerasper
5 ml bakpoeier
aartappelwiggies en slaai om voor te sit

Hou ’n kwart van die kaas eenkant en meng dan die res van die tertbestanddele, behalwe die bakpoeier, in ’n kastrol.

Kook die mengsel vir ’n paar minute oor ’n lae hitte en roer dit aanhoudend.

Roer die bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in ’n gesmeerde oondbak of kleiner individuele bakkies. Sprinkel die kaas wat jy uitgehou het, oor en bak dit in die oond vir 15 tot 20 minute of tot gestol. Sit die tert voor met aartappelwiggies en slaai.
Foto:  Petro van Genderen




TUISGODIN SE SOUTTERT

2013-09-10-eleonor-tuisgodinsesouttertkors
TUISGODIN SE SOUTTERT
KORS
¼ koppie melk
¼ koppie olie
1 koppie bruismeel
½ teelepel sout

VULSEL:
1 blik boeliebief, fyngemaak (of 1 blik Weense worsies, gebruik ook die vloeistof)
1 ui, gerapser
1 tamatie, gerasper
¼ teelepel knoffel
½ koppie bruismeel
3 eiers, geklits
¼ koppie melk
sout
peper
braaivleisspeserye
mosterdpoeier
pietersielie
1 houer laevet roomkaas
175g natuurlike joghurt
1 koppie kaas, gerasper
* Gebruik die speserye en geurmiddels na smaak.

Meng die sout en bruismeel in ‘n tertbak.
Meng die olie en melk.
Voeg dit by die meel, meng goed en druk dit teen die kante van die bak.
Kors hoef nie te bak voor die tyd nie.
Meng al die bestandele van die vulsel en skep bo-op kors.
Bak teen 180 grade C vir 50 minute.

FOTO- Magda Helberg
WENK-. Dit was heerlik gewees. Ek het bacon ipv boeliebeef ingesit.




GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE

2013-09-03-prawntailsmushroomandasparagusquiche
GARNAAL STERT, SAMPIOEN EN ASPERSIE QUICHE
Kors:
250 ml mieliemeel
150 ml koekmeel
50 ml mielieblom (Maizena)
3 ml sout
120 ml margarien
2 eiers (ek het 1 gebruik)

Sif droë bestanddele, vryf margarien met vingerpunte tot broodkrummel beslag.
Voeg eiers een vir een by, as een genoeg is om die mengsel te bind, moet nie nog een ingooi nie.
Druk deeg in goedgesmeerde quiche pan (30 cm).

Vulsel:
garnaal stert (prawn tails) (myne was groot, so het so 2 koppies vol ingegooi)
1 pakkie 250 g sampioene, gesny

Braai die sampioene in ‘n pan met bietjie olie, sit die garnale by en braai tot gaar.

Meng:
3 eiers
250 ml room
sout en peper
10 ml suurlemoensap
100 g gerasperde cheddarkaas

Voeg die garnaal en sampioene by, roer deur en skep in kors.
Pak aspersies bo-op, sprinkel pietersielie oor en bak by 180ºC vir 30 min.

Resep en foto: Heidi Rowe




TUNA-EN-TJIPS-TERT

2013-06-21-tunachipcasserole
TUNA-EN-TJIPS-TERT

Blitsvinning in die mikrogolfoond.
6 tot 8 porsies.
1 blikkie tuna gedreineer,
1 middelslagui gerasper,
50 ml blatjang,
50 ml mayonnaise,
2 eiers geklits,
100 ml volroommelk,
1 groot pak (125 g) kaas-en-uie-tjips fyngedruk,
3/4 kop cheddarkaas gerasper.
1. Meng alle bestandele in mengbak
2. Spuit mikrogolfvaste tertbord van 20 cm met kossproei
3. Giet tunamengsel in tertbord en mikrogolf vir 12 tot 15 minute op hoog.
Die middle moet net gestol wees.

GEPLAAS DEUR: Sharon Viljoen




SOET TERTJIES MET SOUT VARIASIE

Soettertjies met sout variasie - Marian van deventer

SOET TERTJIES MET SOUT VARIASIE
Soettertjie:
1 blikkie ingelegde appels
½ koppie suiker
Knippie sout
1 teelepel kaneel
2 takkies lavender
½ koppie melk
2 eetlepels vlapoeier

Vir souttertjie:
Bogenoemde bestanddele en
1 teelepel kerrie
½ teelepel borrie

Sit alles behalwe ‘n bietjie melk en vlapoeier in potjie en kook vir ± 10min. Maak vla aan met die bietjie melk in en voeg by. Kook tot verdik oor lae hitte. Dit vat nie lank nie.
Skep die helfde uit in ‘n bakkie en los ander helfde in pot. Voeg die kerrie en borrie by en kook vir paar min.
Rol 1 pak skilferkorsdeeg uit en druk sirkels uit. Sit in medium groot muffin pannetjies. Die sout het ek ‘n dekseltjie opgesit 😉 en die soet oopgelos en ‘n deegrosie in die middel gesit.
Bak by 190ºC vir ongeveer 20 min, of tot mooi verkleur.
Bedien sout op blaarslaai en soet met lekker vla 😉 en in een beslag het jy ‘n voorgereg en n nagereg

Resep en foto:  Marian van Deventer




ZUCCHINI SLICES

2013-07-28-zuccinislice
ZUCCHINI SLICES
2 big grated zucchini
2 medium onions finely chopped
250 g bacon
1 c grated cheddar cheese
1 c selfraising flour
1 c grated carrot
5 eggs
1 c oil
Salt /pepper

Cook onion and bacon till soft. set aside to cool
Combine zucchini, carrot, onion,bacon, cheese, flour and salt pepper.
Beat eggs and oil.
Mix with dry ingredients.
Bake at 180 grade C for 45 min

BRON- Brunhilda Venter




SNOEK OF TUNA TERT

snoektert - marietested

SNOEK OF TUNA TERT

2 blikke tuna of gevlokte gaar snoek
2 kp melk
1 pakkie wit uiesop
1kp gerasperde kaas
1/2 kp mayonnaise
1 kp noedels of 2 pk 2min noodles ( prawn of hoender)
2 geklitste eiers
250ml room
Kook die noedels/2 min noodles volgend die intruksies op die pakkie
Meng alles goed en gooi in oond bak. Bak by 180 grade C vir ongeveer 40-50 min of tot gaar.

Vriendin Marie de Vries.