LEKKER BILTONGTERT

2013-12-27-biltongtert
LEKKER BILTONGTERT
Meng saam:
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde kaas
½ koppie gesmelte botter
Druk vas op bodem van glasbak as kors.
Plaas ‘n dun lagie gekerfde biltong, 1 lagie feta kaas en 1 lagie biltong poeier op die kors.
Meng die volgende saam en giet dit bo-oor :
3 eiers
250 ml room
250 g gewone maaskaas
Bak in oond op 160°C ongeveer 45 – 50 minute. Haal uit en eet lekker!!
Foto:  Lizette Peyper




SOUTTERTE

 soutterte louisetested
SOUTTERTE
Maak die lewe vir jouself maklik met soutterte!
Gebruik enige bestanddele waarvan jy hou, plaas dit in ‘n tertbord, klits 4 eiers en bietjie melk saam, voeg geurmiddels by en gooi oor vulsel bestanddele.
Strooi lekker gerasperde cheddarkaas bo-oor en bietjie gemengde droë kruie en bak vir omtrent 30 – 35 min of tot gestol en gaar.
Heerlike ete saam met slaai vir die Somer
Hier het ek bacon-worsies, olywe en Mozzarella-kaas gebruik en hoender en sampioen.
Gebruik verskillende kase soos Feta, Mozzarella en Parmesaan vir lekker afwisseling.
Foto en resep:  Louise Groenewald



HAM EN KAAS QUICHE

2013-12-10-1460088_10152870930754460_36172791_n
HAM EN KAAS QUICHE
4 eiers
1 koppie griekse ongegeurde yogurt
3/4 koppie gerasperde ham
3/4 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Medium ui fyn opgesny
1/4 soetrissie fyn opgesny
Klits die eier goed en gooi al die bestanddele saam. Gooi in tert pan of muffin pannetjies en bak teen 180 grade C vir 40 minute

BRON- Elmarie van der Merwe




HOENDER, SPEK EN ROOI UIE TERT

hoender en spek terttested

HOENDER, SPEK EN ROOI UIE TERT
Hierdie tert is soos Oubaas van 7de Laan sal sê: “Uit die boonste gestoeltes”.

4-5 hoender borsies in blokkies gesny
1 pakkie “diced bacon”
1 rooi ui (gekap)
5 ml paprika
sout en peper na smaak
1 eetlepel uie marmelade (optioneel)
3 eiers
250 ml room
1 koppies gerasperde kaas
1 rolletjie “puff pastry”

Rol deeg uit en plaas in tertbak van ± 20cm deursnee. Plaas in yskas tot benodig.
Braai uie, hoender en spek tot bruin. Geur met paprika, sout en peper. (Hier het ek ‘n eetlepel van Woolies se Onion Marmalade bygegooi)
Meng eiers en melk goed.
Skep hoender- en spekmengsel in tertbak op kors.
Gooi eier- en melkmengsel bo-oor. Strooi kaas oor en bak vir 20min @ 200°C.
(Die oorspronklike resep kry ‘n prei ook in en hulle gebruik cammembert ipv die cheddar wat ek gebruik het.)
Ek het dit bedien met gemengde groente wat ek sommer in die pan gebraai het.
Foto:Marelize Kotze

 




HOENDERKAASKOEK MET SAMPIOENSOUS

hoenderkaaskoektested

HOENDERKAASKOEK MET SAMPIOENSOUS

Kors
½ pakkie Cream Cracker-beskuitjies, fyn gekrummel
90g (100ml) botter, gesmelt
2ml droë gemengde kruie

Vulsel
30ml botter
1 ui, fyngekap
30ml koekmeelblom
190ml hoenderaftreksel
190ml Cheddarkaas, gerasper
5ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
1 houer (250g) krummelmaaskaas
3 eiers, geskei
80ml room
500ml gaar hoendervleis, in blokkies gesny (vel en bene verwyder)
Bolaag
30ml botter
250g vars sampioene, skyfies gesny
200-250ml room
100g (250ml) Cheddarkaas, gerasper
vars pietersielie, fyn gekap.

Metode:
Voorverhit oond tot 180 grade C en smeer ‘n 20cm losboompan. Ek bak in die waaier oond teen 160 grade C.
Meng beskuitjiekrummels, botter en kruie vir kors deeglik saam. Druk vas op die boom van die pan.
Verkoel tot benodig. Berei die vulsel: Smelt botter en soteer ui tot sag. Voeg meel by en braai 2 minute.
Voeg aftreksel geleidelik by en kook tot dik en glad. Voeg kaas, mosterd, sout en peper by.
Klop maaskaas, eiergele en room saam en voeg by kaassous. Voeg hoender by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep vulsel in die kors en bak sowat 45- 60 minute tot gaar en gestol.
Laat afkoel en keer uit op ‘n opdienbord.
Berei die bolaag:
Smelt botter en soteer sampioene tot sag.
Voeg room en kaas by en verhit oor lae hitte tot kaas gesmelt is – die mengsel moenie kook nie!
Skep oor “koek”, sprinkel vars pietersielie oor en bedien warm of koud.

Louise Groenewald / (Dankie Mariette Visser vir jou resep!)
Foto: Adam Cloete
hoenderkaaskoek martie
Foto: Martie Fourie Moolman
NOTA: Indien die sampioen sous te loperig is maak dit dikker met bietjie maizina of koekmeel, dit moet nie van die koek afloop nie
Pas jou baktyd aan tot dit heeltemal gestol is, oonde verskil




SPEK, SAMPIOEN KAAS EN BABY MARROW MINI SOUTTERTJIES

 spek souttertjies carol

SPEK, SAMPIOEN KAAS EN BABY MARROW MINI SOUTTERTJIES
Snipper en braai:
1 pkt spek
halwe kop gekapte sampioene
1 gekapte ui

Wanneer dit afgekoel het, voeg by:
4 gerasperde baby marrows
200 ml koekmeel
5 geklitste eiers

Gemeng met:
halwe kop room
3 kop gerasperde kaas

Geur met sout en peper. Voeg 3 etl Ina Paarman garlic en herb speserye by. Meng alles goed en skep in gesmeerde muffin pan. Bak vir 15-20 min.
Eie resep – Carol Elliott Claassen




QUICHE LORRAINE ALA BRIDGET

quiche lorraine elizetested
QUICHE LORRAINE ALA BRIDGET
Short crust pastry
100 g plain flour
25 g margarine
25 g white fat shortening
Pinch of salt

Preheat oven 190º C
Rub margarine and fat into flour to form a dough. Line 6 individual flan pans prick bottom with fork. Put baking proof paper over pastry and fill with rice or dry beans and bake blind for 15 min.
Filling
50 g bacon
50 g mushrooms
1 onion
2 tomatoes
2 eggs
125 ml milk
50 g cheese
Parsley

Remove rind from bacon ad chop in small pieces. Fry until cooked and set aside.
Chop mushrooms and fry until cooked and set aside.
Chop onion in small pieces fry until soft and set aside.
Mix above three ingredients and divide into 6 flan pans
Slice tomatoes in rings put on baking tray in oven 120 deg C for 10 min. to dry.
Put tomatoes slices on top of filled pans.
Grate cheese and sprinkle on top add copped parsley.
Beat eggs and milk add seasoning and pour over filling.
Bake 30 to 40 minutes 190 deg C until golden brown.
Serve with a salad.
Source:  Elize de Kock




SARDYN TERT

sardyntert

SARDYN TERT
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis ( (Rita skoonsus)
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
3 groterige aartappels, sag gekook
50 ml water
30 ml botter
1 eier
2 ml sout
knypie peper
5 ml bakpoeier
(Maak mash, klop laaste die bakpoeier by) smeer mash mengsel in bak!
Vulsel:
2 uie
1 ml sout
25 ml botter
knypie rooi peper
25 ml koekmeel
200 ml melk
1 groot blik sardyne in tamatiesous
2 eiers
25 ml fyn pietersielie
12,5 ml asyn

Skil en kap uie fyn en mikrogolf dit saam botter vir 3 min op 100% krag. Roer die koekmeel, sout en rooipeper by en daarna die melk, mikrogolf 3 min by 100% krag en roer elke minut! Vlok sardyne! Meng dit met uiesous, eiers en die helfte van die pietersielie en die asyn! Giet die vulsel in die aartappelkors. Strooi pietersielie oor! Mikrogolf die tert ongeveer 20 min by 70% krag tot feitlik gestol! Laat staan ‘n paar minute en skep op!!!!!!
HEERLIK




GESONDE SOUTTERT

2013-10-30-gesondesouttert

My “gesonde” souttert. Basiese souttert bestandele: meng 6eiers, ham en salami. 1klein fyn gekapte ui en seldery fyn gekap. Sout en peper na smaak. 1/2koppie kaas in blokkies gensy(meng ook in beslag) en 1/2koppie gerasperde kaas om bo-oor te strooi. Ekt ook 3klein gerkins gekap en in gegooi. Voorverhit oond teen 200*C. Bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op. Laat afkoel en sit in die yskas of bedien warm. Enjoy!!!

Bron- Marelize Lourens




AARTAPPEL QUICHE

AARTAPPEL QUICHE
800 g aartappels
½ teelepel sout
knippie swartpeper
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel botter
8 skyfies spek
320 ml grof gerasperde murgpampoentjie
1 medium ui gekerf
4 eiers geklits
250 ml room
250 ml gerasperde cheddar kaas
1 eetlepel bruismeel

Voorverhit oond 180ºC. Skil aartappels en sny in dun skyfies. Was aartappels goed af en druk oortollige water uit. Strooi sout en peper oor aartappels. Braai aartappelskyfies in die olie en botter mengsel tot gaar en goudbruin. Smeer tertpan liggies met botter. Pak die gebraaide aartappels om kors te vorm (onthou om die kante ook te pak). Braai die spek (redelik bros) en krummel. Braai die murgpampoentjies en uie in die spek olie pan. Meng die volgende saam: eiers, room, meel, sout, kaas, spek, murgpampoentjies, uie (maak seker die eiers, room en meel is goed gemeng). Giet die mengsel oor die aartappel kors. Bak vir 50 minute.

Foto:  Adrian Olivier
Het gisteraand die aartappel quiche op die blog gemaak. Hy het net in plaas van die murpampoentjies en spek, die vis wat oorgebly het van die ander aand daarin gesit.