BETS SE SOUTTERT


BETS SE SOUTTERT
Kors:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
125 ml kookolie
150 ml kookwater
Sif droë bestanddele saam. Voeg olie en kookwater by en maak aan tot hanteerbare deeg. Druk in gesmeerde oondpan.
Vulsel:
½ blik tamatie puree
4 eiers
½ koppie melk
500 g gekapte ham
1 koppie gerasperde kaas
1-2 gekapte uie
gekapte pietersielie na smaak
1 teelepel mosterdpoeier
oreganum na smaak
½ teelepel rooipeper
1 blik suikermielies
Smeer tamatie puree egalig op rou kors. Klits eiers en melk saam. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Gooi oor kors en bak by 180ºC vir 30-40 minute of tot gaar!
Resep en foto: Bets Lourens










