RICE AND CORN TART

2014-04-20-ricecorntarttested

RICE AND CORN TART
Rice crust
180 g (225 ml) raw long-grain rice
Salt/ freshly ground pepper to taste
1 onion grated
60 g (150 ml) mature cheddar cheese, grated
30 ml finely chopped parsley or fresh herbs mixed
2 extra-large eggs, beaten
30 g butter or margarine, melted

Filling
30 ml oil
1 large onion, finely chopped
2 leeks, trimmed, split, washed and finely sliced
1 red pepper, seeded and diced
1 green pepper, seeded and diced
420 g tin creamed sweetcorn
Salt/grounded black pepper
2 extra-large eggs, beaten
Extra chopped parsley and green pepper rings to garnish

Rice crust
Cook rice in boiling salted water for 18-20 minutes or until tender and drain well
Transfer to mixing bowl, stir in remaining ingredients and mix well
Turn mixture into well greased 230mm diameter springfoam pan, use back of spoon, press on base and up sides of pan forming a crust and set aside

Filling
Heat oil in a large frying pan, saute onions, leeks and peppers for 5-8minutes until soft , not coloured
Remove from heat stir in remaining ingredients and mix well
Pour filling into prepared Rice Crust and level surface
Stand springfoam pan on a baking tray, bake at 180 degrees for 1 hour or until well risen and firm
Remove from oven, leave to stand for 10 minutes before removing from springfoam pan
Transfer to serving plate, garnish with extra parsley and green pepper rings
Serve warm or cold, cut into wedges

Photo: Marie Dumas Jennings




BILTONGTERT

BILTONGTERT
Lewer 1 tert van 23 cm
KORS
165 g koekmeel
100 g heelgraanmeel (Nutty Wheat)
2 ml (½ teelepel) sout
100 g botter
250 g roomkaas

VULSEL
500 ml (2 koppies) melk
25 ml (5 teelepels) ui, gerasper
1 lourierblaar
2 naeltjies
25 g botter
20 g koekmeel
sout en vars gemaalde peper na smaak
1 eier, ongeskei
2 eiers, geskei
125 g cheddarkaas, gerasper
250 g biltong, in skryfies gesny

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ’n tertpan van 23 cm.

Kors:
Meng die koekmeel, heelgraanmeel en sout in ’n mengbak en vryf die botter met jou vingerpunte in.
Voeg die roomkaas by en meng deeglik. Voer die tertpan daarmee uit en bak 12-15 minute blind.
Vulsel:
Verhit die melk, ui, lourierblaar en naeltjies saam. Laat dit 10 minute trek en giet deur ’n sif.
Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Hou aan roer tot dit kook.
Voeg die warm melk, sout en peper stadig by terwyl jy aanhou roer.
Laat prut tot dit verdik. Verwyder van die hitte.
Klits die heel eier saam met die eiergele en roer dit bietjie vir bietjie by die witsous.
Voeg die kaas en biltong by en meng goed.
Klop die eierwitte tot die sagtepuntstadium en vou dit by die mengsel in.
Skep dit op die tertbasis en bak 45 minute tot die vulsel goudbruin is en uitgepof het.
Strooi biltongskyfies oor en sit die tert warm of koud voor.

Resep geplaas deur Dirk Reload
Bron: Nellie de Koker van Pretoria
Foto: Alettha Rust




BETS SE KORSLOSE SOUTTERT

BETS SE KORSLOSE SOUTTERT
250 g spek (gesnipper)
6 viennas/1 klein blikkie viennas (ringetjies gesny)
125 g polonie (gerasper)
125 g kaas (gerasper)
2 eetlepels koekmeel
1 koppie melk
2 eiers (geklits)
1 teelepel mosterdpoeier
1 ui (gerasper)
1 teelepel pietersielie (gekap)
Meng al die bestanddele saam en skep in gesmeerde kolwyntjie pannetjies of oondpan. Bak teen 180ºC tot gaar. GENIET!!

Resep:  Bets Lourens




JUDY SE SOUTRING- SAVOURY RING

2014-04-13-soutringtested

JUDY SE SOUTRING- SAVOURY RING
My resep met AVO in:
1 pak Bacon Kips
125 ml margarien
5 fyngedrukte, gekookte eiers
mayonnaise, na smaak
sout en peper
1 houer maaskaas
70 ml gerasperde Cheddar kaas
2 avokado’s
bietjie suurlemoensap
350 g dik skywe ham
mosterd

Druk die Bacon Kips fyn, smelt die margerien en meng saam. Verdeel in 5 gelyke dele.
Spoel jelring net met koue water uit, maar voer pannetjie met kleefplastiek.
Vul jelring of broodpannetjie in lae as volg:

1. Eerste koekielaag.

2. Die eiers gemeng met ‘n bietjie mayonnaise, sout en peper.

3. Koekielaag.

4. Die maaskaas gemeng met die Cheddar kaas.

5. Koekielaag.

6. Die avokado’s, fyngedruk en gemeng met bietjie suurlemoensap en mayonaise.

7. Koekielaag.

8. Die hamskywe, opgekap in klein blokkies en gemeng met mayonnaise en mosterd.

9. Koekielaag.

Druk vas en plaas in yskas vir so 2-3 ure. Keer uit op bord voor bediening. Enjoy!

BRON- Judy Bester




FRIEDA SE TUNATERT

tortilla friedatested
FRIEDA SE TUNATERT
Dis heerlik en ‘n ete net so saam met ‘n groenslaai… baie lekker in die tortilla en vullend.
2 blikkies Tuna
2 eiers, geklits
1 sny witbrood
1 teelepel aromat
1 ui, gekap
1 koppie melk
½ koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas

Meng alles, bak 20 minute by 180°C in konveksie oond.
In ‘n gewone oond sal dit 30 – 40 minute bak.
Resep en foto: Frieda Greyling




COLD TUNA AND AVO SAVOURY TART

 tested

COLD TUNA AND AVO SAVOURY TART
Crust
Packet salty Crakers Crushed-still little course
Margarine-not too much(?)
Mix margarine &crushed biscuits
Line bottom of pie dish
Filling
A) 2xtins tuna in brine (drain)
1x chopped onion (very fine)
Mayonaise(any type )
Mix tuna &onion& mayo
Place op top of crust
B) spread swaat chilly sauce over tuna mixture
C) 3 x large avocados
Lemon juice
Mush avo and lemon (no salt added)
Spread over chilly layer
D) 2x tubs clover cream cheese with black peper
Spread cream cheese over avo layer
Place in refrigerator for 24 hours
Die tert is heerlik kan tot n week in yskas bly. Avo word nie swart

Geplaas deur Sannie Broodryk.- Lucille Barrenger




GERDATJIE SE SATERDAGTUNA

2014-03-28-gerdatjiesesaterdagtuna

GERDATJIE SE SATERDAGTUNA
1 blikkie tuna (olie gedreineer)
1 groot pak kaas-en-uie-aartappelskyfies
1 pakkie sampioenssoppoeier
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie water

Klop eiers en melk saam. Meng soppoeier en water. Maak aartappelskyfies fyn. Vlok tuna en voeg skyfies, eier- en sopmengsel by. Meng goed. Gooi in gesmeerde bakskottel en bak in voorverhitte oond by 180 grade C tot ligbruin en gaar. Dien op saam met slaai.
Gereg kan goed bevries word.
Resep geplaas deur Gerda Janse van Rensburg
Foto: Adam Cloete




MARMITE TERT MET CHEDDAR EN BILTONG

2014-03-27-marmitetertmetcheddarbiltong

MARMITE TERT MET CHEDDAR EN BILTONG
Lekker soet-sout!
3 eetl. Margarien
1 kp suiker
1 eier
1 kp melk
1 1/2 kp bruismeel

Oond 180 grade C.
Verroom suiker en margarien.
Gooi die eier by en dan die melk en meng goed.
Voeg die bruismeel by en meng tot glad.
Bak in gesmeerde Pyrex bak tot goubruin en “koek” wegtrek van die kante.
Druk gaatjies in met toetspen en gooi dadelik 1/2 kp gesmelte margarien oor.
Laat bietjie afkoel en smeer warm marmite oor. (Ek maak dit sommer warm in die mikrogolf dan smeer dit maklik)
Gooi fyn biltong en so 1 kp fyn gerasperde cheddar oor. *Kan pietersielie ook oorgooi.
GENIET!

BRON- RESEP & FOTO VANAF JEAN-MARIE STEENBERG




AARTAPPEL EN CABANOSSIE WORS QUICHE

2014-03-23-aartappelencabanossieworsquichetested
AARTAPPEL EN CABANOSSIE WORS QUICHE

Ek maak wat ek noem gedrukte aartappels, maar wat ek dinkjulle noem Plat aartappels. Kook die aartappels in die skil tot sag. Dreineer en laat effens afkoel. Druk nou die aartappels op ‘n plat oppervlakte met die kussing van jou hand, saggies dat dit oopbars.
Plaas dit versigtig in diepolie en braai tot die buitekante lekker kragerig is en die binneste van die aartappel wat sigbaar is, begin verbruin. Hierdie aartappels kan net so voorgesit word met ‘n blob botter in elk en lekker dik gestrooi met Aromat. Ek het egter die aartappels geneem en verder plat gedruk en versprei onder in ‘n gesmeerde oondbak. Rangskik nou die worsies daar in en giet ‘n mengsel van 3 eiers, 250ml melk en ‘n pakkie kaas en bacon Potato bake (goed gemeng) daaroor. Bak in die oond by 180ºC vir 30 minute. LEKKER!! Soos jy kan sien is daar nie ‘n kors nodig nie en het dit pragtig gesny en skoon uit die bak gekom.

ADAM CLOETE




CRUSTLESS SPINACH AND MUSHROOM QUICHE

crustless quichetested

CRUSTLESS SPINACH AND MUSHROOM QUICHE

170g Cheese
250g Spinach
125g Mushrooms
3 tbs flour
3 eggs beaten
2/3 cup mayonnaise
Greek spices

Toss grated cheese with the flour
Fry mushrooms and wilt spinach
Let it cool
Mix all the ingredients together
Grease mini quiche pan
Fill 3/4
Bake at 180 degrees C for 20min

Wian Swart
Dis n resep wat ek al jare terug op die internet gekry het. Die een het ek gemaak met 100g bloukaas en 70g cheddar. Ek sit ook sommer die hele sak spinasie (500g) en die hele bakkie mushrooms (250g) in. Dan is dit nie so “eggy” nie. Die oorspronklike resep het ook bacon in, maar ek hou van die vegetariese opsie. Heerlike bykos by n braai of sommer n ligte ete saam met n groen slaai.

Bron – Wian Swart
Foto:  Sansha Meyer