1

SOUTTERT MET RYK KAASKORS


SOUTTERT MET RYK KAASKORS
Die kors is Petré Van Jaarsveld se resep en dis heerlik. Die vulsel maak jy na gelang van jou smaak of waarvoor jou mense lief is.
Verhit oond op 180ºC.

Kors:
100 g meel
100 g botter
100 g gerasperde Cheddarkaas

Ek het ‘n bietjie gerookte paprika bygesit vir ekstra geur.
Verwerk vinnig in voedselverwerker tot ñ bol deeg vorm. Druk die deeg met jou vingers onder in ‘n tertbord en teen die kante. Plaas in yskas terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel:
Kies waarvan jy hou –
gekapte gaar bacon
gebraaide ui of preie (leeks)
gebraaide green peppers
gebraaide sampioene
gesnyde gerookte ham
enige worsies
gaar hoender
gaar maalvleis
rissies
spinasie en Fetakaas
Gebruik jou verbeelding. 😀

Plaas jou gaar vulsel bestanddele in die kors. Klits 2 – 3 eiers saam met omtrent 50 ml melk of room wat met sout en peper gegeur is. Gooi oor vulsel en sprinkel ‘n klein bietjie kaas oor. Versier met klein tamaties indien verkies. Die kors is reeds ryk, so net ‘n klein bietjie kaas is nodig. Sprinkel met gerookte Paprika of gemengde gedroogte kruie.
Bak 30 minute en kyk of mooi bruin. Kan nog so 3 min gee vir mooi goudbruin kleur.
Ek gaan van nou af net hierdie kors gebruik, want dis almal se nuwe gunsteling. 😁
Foto en resep:  Louise Groenewald




BACON AND CHEDDAR POLENTA QUICHE


BACON AND CHEDDAR POLENTA QUICHE
6 slice thick bacon
2 ¼ cups milk
2 tablespoons butter
½ cup uncooked polenta
2 teaspoon kosher salt, divided
1 tsp black pepper, divided
2 ½ cups shredded sharp cheddar cheese, divided
6 large eggs
2 ½ cups half milk half cream
1 cup heavy cream
1/3 cup sliced chives

Cook bacon in a skillet over medium heat until crisp; drain and crumble. Transfer 2 teaspoons bacon drippings to a saucepan.
Bring drippings, milk, and butter to a boil over medium heat in the saucepan. Gradually whisk in polenta, 1 teaspoon salt and 1/2 teaspoon pepper, cook on medium heat,  whisking constantly for 15 minutes or until very thick. Remove from heat, let stand 10 minutes.
Stir in 1 cup cheese; let stand 10 minutes. Stir in 1 egg, spread in a 9-inch springform pan coated with cooking spray.
Bake in a preheated 180ºC oven for 25 minutes or until set and browned.
Sprinkle remaining 1-1/2 cups cheese over warm polenta, spreading to edges.
Let stand 15 minutes.
Reduce oven temp to 160ºC. Combine half-and-half, cream, chives, and remaining 5 eggs, 1 teaspoon salt and 1/2 teaspoon pepper.
Pour over polenta and sprinkle with crumbled bacon.
Place pan on a foil-lined baking sheet.
Bake at 160ºC for 1 hour and 15 minutes or until lightly browned and just set.
Let stand 20 minutes. Run a sharp knife around edges of quiche; remove sides of pan, and serve.
Recipe submitted by Nicolette Papas
Photo:  Nicolette Papas




SMUL LEKKER SPEK, SPINASIE EN FETA QUICHE


SMUL LEKKER SPEK, SPINASIE EN FETA QUICHE
Kors:
240 g koekmeel
230 g botter
150 g gerasperde cheddar kaas

Smeer met botter of spuit met cook n spray ‘n quiche ring/tert bord en voorverhit jou oond na 180 º C.
Meng al die kors bestanddele saam in ‘n voedselverwerking en druk die deeg vas in jou ring of tert bord.
Hou die kors in die vrieskas terwyl jy jou ander bestanddele voorberei.

Vulsel:
500 g spinasie, gesnipper
1 eetlepel olie
250 gram spek
1 ui, fyngekap
1 knoffel huisie, fyn gekap
250 g sampioene, gekap
sout, peper en aromat na smaak
100 g gerasperde kaas

Braai al die bestanddele behalwe die kaas saam tot mooi gaar. Skep dit in die tert kors en maak seker dat dit mooi gelyk versprei is oor die kors. Sprinkel nou die gerasperde kaas saam.

Bolaag:
3 eiers
150 g korrelrige maaskaas
100 ml melk
1 wiel feta kaas
gemengde gedroogde kruie na smaak

Meng al die bestanddele saam, behalwe die feta  en kruie. Giet die mengsel oor jou spinasie mengsel en krummel dan jou feta bo oor. Sprinkel nou met gemenge kruie en bak vir 30-40 min (totdat hy mooi geset en effens bruin is) by 180 ºC.
Hy kan dadelik warm geëet word, maar is ook heerlik as hy oornag in die yskas gestaan het.
Bedien met ‘n lekker vars slaai.

Wenk: Ek hou nie van ‘n baie dik kors nie en my quiche ring is redelik dun. Ek het my kors bestanddele gemeng en helfde daarvan in ‘n zip lock sakkie gegooi en in die vrieskas gesit. Die kors deeg vries baie mooi en kan tot en met 6 maande in die vrieskas gehou word. Wanneer jy dit weer wil gebruik, los dit oornag in die yskas om te ontdooi.
Foto: Chante Putter




ANEEN SE SOUTTERTJIES


ANEEN SE SOUTTERTJIES
Die resep is baie lekker vir kleintertjies. Sit ook nie vas in pan nie.
Korslose souttert:
1 blik viennas, fyn gesnipper
1 blik soutvleis, gepluis
450 ml melk
500 ml gerasperde kaas
125 ml koekmeel
3 eiers, geklits
1 ui, gekap
5 ml elk sout, mosterdpoeier en gedroogte pietersielie

Meng alles saam en bak op 180ºC tot gestol en ligbruin.
Kan as groot tert of as klein tertjies gebak word.
Resep:  Aneen Ferreira
Foto’s en Nota:  Amanda Scholtz Mostert
Aneen se souttertjies is heerlik.
Ek het die resep dubbel aangemaak, maar ‘n enkele keer sal ook baie wees.
Die kinders het van dit as middagete geeët.
(Dit het effens vas gesit.)




RIA SE SOUTTERT MET VARIASIE


RIA SE SOUTTERT MET VARIASIE
Broccoli en Feta souttert en Groenrissie souttert
Het jare terug die basisresep in ‘n tydskrif raakgeloop. Vandag bietjie aangepas vir al die verskillende voorkeure van die gesin.

Broccoli en Feta souttert
4 snye witbrood (ek los die korsies aan)
300 ml melk
250 g spek, gesnipper
1 ui, blokkies gesny
2 koppies gaar broccoli
2 sirkels Feta (kan verminder)
7 eiers
sout en swart peper
1 sirkel Feta kaas vir bo-oor

Voeg melk by brood.
Braai spek en uie.
Klits eiers.
Sny Feta in blokkies.
Sny broccoli fyn.
Roer alles bymekaar.
Geur na smaak.
Frummel Feta bo-oor.
Bak 30 – 45 minute by 180 ºC

Groenrissie souttert
Presies soos bo.
Vervang broccoli net met  1 gekerfde, gebraaide groenrissie, en Feta met 250 ml gerasperde cheddarkaas. Gooi nog kaas bo-oor.
Foto en resep:  Ria Dednam




LOUISE SE “UIT DIE KOP” SOUTTERT


LOUISE SE “UIT DIE KOP” SOUTTERT
Ek het die souttertdeeg probeer wat 1 koppie meel, 1 koppie kaas en 1/2 koppie margarine bevat. Meng saam en gebruik vir kors.
Dis heerlik, maar verskriklik ryk.
Vulsel:
6 stukkies spek, gebraai en gekap
1 koppie melk
4 large eiers
1 eetlepel Maizena
kaas om bo-oor te strooi

Maak kors en druk vas onder in tertbord en effens teen kante. Klits alles saam behalwe die spek en kaas. Strooi spek oor kors en gooi eiermengsel versigtig oor. Strooi bietjie kaas oor. Bak 30 – 35 minute op 180ºC.
Resep en Foto: Louise Groenewald




CHEDDAR, CORN AND BILTONG QUICHE


CHEDDAR, CORN AND BILTONG QUICHE
SERVES: 6
Pastry:
200 g (2 cups) cake flour
salt
25 ml (½ cup) butter, slightly softened
125 ml (½ cup) grated cheddar cheese

Filling:
125 ml (½ cup) grated cheddar cheese
1 x 400 g can whole kernel corn, drained
125 ml (½ cup) thinly sliced biltong
65 ml (¼ cup) chopped flat leaf parsley
salt, freshly ground pepper and nutmeg
125 ml (½ cup) cream
250 ml (1 cup) milk
3 eggs

Place the flour, salt and butter into a bowl.
Rub with your fingers until the mixture resembles fine bread crumbs.
Add the cheddar cheese and work the mixture into a coarse dough, which holds when pressed together.
Tip the crumble into a quiche dish that has been sprayed with non-stick spray.
Press the dough into the dish evenly over the bottom and up the sides.
Chill for 30 minutes.
Sprinkle the cheddar cheese over the bottom of the pastry.
Add the biltong on top of the cheese.
Add the flat leaf parsley.
Add the whole kernel corn.
Whisk together the cream, milk and eggs and season well.
Pour this custard over the corn and bacon filling.
Bake the quiche in a preheated oven at 180˚C for 35 minutes or until the quiche is set, golden and puffy.
Serve hot or cold.
Photo: Lorraine Rowland Tibshraeny




AARTAPPEL EN WORTEL SOUTTERT


AARTAPPEL EN WORTEL SOUTTERT
3 medium groot aartappels, geskil en gerasper
3 medium groot wortels, geskil en gerasper
½ ui, gerasper
1 koppie stukkies ham, worsies, ontbytspek of wat jy verkies (opsioneel)
1 koppie melk
2 eiers
2 hoogvol eetlepels bruismeel
sout en peper na smaak
gerasperde kaas om bo-oor te strooi

Meng die aartappels, wortels, uie en vleis byvoegsels (indien jy dit gebruik) in ‘n mengbak. Klits die twee eiers in die melk en voeg die meel daarby. Klits die mengsel om klonte te verwyder en meng deur die aartappel mengsel. Geur met sout en peper, plaas oor in ‘n oondbak, strooi die kaas bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 40 minute tot gestol en goudbruin bo-op.
Nota: Hierdie hoeveelhede is vir 6 medium groot porsies en kan maklik vermeerder of verminder word volgens behoefte.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




BANTING / LOW CARB TUNA QUICHE


BANTING / LOW CARB TUNA QUICHE
Resep genoeg vir 4 persone.
1 medium ui
½ green pepper
2 blikkies tuna in water, gedreineer
1 eetlepel knoffel
8 eiers
¼ koppie melk
½ teelepel bakpoeier
1 koppie wit cheddar
sout, peper, Italian herbs en paprika na smaak

Braai ui, greenpepper, knoffel en voeg tuna by. Laat afkoel.
Klits eiers, speserye, bakpoeier en melk. Meng saam tuna mengsel in oondvaste bak. Bak vir 20 minute, strooi kaas oor en grill tot kaas begin bruin word.

Foto: Chireen Buitendag




CRUSTLESS SAVOURY TART WITHOUT BREAD


CRUSTLESS SAVOURY TART WITHOUT BREAD
½ cup viennas, chopped (or ham, bacon, asparagus)
1 cup cheese, grated
1 onion, chopped
parsley, salt and pepper, mustard, aromat (to taste)
2 tablespoon flour
1 cup milk
2 eggs

Place the chopped viennas (or filling of choice) into a greased dish.
Mix the beaten eggs and milk into the dry ingredients. Add the onion and cheese.
Pour over the filling. Sprinkle with paprika.
Bake at 180ºC for 30 minutes.
I doubled the recipe and instead of one tart I made smaller tartlets and baked for +/- 20 minutes.
Recipe and photo: Melissa Ann Vermeulen