CRUSTLESS MINI-QUICHES

FLR BB with Heart

CRUSTLESS MINI-QUICHES
Ek het die een al baie gemaak, maar nog nie aangestuur vir die Foodlovers nie:
170 g grated Cheddar
3 tbsp. flour
3 eggs, beaten
2/3 c. mayonnaise
1  pkg. chopped frozen spinach, thawed, drained
8 slices bacon, cooked, crumbled
1 can chopped mushrooms, drained
1/2 tsp. Greek all-purpose seasoning
Dash of freshly ground pepper
2 tbsp. chopped black olives (optional)

Toss cheese with flour. Add remaining ingredients; mix well. Grease miniature muffin tins well. Fill with mixture. Bake at 350 degrees for 20 minutes or until set. Makes about 24.
Wian Swart Ek gebruik ‘n 250g pakkie mushrooms en 500g vars spinasie wat ek net vinnig in die pan sit as die mushrooms klaar gebraai het. Oja en ek gebruik sommer enige speserye. Bietjie cayenne peper is altyd lekker.
Resep ingestuur deur Wian Swart

Marie Estelle Smit
Ek rasper kaas, sny pak bacon by, blik worsies, 2 hardgekookte eiers. Meng met 2 eiers, 1 1/2 kop melk en bietjie mosterd sout en peper. Skep in doppies en bak tot gaar.




VINNIGE MUFFINS OF KORSLOSE SOUTERT

2014-09-21-vinnigekorslosesoutterttested
VINNIGE MUFFINS OF KORSLOSE SOUTERT
Ontbyt met n twist – Ontbyt in een muffin.
1 koppie tamaties gekap
1 groot ui gekap
2 teelepels droë pietersielie
½ koppie sprietuie
4 koppies broodkrummels
3 koppies polonie (375 g)
½ teelepel sout
5 medium eiers
1 teelepel rooipeper
(¼ koppie melk indien nodig)
Braai die tamaties, uie, droë pietersielie en spring onion saam in n bietjie olie.
Meng met die res van die bestanddele.
Indien die beslag bietjie styf is meng bietjie melk in.
Sit in kolwyntjie pannetjies en strooi kaas oor.
Bak vir 25 minute by 180 ºC

Resep en foto: Meisie Hattingh‎




MAKLIKE KORSLOSE SOUTERT

FLR BB with Hearttested

MAKLIKE KORSLOSE SOUTERT
500 g vis/vleis/hoender
2 koppies gerasperde cheddar kaas
4 eiers, liggies geklits
1 ui, fyn gekap
3 eetlepels koekmeel
500 ml melk
3 teelepels droë mosterdpoeier
2 teelepels vars gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Meng al die bestanddele saam en skep in gesmeerde tertbak.
Bak vir ongeveer 40 min. of tot ligbruin

Resep: Esmerilda Hanekom




KORSLOSE SOUTTERT MET VERSKILLENDE KOUE VLEIS

tested
KORSLOSE SOUTTERT MET VERSKILLENDE KOUE VLEIS

As jou tyd min en jou huismense honger is, is hierdie resep net die ding!
30 ml olie
1 ui, gekap
125 g sampioene, gesnipper
125 g geurige kouevleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 wiel fetakaas, gekrummel
30 ml fyngekapte pietersielie
80 ml bruismeel
Sout en swartpeper na smaak
4 eiers, geklits
375 ml melk

Voorverhit die oond tot 190 grade C en smeer ’n middelslag-tertbord. Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar. Laat effens afkoel en roer die kouevleis, kase en pietersielie by. Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur. Klits die eiers en melk saam en voeg by. Roer tot goed gemeng. Giet egalig in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is. Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai. Lewer agt porsies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Hanta Henning




SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE

2015-06-07-spinasiesmapioenspekenfetaquichebacon quiche nadinetested

SPINASIE SAMPIOEN SPEK EN FETA QUICHE
Foto: Wilna Dorfling
Tweede foto: Nadine Nortier
FOOD LOVERS RECIPES
240 g koekmeel
230 g botter
150 g Cheddarkaas
Vulsel:
500 g spinasie
45 ml olie
250 g spek
1 groot ui
1 knoffelhuisie
300 g sampioene
sout, peper en Aromat
100 g gerasperde Cheddarkaas
Bolaag:
3 eiers
150 g korrelerige maaskaas
100 ml melk
1 wiel Feta

Meng al die bestanddele met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm.
Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg.
Laat staan in die yskas vir 15 min.
Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in olie tot gaar.
Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel. Laat dit vir 5 min kook.
Voeg al die speserye by. Skep mengsel eweredig in pan.
Strooi gerasperde kaas oor.
Klits al die bolaag se bestandele behalwe die Feta.
Giet die mengsel oor die spinasie. Frummel dan die Feta kaas oor.
Bak vir sowat 40 min in die oond by 180°C.
Bedien warm of koud saam met gebraaide kersie tamaties, of net ‘n lekker mengelslaai.

Nadine Nortier:  Ek het net die vulsel verander na bacon en worsies omrede manlief nie spinasie eet nie.




TUNA EN RYS PASTEI

 

tested
TUNA EN RYS PASTEI
Hier is ook een om te probeer :
2 koppies gaar Tuna
1 ui fyn gesny of grasper
1 koppie gaar rys
½ koppie mayonaise
1 koppie gerasperde cheddarkaas
3 eiers geklits
Meng al die  bestanddele saam.
Plaas in ‘n gesmeerde oondbak.
Strooi nog van die kaas bo oor.
Bak teen 180ºC vir 30 min.

Resep en foto: Johan Du Preez Snr




SPINASIE QUICHE

spinasie quichetested
SPINASIE QUICHE
1 rol puff pastry, ontdooi
1 Ui, opgekap
250 g spek
1 pak spinasie
250 ml room
3 eiers
Fetakaas

1. Sit puff pastry in quichebak en druk mooi teen kante vas. Sny oorhang af.
2. Prik kors met vurk en plaas in 200° oond vir so 10 – 15 min. Dit lyk dan bietjie droog en opgepof..
3. Braai uie en bacon.
4. Maak spinasie in mikrogolf gaar in pakkie.
5. Meng met uie en bacon en voeg sout en swartpeper na smaak by. Sit in kors.
6. Meng room en eiers en gooi oor.
7. Krummel fetakaas oor.
8. Bak vir ± 40 min teen 180°, tot gestol.

Ek het helfte spinasie en helfte broccoli (daai vars/jong langetjies) gebruik

Marié De Villiers Vermeulen (Sussie Izanne)




HEERLIKE MOSSELTERT

2014-08-25-heerlikemosselterttested

HEERLIKE MOSSELTERT
4 Snye brood, korsies afgesny
½ koppie melk
1 Klein ui gerasper
2 blikkies mossels gedreineer effe fyn gemaak
1 koppie gerasperde kaas
4 Eiers geklits
250 ml room
Aromat
Sout en peper na smaak
Knypie rooipeper
Knypie mosterdpoeier

Gooi melk oor brood en maak fyn. Meng nou alles en gooi in gesmeerde oondbak. Kan ekstra gerasperde kaas bo-oor strooi. Bak vir 30 – 40 min. by 180 c ˚.
BRON: EIE RESEP – CORNELIA MYBURGH




ROOM TUNA TERT

tuna room gebak renetested

ROOM TUNA TERT
3 Blikkies Tuna vis in ‘Brine”
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
250 ml room
250 ml melk
1 Groot pak Sout en Asyn aartappelskyfies
1 groot ui
1 koppie gesnipperde robot peppers (GROEN/GEEL/ROOI)
1 pak vars sampioene, in skywe gesny
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
1. Smoor die gekapte ui, robot peppers en sampioene saam. Laat af koel en voeg by stap 2.
2. Vlok die tuna en voeg by die effens fyn gedrukte aartappelskyfies.
3. Meng saam: room, melk en hoenderroomsoppoeier.
4. Roer dit by die tuna, skyfies en gesmoorde groente. Werk liggies deur met n vurk.
5. Giet in ʼn vuurvaste tertoondbak en bedek met foelie.
6. Bak vir 30 minute by 180 ° C.
7. Haal uit oond, verwyder foelie en strooi gerasperde kaas bo-oor.
8. Bak vir n verdere 15 – 20 minute.
Bedien saam met n mengelslaai.
6 Ruim porsies.

Rene Truter Wessels




MURGPAMPOENTJIE, SPEK EN FETA TERT

MURGPAMPOENTJIE, SPEK EN FETA TERT
1 medium ui
1 teelepel fyn knoffel
1 pakkie murgpampoentjies
1 pakkie spek
sout, peper na smaak
½ teelepel gemengde kruie
paprika
2 skywe fetakaas
3 groot eiers
125 ml bruismeel
1 teelepel bakpoeier
250 ml natuurlike jogurt/melk
½ koppie cheddar kaas
olyf olie
250 ml sampioene
125 ml groen soetrissie (opsioneel)


Voorverhit oond tot 180°C. Soteer uie, rissie en knoffel tot sag. Voeg fyngekapte spek by, braai tot gaar. Voeg sampioene en grofgerasperde murgpampoentjies by en soteer tot sag, geur met sout, peper, paprika en kruie en meng goed deur. Skep in gesmeerde tertbak. Krummel fetakaas oor. Klits eiers en roer meel, bakpoeier en jogurt of melk by, meng tot gladde mengsel. Giet bo-oor spekmengsel en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak vir 25-30 minute tot goudbruin en gestol.

Resep:  Corinne Moore Gelderblom