VINNIGE DELUXE SOUTTERT

 

2015-10-14-vinnigedeluxesoutterttested

VINNIGE DELUXE SOUTTERT
500 ml basiese witsous
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie danish feta
Parmesan
Pietersielie
1 koppie opgesnyde frankfurters
1 koppie gesnipperde gaar bacon
1 blikkie bully beef
1 blik gedreineerde aspersies
1 koppie gemengde rooi, geel & groen peppers
4 geklitste eiers
Meng als behalwe pietersielie & parmesan
Gooi in bak en strooi parmesan & pietersielie bo oor. Bak in 180°C oond vir 40 min.
Bedien saam slaai.
Bron & foto: Lelane Van Der Walt




PETRE SE SPEK KAAS EN UIE PASTEI

spek kaas en uie pasteitested

PETRE SE SPEK KAAS EN UIE PASTEI
Gebruik gekoopte skilferkors deeg en plaas onder en bo-op pastei
vulsel
2 groot uie gekap
Voeg 1 pakkie gekapte spek by uie en braai tot gaar (bacon)
Mikrogolf Witsous:-
Maak 1 liter melk sterk warm en haal uit. Smelt 125 g margarien.
Voeg 8 opgehoopte desertlepels meel by. Meng en klits by melk in.
Sit terug in mikrogolfoond ek kook op hoog vir 2 ½ minute.
Haal uit en roer goed en kook weer op hoog vir 3 minute.
As nog nie styf genoeg is nie, kook vir nog 2-3 minute. ( Moet ‘n stywe witsous wees).
Voeg nou die gesmoorde uie met spek, 1 ½ teelepels sout, 1 teelepel droë pietersielie en ½ teelepel peri-peri, asook ‘n groot hand vol cheddar kaas by.
Roer goed. Laat n bietjie afkoel en voeg 3 geklitste eiers by.
Meng goed. Skep in voorbereide kors, plaas deeg bo-op,  smeer geklitste eier.
Bak teen 180 ºC tot gaar en lig bruin ongeveer 45min.
Hoender kan ook bygevoeg word vir Bacon en Hoender pies .

RESEP en foto DEUR Petré Van Jaarsveld
2de FOTO:  Erika van der Westhuizen‎




STAATMAKER TUNATERT

tunatert benhettested
STAATMAKER TUNATERT
Kors
180 ml koekmeel
100 g botter
1 koppie fyn gerasperde kaas
3 eetlepels koue water

Vulsel
60 ml botter
60 ml koekmeel
2 koppies melk
2,5 ml rooipeper
Sout en peper na smaak
3 eiers geklits
3 hardgekookte eiers opgesny
2 x 170g tuna
2 uie
1 teelepel knoffelvlokkies (ekt hierdie uitgelos)
3 eetlepel pietersielie
125 ml kaas

Stel oond op 180 grade C.
Kors: verwerk meel, botter en kaas in voedselverwerker tot krummels voeg water by!
Druk bymekaar tot deeg vorm en druk vas in bord 26cm
Plaas in yskas
Maak wit sous met botter, meel en melk geur met sout en peper!
Laat effens afkoel en roer oorblywende bestanddele by!
Skep in kors en bak 35min –
BAIE LEKKER!!!!!

FOTO:  Benhet Nieuwenhuis




SOUTTERT MET BACON KIPS

SOUTTERT MET BACON KIPS
(Heerlik)
KORS:
1 pak Bacon Kips, fyngedruk
1 pak gerookte bief aartappelskyfies, fyngedruk
75 – 100 ml margarien, gesmelt
Meng margarien, Bacon Kips en aartappelskyfies en druk vas in ‘n tertbak (27 x 16 cm). Hou 100 ml van die kors eenkant.

VULSEL:
100 g margarien
50 g koekmeel
750 ml melk
3 eiers, geklits
250 g spek, gesny en gebraai
150 ml ui, gekap en gebraai
250 ml gerasperde cheddarkaas
1 groot bos spinasie, gekook, afgekoel, water uitgedruk en kleiner gesny (kan vervang met aspersies)
250 g vars sampioene, gekap en gebraai

Ek braai sommer die spek, uie en sampioene gelyk saam.
Maak witsous van margarien, koekmeel en melk en laat afkoel.
Voeg eiers by witsous asook res van bestanddele. Gooi vulsel op kors en bak by 180°C vir tenminste ‘n uur, moet heeltemal deur bak.
Versiering:
Strooi die 100 ml korsmengsel oor, asook gekapte pietersielie.
Laat effens afkoel, sny nou ‘n lekker groot stuk en geniet dit saam met teetyd of as ligte middagete met slaai of selfs as n groentegereg!

Resep geplaas deur Anke Weimann




SPINACH ARTICHOKE DRIED TOMATOES AND FETA QUICHE

SPINACH ARTICHOKE DRIED TOMATOES AND FETA QUICHEtested
SPINACH ARTICHOKE DRIED TOMATOES AND FETA QUICHE
Pastry roll or pie crust
Spinach washed and boiled for 3-5 minutes
2 crushed garlic cloves
1 tin artichoke drained
1 cup grated parmesan cheese
150 gram feta cheese crumbles
Handful of sundried tomatoes chopped up
4 eggs
2 tablespoons flour
3 tablespoons melted butter
1 cup of milk
1 teaspoon black pepper
Pinch salt
1 teaspoon nutmeg

Squeeze out all remaining water from the spinach and artichoke
In a bowl add this to the crumbled feta and parmesan cheese
Add the sundried tomatoes, salt, pepper, crushed garlic, nutmeg and mix through
In a separate bowl mix the eggs, milk, flour and melted butter
Grease an oven proof dish, place your pastry, or pie crust then fill it with the mixture
Bake on 200c for 25- 35 minutes
Check inbetween
BRON – Shan T Russ




STOKVIS QUICHE MET ‘N VERSKIL

vis quiche deeg blind gebak 1vis quiche klaar gebak 2vis quiche gesny 3tested

STOKVIS QUICHE MET ‘N VERSKIL
Groot tert, maklik 10 porsies
5 stukke hake fillets (stokvis)
1 gerookte frankfritter (of Vienna)
1 klein uitjie fyn gekap
halwe bakkie sampioene fyn gekap
Bossie spruit uie fyn gesny
5 blare spinasie fyn gesny
1 bakkie Salm roomkaas
1 kp wit Cheddar kaas gerasper
15 ml gekapte vars pietersielie
½ teel paprika
¼ teel chilli poeier
sout en swart peper na smaak

Eiermengsel
5 eiers
1 kp room
roosmaryn en swartpeper
1 rol Puff pastry

Stel oond op 180 Grade C … waaier oond op 170 Grade C
Stoom die vis gaar en vlok. Sny die frankfritter lekker klein stukkies. Braai die uie en spriet uie in bietjie olie net tot begin verkleur, gooi die sampioene by, braai rukkie en gooi die spinasie by tot verwelk. Haal af en meng met die vis, frankfritter en res van die bestanddele. Ek het myne oornag in die yskas gesit dat die geure lekker kan trou.
Neem ‘n losboompan ongeveer 22 cm en spuit met Cook & Spray. Rol die deeg uit dat dit lekker in die pan en teen die kante pas, druk mooi vas in die pan, sny die rante gelyk af met die pan, spuit ‘n stuk foelie met Cook & Spray en druk dit bo-op die deeg mooi vas, gooi die hele pan vol boontjie/rys, vou die foelie en deeg om sodat dit ‘n rand vorm (sien foto)..

Plaas die pan in die oond vir 10-15 min tot die deeg net begin verkleur. Haal uit en skep die boontjies/rys uit totdat jy die foil ook kan uithaal.
Skep die vismengsel in die deeg kors… maak die eiermengsel- klkits goed en gooi oor die vis, werk liggies met ‘n mes in die mengsel in. Plaas terug in die oond vir 1 uur op 160 Grade C of tot die eier alles goed gestol het en die deeg mooi verkleur het.
Haal uit die oond, laat effens afkoel en haal dan die buite ring van die pan af, bedien dadelik, of laat heel afkoel. Voor jy gaan bedien, sit terug in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 30min.
Heerlik as ontbyt of ligte ete saam met ‘n slaai.
Geniet hom hy is heerlik.
Resep en foto’s Rina Kleinhans




BEETBLAAR QUICHE

2015-09-18-beetblaarquichetested

BEETBLAAR QUICHE
1 kg beetblare opgekook of spinasie
250 g sampioene gebraai
Fyn biltong
3 wiele fetakaas.
250 g gerasperde cheddar kaas
8 eiers gemeng met
1 koppie vars room
Sout en peper
Paprika

Voorverhit oond teen 180 °C.
Kook die spinasie tot net gaar. Braai sampioene in olyf olie. Geur met sout en peper.
Plaas eerste ‘n laag spinasie in oondbak gevolg met die gebraaide sampioene. Plaas ‘n laag biltong en strooi fyn feta kaas bo-oor en dan ‘n laag gerasperde kaas. Plaas nog n laag biltong bo-oor die gerasperde kaas. Gooi geklopte eiers wat met room gemeng is bo-oor alles. Stooi sout en peper oor die eiers gevolg met paprika. Bak vir 25-30 min of tot gaar.

Resep en foto:  Chris Hattingh




KOPPIE VAN ALS TERT

koppie van als terttested
KOPPIE VAN ALS TERT
Tert
1k koekmeel
1t bakpoeier
1k gerasperde kaas
1k melk
1 ekstra groot eier
Sous
2e botter
1t marmite

Stel oond op 180c
Tert: sif koekmeel en bakpoeier in groot meng bak
Voeg kaas by en roer tot goed gemeng
Klits melk en eier tot goed gemeng
Voeg melkmengsel by meelmengsel en meng liggies
Skep in ronde oondvaste tertbord met 22 cm deursnee wat met kossproei gespuit is.
Bak vir 20min of tot toetspen skoon uitkom
Sous: plaas botter en marmite in glasbeker en mikrogolf tot gesmelt
Gooi sous bo-oor warm tert sodrae uit oond kom!
Sit tert lou warm voor

Foto:  Ronél Nieuwoudt




POTATO CRUST QUICHE

Potato Crust Quichetested

POTATO CRUST QUICHE
CRUST:
4 cups coarsely shredded uncooked potatoes (about 4 large)
1/2 cup chopped onion
1 egg, lightly beaten
1 cup all-purpose flour
1/2 teaspoon salt
FILLING:
1-1/2 cups (6 ounces) shredded Colby cheese, divided
1/2 cup chopped onion
1-1/2 cups cubed fully cooked ham
1-1/2 cups fresh broccoli florets
3 egg, lightly beaten
1 cup half-and-half cream
1/2 teaspoon salt
Dash ground nutmeg
Paprika

In a large bowl, combine crust ingredients; press into a well-greased 10-in. deep-dish pie plate. Bake at 400° for 20 minutes.
Remove from oven; reduce heat to 350°. Add 1 cup cheese, onion, ham and broccoli to crust. Whisk the eggs, cream, salt and nutmeg; pour over broccoli. Sprinkle with paprika.
Bake for 35-40 minutes or until a knife inserted near the center comes out clean. Sprinkle with remaining cheese. Let stand for 5 minutes before serving.
Yield: 8 servings.
Picture:  Bianca de Kock
Note:  I made it as is. Just added a lil more salt




SAVOURY SAUSAGE AND CHEDDAR BREAD PUDDING

2015-09-07-savourybroodpoedingtested
SAVOURY SAUSAGE AND CHEDDAR BREAD PUDDING
Servings: 6
3 tablespoons unsalted butter, divided
1 pound sweet or spicy pork sausage (casings removed)
1 medium yellow onion, chopped
1 loaf (18 slices) white sandwich bread, such as Pepperidge Farm, crusts removed and cut into 1-inch cubes
2½ cups (a little over ½ pound) grated sharp cheddar cheese
½ cup chopped fresh parsley
6 large eggs
2 cups milk
Scant teaspoon salt
¼ teaspoon freshly ground black pepper


Grease a 9 x 13-inch baking dish with butter.
In a large sauté pan (preferably nonstick) over medium-high heat, melt 1 tablespoon butter. Add the sausage and cook, stirring with a wooden spoon to break the meat into small clumps, until browned, about 10 minutes. Transfer the sausage to a large mixing bowl, leaving the fat in the pan.
Turn the heat down to medium, then add the onions to the pan along with 1 tablespoon of butter. Cook the onions, stirring constantly, until soft and translucent, about 5 minutes. Add the onions to the mixing bowl with the sausage, along with the bread cubes, grated cheese and parsley. Toss well, then spread the mixture evenly into the prepared baking pan.
In a medium bowl, whisk together the eggs, half-and-half, salt and pepper.
Pour the egg mixture evenly over the bread mixture. Cover tightly with saran wrap and refrigerate for at least a few hours or overnight.
Preheat the oven to 180 degrees C. Bake for about one hour, until puffed and golden brown. Serve immediately.
Note: The cook time is based on cooking the bread pudding directly out of the refrigerator. If it’s left to sit out at room temperature before baking, check for doneness after 45 minutes.

Photo: Adam Cloete.