ELSABIE SE VEELSYDIGE DEEG EN QUICHE



ELSABIE SE VEELSYDIGE DEEG EN QUICHE
Quiche vir aandete …. en ‘n glasie wyn vir die kok…
Veelsydige pastei deeg (druk in pan) {genoeg vir 3 foelie pannetjies}
2,5 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
250 g botter of margarien (Stork-to-Bake)
2 klein (of 1 groot) eier
Knippie sout
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in die meelmengsel totdat dit krummelrig begin lyk. Klop eiers en gooi by die meel en margarien mengsel. Indien dit te slap is gooi bietjie meer meel by. Die deeg moet styf en nie pap wees nie. Sit in plastiek sakkie in yskas tot benodig (jy kan dit op hierdie stadium vries vir latere gebruik ook). Druk in pan en gooi vulsel bo-oor.
Nota: ek het al hierdie deeg gebruik om ‘n quiche pan mee uit te voer voordat ek die bestandele oorgooi. Dan sit ek ‘n koppie skerp Cheddar kaas by en ‘n knippie gerookte paprika of rooipepper.
Quiche vulsel:
Jy kan werklik enigiets gebruik. Ek het vanaand spek en kaas worsies, groen peper, sprietuitjies en sampioene geroerbraai. Skep op die bodem van die tertpannetjie wat reeds die deeg in het. Strooi halfkoppie skerp Cheddar of Parmesan kaas bo-oor. Klits 4 eiers in 375 ml room met 20 ml suurlemoensap daarby en gooi versigtig oor die vulsel. Bak by 160ºC vir ongeveer 45-60 minute of totdat die quiche liggies begin verkleur bo-op.
Main Photo:
Nota: I used a roast chicken that I cut into bite size pieces, about 1 cup of last night’s left over carrots and babymarrow spaghetti, 2 cups of fried mushrooms and 1 cup of fresh cream mixed with about 4 tablespoons of corn starch to make a sauce. Make the crust and bake the pie as per the recipe for quiche.
Resep en foto: Elsabie Templeton

Vulsel
1 groot babymarrow
1 groen peper
1 rooi ui
3 eetlepels gekapte peppadews
400 g gerookte kaas en spek worsies opgesny.
Foto en vulsel: Elsabe Tempelton











