ALOMBEKENDE KORSLOSE SOUTTERT

ALOMBEKENDE KORSLOSE SOUTTERT
4 snye wit brood (ten minste 2 dae oud of ouer)
2 koppies melk
3 geklitse eiers
2 koppies gerasperde kaas
1 blik weense worsie(gewone gerookte worsies)
gekapte pietersielie
1 eetlepel gekapte ui
knoffel sout na smaak
rooipeper(opsioneel)
sout na smaak
Mosterdpoeier na smaak
½ pak gebraaide spek op gesnipper


Voorverhit die oond op 180 ºC, en smeer ‘n oondvaste tertbak.
Giet die melk oor die brood en laat week.
Klits eiers en skep ook oor die brood, meng goed.
Voeg kaas by.
Snipper worsies en voeg by melk/broodmengsel.
Voeg pietersielie en ui by.
Geur na smaak met die geurmiddels.
Voeg die gebraaide spek by mengsel en meng goed met die res van bestanddele.
Skep in gesmeerde tertbak en bak vir 35 min.

Nota:  Jy kan die souttert in klein muffin pannetjie ook bak, jy sal dan net jou bak tyd verminder
Foto: Annelize de Bruin
Foto: Amanda van Niekerk (muffin pan foto)

Nota: Delene Breytenbach
Ek maak al vir oor die 30 jr die resep. Altyd ‘n wenner en baie maklik om groter te maak. Onthou net die brood moet ten minste 2 dae oud wees. Anders is dit kluitjie.
Ek rasper ook die ui.




VEELSYDIGE SOUT TERT GEBAK IN MUFFIN PAN

VEELSYDIGE SOUT TERT GEBAK IN MUFFIN PAN
Hierdie is baie maklik en vinnig. Jy kan enige iets gebruik.
Ek braai uie en peppers saam.
Gooi sout en peper op
Dan braai ek mince of viannas of bacon selfs al drie as Jy verkies.
En meng dit als Saam.
Dan gooi ek 2 eiers in kan 3 gebruik hang af hoe groot eiers dit is.
Dan bietjie kaas indien verkies en so 30 ml meel meng als saam.
Skep in kolwyntjie pan en bak vi 15 min.
Whalla bedien Saam met n Lekker sweet chilli sousie.
Wat ek ook doen..
Koop soms ‘n icebine dan vat ek helfde en sny op en sit dit in.
Jy kan hoender stukkies gebruik
of glad nie vleis nie en net met stukkies fyn groente.
Dis n vinnige snack as Jy skielik Mense verwag . Geniet
Resep en foto: Adele oosthuizen




VINNIGE PILCHARD GEREG

VINNIGE PILCHARD GEREG
1 x blik pilchards met sous (ek het die sweet chille 1 gebruik)
2 x eiers
1 eetlepel gekapte pietersielie
2 koppies melk plus 1 sny brood in melk geweek
1 ui
1 eetlepel koekmeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout en peper na smaak
¼ koppie gerasperde kaas
Meng alles saam en skep in bakskottel en bak by 180ºC vir 1uur. (ek het myne in my konveksie oond gemaak en 30min gebak by 170ºC)

Bron: my ma se resepie
Foto: Benhet Nieuwenhuis




KORSLOSE VLEISPASTEITJIES


KORSLOSE VLEISPASTEITJIES
Die resep is baie klein omtrent ‘n pannetjie so verdubbel hom maar gerus.
1 koppie gaar vleis, Ek het hoender maalvleis en bacon bits gebruik
2 eiers
1 koppie melk
1 eetlepel koekmeel
Aromat
1 eetlepel pietersielie
1 koppie gerasperde kaas sout
1 Ui gerasper
Meng alles saam. Skep in muffinpan en bak teen 180 ºC vir 20-25 min of tot ligbruin.

Foto en resep:  Desiré Watkins




BACON BUTTERNUT QUICHE

BACON BUTTERNUT QUICHE
260 g short-crust pastry
50 g margarine
3 sprigs parsley, chopped
pinch salt and pepper
1 tablespoon sugar
3 eggs, beaten
250 ml cream
3 cups butternut, cubed
250 g lean back bacon, chopped
½ cup grated cheese
1 ½ teaspoon paprika (I prefer to use a mixture of spices)

Roll out the pastry and line a greased 25 x 20 cm dish.
Sauté bacon and butternut in margarine for 15 minutes.
Add salt, pepper and sugar and stir to combine well.
Add parsley and allow to cool.
Add eggs and cream and pour into pastry case.
Top with cheeses and paprika (I mix the spice into the mixture).
Bake at 180°C for 45 minutes.
(Dit is ‘n wonderlike resep – groot sukses by enige funksie)
Recipe: Joyce Woodley




SUENELL SE SOUTTERTJIES


SUENELL SE SOUTTERTJIES
200grm Ham
300grm Smokies(gerookte worsies)
200grm Mushrooms
200grm Kaas
Als fyn gerasper.
2 pakkies souspoeier
2 eiers
100grm koekmeel
400ml Melk/room
200ml Water – warm
Klits als saam baie goed.
Sout en pepper na smaak, ek het half teelepel gedroogte Italian herb by gevoeg.
Voorverhit oond tot 180”c
Spuit twee muffin panne uit.
Skep die vleis mengsel in die pannetjies, sit kaas bo op.
Gooi melk mengsel boo or.
Kan gerookte paprika of petersielie oor gooi .
Bak vir 35-40min tot gaar

Bron en Foto: Suenell Liebenberg




PETRO SE MAKLIKE QUICHE

PETRO SE MAKLIKE QUICHE
2 eiers
sout
1 koppie melk (ek het room gebruik )
3 opgehoopte eetlepels bruismeel
1 teelepel mosterd

Voeg by bestanddele van jou keuse:
(1 koppie): mushrooms / ham / kaas / spek / tuna ens. (Het gerookte viennas fyn opgesny plus kaas)
Meng saam en bak teen 180°C vir 45 min (myne ± 20 minute gebak)

Resep en foto: Petro van Genderen




VERSKEIE KORSLOSE QUICHE RESEPTE

VERSKEIE KORSLOSE QUICHE RESEPTE
BASIESE KORSLOSE QUICHE
Resep: Celeste Glöss
FOOD LOVERS RECIPES
Ek maak myne met die volgende basiese bestanddele:
1 koppie room
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
4 eiers
Smeer ‘n tertbak, grootte van jou keuse. Meng die vulsel van jou keuse, spinasie, feta, broccoli, ekstra cheddar, oorskiet maalvleis, enige iets werk. Skep die vulsel in ‘n quiche pannetjie tot ongeveer ¾ vol. Meng die room, eiers en kaas, giet eweredig oor die vulsel. Indien verkies, sprinkel nog kaas oor. Bak by 180º C vir +- 30 minute of tot gaar.
Altyd ‘n treffer.

SPINASIE, SAMPIOEN EN SPEK KORSLOSE QUICHE
Resep: Elmarie Bekker
2 bossies vars spinasie, opgekap
2 medium uie, fyn gekap
1 pakkie sampioene, gesny
2 pakkies spek, gesnipper
Fetakaas, opsioneel
Stoom die spinasie vir 10 tot 15 min met sout en peper na smaak.
Braai die uie, spek en sampioene saam tot gaar en krakerig, voeg die spinasie by en roer braai alles lekker saam.
Skep in ‘n oondvaste bak wat gespuit is met kleefwerende kossproei en krummel die feta bo-oor.
Vla:
6 eiers
1 koppie melk
1 koppie room
1 koppie bruismeel
1 koppie gerasperde kaas
sout en peper, opsioneel
Meng die bestanddele vir die vla en skep lepelsvol eweredig bo-oor die vulsel en bak by 180ºC vir 30 min.

SPINASIE EN SPEK QUICHE MET WITSOUS BASIS
Resep: Louw LP Senior
Lewer 8 porsies
800 g babaspinasieblare
250 g spekvleis, gesnipper
45 ml koekmeel
375 ml melk
6 eiers, geklits
5 ml Dijonmosterd
500 ml gerasperde Cheddar kaas
vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Stoom die spinasie tot net-net gaar. Druk alle water uit en kap dit fyn, hou eenkant.
Braai die spek in ’n pan tot gaar, voeg die koekmeel by en verhit vir ’n paar sekondes terwyl jy roer. Voeg die melk by en verhit tot kookpunt, roer aanhoudend. Prut vir 2 – 3 minute tot die sous dik en gaar is, verwyder van die hitte. Roer die spinasie by en laat effens afkoel.
Roer die eiers, mosterd, kaas en swartpeper by en meng goed deur. Skep die mengsel in die voorbereide oondbak en bak vir ± 30 – 40 minute, tot ferm. Sit voor as ligte ete of as bygereg met gebraaide wors of hoender.

KORSLOSE QUICHE-SOUTTERT
Resep: Emma Beetge
6 eiers
2 eetlepels bruismeel
⅓ koppie melk
bietjie Italiaanse speserye
½ koppie kaas, gerasper
1 pakkie spek, opgesny
½ bakkie sampioene, gekerf
1 ui, fyn gesny
Braai die spek, sampioene en ui liggies saam in ‘n pan. Meng al die bestanddele saam, Voeg sout en peper by na smaak. Voeg die mengsel in ‘n oondvaste bak, strooi kaas bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 45 min.

KORSLOSE QUICHE MET BROCCOLI
Resep en foto 1: Amanda Conradie
15 ml olyfolie
2 rooi-uie, gesny
sampioene, soveel soos verkies
250 g broccoli
5 ml gedroogde tiemie
30 ml koekmeel
2 groot eiers
125 ml crème fraîche of suurroom
100 g Gouda, gerasper
Verhit die olie in ‘n groot pan en soteer die uie. Voeg die sampioene en tiemie by, braai dit vir 3 minute. Voeg die meel by en roer goed deur. Voeg die ongekookte broccoli by. Klop die eiers, crème fraîche en kaas saam in ‘n bakkie en meng dit met die sampioenmengsel. Giet die mengsel in ‘n gesmeerde 22 cm tertpan. Bak die quiche vir 20 minute of tot gaar en goudbruin in ‘n warm oond. Bedien met ‘n groenslaai.

SPEK EN KAAS QUICHE / SOUTTERT
Geskik vir diabete, gebruik die resep in oorleg met u eie dieetplan.
Resep: Petra Pretorius Seaton
Ek gebruik die vla as ‘n basis vir enige vulsel, groente is ook baie lekker in die quiche.
4 eiers
¾ koppie room
¾ koppie melk
½ koppie kaas
¾ koppie spekvleis, koue gaar hoender of ham blokkies
1 teelepel vars gekapte pietersielie
sout en peper
1 meduim ui, fyngekap
1 eetlepel fyngekapte groen soetrissie, opsioneel
Klits die eiers eers apart goed saam en voeg dan die res van die bestanddele by.
Voeg die mengsel in ‘n oondvaste tertpan en bak die oond by 180ºC vir 35 – 40 minute.

UIE, TAMATIE EN SPINASIE QUICHE
Resep en foto 2: Adam Cloete
1 groot ui, in dik ringe gesny
2 tamaties, in skywe gesny
+- 200 g spinasie
⅔ koppie ongegeurde jogurt
1 koppie melk
1 pakkie “Potato Bake”, geur van jou keuse, ek het kaas en uie geur gebruik
2 eiers
1 ½ wiele Feta kaas
bietjie gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te sprinkel
Kook die spinasie tot die blare net verwelk en dreineer deeglik. Plaas die tamatieskywe in ‘n dreineringsbak en strooi bietjie sout daaroor om solank bietjie van die sap te verloor tot jy dit benodig.
Sprinkel bietjie sout oor die uie en braai dit oor matige hitte tot dit begin karamaliseer.
Spuit ‘n groot genoeg oondbak met kleefwerende kossproei en pak eers ‘n laag uie op die bodem. Breek die spinasieblare in stukkies en strooi dit oor die uie. Volg dit op met die tamatieskywe en krummel die Feta kaas bo-oor. Meng die melk, jogurt en eiers en klits die “Potato bake” poeier daarby. Giet dit oor die mengsel in die bak en sprinkel bietjie Cheddar kaas bo-oor. Bak die quiche by 180ºC vir 30 minute.

KORSLOSE TUNA-QUICHE
Resep: Engela Olckers
Lekker aandete, min moeite.
45 ml margarien of botter
30 ml koekmeel
250 g Cheddar, gerasper
2 blikkies tuna, gedreineer
6 groot eiers
250 ml suurroom
½ ui baie fyn gekap
30 ml vars pietersielie, gekap, opsioneel
5 ml droë mosterdpoeier
sout en rooipeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ‘n tertbord met margarien.
Smelt die margarien of botter in ‘n pan tot gesmelt en soteer die ui tot sag, roer die koekmeel by die ui en verwyder van die hitte. Roer die kaas en tuna by. Klits die eiers deeglik, voeg die suurroom, pietersielie en geurmiddels by en roer goed. Voeg die roommengsel by die tuna-mengsel en meng deeglik. Skep die mengsel in die oondvaste tertbord.
Bak in ‘n warm oond vir ongeveer 35 minute tot goudbruin. Bedien met heerlike vars groenslaai.

KORSLOSE KAAS QUICHE MET WITSOUSBASIS
Resep en foto 3: Adam Cloete
60 ml botter
60 ml koekmeel
150 ml melk
5 groot eiers, liggies geklits
1 x 250 g bakkie gladde maaskaas
2,5 ml Dijon-mosterd
2,5 ml bakpoeier
100 g Gruyère of beleë Cheddar, gerasper
5 sprietuie, in fyn ringetjies gesny
30 ml gerasperde parmesaan en roket, om voor te sit
Smelt die botter in ’n kastrol, voeg die meel by en roer. Haal dit van die plaat af en roer die melk bietjies-bietjies by om ’n baie dik witsous te vorm. Plaas die kastrol terug op die plaat en laat vir vyf minute kook, roer die heeltyd. Haal van die plaat af en roer nog vyf minute tot afgekoel.
Meng die eiers, maaskaas, mosterd en bakpoeier in ’n bak en geur dit na smaak. Meng die eiermengsel met die witsous en roer die gruyère of cheddar en sprietui by. Skep in ’n gesmeerde oondbak en bak vir 30 minute in die oond, tot goudbruin en gaar in die middel. Sprinkel die Parmesaan oor die warm quiche en laat dit vir 10 minute rus.
Sny en sit met roketblare voor.

BASIESE QUICHE VLA MET VULSEL VAN JOU KEUSE
Resep: Carien Louw le Roux
Hierdie resep maak ek baie, jy kan enige vulsel inmeng. Van my gunsteling is gebraaide murgpampoentjies en spek of botterskorsie, feta en bietjie bloukaas. Ek het ook al einde van die maand sommer net gemengde groente en viennas gebruik, steeds baie lekker.
Vla:
2 eiers, geklits
50 ml koekmeel
1 ¼ koppie melk
5 ml mosterd
2 koppies Cheddar kaas
sout en peper na smaak
Maak ‘n mengsel van die vulsel volgend eie keuse bv. gaar groente of koue vleise en meng dit saam met die eiermengsel.  Skep in ‘n voorbereide oondbak en bak teen 170ºC vir 45 minute of tot gestol.

GROOT KORSLOSE QUICHE
Resep: Hilda Lourens
Ek het weer my korslose quiche gemaak, die vulsel wat ek gebruik het was spinasie, bietjie feta en sampioene.
Die vegetariers in my gesin was baie gelukkig hiermee. Baie lekker en maklik!
3 koppies melk
6 eiers
3 koppies kaas
3 teelepels mosterdpoeier
200 ml bruismeel
sout en peper na smaak
Meng die vlabestanddele goed saam. Plaas ‘n vulsel van jou keuse in ‘n groot tertbak. Byvoorbeeld tuna en sampioene, spinasie en feta, oorskietvlies, gemengde gevriesde groente ens. Skep die vla-mengsel oor die vulsel en bak vir 30 minute of meer volgens jou oond by 180ºC of tot gestol en bruin bo-op.

 

 

 

 




CRUSTLESS ONION QUICHE

CRUSTLESS ONION QUICHE
Ekt vandag ‘n lekker, maklike quiche gemaak vir middagete. Ek het ‘n halwe pakkie spinasie bygegooi en n bietjie feta kaas.
3 tablespoons butter
2 tablespoons fresh thyme, chopped
3 sweet onions, sliced
3⁄4 cup cheddar cheese, shredded
1⁄4 cup milk
1⁄4 cup 35% cream
4 large eggs
1⁄2 teaspoon salt
1⁄2 teaspoon pepper
1⁄4 teaspoon nutmeg

Melt butter in a large fry pan. Add thyme and onion, saute over medium heat for 15-20 minutes or until onions are golden brown.
Add onions to a buttered quiche pan. Cover with cheese.
In a mixing bowl whisk together milk, cream, egg, salt, pepper, and nutmeg.
Pour over onions and cheese.
Cook at 425 degrees for 20-25 minutes or until crust is golden brown and a knife inserted in the centre comes out clean.
Foto: Mareli Coetzee




ALTA SE SPINASIETERTJIES

ALTA SE SPINASIETERTJIES

Gebruik Petro se deeg vir die boeliebeef tertjies.
http://www.foodloversrecipes.com/2016/09/bully-beeftertjies/
Maak die deeg dubbeld aan. Onthou om pannetjies te spray met bake en cook. Skep desert lepels vol in ‘n vlak kolwyntie pannetjie.

Vir vulsel
1 kg spinasie
1 russian, opgesny in ringetjies
250 g spek, opgesny
2 uie, gekap
1 kop kaassous (uit ‘n pakkie)
3 geklitste eiers
1 houertjie gladde maaskaas

Braai Russian, spek en uie saam in olyfolie, Kerf spinasie en kook tot net sag, voeg spek, uie en Russian by. Gebruik nou die stok blender en maak alles fyn, voeg dan die koppie kaassous by. Voeg die eiers, maaskaas, sout en varsgemaalde peper na smaak by. Skep lepels vol vulsel in deeg en bak by 180 grade Celsius vir ± 10 min, draai jou pannetjies om, bo na onder en ook agter na voor.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk