KAASSMEER MET BACON OF BILTONG

kaassmeer met bacon of biltongtested

KAASSMEER MET BACON OF BILTONG
2 – 3 koppies melk afhangend hoe dun of dik jy die smeer wil hê
1 kg Geprosseseerde kaas, gerasper of witkaas soos Tussers sal werk
500 g margarien
500 g fyn biltong of gaar spek fyn gemaal, opsioneel
Aromat na smaak

Verhit die melk oor lae hitte en roer om aanbrand te voorkom. Voeg die kaas by en hou aan roer oor lae hitte totdat die kaas heeltemal gesmelt het.
Voeg die margarien by en laat dit verder smelt en roer goed sodat die mengsel homogeen en eenvormig word.
Roer nou die spek of biltong by en geur na smaak.
Skep in warm gesteriliseerde flesse en laat goed afkoel.
Hou vir 3 maande in die yskas.
1.5 liter se smeer.

RESEP EN FOTO:  Mariska Louw




ALET SE TACO SPESERY MENGSEL

tested

ALET SE TACO SPESERY MENGSEL
Ekt lank terug my eie Taco-spesery-mengsel beloof. Hier is dit uiteindelik, ek gee die hoeveelhede vir een kg maalvleis se mengsel. (My seuns kan nie ophou eet hieraan nie 🙂 )
1 medium ui, fyngekap
15 ml botter/margarien (nie die laevet nie)
10 ml sonneblomolie
15  ml komyn
15 ml oregano
15 ml paprika
15 ml knoffelpoeier
10 ml fyn sout
1 blik gekapte tamaties
15 ml tamatiesous en 10 ml suiker
1 groot blaarslaai, fynerig gekap

Braai uie tot deurskynend in botter en olie, braai maalvleis by die uie en maak los met ‘n vurk. Gooi al die speserye en blik tamaties by en laat goed deurkook terwyl dit geroer word met die vurk. Hoe eet ons dit? Taco doppe is skaars hier en nogal baie duur, so ons doen die volgende:
Deel die vleismengsel in 6 diep bakkies, strooi mildelik met gerasperde Gouda of Cheddarkaas en krummel ‘n halwe wiel Fetakaas oor elke bakkie. Strooi nou ‘n lekker groot handvol blaarslaai oor die Fetakaas, mens kan gekapte tamatie blokkies ook bysit.
Eet dié lekker mengsel saam met Sweet Chillie Doritos (ek gooi nie nog chilli poeier ook by as ons genoemde Doritos gebruik nie).
Geniet dit!
Bron:  Alet van Zyl




ELRIKA SE FLOPVRYE OLYF TAPENADE

tapenade elrikatested

ELRIKA SE FLOPVRYE OLYF TAPENADE
Meng deur sodat geure kan trou:
30 kg swart olywe, lekker fyn gekap
2 bosse vars seldery, ook baie fyn gekap
8 groot peppers, fyn gekap

Meng saam en voeg by bogenoemde mengsel:
1 liter swart druiwe asyn
1 liter balsamiese asyn
500 ml avokado olie
500 ml olyfolie

Kap fyn met blender en bottel.
Boy oh Boy dit is heeeeerlik met sout beskuitjies.
Resep en foto:  Elrika Lesch




JANETTA SE SPESERYEMENGSEL

tested
JANETTA SE SPESERYEMENGSEL
Ek het ‘n lekker resep vir die “spice” van braaivleis en bakvleis. Rooivleis en ook pluimvee. Ek meng die volgende saam en gebruik soos benodig.
500 g Sout
1 botteltjie Zeal
1 koevert Aromat Original
3/4 botteltjie fyn Swartpeper
1 groot boksie Braaivleisspeserye
1 botteltjie Knoffelsout
Meng goed.
Baie gewild by my familie.

RESEP:  Janetta Schoonbee Smith




FRIKKIE SE BILTONGPATEE

FRIKKIE SE BILTONGPATEEtested

FRIKKIE SE BILTONGPATEE

250 g roomkaas
100 g droë gerasperde biltong
sout en peper na smaak
15 ml suurlemoensap

Meng alles saam. Proe en geur.
Laat staan oornag.
Bedien met kraakbeskuitjies, melba roosterbrood of ‘n broodjie.
Bron: Frikkie Jones




MARIAANE SE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

smeertested

MARIAANE SE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

½ koolkop
2 rooi radyse
2 wit radyse
1 groen soetrissie
1 engelse komkommer
1 wortel
1 groot ui
sout na smaak

Kap alles fyn in voedselverwerker en braai in olie tot amper gaar, maar nog bros.
Voeg die volgende by:
3 eetlepels tamatiesous
¼ koppie asyn
¼ koppie suiker
Prut tot vloeistof verdamp. Verwyder van hitte en voeg mayonnaise by tot die tekstuur vir jou reg lyk. Kap verder fyn met “stickblender” en bottel warm.

Resep en foto: Mariaane De Beer




PETRE SE “MELROSE” TUISGEMAAKTE KAASSMEER

petre se kaassmeertested

PETRE SE “MELROSE” TUISGEMAAKTE KAASSMEER
Ma’t gesorg vir Melrose!
Wonder wie onthou nog daardie advertensie.
500 g Rama margarien
1 kg geprosesseerde kaas (ek het die Cheddar een gebruik met biltong in)
3 koppies melk
1 pakkie elk cheese n bacon potato bake en cheese n bacon pasta sauce….. aangemaak in 1 koppie melk
Handvol fyngekerfde biltong.

Gooi melk in kasstrol. Verhit en voeg margarien en gerasperde kaas by. Roer tot al die kaas opgelos is. Voeg potato bake en pasta sous by. Meng goed deur, Voeg nog 2 koppies melk by en kook goed deur terwyl aanhoudend geroer word. Bottel warm.
Basiese resep het ek hier gekry.
Aangepaste resep en foto:  Petré Van Jaarsveld




TUISGEMAAKTE RANCH SOUT

tested

TUISGEMAAKTE RANCH SOUT
1 koppie van elk:
sout,
peper,
knoffelpoeier,
uiepoeier.
Ek maak dit en gebruik dit omtrent in alles.

Resep: Frikkie Jones
Foto”  Rina Kleinhans
Baie lekker ek gebruik dit baie gereeld in  my kos




LEONIE SE SMEERKAAS SONDER BOTTER

2014-03-30-mariesmeerkaastested

LEONIE SE SMEERKAAS SONDER BOTTER
Ek gebruik.
1 kg Bergkaas
1 litre longlife melk
1 pakkie Royco potato bake, enige geur
Maak ‘n paste van ‘n bietjie melk en die potato bake. Sit melk in kastrol maak warm en sit gerasperde kaas by tot gesmelt. Voeg dan jou paste mengsel by, roer tot opgelos. En daarsy jou lekkerste kaas smeer.

RESEP:  Leonie Venter Beukes
FOTO:  GELEEN




TANYA SE LEKKER KERRIE- EN BRAAI SPESERY MENGSELS

2013-07-02-kruieenspeseryetested

TANYA SE LEKKER KERRIE- EN BRAAI SPESERY MENGSELS

As ek kerrie maak gebruik ek die volgende mengsel en dis hemels.
1 eetlepel cumin (komyn)
1 eetlepel droe koriander,
1 eetlepel gemmer,
1 eetlepel paprika,
1 eetlepel tumeric (borrie)
4 eetlepels kerrie poeier.
dan meng ek dit met bietjie olie, en halwe koppie chutney, halwe koppie worcester sous en 1 pakkie tamatie paste. yummmmy.

As jy n ongelooflike lekker spice mengsel wil maak vir braai vleis, veral lekker op skaap en lam.
1 eetlepel cumin,
1 eetlepel paprika,
1 eetlepel garlic powder,
1 eetlepel onion powder,
1 teelepel fyn swart peper,
1 eetlepel koriander,
1 teelepel fyn sout,
2 eetlepels bruin suiker,
kwart koppie bruin asyn,
halwe koppie olie.
meng alles goed en bere in yskas. as jy gaan braai, so uur voor die tyd smeer jy vleis lekker met daai mengsel. gee jou vleis so morrocan geur

Resep:  Tanya Erasmus