

SAMPIOENSOUS IDEES
Michael Coetzee
Vir die van julle wat vandag ‘n sampioensousie by die steak/braaivleis wil maak.
Braai eers jou uie tot deurskynend en voeg dan gekapte sampioene by en braai in regte botter,
‘n skeut brandewyn en ‘n aks port totdat die sampioene die vog lekker opgeslurp het.
Voeg nou jou bakkie room en gekapte pietersielie by en ‘n handvol chedarkaas.
geur met sout, hoenderspeserye en GENOEG swartpeper.
Ek gebruik gewoonlik ‘n pan maar partymaal moet die pot verby kom as ek baie sous moet maak.
Tip: vir die van julle wat iets anders in soek, voeg gekapte peppadew, neutmuskaat, smoked paprika en bietjie cayenpepper by.
Mari Marais
Ek braai gewoontlik die mushrooms in botter en skep mushrooms uit dat gesmelte botter agter bly. Dan gebruik ek die botter om die gewone witsous te maak. Gooi dan mushroom sop by nie teveel ni net vir ekstra smaak en dan mushrooms ook. Die mushroom sop maak hom lekker stol vir op burger dat dit nie te veel loperig is nie……
Marisa Ferreira
Braai mushrooms tot gaar en geur met bietjie sout & peper. Meng mushroom sop poeier pakkie met 1k room en 1k melk of 2k melk as jy nie room het nie. Ek voeg bietjie kaas by vir lekker dik sousie. Awesome lekker verby!
Cornelia Marais Myburgh
Braai opgesnyde pakkie mushrooms, voeg dan 500 ml room by. Kook stadig tot verdik en geur met sout en peper. As dit te dik is, voeg bietjie melk by. Heerlik oor jou steak, chips en op burgers.
Alida Keown
Braai mushrooms in botter ,gooi 2k melk op en kook.Maak n pakkie soppoeier aan met melk voeg by en kook. So kan jy nou speel met kaas swart pepper, as dit te dik is voeg net melk by.
Michelle Fourie De Klerk
Het ook ‘n lekker resep. sny 1 pakkie wit mushrooms op en braai in botter. voeg beef blokkie by en roer. voeg by 1 blik idealmelk en roer. hou bietjie van die idealmelk in blik. maak 1 lepel maizena aan met die melk en gooi by die mushrooms. Baie lekker resep – even op steak en saam braaivleis
Sonja Myburgh
Gebruik idealmelk! Dis heerlik! Blik idealmelk by gebraaide mushrooms. Meng pakkie sampieonsop met bietjie water en roer by. Gooi teelepel aangemaakte Dions mosterd by met varsgemaalde swartpeper. Absoluut heerlik! My dogter gooi sommer hoender by vir pastasous ook.
Karin van Zyl
Die restaurant waar ek gewerk het ,het mushrooms in jimmy sous gebraai tot dit taai is ,room (net n titsel) by gegooi ..was heerlik!
Susan Jordaan:
Braai sampioene in botter, maak witsous, gooi oor sampioene. Prut paar minute en voeg sout en peper na smaak by.
PierreClaude Stallenberg:
Ek gebruik altyd bietjie bisto en room, heerlik. Nie baie bisto nie, dis souterig. Ek braai my sampioene in bietjie botter tot sag en gaar dan strooi ek bietjie bisto oor en onmiddelik bietjie room tot sous dik of dun na jou smaak is.
Esther Leus:
Die geheim is ROOM! Braai eers uie tot glanserig, voeg sampioene by en braai tot begin bruin word, voeg room stadig by terwyl jy roer.
Anni Santana:
Braai halwe ui in botter. Voeg sampioene by. Voeg sout, peper, pietersielie, knoffel en knippie cayenne by. Braai paar minute. Voeg halwe koppie rooiwyn by. Kook op medium hitte tot wyn amper verdamp het. Voeg houertjie room by. (Woolies se double thick) Prut vir nog paar minute op lae hitte. Ek voeg altyd so kwart lepeltjie suiker ook by. Voila… beste ooit. Lekker oor steak veral!
Edna van Heerden:
Braai jou uie en sampioene in botter tot gaar. Gooi sout, peper en bietjie knoffel by. Gooi 500ml room by en laat prut. Gooi kaas in en laat smelt in die sous. Verdik met maizena in bietjie melk aangemaak. Indien te dik is na jy maizena bygegooi het kan jy altyd melk bygooi om dit dunner te maak.
Malissa Booyens:
Maak gewone witsous met meel, botter en melk. Braai jou sampioene in botter en voeg by witsous. Geur na smaak met sout en pepper en bietjie mostertpoeier. Ek gebruik soms knoffelbotter of gooi knoffelsout by.
Desirè Wennick:
Ek braai ‘n baie fyn gekapte ui, pakkie gekapte sampioene, krummel 2 blokkies beefstock by dit en gooi room by. Laat prut tot bietjie dikker word. Jy kan sommer ‘n handvol kaas bygooi en knoffel as jy verkies. Baie lekker.
Annamarie Jansen van Rensburg:
Ek braai my sampioene in botter en knoffel, sodra gaar gooi ek bietjie botter by en dieselfde hoeveelheid meel en roer deur vir so ‘n minuut. Gooi dan melk bietjie vir bietjie by tot ek die verlangde dikte kry, waarna ek sout en peper by roer. Soms roer ek gerasperde kaas by sodra ek dit van die hitte afhaal.
Silvia Van Eck:
Ek braai uie en sampioene tot hulle begin bruin word. Voeg 250 g roomkaas en 250 ml room by. Meng goed oor lae hitte. Voeg sout, peper, paprika en knoffel by. Voeg ‘n tot brandewyn by en laat staan ten minste 30 minute. Maak weer warm maar moenie kook nie. Baie lekker oor steak.