BASILIEKRUID PESTO

BASIL PESTOtested

BASILIEKRUID PESTO
1 liter vars basiliekruid, taamlik styf ingedruk
2-3 knoffelhuisies
Sout na smaak
25 g dennepitte
25 g of meer gerasperde parmesaankaas
100 ml olyfolie


Stroop die basiliekruid van die stingels of, skil die knoffelhuisies, strooi sout oor en kneus dit. Versap die basiliekruid, knoffel, dennepitte, kaas, sout en bietjie van die olie in ‘n voedselverwerker tot ‘n dik pasta. Verwerk die res van die olie bietjiegewys by die pasta. Skep die mengsel in ‘n houer wat dig seel en bewaar dit tot ‘n maand in die koelkas.
VARIASIE
Vervang die dennepitte met neute
Vervang die basieliekruid met pietersielie of gebruik om die helfte.

Nota:  doop die basil in kook water 8-10 sekondes en dadelik terug in yswater, dan bly dit pragtig groen en kan jy maar jou pesto maak daarmee.




GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG

GEDROOGTE APPEKLOSE

GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepelgemaalde koljander
1 teelepel rooipeper
¼ koppie asyn

Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse.
RESEP: Lynette Knoetzen




SAUERKRAUT SAUCE

No Photo Available

INGREDIENTS
1 bottle chilli sauce
1 bottel water
1 cup sauerkraut
1 tin cranberry sauce
1 cup brown sugar
Simmer together for about 5 – 8 min and use as sauce over meat

Hulle gee die resep saam met frikadelle maar ek is seker mens kan dit as sous saam met vark gebruik
Sonja Young



SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS

SOUS VIR SLAKKE OF MOSSELS
1 ui gekap
1 bakkie vars sampioene
vars knoffel na smaak
1 pakkie paste sous (kaas knoffel en sampioene
1 pakkie (garlic and herb patato bake)
gerasperde cheddar kaas
250 ml room
250 ml water
250 ml melk
peper en aromat
Braai uie, knoffel en gesnyde sampioene in botter, meng room, melk, water met pakkies souse.
Voeg by sampioene, voeg slakke en kaas by, prut stadig vir 10 min. As sous te dik is, vedun met melk. Kan ook vir mossels gebruik word.




LEMOENSOUS


LEMOENSOUS
250 ml (1 koppie) suiker
125 ml (½ koppie) lemoensap
50 ml (4 eetlepels) botter
5 ml (1 teelepel) lemoenskil
15 ml (3 teelepels) Van der Hum of suurlemoensap

Bring suiker en lemoensap tot kookpunt.
Roer botter, lemoenskil en suurlemoensap by.
Dien warm lemoensous oor warm toegedraaide pannekoek of plaatkoekies!!

 




OW-OW BRAND SOUS


OW-OW BRAND SOUS
15 rissies (chillies)
1 groot ryp mango
1 koppie aangemaakte mosterd
1 koppie bruinsuiker
2 koppies bruinasyn
1 groot lepel elk van:
kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, selderysaad, allspice en kaneelpoeier
sout en peper na smaak
1 kg tamaties
2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies.
Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.
Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruinsuiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper ‘chutney’-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.




RISSIESOUS MET GEMMER

RISSIESOUS MET GEMMER
500 g brandrissies gedroog
8-10 huisies knoffel
2 stukke gemmer
Kap dit fyn in ‘n masjien tot amper “liquidize”
Roer die volgende by:
1 eetlepel sout
2 koppies asyn
Verhit in ‘n groot pot:
2 koppies olie tot kookpunt

Skep die boonste mengsel groot lepels gewys in die warm olie, roer met draad spaan of groot lepel. Wees versigtig vir warm olie. Hou in olie net so 2-5 min, passop dat dit nie brand nie, skep alles in bottel en bere.

Zelda




MUSHROOM SHERRY SAUCE

MUSHROOM SHERRY SAUCE
Dit moet jy maak nadat jy jou steak in jou pot of pan gebraai het om al daardie lekker flavour in jou sous te kry.

1 punnet of white button mushrooms, sliced
125 ml fullcream milk
125 ml cream
2 ml Ina Paarman garlic and chilli seasoning
Aromat
Freshly ground black pepper
50 ml Old Brown sherry or port
5 ml cornflour (Maizena) mixed with a little bit of cold milk until smooth

Increase the heat to maximum and add the sliced mushrooms. Fry for a few minutes. Add the milk, cream, seasonings and sherry. It is very important to scrape the bottom of the casserole with a spatula or egg lifter with a straight edge. All the flavour now sits at the bottom of the pot and you need to incorporate it into your sauce.
Cook the sauce for about two minutes; add the Maizena mixture and stir all the time. It will thicken slightly. Remove from the stove.
If you prefer more sauce, simply double up the above sauce recipe.
Serving:
Serve the sauce separately in a gravy boat, or,
Place the fillet slices in a serving dish and pour the sauce over. Just take note of which slices are medium done, etc.
Serve with oven roasted potato wedges and vegetables.
Savoury rice or even mash is delicious with this dish.
Learn to Cook with Louise
(my eie resep) Louise Groenewald



SAMPIOEN EN ROQUEFORTSOUS

brineel se sampioen sous
SAMPIOEN EN ROQUEFORTSOUS
Ek vertaal nou woord vir woord.
Braai eers die sampioene met botter en olie dis goed vir jou hart.
Dan haal hulle uit en braai die vleis in daai olie en botter.
Wanneer die vleis so half gebraai is, voeg die sampieoene en ‘n glasie wit wyn by. As dit gaar is haal die vleis uit.
Voeg dan ‘n pakkie roquefort kaas by die sampioene en die res van die sous en laat dit smelt. Roer so bietjie,  voeg die room by en maak weer warm, moenie laat kook nie en dis dit.

Resep en foto: Brineel Du Toit



KERRIESOUS

KERRIESOUS

KERRIESOUS
Resep en foto: Heiner Lange
FOOD LOVERS RECIPES
3 medium uie, in skywe gesny
12.5 ml botter
500 ml kookwater
20 ml koekmeel
20 ml kerriepoeier
5 ml mosterd
3 ml borrie
sout en peper na smaak
125 ml asyn
125 ml water
37,5 ml heuning

Soteer die uie in die botter tot net sag.
Voeg die kookwater by.
Meng die droë bestanddele met die asyn, water en heuning tot ‘n gladde mengsel en voeg dit by die uie en kookwater. Roer goed.
Kook tot glad en dik, roer gedurig.
PS. Hierdie sous kan ‘n paar weke lank in ‘n digte houer in die koelkas gehou word.
Die sous kan werk vir ‘n kerriepiesangslaai, kerrie eiers ens.